Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Ma Feb 03, 2020 12:30 pm

JES 53:3 : " DIE SMARTE VAN CHRISTUS "

No. E44

Ds. Nico van der Walt.


D
ie Knegliedere van Jesaja - in besonder
hierdie een - is 'n akkurate profetiese
biografie van die Here Jesus se lewe en
bediening. Enige biografie is op sigself 'n enorme
stuk werk en as sodanig iets besonders. Maar wat
híérdie biografie geheel-en-al uniek m aak in die
wêreld van lewensbeskrywings, is die feit dat dit
700 jaar vóór die betrokke lewe geskryf is!
Elke vers in hierdie lied kan dien as 'n teks vir
die wonderlikste Christusprediking. W ant sonder
enige twyfel slaan die profesie op die Here Jesus
Christus, en inderdaad is dit tot in die fynste
besonderhede in Sy lewe vervul. Kom ons kyk
nou na 'n enkele gedagte oor die Kneg: "Hy was
... 'n man van lyding wat pyn geken het ..." (53:3).
A
WAAROM WAS HY 'N MAN VAN SMARTE?
1. In hierdie wêreld was Hy 'n vreemdeling.
Laat ons onthou dat Hy vóór Sy menswording vir
alle ewigheid in volmaakte saligheid en
gemeenskap as deel van die Drie-enigheid geleef
het. In hierdie wêreld, hoewel volkome mens, was
Hy egter 'n vreemdeling. Niemand - selfs nie Sy
moeder - het Hom werklik verstaan nie.
Dwarsdeur Sy lewe het mense Hom verkeerd
gelees en Sy gerigthede probeer dwarsboom. En
uiteindelik het bykans almal Hom die rug gekeer
S om nie van hulle verraad en haat te praat nie.
Inderdaad is Hy "verag en deur die mense verstoot" (3a). So gebeur dit met vreemdelinge.
2. Sy besorgdheid oor Sy naaste.
Hoeveel maal sê die evangelies nie van Hom dat
Hy innig jammer gevoel het vir die mense nie?
Die Griekse woord wat meestal hiervoor gebruik
word, dui op pyn in jou innerlike mens.
Hierdie simpatie hang natuurlik saam met 'n
mens se liefde vir die betrokke lydende persoon.
Hoe meer jy liefhet, hoe sterker beleef jy dit.
Iemand sonder liefde kan kniediep deur sm arte
waad, sonder om iets te voel. 'n Liefdelose het 'n
intense belewing van sy eie smarte, maar vir 'n
ander voel hy niks nie. Maar ware liefde het
hierdie karaktertrek dat dit die mens wat jy liefhet
een maak met jou, sodat sy sm arte joune word.
Sy pyn verduur jy; sy laste maak jou m oeg.
Jesus het volkome liefgehad! Daarom het Hy
nie net jam mer gekry nie. Nee, Hy het die
ellendiges se pyn soos Sy eie verduur.
3. Sy voortdurende kontak met sonde.
Meeste van ons het al beleef hoe ontuis mens
kan voel tussen 'n klomp mense wat in hulle
lewenswaardes en behepthede radikaal van jou
verskil. Kultuurskok kan mens letterlik siek maak.
Van die ver van volm aakte Lot lees ons dat die
sonde van Sodom dag vir dag 'n foltering was vir
sy opregte gem oed (2Pt 2:8).
Hoe ontuis moes die Volkome Heilige dus nie
gevoel het in 'n wêreld wat van die oggend tot die
aand deurdrenk van sonde is nie?
4. Die dieptepunt van Getsemane en Golgota.
Die sterkste woorde in die Griekse taal word
gebruik om te probeer beskryf waardeur ons
Verlosser in Getsem ane gegaan het. Só erg was
Sy doodsangs dat Lukas skryf: "Sy sweet het
soos bloeddruppels geword" (22:44).
En wie kan begin verstaan wat Hy op Golgota
verduur het, toe God se toorn op Hom in gebrandglas het - omdat "hy die sondes van
baie op hom geneem het ..."? Jesaja sê Hy is "...
deur God geslaan en gepynig ..." (4). En dalk
erger as enigiets: "Dit was die wil van die Here
om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly"
(10). W at kan seerder wees as wanneer die een
wat jy die liefste het, jou nie net verwerp nie, maar
inderdaad 'n behae het in jou foltering?
WAAROM M ÓÉS HY SMARTE VERDUUR?
‘ Hy móés 'n Man van smarte wees, omdat Hy
ons Hoëpriester geword het en altyd sal bly.
W at is 'n priester se taak? Hy is 'n
tussenganger tussen God en mense. Hy staan in
hulle plek en tree vir hulle by Hom in. Hy offer
namens hulle ten einde versoening tussen die
Allerheiligste en sondaars te bewerkstellig.
• Vandat Hy na die hemel opgevaar het, is
ons Hoëpriester voortdurend besig om vir ons by
die Vader in te tree (Hb 7:25; 9:24). Dis een rede
waarom Hy hier op aarde intiem met ons geidentifiseer het - Hy moes aan eie lyf ervaar
waardeur ons gaan. W ant in hierdie gevalle
wêreld is selfs God se kinders nooit sonder
smarte nie - trouens, die meeste van hulle het
baie daarvan. Hoe sou Hy dan ons Hoë Priester
kon wees en met ons swakhede medelye hê, as
Hy nie in alle opsigte versoek is net soos ons nie?
(Hb 4:15).
• Maar dan, natuurlik, hoewel die Here
dwarsdeur Sy lewe gely het, was Hy by
uitnemendheid ons Hoëpriester toe Hy Homself
op Golgota in ons plek geoffer het. Daar was Hy
ons strafdraende Plaasvervanger. Die straf wat
óns vir ewig toegekom het, het Hy daar in ons
plek verduur. Dis éíntlik waarvoor Hy na hierdie
wêreld toe gekom het. Dis waarom Hy
onvermydelik 'n Man van smarte móés wees.
Laat ons dit nooit vergeet nie: sonder hierdie
passiewe gehoorsaamheid van die Here - toe Hy
ons sondeskuld op Hom geneem het - was ons
steeds hopeloos en uitsigloos in ons sonde.
SY GESINDHEID IN SY SMARTE
‘ As ons hieroor besin, laat ons onthou dat ons
geroep word om te lewe soos Hy geleef het. Sý
lewenshouding moet ook ons s'n wees.
• Dis betekenisvol dat die Here selde oor
Sy sm arte gepraat het. Ja, dit word dikwels
beskryf, maar gekla daaroor, het Hy nooit nie.
• Baie betekenisvol is dit ook om raak te
sien dat die Here nie toegelaat het dat Sy sm arte
Sy lewensvreugde steel nie. Hy het nooit 'n
terneergedruk te lewenshouding gehad nie. Hý het
nooit gesê dat die lewe 'n tranedal is nie.
Allermins was Hy 'n morbiede mens.
Presies dieselfde gesindheid kry ons by
Paulus. Ja, hy het baie gely. En, ja, hy het 'n
ernstige lewensingesteldheid gehad. Maar tog
kan hy skryf: "In al ons sorge is ek vol moed en
oorstelp van blydskap" (2Kor 7:4). W aarlik, hy
was 'n apostel van hoop, verwagting en blydskap.
• Nooit kry ons by die Here 'n ongeduldige
versugting om van Sy lyding en smarte ontslae te
raak nie. As Hy benoud is oor die kruisiging wat
voorlê, gaan Hy voort: "... wat moet Ek sê? Moet
Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis
hiervoor het Ek gekom , vir hierdie uur. Vader,
verheerlik u Naam !" (Jh 12:27-28).
Selfs in Getsemane, as Hy in gebed wonder
of Hy nie dalk verlos kan word van die
lydensbeker nie, sluit Hy Sy gebed af, "Moet
nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U
wil" (Mt 26:39).
het Sy gebed toegeneem. In Lk 22:44 lees ons
dat Hy in Getsemane, soos Hy "in doodsangs"
geraak het, steeds "ernstiger" gebid het. Sy
sm arte was die voedingsbron van Sy
gebedslewe.
Dit het alle gelowiges deur die eeue geken.
• Nooit het die Here se smarte Hom
daarvan weerhou om lief te hê, Sy taak te verrig
en Sy roeping te vervul nie. Dink maar aan Sy ure
van grootste nood: Hy genees Malgus se oor,
vertroos die vroue wat oor Hom huil, gee aandag
aan Sy moeder se toekomstige versorging, en lei
die misdadiger die ewige lewe binne.
ONS DEELHÊ AAN SY LYDING
‘ Jesus Christus se triomf tydens en na Sy
sm arte het nie die wetmatigheid opgehef nie,
maar veeleerder bevestig, dat die
sondegevallenheid van die wêreld deur lyding
heen genees moet word. Die wonderlike krag van
lyding - so aangrypend gedem onstreer in die
Here se lewe - het Hy volledig aan Sy kerk
bemaak.
‘ Ja, Sy smartlike versoeningswerk vir ons
sonde kon net Hý bewerkstellig. En niks, maar
niks hoef en mag daarby gevoeg word nie.
Maar as dit kom by die inbring van die oes
vanuit die nasies, werk die Here middellik - deur
Sy dissipels. En deur die eeue het dit met
onbeskryflik baie lyding gepaard gegaan. Hier het
ons nie bloot 'n noodwendige gevolg van moeilike
omstandighede en groot uitdagings nie. Vir die
apostels was hier 'n diep beginsel ter sprake,
naam lik die grootse voorreg van deelname aan
die lyding van Christus ter wille van die
uitverkorenes (Fl 3:10; Kol 1:24; 2Tm 2:10; 1Pt
4:12-13).
navolging van die Here Jesus nie te eng sien nie.
Ja, ons swaarkry mag die tugtinge van ons
hemelse Vader wees, maar as ons daarby as
verduideliking vassteek, gaan ons weldra
moedeloos raak en begin murmureer. Ja,
swaarkry is sekerlik een van die maniere waarop
ons van sonde gesuiwer word, maar as ons bloot
só daaroor dink, sit dit maklik om in 'n valse trots.
Nee, dikwels is ons swaarkry niks anders nie
as ons gemeenskap aan die lyding van Christus.
Dis wanneer Hy jou omhels en só een maak met
Hom dat die heil van Sý smartlike offer deur jou
vloei na die ellendiges van hierdie wêreld toe.
Meermale is gelowiges se pynkrete lofsange wat
díé van die engele in die skadu stel.
Hierdie voorreg word egter nie gegee aan
diegene wat God bloot na goeddunke en volgens
eie begeerte dien nie, maar aan hulle wat
Christus met alles in hulle gehoorsaam en "nooit
roem nie, behalwe in die kruis van ons Here
Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my
gekruisig is en ek vir die wêreld" (Gl 6:14).

Nico van der Walt





* Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale en
reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die Belydenis van So la
5, 'n assosiasie van Godgesentreerde eva nge liese g elow iges in Su iderAfrika.
* Subskrip s ies, adresveranderings, kansellasies e n
korrespondensie: Postnet Suite No.148, Privaatsak X 1, No rthcliff,
2115.
E : nico.van derwa lt@reform ed.org.za Tel. 011 476 2907; 082 848
9396.
* Blogs: www.e-preke.blogspot.com (met skakels na nóg 4 blogs)
* W eekliks word 'n preek soos hierdie wêreldwyd en gratis per epos ges tuur aa n m ens e wa t dit persoon lik aange vra het.
* Geen kop iereg. Dup liseer g erus . Of stuur elektronies verder.
* Pre ekopn am es: E: info@ nunide .org.za ; T: 012-808 3906
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Za Feb 15, 2020 12:27 pm

Beste mense,

Ek volg vandag 'n nuwe aanslag. Ek stuur nog epreke - 3x - op die ou manier uit - dus hierbo aangehaak as PDF dokumente. Maar julle mag onthou dat ek laas keer 'n eerste stuk oor die harmonie tussen Skriftuur (die Bybel, Gen 1-2) en die Natuur/ die algemene openbaring/ die wetenskap uitgestuur het. Vandag kry julle die tweede aflewering. MAAR, ek haak dit nie aan hierdie epos nie. Nuwe rekenaar, nuwe sagteware en die stuurprogram op 'n ou rekenaar, skep vir my baie probleme. Wat ek dus nou doen, is om my "Skriftuur en Natuur"-skryfwerk op een van my 4 Blogs te laai waar julle dit kan gaan kry (daar is nog baie ander artikels op, en ook skakels na die ander Blogs toe. Let op, jy kan net onder regs druk om na volgende bladsye aan te skuif, waar jy ook laas keer se aflewering sal kry). Ek besef dat nie almal van julle flink is op die internet nie (ek glo verreweg die meeste wel). Vir hierdie mense is ek bereid om die artikels vir individue met gewone epos te stuur, maar om dit vir 'n paar honderd intekenaars te doen, is bietjie dik vir 'n daalder. Maar dan moet julle spesiaal vra.

Die Blogadres is : www.antipasherout.blogspot.com

Ek vertrou dit verontrief julle nie.

jbiC

Nico

*********************

2 Kor 5:10 : CHRISTUS SE REGTERSTOEL [1]

No. E45 / W859


H
íéroor is God se Woord baie duidelik: ook
diegene wat in Christus sterf, sal die
eindoordeel moet deurgaan. En hulle sal aan
presies dieselfde norme gemeet word as die
ongelowiges. "God trek immers niemand voor nie"
(Rm 2:11). Hy het nie witbroodjies nie. Hy meet nie
met dubbele standaarde nie.
In 'n sin is die Christelike lewe hier en nou niks
anders nie as die Here God se gereedmaking van
Sy kinders vir daardie dag van afrekening. Hy werk
nou heiligmakend só in die uitverkorenes dat nie 'n
enkele een van hulle op daardie dag verleë sal
staan nie. Selfs diegene wat verwerp word - sélfs
die duiwel - sal op daardie dag geen fout kan vind
met die feit dat miljoene ewige loon ontvang nie.
God se vyande sal moet toegee: elkeen - gered en
ongered - ontvang presies in ooreenstemming met
die lewe wat hy of sy in hierdie lewe gely het.
Laat ons nooit die volle evangelie vergeet nie:
Ja, ons word gered uit genade alleen, op grond van
Christus se verdienste alleen, en deur geloof alleen.
En oor hierdie mees fundamentele kant van ons
verlossing sal ons nooit kan ophou juig nie. Maar
ons mag nie hier stop nie. Ons word eweneens
gered tót heiligheid, goeie werke en
gehoorsaamheid - en daarom uiteindelik ook
vólgens die lewe van geregtigheid waartoe die
Heilige Gees ons in staat gestel het, nadat Hy ons
geroep en wederbaar het vanuit 'nGod-vermydende
hartsgesteldheid en 'n selfgesentreerde lewe.

DIE EINDOORDEEL HET TWEE KOMPONENTE

G Eerstens praat die Skrif oor die skeiding van
diegene wat gered is en diegene wat nie gered is
nie - soos byvoorbeeld in Mt 25:31-46, waar die
skape en bokke van mekaar afgekeer word.
Onmiskenbaar duidelik geskied dit op grond van die
lewens wat die mense geleef het (vgl. Rm 2:6-11).
G Tweedens praat dieSkrif van 'n beoordeling van
gelowiges se lewens met die oog op ewige loon (Mt
10:42; Mk 9:41; Lk 14:12-14; 1Kor 3:10-15; Ef 6:8;
2Jh 8). Uitdruklik verklaar 1Kor 3:15 dat die werk
wat jy vir die Here doen, maar nie reg doen nie,
verbrand sal word - maar dat jy self tog, ten spyte
daarvan, gered sal word (mits, natuurlik, jy deur 'n
ware geloof met Christus verenig is).
2 KOR 5:10
Hierdie vers sny meeste van die beginsels aan wat
ter sprake is as ons 'n Bybelse perspektief op die
eindoordeel wil bekom.
G Die vers begin met "want" (OAV) of "immers"
(NAV). Dit verduidelik dus die voorafgaande.
G Ook v.9 hou verband met die voorafgaande
("Daarom", OAV). Paulus skryf na aanleiding van
die komende dood en die implikasies daarvan (1-8).
• As die apostel sê hy het net een wens
(NAV), naamlik om te lewe soos die Here wil,
gebruik hy 'n woord wat beteken om ambisieus te
wees. Dit is dus sy brandende hartstog om in alles
wat hy doen die Here te behaag.
G Ons "almal" moet voor die regterstoel verskyn -
selfs Paulus en die ander apostels. Vir een en
elkeen sal daar dus 'n dag van afrekening kom.
Ons wat in Christus is kan en moet ons verheug
in die wonder van onomkeerbare regverdiging en
die sekere vooruitsig op ons komende
heerlikmaking. Maar dit onthef ons nie van die
E45 - 2Kor 5:10 - Christus se regterstoel [1] 3/6
gewigtige verantwoordelikheid om lewenslank en
puntenerig in die lig van Christus se komende
regterstoel te leef nie.
• Sekerlik is dankbaarheid vir die Here se
groot verlossingsdade genoegsame rede vir 'n lewe
wat dit najaag om Hom te behaag en verheerlik.
Maar daar is nóg 'n rede: my lewe hier en nou
bepaal my loon, al dan nie, in die hiernamaals!
G As die apostel skryf dat ons voor Christus sal
"verskyn", gebruik hy 'n sterk woord: ons sal
blootgelê word, gestroop van elke fasade van
ordentlikheid - om totaal en volledig geopenbaar te
word vir wie en wat ons was.
G "Elkeen sal ontvang" volgens wat hy of sy
tydens hierdie aardse lewe gedoen het. Eintlik wil
die Grieks sê dat 'n mens dit sal terug ontvang. Dit
sinspeel op onpartydige en regverdige beoordeling.
G Voorts bied 'n versigtige lees van die teks nog 'n
belangrike perspektief - op twee maniere.
• Die werkwoord "gedoen" is 'n eenvoudige
verlede tyd. Vanaf die regterstoel word dus
teruggekyk op iemand se lewe as 'n eenheid, as 'n
geheel. Dit gaan oor wat jy tipies gedoen het.
• Paulus skryf, letterlik: ons sal die dinge
(meervoud) terug ontvang wat in die liggaam
gedoen is, of dit (enkelvoud) goed was of kwaad.
Hierdie oorgang van die meervoud na die
enkelvoud is verrassend en sprekend. Wat dit wil
tuisbring, is dat, hoewel niks die beoordeling sal
ontglip nie (dinge, meervoud), sal ons lewens en
dade as 'n geheel beskou word (enkelvoud).
• Opgesom: geen enkele daad of versuim kan
met sekerheid uitwys of iemand genade ontvang het
nie. Nee, al die besonderhede van ons lewens
gesamentlik - ons tipiese gedrag - wys uit wie ons
werklik in ons diepste wese is.
Ons lewe, nadat ons met Christus verenig is, sal
dus as 'n geheel beoordeel word - en dit sal nie net
uitwys of ek inderdaad deur die Gees van God
herskep is nie, maar dit sal ook my loon bepaal.
G Die "kwaad", wat die teendeel van "goed" is,
beteken eintlik waardeloos. Dit bevestig die res van
die Nuwe Testament se getuienis dat die regterstoel
vir die Here se kinders nie 'n strafbank sal wees om
'n vonnis uit te meet nie. Nee, dis 'n waardebepaling
om uitspraak te gee oor die loon wat elke dissipel
van Jesus moet kry.
Gelowiges moet die eindoordeel dus positief en
vol verwagting benader, nie negatief nie.
1KORINTIËRS 3:10-15
G Elke gelowige bou uiteraard op die fondament
wat reeds gelê is - op Jesus Christus (11). Daarom
is ewige redding nie hier in die gedrang nie. Wie nie
op Hóm bou nie, is vanselfsprekend nie gered nie.
G Maar elkeen moet oppas hóé hy bou (10b). Ons
werk gaan immers "aan die lig kom". Dis dieselfde
begrip as wat ons in 2Kor 5:10 raakgeloop het: ons
werk sal blootgelê word; dit sal gesien word vir
presies wat dit was.
G Die beeld van bouwerk word gebruik. Hóé ons
bou, sal deur vuur getoets word - dus deur en
deur. Slegs as ons kwaliteitsmateriaal gebruik, sal
ons loon kry. Verbrand ons werk egter, sal ons nie
beloon word nie - hoewel ons self gered sal word.
G Dis so duidelik soos daglig: dit gaan nie hier oor
ewige redding of verlorenheid nie - asof
regverdiging in Christus voorlopig en omkeerbaar is.
Nee, dit gaan oor die bepaling van loon. Wat hier
beskryf word, is die prysuitdeling. Die wedloop is
verby; nou moet die lourierkranse omgehang word.

VYF PUNTE VAN TOEPASSING

1. Sien jy die kontinuïteit, die deurlopenheid
tussen hierdie lewe en die lewe hierna?
As die graad van jou heerlikheid eendag afhang van
jou getrouheid en toewyding in hierdie lewe, moet jý
as persoon en individu mos bly voortbestaan. Jy sal
dus jou identiteit behou - net soos die Here Jesus
nadat Hy opgestaan het.
In antwoord op sekere dwaalleraars wat beweer
het dat 'n ander liggaam as my huidige eendag sal
opstaan, sê die ou kerkvader, Chrisostomus: "Hoe
so? Sê my, sal één sondig en 'n ander gestraf word;
sal één goed doen en 'n ander gekroon word?"
2. Sien jy die noodsaak van wedergeboorte?
Wedergeboorte is 'n hartsverandering - jou diepste
wese word herskep. En dit alleen kan 'n
sondegevalle mens se verdorwenheid só verander
dat geregtigheid die tipiese van sy lewe word.
3. Let op die hartsgesteldheid wat die feit van
die komende regterstoel in Paulus verwek.
Hy gaan in 2Kor 5:11 voort: "Omdat ons dan die
vrees van die Here ken" (OAV). Omdat daar 'n
onontkombare wetmatigheid is, naamlik dat baie
vereis word van diegene wat baie ontvang het - is
die vooruitsig op die regterstoel vir 'n Christen
enorm gewigtig. Hoeveel het ons nie immers
ontvang nie! Hoeveel ontvang ons nie steeds nie!
Laat die volle gewig hiervan lewenslank op jou
hart druk: wat ek in hierdie lewe saai, sal ek tot in
alle ewigheid maai; die kwaliteit van die saad wat ek
nou saai, bepaal vir ewig die kwaliteit van my loon!
4. Van alle mense is ons die allerlaastes wat
kan kla dat ons beoordeel gaan word.
Is ons nie herskep sodat ons heilig en godvrugtig
kan lewe nie? Is God se wette nie op die tafels van
ons harte gegrafeer nie? Werk die Gees van die
Here nie nou só in ons dat ons eendag vir die loon
kan kwalifiseer nie?
Waarlik, niks is meer redelik as die oproepe en
imperatiewe van die Nuwe Testament nie. "Gee
julleself aan God as lewende en heilige offers wat
vir Hom aanneemlik is" (Rm 12:1). "Julle het die
Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang,
en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop,
E45 - 2Kor 5:10 - Christus se regterstoel [1] 6/6
en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle
liggaam verheerlik" (1Kor 6:19-20).
5. Al is dit ék wat beloon sal word, is dit die
Here alleen wat die eer daarvoor moet kry.
In Op 4:8-11 lees ons van die vier-en-twintig
ouderlinge wat hulle krone voor die troon van die
Here terugplaas. Dis hulle stefanoi (Gr.), oftewel
lourierkranse, simbool van die pryswat oorwinnaars
in die Christelike wedloop ontvang. En dan breek
hulle in 'n wonderlike lofuiting uit: "U is waardig ..."
Waarom gee hulle hul krone terug? Omdat hulle
besef dat hulle die prys en loon wat hulle vir hierdie
lewe se getroue volharding ontvang het,
hoegenaamd nie self verdien nie. Dit is Gód se werk
in hulle wat beloon is. Was elke oorwinnaarstree
van hulle wedloop nie 'n genadegawe nie?
Laat ons dus altyd onthou: elke stukkie
godsvrug in my lewe is ten diepste die werk van
Christus in my. Onthou, dis ten diepste nie ék wat
gekroon gaan word nie, maar Christus in my.
Wat leer dit dan vir jou en vir my? As mens die
wenpaal seëvierend wil bereik, moet jy leer om
gelowig in die krag van God se Gees te leef en te
werk. God gee die oorvloed van Sy gawes by die
wenpaal, omdat ons in die geloof Sy gawes op die
baan aangeneem het.

Nico van der Walt



Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente (Pretoria) : 8-10-06
Posbus 12371, Queenswood, 0121
T: (012) 329 3012; 082 7766 141
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za
www.reformed.org.za www.sola5.org

• Daar word weekliks 'n preek soos hierdie wêreldwyd per epos gestuur aan meer as 'n duisend mense wat dit aangevra het.
• Geen kopiereg. Dupliseer gerus. Of stuur elektronies verder.
• E-preke vantevore uitgestuur, is te kry op bg. webwerf.
• Preekopnames: nunide@absamail.co.za; T: 012-8083 906.
• Graag stuur ons 'n bekendstelling aan diegene wie se name
u vir ons mag aanstuur, maar plaas mense net op ons adreslys as
hulle dit dan sélf versoek.


=============================================================================================================


1 Kor 3:10-15 : CHRISTUS SE REGTERSTOEL [2]
No. E46


O
ns het laas onder meer vinnig na hierdie
verse in 1Kor 3 gekyk. Ek het toe daarop
gewys dat dit wat hier beskryf word nie gaan
oor ewige redding of verlorenheid nie, maar oor die
bepaling van meer of minder loon vir God se kinders
in die hiernamaals. Terwyl elkeen wat iets verstaan
van die gewigtigheid van daardie ontmoeting met
Christus nie anders kan as om dit in die vrese van
die Here tegemoet te gaan nie (2Kor 5:11, OAV), is
dit ook so dat ons met positiewe verwagtinge
daarna kan en moet uitsien.
Dis soos 'n student wie se maag gespanne
ineentrek as hy aan sy naderende finale eksamen
dink. Maar dis 'n goeie ding, want dit spoor hom des
te meer aan om hard te werk. Tog gaan hy die
eksamen ook met opgewonde afwagting tegemoet.
Hy het alle rede om te glo dat hy goed sal slaag -
en dat dit die behaling van sy graad sal beteken.
Wat dus hier in 1Kor beskryf word, is die
prysuitdeling.
'N BETEKENISVOLLE WOORD
G In 1Kor 3:13 skryf die apostel dat die gehalte
van elkeen se werk "getoets" sal word - dit sal op
die proef gestel word (OAV).
Daar is twee woorde in Grieks wat dui op die
aanlê van 'n toets (Gr. dokimazo en peirazo).
Laasgenoemde toets geskied met óf geen
verwagting oor die uitkoms nie, óf dikwels met die
verwagting van 'n negatiewe resultaat. Maar dis
eersgenoemde woord wat hier gebruik word. En
dikwels dui dit op 'n toets wat optimisties aangelê
1. George Berry, A Dictionary of New Testament Synonyms,
Zondervan, 1979, p.37. Vergelyk ook Richard Trench,
Synonyms of the New Testament, Eerdmans, 1976, p.278-281
en Kenneth Wuest, Treasures from the Greek New Testament,
Eerdmans, 1973, p.126-131.
E46 - 1Kor 3:10-15 - Christus se regterstoel [2] 2/6
word - dat die uitkoms positief sal wees.1
• In Lk 14:19 en Jh 6:6 word die betekenis
van die woorde goed uitgebring.
Eersgenoemde vers vertel van 'n man wat nuwe
osse wat hy gekoop het wil gaan "probeer". Hier
word dokimazo gebruik. Die suggestie is dus dat hy
nie kan wag om te sien hoe goed sy nuwe aanwas
gaan vaar nie.
Jh 6 - die gedeelte oor die vermeerdering van
die brood - gebruik daarenteen peirazo. Dis 'n
toets wat die Here Jesus op Filippus aanlê - om sy
kleingeloof uit te wys. Daar is 'n skare wat moet kos
kry. Dan sê Jesus vir Sy dissipel, "Waar sal ons
gaan kos koop?" As Filippus geloof gehad het, sou
hy gesê het dat daar vyf broodjies en twee vissies
is, en dat die Here dit sekerlik kan vermeerder.
Maar Jesus weet hy het nié hierdie geloof nie en wil
dit sagkens vir hom aan die verstand bring.
G Die vuurtoets eendag sal dus nie daarop gerig
wees om alles wat sleg was in ons lewens uit te wys
nie. Inteendeel, dit sal juis die goeie wil uitwys! Dit
sal niks wat beloon kan word wil oorslaan nie.
Vir God se kinders, ten spyte van die
skrikwekkende gewigtigheid van die geleentheid, sal
die eindoordeel tog ook 'n blye oomblik wees. Nee,
meer nog, dit sal gepaard gaan met onbeskryflike
vreugde oor die wonderlike loon wat toegeken word!
En ons praat nie net van 'n lourierkrans wat spoedig
verwelk nie, ons praat van 'n welgeluksalige lewe,
onbeskryflik in sy heerlikheid, wat tot in alle
ewigheid nie sal verbygaan nie.
'N APOSTEL SE GESINDHEID
G Die apostel Paulus het verstaan waarvan ons
praat. Daarom het hy alle ywer aan die dag gelê om
met goud, silwer en edelstene te bou. In sy Christelike wedloop het hy voluit gehardloop.
Hieroor skryf hy in 1Kor 9:24-27.
G As hy in v.24 sê dat net één die prys kry, bedoel
hy nie dat net een persoon eendag beloon sal word
nie. Dis sy manier om te sê, aangesien net een in 'n
gewone wedloop die wenprys kry, is alle atlete wat
ernstig is, ingestel op die eerste plek. En dieselfde
gesindheid van toewyding moet ons geestelike
wedlope kenmerk. Ons moet dus gaan vir goud!
G Vergelyk mens v.27 in die OAV en die NAV,
kom jy 'n verskil agter. Die NAV is 'n beter
weergawe van Paulus se bedoeling. Hy sê nie dat
hy bang is om verwerp te word nie. Hy is nie
bevrees dat hy verlore sal gaan nie. Daarvoor is hy
té gevestig in Christus, té oortuig van die
onomkeerbaarheid van regverdiging. Wat hy sê, is
dat hy alles in die stryd werp sodat hy nie vir die
prys gediskwalifiseer sal word nie (NIV). Hy wil nie
loon inboet te wyte aan laksheid nie. Ten alle koste
wil hy verhoed dat sy lewenswerk in rook opgaan.
G Elkeen van ons het verskillende gawes en
roepinge. In Paulus se geval moet hy die evangelie
op skrif stel en dit ver en wyd verkondig. Om so
getrou moontlik in die uitvoering van sy taak te
wees, span hy al sy kragte in (1Kor 9:23).
G Terug na 1Kor 3. As die apostel aan die begin
van v.13 sê dat elkeen se werk aan die lig sal kom,
is dit 'n duidelike suggestie dat die beoordeling baie
deeglik sal wees. Alles sal in ag geneem word.
Onthou jy nog wat dit beteken as Paulus in 2Kor
5:10 sê dat ons voor die Here sal "verskyn". Die
woord beteken om blootgelê te word - om gestroop
te word van elke fassade van ordentlikheid.
Kennelik het Paulus die Here Jesus se
waarskuwing baie ernstig opgeneem dat daar niks
geheim is wat nie bekend sal word nie (Lk 12:1-3).
Hy skryf in 1Kor 4:5 dat die Here die dinge wat in
die duisternis verborge is, aan die lig sal bring en
die bedoelings van die hart sal blootlê. Na
aanleiding daarvan sal elkeen dan lof van God ontvang - meer of minder.
Sien jy, hier kom die positiewe al wéér na vore.
Elke keer as ék die voorafgaande woorde lees, wil
my keel toetrek. Maar dan verras Paulus ons:
voorop in sy gedagtes is nie verleentheid en verlies
wat sal volg op blootlegging nie, maar lof - lof!
G Let laastens daarop dat Paulus presies geweet
het waaroor dit gaan en wat sy lewenstaak is. Hy
ken die reëls. Hy weet wat beloon sal word en wat
waardeloos is. Sy teiken is vlymskerp voor hom
afgeëts (26). Hy is gefokus; hy mors nie tyd en
energie op beuselagtighede nie.
Nou sal talle van julle vir my sê, dis juis my
probleem, ek weet nie wat my roeping is nie. Wat is
die Here se wil vir my lewe? Wel, dis 'n baie groot
seën as mens jou nis in die koninkryk gevind het -
hoe vroeër hoe beter. Maar vir talle kom dit eers
met toenemende ervaring en ouderdom.
Maar, sal jy dalk sê, wat moet ek intussen
doen? Moet ek bloot maar wag? Allermins!
As mens die Bybel versigtig lees, sien jy dat die
beoordeling op daardie dag veral sekere dinge in ag
sal neem. Laat ons daarvolgens leef, en ons kan
verseker wees dat die regterstoel van Christus 'n
wonderlike prysuitdeling vir ons sal wees.

DIE MAATSTAWWE VAN DIE EINDOORDEEL

1. Ons getrouheid en gehoorsaamheid.
In die gelykenis van die talente sê die eienaar vir die
slawe wat hy beloon: "Mooi so! Jy is 'n goeie en
getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek
jou aanstel." (Mt 25:21, 23).
Hierdie slawe het hulle baas se opdragte ernstig
opgeneem en puntenerig uitgeleef. Sý belange was
vir hulle voorop, nie hulle eie gerief of voordeel nie.
Dis waarom Jesus in Jh 12:48 sê dat Sy woorde
op daardie dag die ongehoorsames sal oordeel.
Ons sal aan die Here se opdragte geoordeel word!
2. Ons motiewe en gerigthede
By meer as een geleentheid bring die Here Jesus
ons motiewe hier en nou, en ons ewige loon in
E46 - 1Kor 3:10-15 - Christus se regterstoel [2] 5/6
direkte verband (Mt 6:1; Lk 12:1-3). Gaan dit vir jou
vandag oor die goedkeuring en eer van mense, sal
jy alle loon eendag verbeur. Speel jy nóú vir die
pawiljoene, sal jy dán bedroë daarvan afkom.
Hier is die beginsel: ek en jy moet besluit waar
en wanneer ons ons loon wil hê: hier of daar, nou of
dan. Die wêreld is bereid om dadelik uit te betaal.
Maar as jy in die hemel belê sal jy in geloof moet
wag. Maar God se Woord verseker ons dat die
dividende meer as die moeite werd sal wees.
Vir seker is dit nie sonder betekenis nie dat die
Woord van God in hierdie verband 'n besondere
klem laat val op die belangrikheid van materiële
uitdeling. Dít is een van die uitnemende maniere om
skatte in die hemel te vergader (Mt 6:19-20; Lk
12:31-33; Lk 18:22; 1Tm 6:17-19).
Daar is dus twee beleggingsalternatiewe voor
ons. Die een se se dividende betaal nog in hierdie
lewe uit, maar die sekuriteit is bedenklik. Die ander
se sekuriteit is absoluut en die opbrengs
duiselingwekkend. Maar mens moet in die geloof
daarvoor wag, soms baie lank.
3. Ons lig en geleenthede
In die gelykenis van die waaksame slaaf, sê die
Here Jesus dat die slaaf wat goed weet wat sy baas
wil hê, maar dit nie doen nie, 'n swaar straf sal kry.
Daarenteen sal die een wat te wyte aan onkunde
nie doen wat die baas wil hê nie, 'n veel ligter straf
kry. Hier is dus die beginsel: "Van elkeen aan wie
baie gegee is, sal baie geëis word" (Lk 12:47-48).
4. Ons gesindhede
In 1Kor 9 skryf Paulus oor die feit dat hy die
evangelie uit eie keuse verkondig. Daarom doen hy
dit kosteloos. Hy weet immers dat die loon wat hy
nou van die hand wys wel eendag in die
hiernamaals aan hom uitbetaal sal word (9:14-18).
In 2Kor 9 gaan dit nogeens oor geld en ewige
loon. Wie volop saai, sal volop maai. En in die
besonder is dit belangrik om blymoedig en vrywillig
te saai - want by uitstek is dit die uitdeler vir wie
God lief is, wat Hy in hierdie lewe sal versorg, en
wat eendag volop sal oes (9:6-8).
E46 - 1Kor 3:10-15 - Christus se regterstoel [2] 6/6

TEN SLOTTE

G 'n Laaste vraag: As mens na hierdie
maatstawwe kyk, is dit duidelik dat baie "Christene"
nie die toets sal slaag nie. Hoe is dit dan dat Paulus,
as hy oor die eindoordeel praat, soos klokslag die
klem laat val op die sekerheid van beloning?
Die antwoord is eenvoudig. Sy versekeringe oor
ewige loon skryf hy aan wedergebore mense. En hy
weet dat die hartsverandering wat die
wedergeboorte bewerkstellig, só diepgaande is dat
élke wedergeborene, ten spyte van baie
oorblywende gebrokenheid, tog deeglik aan die
maatstawwe vir beloning voldoen.
G 'n Laaste konklusie: Sien jy nou, wat die Here
Jesus in ag gaan neem tydens Sy evaluering met
die oog op ons ewige loon, is nie net ons dade nie,
maar ook ons geleenthede; nie net wat ons was nie,
maar ook wat ons kon gewees het; nie net wat ons
bereik het nie, maar ook wat ons nagejaag het; nie
net wat ons gedoen het nie, maar ook wat ons
nagelaat het; nie net die getal van ons goeie werke
nie, maar ook die gewig daarvan.
UIteindelik sal dít die vraag wees: tot watter
mate was ek gelykvormig aan Sy beeld - in my
hartsgesindhede en in my dade.

Nico van der Walt




Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente (Pretoria)
Posbus 12371, Queenswood, 0121
T: (012) 329 3012; 082 7766 141
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za
www.reformed.org.za www.sola5.org

• Daar word weekliks 'n preek soos hierdie wêreldwyd per epos gestuur aan meer as 'n duisend mense wat dit aangevra het.
• Geen kopiereg. Dupliseer gerus. Of stuur elektronies verder.
• E-preke vantevore uitgestuur, is te kry op bg. webwerf.
• Preekopnames: nunide@absamail.co.za; T: 012-8083 906.
• Graag stuur ons 'n bekendstelling aan diegene wie se name
u vir ons mag aanstuur, maar plaas mense net op ons adreslys as
hulle dit dan sélf versoek.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Ma Feb 17, 2020 11:43 am

1KRON 25 : UITNEMENDE LOF EN AANBIDDING [1]


Een van die talle nuwe dinge wat Dawid in die
verbondsvolk se lewe gevestig het, is 'n
beklemtoning van gesamentlike en geordende
lofprysing vir die Here. Dawid was van jongs af 'n
digter, sanger en musikant. Hy skryf psalms en as
seun moet hy in die paleis vir Saul op sy lier gaan
speel (1Sam 16:16, 23).
‘ As hy koning in Jerusalem word, gaan haal hy
die verbondsark in die huis van Abinadab. Dit is 'n
feestelike optog waaraan die hele volk deelneem:
"Dawid en die hele Israel het uitbundig voor die ark
van die Here gedans, begelei deur liedere, liere,
harpe, tamboeryne, ratels en simbale" (2Sam 6:5).
Ook as hulle die ark die tweede keer by die huis
van Obed-Edom gaan haal, geskied dit met selfs
meer feesvreugde (2Sam 6:12b-15). In 1Kron 15
lees ons op watter skaal en hoe geordend dit
gebeur het (16-25, 28). By hierdie geleentheid is
Dawid se lied "Loof die Here" ook vir die eerste keer
gesing (1Kron 16:7-36).
‘ Dawid wou hierdie uitbundige lof vir die Here in
die volk se godsdienstige lewe laat wortel skiet.
Daarom het hy besondere moeite gedoen om
geordende musikale aanbidding in die tabernakel te
vestig. Uit die Leviete is 4 000 sangers hiervoor
afgesonder. Hulle "... moes sorg vir die lof van die
Here op die instrumente wat daarvoor vervaardig is"
(1Kron 23:5; 2Kron 7:6).
Volgens 1Kron 6:31-47 is dit duidelik dat hierdie
sangers reeds by die tabernakel - in Dawid se
regeringstyd dus - so gefunksioneer het.
‘ Volgens 1Kron 25 het veral 288 van hierdie
Leviete 'n prominente rol in die lofsang vir die Here
gespeel. Hulle het uit 3 familiegroepe bestaan -
onderskeidelik dié van Heman, Asaf en Jedutun
(ook Etan genoem). Tussen hulle het hierdie 3
manne 24 seuns gehad, en elkeen van húlle was
weer die leier van 'n groep van 12. Die 24 groepe is
ingedeel om "volgens 'n vaste reëling" (1Kron 6:32)
toe te sien dat die lof van die Here nooit stil word by
die tabernakel nie.
‘ 'n Paar dinge val op in 1Kron 25:
• Hierdie 24 groepe moes ook die ander
sangers, asook die volk in lofsang lei. En hulle het
instrumente bespeel én gesing. Hulle was dus sowel
die orkes, as die voorsangers.
• Hulle het 'n verskeidenheid van instrumente
gebruik. Hier in 1Kron 25 word snaar- en
slaginstrumente genoem. Kyk mens egter na van
die voorskrifte in die Psalms (bv. Ps 150), sien jy
dat ook hout- en koperblaas-instrumente gebruik is.
• Hierdie musikante was nie 'n klomp
amateurs nie. Hulle is "in sang ter ere van die Here
onderrig"; hulle was "opgeleides" (7). Hulle het
voltyds in hulle roeping gestaan en was duidelik met
niks minder as musikale uitnemendheid tevrede nie.
• Baie interessant - maar eksegeties moeilik
- is dat hulle volgens v.1, 2, 3 "as profete opgetree
het" terwyl hulle musiek gemaak het (NAV). Die
OAV sê dat hulle "besield" gespeel het. Duidelik is
hier 'n sinspeling op die inspirasie van die Gees.
Hier is twee moontlikhede. Die NAV impliseer
dat die woorde van die lofliedere deur die Heilige
Gees vir hulle ingegee is. Die ander moontlikheid is
om dit soos die OAV te verstaan, naamlik dat die
musiek vir bestaande woorde vir hulle ingegee is.
Terwyl eersgenoemde vertolking nie afgeskryf
moet word nie - Asaf was immers verantwoordelik
vir sommige van die Psalms - maak die OAV tog
baie sin. Immers het Dawid dikwels Psalms vir
hierdie Levitiese musiekgroepe geskryf. Talle
Psalms begin so iets: "Vir die koorleier. Van Dawid.
'n Psalm." Hy het dus, onder inspirasie van die
Gees, die lirieke vir talle van die lofliedere verskaf,
terwyl die musikante, eweneens deur die Gees,
melodieë geskep het wat nie net die woorde gedra
het nie, maar ook uitdrukking gegee het aan die
woorde se gevoelswaarde.
Uiteindelik moet ons dalk aanvaar dat beide bg.
vertolkings korrek is (vgl. 2Kron 29:29-30).
‘ Dawidse aanbiddingsreëlings het oorgespoel na
die tempeldiens in Salomo se tyd. Maar ook
toekomstige konings, wat die Here gedien het, het
dit weer ingestel.
• In die tyd van die kinder-koning, Joas, het
die priester, Jojada, met die volk 'n verbond gemaak
dat hulle die Here sou dien. Onder meer het dit
ingehou dat daar weer by die tempel "... sang soos
Dawid dit gereël het ..." sou wees (2Kron 23:16-18).
• Tydens die herlewing onder Koning Hiskia
het hy weer "... die Leviete plek laat neem met
simbale, harpe en liedere in die huis van die Here
volgens die opdrag van Dawid ... want dit was 'n
opdrag wat van die Here self gekom het ..." (2Kron
29:25-26). Hy het "... die Leviete beveel om die
Here te loof met die liedere van Dawid en die siener
Asaf" (29:30). Vgl. ook 30:26.
• Tydens Juda se laaste herlewing en
terugkeer na die Here se weë, is Dawid se
aanbiddingsvoorskrifte weer in besonderhede
herstel (2Kron 35:4, 15).
• Ook ná die ballingskap kan die respek vir
Dawid se instellings nogeens in Esra en Nehemia
se heropbou gesien word. Toe die fondamente van
die tempel gelê is, is die Here geloof "... soos koning
Dawid van Israel bepaal het" (Esra 3:10-11).
Nehemia plaas 'n premie daarop om die Here te loof
"... volgens die voorskrif van Dawid, die man van
God" en "... met die musiekinstrumente van Dawid
..." (Neh 12:24, 36, 45).
Ons het nie hier te doen met 'n modegier van een
tydvak nie. Nee, onmiskenbaar duidelik was dit 'n
opdrag "wat van die Here self gekom het". Daarom
het die verbondsvolk, elke keer as hulle hul bekeer
het, dit weer ingestel.

WAT SÊ DIT VIR ONS ?

Ons moet ten minste 2 dinge onthou:
Eerstens, die Ou Testament getuig oor en oor
dat hierdie aanbiddingsreëlings besondere gewig
gedra het. Dit het God kennelik behaag.
Tweedens, ons is Nuwe Testamentiese
gelowiges. Ons kan nie alles slaafs navolg nie. Daar
was 'n sterk klem op die seremoniële destyds. In
óns geval is niks belangriker as om in gees en
waarheid te aanbid nie. Tog het ons vir seker hier 'n
aantal belangrike beginsels en praktiese riglyne.
1. Lof en aanbidding is belangrik.
Bybels moet aanbidding baie ruimer verstaan word,
maar kom ons praat spesifiek vanons gemeentelike
lofsang.
Daar rus talle verhewe roepinge op ons, maar
niks is meer fundamenteel as om ons Drie-enige
God te verheerlik nie. Dit het Dawid goed verstaan,
asook latere godvrugtige leiers van die
verbondsvolk. Gevolglik is geen moeite en koste
ontsien om ook dááraan in hulle erediens reg te laat
geskied nie. Musiek en sang is as 'n belangrike
kanaal van lof gebruik. En so was hulle ook vir ons
'n voorbeeld.
Volgens Ef 5:18-19 is die sing van "psalms,
lofgesange en ander geestelike liedere"'n uitvloeisel
van die volheid van die Gees. En dit moet uit die
hart kom - tot eer van die Here (vgl. Kol 3:16).
Met 'n formalistiese liturgie kan ons as Nuwe
Testamentiese en Geesvervulde Christene ons nie
vereenselwig nie. Nog minder het ons vrede met die
gebruik van musiek en sang in die erediens om
bloot mense te vermaak en te lok. Tog moet ons
oppas dat ons nie in 'n oorreaksie teen hierdie dinge
ons eredienste se lofprysingskomponent - ons
gebede en lofsange - verwaarloos nie. Eenvoudig
gestel, het 'n erediens 2 dele: óns wat met die Here
praat (lof, dank, belydenis, voorbidding), en Hý wat
met ons praat (Skriflesing en prediking). Een deel is
nie belangriker as die ander deel nie.
2. Gemeentebetrokkenheid is belangrik.
Wie ook al asem het in die gemeente - groot en
klein - moet die Here se lof besing. Om met 'n toe
mond te staan terwyl die Here in sang ge-eer word,
skrei ten hemele.
Dawid se sanggroepe was nie daar om
uitvoerings te lewer nie. Hulle was in diens van die
volk se lofsange. Hulle moes nuwe liedere
ontwikkel, die mense dit leer en die gemeentesang
begelei - instrumenteel en vokaal.
Maar, terwyl gemeentebetrokkenheid 'n Bybelse
prioriteit is, moet mens ook sê dat sommige se
afwys van kore en begeleidingsinstrumente sonder
meer, 'n oorspanning van die beginsel is. Indien dit
werklik oor die eer van die Here en gemeentelike
opbou gaan, en nie bloot oor musikale kuns en
vermaak nie, is daar n.a.v. 1Kor 14 se oproep dat
ons mekaar met ons gawes moet stig, 'n plek vir
kooruitvoerings en solosang in die erediens.
3. Die woorde van ons liedere is belangrik.
Godgerigte lofprysing moet inhoud hê - Bybelse
inhoud. Die Vader soek aanbidders wat Hom in
gees en in waarheid aanbid (Jh 4:19-24).
Die woorde van ons liedere het 'n besondere
invloed op ons geloofslewe. Dit help om ons diepste
emosies te verwoord. 'n GespierdeSkrif-inhoud help
baie om 'n gemeente op suiwer bane te hou.
Sonder om te sê dat herhaling op sigself
verkeerd is - die Bybel het te veel voorbeelde
daarvan - word vandag dikwels oortree teen die
verbod op "'n ydele herhaling van woorde" (Mt 6:7).
Almal van ons ken die neiging van ons gedagtes
om ver draaie te loop terwyl ons hartlik saamsing.
Dit verg dus gedissiplineerde konsentrasie as ons
die Here wil loof soos ons moet.
4. Die musiek van ons liedere is belangrik.
Musiek is een van die wonderlikste gawes van
die Here se algemene genade. Waarlik, Hy is 'n
God van skoonheid - ook van melodie, harmonie
en ritme. Om te sing is dus 'n heerlike en
emosioneel vervullende manier vir 'n gemeente om
Hom in eenheid te loof.
Ja, dit gaan in die eerste instansie oor die
woorde van ons liedere, maar musiek is die rytuig
daarvoor hemel toe. Waarom sal ons donkies vir so
'n kosbare vrag gebruik as ons Arabierperde het?
Die musiek moet dus die woorde waardig wees.
Die besware in sekere kringe teen 'n
verskeidenheid vanbegeleidingsinstrumente het nie
Bybelse gronde nie. In beginsel is min of meer
enigiets in orde, solank dit natuurlik stig. Soos so
dikwels, is hier egter ook 'n kulturele dimensie.
Hb 13:15: "Laat ons dan onophoudelik deur Jesus
aan God 'n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom
gebring word deur die lippe wat sy Naam bely."

Nico van der Walt
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Vr Feb 21, 2020 10:43 am

Geagte Broer en Suster,

Net om die van julle wat belangstel te laat weet dat ek nog verdere notas oor Genesis 1-2 op een van my blogs geplaas het. Ek het laas keer vir julle 'n ander blogadres gegee, maar ek plaas nou die notas op:

www.e-preke.blogspot.com

Ek hoop om darem so elke twee weke die notas aan te vul. Ek is al heelwat verder geskryf, maar kom steeds gereeld weer terug t.w.v. aanvullings of verbeterings.

Hartlike groete in Christus,

Nico
nico@dievanderwalts.co.za
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Ma Mrt 02, 2020 11:25 am

Ek stuur vir julle die eerste 40 bladsye van Skriftuur en Natuur. Lyk my dis besig ook 'n boekie te word, want ek is hoegenaamd nie klaar nie. Ek weet ek het al van die eerste bladsye gestuur, maar soos dit dit nou maar gaan, mens gaan gedurig terug om aanpassings te maak. Daarom stuur ek dit weer vanaf p.1.

Ek glo almal/omtrent almal van julle sal MS Word 2010 kan oopmaak.

jbiC

Nico
nico@dievanderwalts.co.za

P.S.,


Ek het gister vir julle my nuutste skryfwerk oor oor bogenoemde aangestuur. Ek sien toe netnou dat die voetnotas vir een of ander rede nooit ingesluit is nie. En dis nogal belangrik.

Vir die voetnotas kan julle na die blog toe gaan: e-preke.blogspot.com

Hartlike groete,

Nico van der Walt

***********************

" Skriftuur en Natuur — beide reg verstaan — is nooit in disharmonie nie "


'n Getuienis


Nico van der Walt


Romeine 1:17-21

Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar, uit geloof met die oog op geloof, soos geskryf is: "En hy wat uit die geloof geregverdig is, sal lewe." Want die toorn van God word uit die hemel geopenbaar oor alle goddeloosheid en ongeregtigheid van mense wat die waarheid in ongeregtigheid onderdruk, omdat dit wat van God geken kan word, vir hulle bekend is, want God het dit onder hulle bekend gemaak. Want sy onsienlike dinge word van die skepping van die wêreld af in dit wat gemaak is, begryp en raakgesien, sowel sy ewige mag as sy goddelikheid, sodat hulle sonder verontskuldiging is, omdat, alhoewel hulle God geken het, hulle Hom nie as God geëer of gedank het nie, maar dwaas was in hulle redenasies en hulle insiglose hart verduister is.

Inleiding

Oor baie geslagte heen in ons westerse wêreld is teologie as die "koningin van die wetenskappe" beskou. Dit was díé bron van gesag en die maatstok waarmee min of meer alles gemeet is. Die Bybel was nie net in die wakis nie, dit is gelees en was die fondament van geloof en die hart van lewensoortuiging en -gerigtheid van baie.
Maar in die moderne era het die natuurwetenskappe sewe-myl-treë vooruit gegee. Geleidelik het dit oorgeneem as die sentrale riglyn vir meeste mense se lewens- en wêreldbeskouing. Beheersend oor amper die volle spektrum van filosofie en skeppingsleer is die leer van ateïstiese evolusionisme. En in die gesekulariseerde wêreld van ons dag gee dit steeds die toon aan.
Dit alles het meegebring dat daar tragiese verwarring onder selfs Christene ontwikkel het oor die betroubaarheid van die Woord van God. Want, so word gedink, reeds deur die heel eerste twee van die Bybel se 1189 hoofstukke trek die "alwetende en almagtige" wetenskap van ons dag 'n minagtende en grynslaggende swart streep: die Bybel is 'n fabel! Ons kry die boodskap in die media, in die skole, in die universiteite — noem maar op.
Hoe hanteer ware Christene dit? Hoe maak hulle hul kinders groot? Wat sê hulle vir jongmense wat na hulle eerste universiteitsjaar nie meer wil saamgaan kerk toe nie? Wat maak hulle van Jan Publiek se skeptiese oë en meewarige glimlaggies as hulle probeer evangeliseer?
Uiteraard moes ek ook maar met hierdie vrae worstel. En in wat volg deel ek met beskeidenheid my oortuigings oor hoe ek die verhouding tussen die Boek van die Skriftuur en die Boek van die Natuur verstaan. Party geleerdes — selfs dalk Christene — sal my aanslag en argumente soms as naïef en oningelig afmaak. En baie konserwatiewe Bybelgelowiges sal my as Bybelkrities afmaak. Maar dit weet ek, ek hoef nóg in die kring van Christengelowiges, nóg midde-in die mees bitsig-ongelowige wêreld, my hoed oor my oë te trek.
Laat ek sommer dadelik met die deur in die huis val. Vir baie jare reeds is ek oortuig van 'n ou skepping — met ander woorde veel, veel ouer as 6000 jaar. Ek kon sien dat dit heeltemal versoenbaar is met die Skrif, spesifiek ook met Gen 1-2. Maar my insig was nog naïef, nie eksegeties behoorlik begrond nie. In 'n baie vol en bedrywige lewe het 'n behoorlike bestudering van die saak net nooit vóór genoeg in die prioriteitstou gestaan nie. My omstandighede het egter verander. Meer tyd vir so 'n fassinerende studie het gekom. En spyt is ek nie! Dalk is dit wat ek vorentoe skryf voortydig. Baie meer studie is nodig en lê nog voor, gegee lewe en gesondheid. Maar om te skryf help my om my gedagtes te orden. En, wie weet, dalk, net dalk, kan dit nou al party mense help.

Drie aanhalings, 'n belydenis, 'n verduideliking en 'n getuienis

'n Eerste aanhaling

Die groot Nederlandse geleerde en staatsman, Abrahan Kuyper (1837-1920), het gesê (ek kwoteer dit asof my eie woorde): "Al die skrywers van die Bybel is beweeg en gestuur deur die Heilige Gees sodat elke bladsy van God se Woord só onveranderlik en foutloos neergeskryf is dat dit so goed soos 'n direkte skepping van God is. ... Die Skrif is God se Woord, sowel in sy geheel as in sy dele. Dit is woordeliks geïnspireer, nie meganies deur 'n influistering in 'n mense-oor nie, maar organies — deur die woorde te laat ontspring vanuit die betrokke skrywer se eie bewussyn en deur gebruik te maak van daardie woorde wat voorhande was in die skrywer se denke en gees." (Uit 'n toespraak van Kuyper: "De hedendaagsche Schriftcritiek in hare bedenkelijke strekking voor de Gemeente des levenden" — Litterarische Fantasieen and Kritieken XV, 167).

'n Belydenis

As ek na die natuur kyk, des te meer in die lig van die nuutste natuurwetenskaplike ontdekkings, sien ek tot só 'n oorbluffende mate die vingerafdrukke van 'n ewige, onveroorsaakte Oorsaak en almagtige Skeppergod, dat, as dit sou blyk dat die Drie-enige wat Hom in Jesus Christus aan ons geopenbaar het, níé die ware Outeur is nie (ondenkbaar!), sal ek van voor af na 'n ánder Skepper begin soek. Want dis oorweldigend en onontkombaar seker dat Hy ís!

'n Verduideliking

Ek het geen ambisie om nuwe dinge te sê nie. Dit probeer nie om 'n geleerde studiestuk, 'n akademiese verhandeling te wees nie. Dis bloot 'n uiteensetting van hoe ek dinge verstaan; van hoe ek die Skriftuur en die Natuur met mekaar rym. Dis 'n getuienis, 'n belydenis, 'n credo. Dis 'n beskrywing van hoe ek vrede in my gemoed verkry het, en van hoe ek vrymoedig met sowel gewone Christengelowiges (en baie geleerde teoloë), asook met natuurwetenskaplikes (gelowig én ongelowig) kan gesels.

'n Tweede aanhaling

"Op hierdie terrein (die van die natuur) moet nie te haastig iets in stryd met die Skrif geag word nie, en moet 'n mens nie saampraat, voordat jy nie ernstige studie gemaak het nie — anders kan jy jouself deur jou onkunde belaglik maak in die oë van die ongelowige wetenskap." (Aurelius Augustinus, 354-430 nC: De genesi ad litteram).
As dit 1500 jaar gelede woorde van groot wysheid was, is dit vandag 'n honderd maal meer die geval.

'n Derde aanhaling

Vir seker sal party van my Bybelgelowige broers en susters wat lees wat ek vorentoe skryf, bekommerd raak oor my geloofsregsinnigheid. Daarom haal ek 'n paar sinne aan uit Charles Hodge (1797-1878) se drie-volume Systematic Theology (gepubliseer in 1872/73). Hodge was een van die heel grootste teoloë in die geskiedenis van die kerk. Hy was 'n onkreukbaar regsinnige Bybelgelowige en was reeds 'n eeue-en-'n-half gelede vas oortuig dat wetenskap en Bybel, reg verstaan, nie in disharmonie is nie. Vanselfsprekend was hy gekonfronteer deur Charles Darwin se On the Origen of Species (1859) en het baie duidelik daarmee geworstel. Dit het hy, anders as sovele ander, met groot intellektuele en akademiese integriteit gedoen. So het hy, in 'n tyd toe amper deur die bank geglo is dat die aarde net 'n paar duisend jaar oud is, nooit paniekerig of selfs venynig gereageer toe geoloë, byvoorbeeld, begin verkondig het dat die aarde baie, baie ouer is nie. So skryf Hodge dan: "It will (one day)1 be found that the first chapter of Genesis is in full accord with the facts, and that the last results of science are embodied on the first page of the Bible. It may cause the church a severe struggle to give up one interpretation and adopt another, as it did in the seventeenth century2, but no evil need be apprehended. The Bible has stood, and still stands in the presence of the whole scientific world with its claims unshaken" (Hodge 1872, p.171).

+ Miskien kan ek hier noem dat ek my standpunt oor 'n ou skepping deel met talle uitstaande en regsinnige Bybelgelowiges in die resente geskiedenis, asook in die teologiese en kerklike wêreld van ons dag. Almal wat ek noem is predikers en teoloë.
Ek noem 'n paar bekende en gerespekteerde name: B.B. Warfield, R.A. Torrey, C.S. Lewis, Francis Schaeffer, Billy Graham, J.I. Packer, Wayne Grudem, Millard Erickson, Norman Geisler, William Lane Craig, Alvin Plantinga, Walter Kaiser, John Piper, Tim Keller.3
Natuurlik is ek goed bewus daarvan dat ander ewe bekwame en beroemde teoloë 'n sewe kalenderdae skepping huldig. Ek haal bloot bogenoemde name aan om te toon dat daar vir seker ook 'n sterk saak uitgemaak kan word vir 'n ou skeppingsbeskouing, sonder om die algehele betroubaarheid van die Skrif onder verdenking te plaas.
Wat my wel die hoenners in maak, is as aanhangers van sewe kalenderdae almal wat in 'n ou skepping glo onder verdenking plaas deur te suggereer dat hulle ewolusie aanhang (per implikasie ongeloofsewolusie) — want dit is alles behalwe waar.
Les bes is die ou skeppingsbeskouing, anders as die sewe dae beskouing, nie belas met die aanklag dat dit feitlik die ganse natuurwetenskaplike konsensus geringskat nie.

'n Getuienis

Hierdie studie was en bly vir my 'n wonderlike bydrae tot my groei in Godskennis. Om te dink dat hierdie aarde wat iewers op die rand van die heelal lê — 'n stoffie in die sonnestelsel, wat 'n stoffie in die melkweg is, wat 'n stoffie in die heelal is, wat 'n stoffie in die ewig-ongeskape Skepper se handpalm is — in die hart is van sy plan om Homself te verheerlik! Kan dit wees dat ek, 'n stoffie op hierdie stoffie wat ons aarde noem, bevoorreg is om Hom te ken en lief te hê en te verheerlik!
Die ontdekkingstog waaroor ek hier met stamelende woorde probeer skryf, het my geloof in, my lof vir, en my aanbidding van die Drieenige God wonderlik verryk — want al drie Persone van die Godheid is betrokke by die skepping en instandhouding van die heelal. Keer op keer droog my woorde op as ek in oorstelpte verwondering en liefdesaanbidding in sy teenwoordigheid verkeer.
Ek het allermins in hierdie ontdekkingstog gearriveer, inteendeel. As ek die lewe en gesondheid behou, hoop ek om nog talle kere verras en verryk te word met nuwe insigte. Daarom is dit wat ek vorentoe skryf nie in beton gegiet nie. Daar sal seker nog baie aanpassings, regstellings en byvoegings kom — en selfs dalk belydenisse.
Les bes, wat volg mag dalk net 'n paar medegelowiges help in húlle soeke na klarigheid oor 'n saak wat baie aktueel geword het. Dalk mag dit studerende jongmense help om perspektief te behou onder die geklank van ongeloofskateders. Mag dit 'n hupstoot verleen aan ons roeping om lig en sout te wees in 'n ontnugterde samelewing waarin die kerk meermale die pad byster is — en soms ook skuldig is aan dit waarteen Augustinus hierbo waarsku. Dalk mag dit ouers help in die koersgewing van hulle kinders in 'n gesekulariseerde wêreld (sommige wat hier lees sal dalk dink dit sal 'n hulp vanaf die wal tot in die sloot wees. Maar ek verstout my om eerder te hoop dat dit 'n hulp vanuit die sloot tot bo-op die wal sal wees.)

Persoonlike geloof, oortuigings en uitgangspunte

Ek gee onderstaande paragrawe nommers ten einde vorentoe maklik te kan terugverwys.

1. Wat ek skryf, skryf ek skaamteloos, vanuit sterk oortuigings — Christelike en Bybelse oortuigings. Maar ek weet ook dat daar oor dit wat ek vorentoe gaan aanspreek, uiteenlopende oortuiginge bestaan. En dikwels word hierdie standpunte gerugsteen deur sterk en vurige opinies. Ongelukkig is dit dikwels niks méér as net 'n opinie nie.
Maar elke leser moet in die finale analise self besluit wat hy of sy maak van wat ek probeer oordra. Dis immers elkeen se prerogatief en verantwoordelikheid — onontkombaar.

2. Maar dit gaan oor meer as oortuigings. Dit gaan oor méér as die intellektuele. Ek is 'n Christen, 'n dissipel van die Here Jesus Christus. In Hom alleen skuil ek vir lewe en dood, vir tyd en ewigheid. Al vir amper vyftig jaar. Dis die hart van my bestaan. Niks is belangriker nie. Dit hou uiteraard in dat ek 'n Bybelgelowige is. Ek glo die Bybel is die geïnspireerde Woord van God — van Gen 1:1 af tot en met Op 22:21. En uiteraard het dit enorme en lewensbepalende implikasies vir my.

3. Vir Christene is waarheid uiters belangrik. Ons is mense van die waarheid. Geen waarheid kan ons daarom ooit bedreig nie. Nóóit hoef ons waarheid te vrees nie! Nooit nie!
As ons dan inderdaad in Christus is, is ons veranker in Hom wat die weg die waarheid en die lewe is. En as dit wat navorsing in die natuurwetenskappe aan die lig bring dan inderdaad die waarheid is (dit bly natuurlik altyd die vraag), kan dit ons en ons geloof in die Skeppergod en sy waarheidswoord nóóit bedreig nie — net verryk. En dit kan ons net dieper inlei in die summum bonum van ons bestaan: om God steeds beter te ken — sodat ons Hom steeds meer lief kan hê — sodat ons Hom steeds meer kan verheerlik!
Een stel waarhede kan nooit 'n ander stel waarhede kanselleer of verplaas nie — net bevestig en ondersteun. Waarheid én waarheid is altyd in harmonie. Christene hoef die natuurwetenskappe nooit te vrees nie — nie as dit die geskapene reg verstaan nie!

4. Nog iets speel noodwendig 'n groot rol in my lewe.
Ek het meer as 'n dekade se universiteitstudie agter die blad, min of meer gelykop verdeel tussen die natuurwetenskappe en ingenieurswese, enersyds, en die klassieke tale (so 'n blerts daarvan) en teologie, andersyds. Nou mag dit vir party mense klink of ek 'n geleerde man is. Glad nie! Daarvoor is daar nog veels te veel wat ek nie weet of verstaan nie. Daar is baie wat ek só graag beter wil begryp, maar keer op keer vind dat ek eenvoudig verstandelik nie bykom nie.
Ek is egter nuuskierig en ek hou van verstaan. En ek het 'n passie vir die waarheid. Ek het veral 'n hartstog vir die regte verstaan van God se selfopenbaring aan ons. Ten alle koste wil ek nie 'n pypiekyker wees nie! Dit kon ek nog nooit regkry nie. Ek raak maklik benoud as dinge te eng en bekrompe raak (dit het my al meermale ernstig in die moeilikheid laat beland!).
Les bes het die Here Jesus Christus my baie jare gelede geroep om Hom en sy waarheid so goed ek kan te ken en te verstaan en om dit dan so wyd moontlik te verkondig — óf deur die gesproke óf deur die geskrewe woord.
Gegee my agtergrond en my nuuskierigheid, is dit seker nie verbasend dat ek gefassineer is deur die skepping nie (die makroskepping meer as die mikroskepping, moet ek sê). My heel diepste hartstog is die Woord van God — nee, eintlik die Gód van die Woord. Daarom wy ek my al vir dekades aan die verkondiging van Bybelwaarheid — deur sowel prediking as skryfwerk.

5. Ek is absoluut oortuig daarvan dat God se besondere openbaring in die Heilige Skrif en Sy algemene openbaring in die mikro- en makroskepping, mekaar nie weerspreek nie. As ons beide reg verstaan, sal die twee openbaringe in volkome harmonie wees. As skriftuur en natuur nog uit pas is in ons verstaan daarvan, is dit omdat ons óf die een óf die ander óf beide nog nie reg begryp nie. Dit staan vir my aksiomaties vas! Waarom? Vir my lyk die antwoord voor die hand liggend en onontkombaar. Dis omdat die enige, ware, lewende en almagtige Skeppergod die Maker en Gewer van beide is!
Ek stel dit hierbo doelbewus negatief. Want die twee openbaringe se aard is verskillend en hulle het grootliks uiteenlopende gerigthede. Hulle praat grootliks oor verskillende sake. Daar is nie baie oorvleueling nie. En tóg is daar wel raakpunte. Dis met die eerste oogopslag maar gering, maar soos mens meer daaroor nadink, meer daaroor oplees en meer insig verkry, kom jy agter dat die oorvleuelings kardinaal belangrike sake aansny — wesentlike en lewensbelangrike sake.
Dis waarom dit so belangrik is om Gen 1-2 reg te verstaan!

6. Hierdie harmonie tussen skriftuur en natuur het ten diepste te doen met die verheerliking van ons Skeppergod (die summum bonum van ons bestaan), die egtheid, meer nog, die gespierdheid van ons Bybelgeloof, en die outentisiteit van ons getuienis in 'n grootliks Godvervreemde samelewing. 'n Verkeerde verstaan van hierdie verhouding tussen skriftuur en natuur — weerspreking in plaas van omhelsing — het al derduisende verlei om die Woord as onbetroubaar te verwerp (want dis uiters dwaas om die oorweldigende, oorkruisbevestigende, en 'n duisend keer oorgetoetse bevindinge van die natuurwetenskappe sommer so maklik-maklik af te maak as verkeerd). En dit dwing my om by te voeg dat die skuld dikwels gedebiteer moet word teen die rekening van onkundige en fundamentalistiese Christene wat die Bybel deur 'n halstarrig-konserwatiewe bril lees, daarop aandring om omtrent alles in die Bybel letterlik te verstaan en weier om óók na die wonderskone en Godverheerlikende musiek van die algemene openbaring te luister. Dis niks anders nie as 'n volstruisbenadering. En dit doen baie skade!
Wat ek in die vorige paragraaf sê, gaan al hoe meer belangrik raak. Ons beleef 'n ontploffing van die mens se verstaan van die mikro- en makrokosmos. Soos ek reeds hierbo gesê het (en Charles Hodge lank voor my) hoef hierdie nuwe insigte in die algemene openbaring Bybelgelowiges nie te bedreig nie. God se besondere openbaring staan vaster as die berge. Waarheid is waarheid, klaar gepraat!
Wat die skeppingsmusiek steeds mooier en aangrypender maak as ooit vantevore, is die huidige ontdekking ná ontdekking van die natuurwetenskappe wat die lewende Skepper se lof al hoe duideliker besing. En elke keer word nóg 'n spyker ingeslaan in die doodskis van ateïstiese Darwinistiese ewolusionisme. Waarlik, om 'n gelowige in hierdie dae te wees, is 'n uitnemende voorreg. Na baie jare se intimiderende en intellektuele aggressie teen Christene se Bybelgeloof, word van die mees gesofistikeerde en verstommende ontdekkings in ons dae kragtige bondgenote van ons geloofsgetuienis.
As 'n ouer kan jy egter jou kop op 'n blok sit dat jou kinders wat in die natuurwetenskappe en filosofiese dissiplines gaan studeer met ongelowige Darwinisme van baie slim dosente te doen gaan kry. As sulke kinders op hoogte is met die wonderlike harmonie tussen skriftuur en natuur — en veral met ontwikkelinge hieroor die afgelope paar dekades — sal dit hulle harnas in die geloof wat hulle in die huis geleer het (dit mag hulle dalk ook ongewild maak by wetenskaponderwysers en -dosente wat nog vasgeval rondmaal in dit wat hulle dertig jaar gelede geleer het). En uiteraard moet ons kinders en kleinkinders alreeds so gespierd móóntlik wees as hulle grootoë op kampusse aankom.
Tragiese skade word gedoen aan talle jongmense wat opgevoed word in tradisionele Christenwaardes, maar dan gekonfronteer word met allerlei geleerde en indrukwekkende ongeloofstandpunte as hulle die ouerhuis verlaat. Dit lei daartoe dat talle die geloof versaak.
Maar nie almal draai hulle rug op die Here en sy Woord nie; hulle raak net ontnugter. Hulle begin waggel tussen geloof en twyfel. En 'n onsekere Christen word 'n louwarm Christen. En oor diesulkes spreek die Here homself in geen onduidelike terme uit nie (Op 3). En uiteindelik doen sulke "Christene" meer skade aan die eer van die Here en die welsyn van die kerk as selfs die uitgesproke godloënaars. En kerke sit vol sulke lidmate.
Waarlik, baie nodig het ons ouers, dosente en onderwysers wat die harmonie tussen skriftuur en natuur behoorlik en met wysheid, takt en insig aan hulle kinders, leerlinge en studente kan oordra. Dis 'n wonderlike manier om 'n deur vir die evangelie oop te maak.

+ Ek het onlangs te doen gehad met twee gelowige en begaafde jongmanne
wat soos feitlik almal van ons groot geword het met die tipiese verstaan van Genesis 1 — 'n skepping in sewe kalenderdae — en dis dit! Hulle gaan studeer toe in die natuurwetenskappe — en word onmiddellik gekonfronteer met dosente wat Darwinistiese ewolusionisme voorstaan en doseer — in elk geval 'n kosmos van dermiljoene jare. Dit was nie net 'n dilemma vir hulle nie, maar het hulle in iets van 'n geloofskrisis gedompel.
'n Regte verstaan van Genesis sou hulle bewaar het van die probleem. Hulle sou ook medestudente met dieselfde probleem kon help. En dit sou vir hulle 'n deur wyd oopgemaak het om vir die Bybelwaarheid te getuig.
Ek glo graag dat die vorige paragraaf nou 'n werklikheid is in hulle lewens.

7. Teenoor bogenoemde is die situasie anders in meeste gevorderde akademiese kringe, veral natuurwetenskaplike kringe. Dáár dink ek persoonlik ek hoor die doodsklok vir Darwinistiese ewolusionisme lui. Al hoe meer top wetenskaplikes kom tot die oortuiging en verklaar dit openlik dat ontdekkings oor die afgelope dekade of twee, drie soos klokslag daarop dui dat daar sonder enige twyfel 'n onbeskryflik magtige en intelligente Ontwerper en Skepper vir die ontstaan van sowel die mikro-kosmos as die makro-kosmos verantwoordelik is. Eintlik het die proses al, baie stadig, 'n honderd jaar gelede begin met Einstein se formulering van sy relatiwiteitsteorie, en ander ontwikkelings kort daarna. Dit het onteenseglik bewys dat die kosmos nie ewig is nie (soos vantevore geglo is in meeste ongelowige natuurwetenskaplike kringe), maar 'n ontstaan gehad het En dit is natuurlik net 'n halftree weg van die vrae: Wie het dan die kosmos geskep? Hoe is dit veroorsaak? Waar kom dit vandaan? Maar soos dit maar met dié soort ding gaan, vat dit lank om deur te suur tot op straatvlak. Want fanatiese Darwinistiese ewolusioniste doen alles in hul vermoë om die proses te stuit.
Dit beteken nie dat alle ateïstiese wetenskaplikes dadelik tot 'n Bybels-Christelike geloof begin kom nie. Maar die nuwe insigte is bloot 'n skeurploeg wat in God se genade party denkers se ongeloofsharte begin omdolwe het. En inderdaad het heel party top wetenskaplikes reeds die ateïsme afgesweer en die Christelike geloof omhels. Maar helaas kom baie nie verder as die Deïsme1 of agnostisisme2 nie. Dit was volgens aanduidings die geval met Einstein. En in ons dag verklaar Michael Denton, die bekende skrywer van die grondbrekende boek, "Evolution — A Theory in Crisis" (waarin hy "Intelligent Design" verdedig), dat hy steeds 'n teruggeglye Christen en op die rand van agnostisisme is.
Maar ek wil graag glo en vertrou dat meer van hierdie mense uiteindelik wél tot 'n Bybelse en evangeliese geloof sal kom. Sommige het al. Waarom nie meer nie?

8. Uiteenlopende, selfs vurige oortuigings oor die verstaan van veral Genesis 1-2 waarna ons wil kyk — en ook die natuurwetenskaplike aanhangsels later — is aan die orde van die dag onder Christene. En dikwels kry mens die indruk wanneer daaroor gedebatteer word dat daar meer hitte as lig is. Ek praat van "hitte", want meermale ontaard 'n gesprek oor die saak in 'n onverkwiklike, bitsige en Godonterende gestry. So hoort dit nie tussen Christene nie! Daarmee wil ek egter nie sê dat ons tema 'n eenvoudige en onbelangrike saak is nie, allermins.

9. Wat ek vorentoe skryf, skryf ek in nederigheid. Dit beteken nie ek sal tentatiewe opinies aan die leser voorhou nie. Indien wel, sal ek dit sê. Want alles is nie klinkklaar nie — allermins in my gemoed, maar ook nie in ons verstaan van die skriftuur en die natuur nie. Maar wat ek skryf is my oortuigings. Ek is oud genoeg om te weet dat, soos meer lig op mens daag, oortuigingverstellings soms onafwendbaar is. Soms is dit nie maklik nie, maar wanneer dit wel gebeur, staan jou voete op hoër grond. In my lewe is sulke "reformasies" nie onbekend nie — en vir seker nie sonder dankbare vrug nie.
Wat ek daarom vorentoe gaan skryf, giet ek nie in beton nie. Want benewens mens se begrip en wysheid wat hopelik voortdurend toeneem, raak natuurwetenskaplike ontdekkings al hoe meer verbysterend. En die tempo daarvan neem toe. Sou die Here talm om te kom, gaan mense oor vyf, ses dekades in 'n wêreld leef waarvan ons oueres tans geen benul het nie (dink maar vyf, ses dekades terug!). Wetenskap en tegnologie gaan grootliks daarvoor verantwoordelik wees. En laat ons nie té seker wees dit gaan nie verdere copernikaanse omwentelings bring nie. Dit waarby die wetenskaplike wêreld vandag staan en val, mag nog weer radikale verstellings ondergaan. En ons kleinkinders sal meewarig glimlag oor oupa en ouma se naïwiteit.
Maar ek sê weer. Moenie vrees dat dit God se Woord van die tafel sal afvee nie. Ek is oortuig daarvan dat dit net die waarheid van die Woord meer en meer sal bevestig. Dit mag wel ons nageslag laat teruggaan Bybel toe om te kontroleer of oupa en ouma dinge reg verstaan het (hier dink ek spesifiek aan die dubiis et nonneccessariis, want ek glo die neccessariis staan so vas soos die berge!)3. Sou hulle dan vind dat ons opinies nie heeltemal in fokus was nie, sal die onder hulle wat wysheid het vir mekaar sê: húlle mag dalk nie al ons insig gehad het nie, maar laat ons steeds onthou, óns staan op hulle skouers — en ons het die voordeel van verdere wetenskaplike ontwikkeling!

10. Dit is helaas so dat ons as mense dikwels maar té geneig is om klippe te gooi oor sake wat ons nooit werklik deurdink of nagevors het nie. My waarneming is dat die meeste gelowiges nog nooit in diepte oor ons onderwerp nagedink of nagevors het nie. Ek was al meermale in gesprek met gelowige en gevorderde natuurwetenskaplikes oor ons onderwerp, maar min van hulle het 'n ingeligte, verantwoordelike en gewortelde standpunt oor die verhouding tussen die wetenskap en die geloof. En ek is bevrees, dieselfde geld ook van té veel teoloë.
En vir baie van die wat wel al daaroor gewonder het, is 'n volstruisbenadering uiteidelik die beste oplossing waartoe hulle kan kom. Hulle besluit om hulle liewers nie moeg te maak oor kwessies wat hulle grysstof te veel uitdaag nie. Dis soveel makliker om sulke dinge maar so gou as moontlik te vergeet. "Ek het besluit wat ek sal glo — moenie my deurmekaarmaak met 'n klomp feite nie!
Natuurlik, ek verstaan dit goed, nie alle Christene het 'n aptyt vir die dinge waarmee ek stoei nie. Dis goed so. Maar moet jou dan nie aanmatig om vurige standpunte uit te spreek oor dit wat jy nie behoorlik onder die knie het nie. Nederigheid is deel van die vrug van die Gees. Nog meer, ek het 'n oom geken wat altyd gesê het: 'n toe bek is 'n heel bek! As jou pypie leeg is, hou maar jou teppie toe.
Maar nadat alles hierbo gesê is, bly ek oortuig daarvan: dis belangrik, baie belangrik, dat Christengelowiges (en -wetenskaplikes) hulle eendjies in 'n ry moet kry.

11. Let op my aanslag in wat volg. As Christen, maar ook as Bybelleraar, is dit vir my belangrik om eerste met die Skriftuur te begin. Ek is geen Hebraïkus nie — nie eers naastenby nie — maar ek sal my bes probeer om so verantwoordelik moontlik met die teks van Gen 1-2 en met die talle fundamentele vertolkingsvrae om te gaan.
'n Eksegese van Gen 1-2 word nie maar so tjoeftjaf onder die knieë gekry nie. Onder meer moet mens duidelikheid probeer kry oor vrae soos díé hieronder:
Wat is die verhouding tussen Gen 1:1 en 1:2? Hoe moet dit vertaal word? En wat is die verhouding tussen hierdie twee verse en die "dag-verse" in 1:3-2:3? Praat dit van 'n bedeling vóór die eerste skeppingsdag, of is dit net die inleiding?
Wat is die "uitspansel" (OAV), die "gewelf" (NAV), die "expanse" of "canopy" (ESV) in 1:6? Waarom word die verskillende uitdrukkings gebruik?
Wat moet mens maak oor die skepping van lig op die eerste dag (1:3-5) én die "ligte" eers op die vierde dag?
Hoe moet ons die refreine, "dit was aand en dit was môre, die soveelste dag" vertolk? Wat moet ons maak van die afwesigheid van hierdie frase op die sewende dag? Praat ons van 24-uur-dae, of van beeldspraak vir lang tydperke?
Ek sal poog om van hierdie kwessies so goed ek kan aan te spreek — natuurlik met die hulp van Bybels (ook Hebreeus en Grieks), kommentare, woordeboeke, konkordansies en dik en geleerde ander boeke, waarvan ek helaas nie altyd alles verstaan nie. Dis met die skryf hiervan gestapel op my lessenaar ('n agtstoel eetkamertafel), op die vloer om my, en op 'n gemakstoel agter my. En die internet sal geen geringe rol speel nie — hoewel mens dit met versigtige onderskeiding moet lees, en dikwels met 'n knippie sout.
As ek dan uiteindelik tevrede is dat ek 'n verantwoordelike Bybelse begrip het van Gen 1-2, sal ek enkele fundamentele natuurwetenskaplike perspektiewe probeer aanspreek — perspektiewe waaroor daar min of meer universele en verantwoordelike konsensus in geleerde kringe bestaan.
Die leser moet maar oordeel hoe goed ek in my doel slaag. Ekself hou maar my hart vas oor jou opinie — veral as jy 'n geleerde is!

12. Onthou asseblief, hierdie wil nie 'n wetenskaplike referaat wees nie, al sal ons sake aansny wat talle en talle proefskrifte kan vul (natuurlik baie meer diepsinnig as waartoe ek in staat is). Daarom gee ek min dokumentêre verwysings (waaroor ek nou spyt is, maar om sulke dokumentêre inligting weer op te spoor na baie opleeswerk oor 'n lang tyd, is te veel gevra vir my. Ek het nie meer 'n benul waar ek alles gelees het nie). Ek beveel wel hieronder 'n paar baie goeie boeke en webwerwe aan wat weer en weer lig vir my gegee het.


'n Klompie moeitewerd boeke, webwerwe en skrywers om te raadpleeg

Soos reeds gemeld, het ek wyer gelees as onderstaande boeke en artikels. En soos ek tyd kry sal ek seker nie ophou lees nie. Ek noem nie eintlik teologiese kommentare en woordeboeke nie. Elkeen moet maar raadpleeg wat hy of sy beskikbaar het. En moenie die internet vergeet nie. Uiteraard is nie alles wat mens dáár kry betroubaar nie. En vir seker moet mens ook nie elke skrywer vir soetkoek opeet nie (natuurlik ook nie elke teoloog nie!). Maar daar is wel op die internet 'n ontsaglike bron van kennis wat mens ernstig kan opneem.
Ek sou heelwat kon noem, maar enkele "ou-skepping-skrywers" en webwerwe het my veral baie gehelp in my soeke na meer begrip oor die verhouding tussen God se Besondere Openbaring en sy Algemene Openbaring, asook oor my verstaan van Gen 1-2.
Ek noem net 'n paar:

# Paul Copan; Tremper Longman III; Christopher L. Reese; Michael G. Strauss (General Editors): Dictionary of Christianity and Science; Zondervan; 2017; 691pp.
'n Ensiklopedie en skitterende naslaanwerk. Dis sy aansienlike gewig in goud werd en 'n móét vir elkeen wat meer wil insak in hierdie onderwerp. Dit bevat meer as 450 artikels, geskryf deur 140 vooraanstaande en internasionale geleerdes — sowel teoloë as natuurwetenskaplikes.
Wat besonder waardevol is, is dat, waar daar uiteenlopende standpunte in die liggaam van Christus is, 'n skrywer van elke beskouing dan sy besondere standpunt uiteensit — kernagtig maar duidelik. Dit geld sowel ou as jongskepping standpunte en stel elke leser in staat om behoorlik ingelig te wees, te vergelyk, en self te besluit wat hy of sy aanvaar en glo. En dit stuur mens weg van almal van ons se neiging om pypiekykers te wees.
Dis ongelukkig 'n duur boek (amper R1000), maar wel beduidend goedkoper by Good Neighbours Bookshop in Johannesburg (T: 011-704 1857; www.goodneighbours.org.za), asook by Augustine Bookroom in Pretoria (T: 012-9934606; www.augustine.co.za).

# C. John Collins: Science and Faith - Friends or Foes?; Crossway Books; 2003; 448pp. Nog 'n waardevolle boek van hom is: Genesis 1-4 — A Linguistic, Literary, and Theological Commentary; P&R Publishing, 2006; 318p.
Collins is 'n Ou Testament professor aan die Covenant Theological Seminary in St. Louis, VSA. Hy het ook 'n meestersgraad in elektriese ingenieurswese aan die wêreldwyd-geagte Massachusetts Institute of Technology behaal. Sy doktorsgraad het hy in Hebreeus verwerf.
Collins is nie 'n liggewig teoloog nie. Wat hierdie boeke besonder waardevol maak, is die Bybels-eksegetiese uitgangspunt. Ook Collins is van 'n ouskepping oortuig, maar benader die Bybelteks van Gen 1-2 met groot teologiese vaardigheid en integriteit. Die boeke is nie altyd ewe maklik om te verstaan nie (dis hier en daar taamlik tegnies), maar ek het baie daaruit geput.

# John C. Lennox: God's Undertaker - Has Science buried God?; Lion Books; 2009
John C. Lennox: Seven Days that Divide the World; Zondervan; 2011.
Díé emeritusprofessor in Wiskunde aan die Universiteit van Oxford is al vir meer as 60 jaar 'n toegewyde Christen. Hy het heelwat méér as net bg. boek geskryf (dit sluit Bybeluitleg in). Sy aanslag is redelik populêr en verteerbaar.
Hy het in onlangse tye bekend geraak a.g.v. talle televisiedebatte met veral ongelowiges. Google hom, jy sal hom geniet — soos ek.

# Norman L. Geisler & Frank Turek; I don't have enough faith to be an Atheist; Crossway; 2004. Die boek is stimulerend en insiggewend. Dis populêr geskryf en lees gevolglik relatief maklik.

# Prof. S. du Toit: Bybel, Skepping Evolusie, Voortrekkerpers, 1964
Die boekie is 50 jaar gelede geskryf deur 'n baie geagte Ou Testament professor aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool in Potchefstroom. Ook hy verdedig op Bybelse gronde 'n ou skepping. Sy eksegetiese perspektiewe is steeds waardevol. Daarbenewens verwys ek hier na 'n skrywer wie se regsinnigheid bo alle verdenking was, om sekere lesers wat dalk nog bedenkinge mag hê oor my regsinnigheid, gerus te stel. Sover ek kan vasstel, is dit bes moontlik die eerste teologiese werk in Afrikaans met hierdie standpunt.
Uiteraard is die boekie al vir dekades uit druk. Ek het dit 45 jaar gelede uit my pa se boekery gegaps nadat hy oorlede is.

# John Gilchrist; Designed for a Purpose; Christian Resource Ministries, 2012.
Hierdie Suid-Afrikaner bring interessante perspektiewe na vore, en is beslis die moeite werd om te lees (dis nie moeilik nie). Bogenoemde boek kan by hom persoonlik bekom word: Kleinstraat 28, Lakefield, Benoni, 1500; Tel 011 894 1830.

# J.B. Stump: Creation, Four views on Evolution and Intelligent Design; Zondervan; 2017.
Hoewel die boek soms taamlik tegnies is, is dit 'n goeie inleiding en oorsig oor vier verskillende beskouinge oor ons tema. Dis 'n boek vir diegene wat die onderwerp meer in diepte wil bestudeer.
Leidende figure oor elkeen van vier beskouinge sit sy betrokke standpunt kortliks uiteen, dit word dan deur die ander drie bydraers gekritiseer en uiteindelik lewer die inleier weer sy repliek. Die vier debatsvoerders is Ken Ham (jong aarde skepping); Hugh Ross (progressiewe skepping); Deborah B. Haarsma (ewolusionêre skepping) en Stephen C. Meyer (intelligente ontwerp). Ingeligtes sal hierdie vier dadelik herken as voorloperfigure in die hele debat wat die afgelope klompie jare hoog brand.
Die 4 bydraers is almal natuurwetenskaplikes (Ross is wel ook 'n pastor) en mens moet dus nie te veel teologie verwag nie. Al vier is Christene.
Die boek is ook digitaal op internet teen 'n redelike prys beskikbaar.

# Wayne Grudem: Systematic Theology; Inter-Varsity Press; 1994. Hoofstuk 15; p.262-314. Ongelukkig is die boek al 26 jaar gelede gepubliseer. Maar die inhoud bly nogtans waardevol.

# Wat webwerwe betref, bevat die onderstaandes meer kos as wat mens in 'n leeftyd kan verteer. Let op dat nie al die bydraers uitgesproke Christelik is nie (hulle aanvaar wel die feit van 'n Skepper en verwerp Darwinistiese ewolusionisme). Mens moet dus met onderskeiding daarna kyk. As 'n bepaalde webwerf jou nie aanstaan nie, groet hom dan gewoon. Baie mense sal die inhoud van meeste of selfs álmal te uitdagend vind. Laat dit jou vir geen oomblik kwel nie en vergeet van die webwerwe. Nie almal van ons hoef ons oor hierdie dinge druk te maak nie. Al wat immers in die finale analise nodig is, is om met 'n kinderlike geloof enduit in Christus te skuil. Maar as jy nie redelik kundig oor ons tema is nie, bly dan tog maar beskeie en moenie te vinnig praat nie. Om te luister en te beoordeel, is gewoonlik meer wys as om te praat.

+ network.asa3.org .: American Scientific Affiliation. Hier is honderde artikels met 'n Christelike uitgangspunt, party weliswaar effens verouderd. En hou in gedagte dat nie almal dieselfde vertrekpunte het nie (weliswaar huldig almal 'n ou skepping).

+ www.biologos.org : The Biologos Foundation. Hierdie organisasie aanvaar dat God onder meer teïstiese ewolusie (te onderskei van ateïstiese of Darwinistiese ewolusionisme) gebruik het in die skepping van die heelal. Dit beteken egter nie dat die van ons wat nie daarmee saamstem nie (ek is een van hulle), nie tog ook op so 'n webwerf iets kan vind wat insiggewend is nie. Gaan kuier gerus daar; daar is baie interessanthede.
Persoonlik het ek 'n sagte plek vir die stigter van hierdie organisasie, Francis S. Collins, gewese hoof van die Human Genome Project, wat beskou word as een van die wêreld se leidende wetenskaplikes. Hy is 'n toegewyde Christen. Sy baie bekende boek, The Language of God, is die moeite werd om te lees.

+ www.cis.org.uk : Christians in Science

+ www.veritas.org : The Veritas Forum

+ www.discovery.org : The Discovery Institute — Where Science and Faith converge.

+ www.reasons.org : Reasons to believe

Belangrikste Bybeluitsprake oor die skepping
Ou Testament Nuwe Testament
Gen 1-2; 9:1-17 Luk 8:22-25
Job 38:1-42:17 Joh 1:1-18
Ps 8; 19; 104; 148 Hand 17:16-34
Spr 8:22-36 Rom 1:18-20; 8:18-30
Jes 40:9-31; 65:17-25 Kol 1:15-20
Heb 1:1-14; 11:1-
2Pet 3:3-16
Op 21:1-8
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Ma Mrt 02, 2020 11:26 am

'n Nadere kyk na Genesis 1:1-2:3


Wat van die verstaan van enige Skrifgedeelte geld, is ook waar van Gen 1-2. Daar is ten minste 4 elemente wat mens in ag moet neem: eerstens, die historiese konteks, tweedens, die genre of literatuursoort, derdens, die struktuur en uitleg van die teks; vierdens, wat sê dit vir ons, mense van die een-en-twintigste eeu?
Ons is baie geneig om die eerste twee elemente af te skeep en direk met nommers drie en vier aan te gaan. Maar dit sal baie maklik die gevolg hê dat ons verklaring onverstaanbaar sou wees vir die oorspronklike lesers. Sekerlik sou dit antieke Israel nie toegerus het om die heidense mitologieë van hulle dag te ontkom nie.
Of eenvoudiger gestel, eerstens moet ons die vraag vra, wat het die teks destyds vir die lesers beteken? Maar vir seker moet ons dan voortgaan met die vraag, wat beteken dit vir ons?

Eerstens, die historiese konteks

Wie het die Pentateug geskryf — en dus Gen 1-2?

# Dit word algemeen aanvaar dat hierdie eerste 5 boeke van die Bybel in ongeveer die jaar 1440 voor Christus geskryf is, en wel tydens die uittog uit Egipte. Daar is wel ook mense wat dink in terme van 1260 vC.

# Sowel die Joodse geloof as die Christelike kerk glo dwarsdeur die kerkgeskiedenis, van die eerste eeue af, dat Moses die pentateug geskryf het. Dit word algemeen aanvaar dat dit ook Gen 1-3 insluit.
Die vanselfsprekende uitsondering is ten minste Deutronomium 34, wat oor Moses se dood en begrafnis handel, waar dit ook verklaar word dat God self hom in 'n onbekende graf begrawe het. Dit sluit ook nie uit nie dat Moses, ten minste vir sommige gedeeltes, van bronne en oorgelewerde tradisies gebruik gemaak het; ons kan dit trouens bo enige twyfel aanvaar. Maar, en hierdie kwalifikasie staan vas vir 'n Bybelgelowige, dit het onder die verligtende en inspirerende leiding van die Heilige Gees geskied.
In 'n antieke geskrif word gesê dat God die spreker was en dat Moses dit bloot neergeskryf het. Dis 'n té ongekwalifiseerde uitspraak. Persoonlik sou ek dalk wel so 'n siening van Gen 1-3 kon aanvaar. Sekerlik moet soiets min of meer geld van Gen 1:1-2, asook die gedeelte oor die skeppingsdae — toe daar nie menslike getuies was nie. Sou mens dít nie aanvaar nie, moet jy noodwendig aanneem dat die Bybel se skeppingsbeskrywing net oorgelewerde volksfantasieë en -legendes was. En dis vir Bybelgelowiges onaanvaarbaar — en wat my betref, sou dit 'n studie soos hierdie feitlik geheel-en-al irrelevant maak. Dan vegeet jy gewoon van die Bybel en luister nét na die natuurwetenskappe.
Daar is inderdaad sterk Bybelse getuienis dat Moses die outeur van die pentateug was. Niemand in daardie tyd was meer kundig en dus gekwalifiseerd om dit te skryf nie. Sekerlik was hy, te danke aan die voorregte van sy opvoeding in Egipte, die mees geleerde man onder die Israeliete — wat die vermoë om te skryf ingesluit het (Hand 7:22). En die inhoud van Eksodus tot Deutronomium sou hy alles vanuit eie ervaring kon beskryf.
Daar is heelwat teksgetuienis in die pentateug dat Moses dikwels oor ervaringe en gebeure geskryf het (Eks 17:14; 24:4; 34:27; Num 33:2; Deutr 31:19; 31:24-26). Dat hy ten minste sekere dinge opgeteken het, word reeds deur Joshua bevestig (Jos 1:7; 8:30-31).
Ook die Nuwe Testament aanvaar Moses se outeurskap sonder meer (Joh 1:17; Rom 10:5; 2 Kor 3:14-15).

Onthou vir wie Moses geskryf het — vir hulle én vir ons.

Vir die mense van sy tyd

# Genesis is geskryf vir mense met 'n lewensuitkyk en kultuur van daardie tyd. Calvyn het dit korrek gesien. Hy skryf iewers: "Die Bybel is 'n boek toeganklik vir elkeen, en Moses het daarom sy skryfwerk by algemene gebruik aangepas."
Wie dit nie voortdurend voor oë hou nie, dwaal onvermydelik kort voor lank in sy verstaan van Gen 1-2.

# As die klomp Israeliete die woestyntog aanpak na die land toe wat aan Abraham beloof is, het hulle reeds 400 lang jare in Egipte agter die rug. Al Godsopenbaring wat hulle het, sover ons weet, is mondelinge oorleweringe van dit wat die aartsvaders eeue vantevore ontvang het — ook maar uiters beperk in vergelyking met wat ons vandag het. Voeg daarby dat hulle waarskynlik grootliks ongeletterd en ongeleerd is — eintlik net 'n slawegespuis. Daar kan min twyfel wees dat hulle lewenstyl min verskil van die heidenvolkere om hulle. Van die lewende Verbondsgod weet hulle bloedweinig. Selfs die geleerde Moses moet weer en weer lewensveranderende ontmoetings met Jahweh ervaar — om hom voor te berei om sy mense te leer, as 't ware van voor af.
Maar dit het nie net oor begrip gegaan nie. Bes moontlik het die Israeliete al grootliks verval in die heidense aanbidding van die Egiptenare. Mens sien dit byvoorbeeld in die insident van die goue kalf, wat soortgelyk was aan die praktyke van die vrugbaarheidskultusse in Egipte (Eks 32:1-6).
As die Israeliete by Horeb aankom verskil hulle wêreldbeeld, lewenstyl en aanbidding
beswaarlik dus van díé van die heidenvolkere rondom hulle. Die vyf boeke van Moses moes instrumenteel wees om die Hebreërs 'n volk van God te maak, met 'n Godgegewe Godsbeeld en aanbiddingskultuur.
Dis vir hierdie mense wat Gen 1-2 in die eerste instansie geskryf is!
As ons dit uit die oog verloor, gaan ons ons hoofstukke verkeerd vertolk — dinge daarin lees wat dit nooit wou sê nie.

# Daar het 'n formidabele taak op Moses gewag. Die volk moes radikale veranderings ondergaan. Godsdienstig moes daar 'n totaal nuwe gerigtheid en Godsbegrip gevestig word. 'n Nuwe roepingsbewustheid moes by hulle posvat, en 'n gans nuwe kultuur. Hulle sou ware aanbidding en moraliteit moes aanleer. Hulle is uit Egipte gehaal, maar Egipte moes nog uit hulle gehaal word.
Die ongeveer 'n jaar wat Israel by Sinai gestaan het hierin 'n sentrale rol gespeel. Dit moes daar in die afsondering van die woestyn gebeur. In Gosen met sy rugbrekende slawediens en al sy afgodery en ander invloede sou die vestiging van so 'n radikaal nuwe ingesteldheid menslik gesproke onmoontlik gewees het. In elk geval moes Egipte en alles waarvoor dit gestaan het eens en vir altyd in vergetelheid agter hulle gelaat word.
Maar méér was nodig. Die radikale verstellings wat by Sinai plaasgevind het, moes ook in stand gehou word. En presies dit was die funksie van die pentateug. Moses se vyf boeke moes van die Israeliete die volk van God maak en hulle die volk van God hou.

Vir ons wat in die 21ste eeu leef

Laat ons dit nooit vergeet nie: die Bybel is óók vir alle geslagte geskryf. Dis nie net tydgebonde nie; dis ook tydloos. Die Bybel is nie net deur 'n gewone mens, Moses van destyds, geskryf nie; dit is ook bonatuurlik deur die Heilige Gees geïnspireer, sodat dit steeds relevant bly vir mense wat 'n duisend maal meer van die skepping weet as destyds se Israeliete. Die Here God het vir seker geweet dat mense van die een-en-twintigste eeu óók die skeppingsverhaal gaan lees en sal wonder hoe dit versoenbaar is met wat húlle van die skepping weet.
Dis noodsaaklik om beide bogenoemde waarhede vas te hou!

Tweedens, die literatuursoort van Gen 1-2

# Die boek is oorspronklik in Hebreeus geskryf en die heel eerste woord daarvan is meteen ook die naam van die boek — die enkele Hebreeuse woord wat ons vertaal, "In die begin". Die naam "Genesis" is gegee deur die eerste vertalers van die Ou Testament in Grieks — dis Grieks vir "oorsprong".
Dit sinspeel reeds daarop dat wat gaan volg geskiedenis is wat regtig gebeur het. Maar ek sal poog om te toon dat dit betroubare en werklike geskiedenis is wat veral in die twee hoofstukke waarna ons kyk tot 'n groot mate in poëtiese taal vertel word.

# Watter literatuursoort tref ons in Gen 1-2 aan? Prosa of poësie? Geskiedenis of gelykenis?
Probeer mens hierdie vraag antwoord, bespeur jy onmiskenbaar 'n dubbele karakter, veral in hoofstuk 1. Dis prosa — dis geskiedskrywing. Maar dis eweneens poësie — daar is beeldspraak en simboliek.

+ Die twee hoofstukke vertoon duidelik die trekke van prosa en geskiedskrywing. Dis iets wat regtig gebeur het. Sien ons dit nie steeds dag en nag rondom ons nie?
Dit lê byvoorbeeld in die tydsaanduidings: "en dit was aand en dit was môre". Dis te sien in die stelselmatige voortgang van gebeure: "die eerste dag", "die tweede dag" ensovoorts. Mens sien dit in die herhaalde, "En dit was so."
Mens sien die kronologiese ook in die feit dat Gen 1:1-2 duidelik voorafgaande is aan die ses skeppingsdae wat in Gen 1:3-31 beskryf word (hierdie orde word vorentoe gemotiveer).
Duidelik loop die skeppingsgebeure ook uit op 'n klimaks — die skepping van die mens, waaraan verreweg die meeste aandag gegee word.
Sonder twyfel volg dag 7 na dae 1-6.
C. John Collins skryf daarom: "Genesis is offering us the true story of mankind's past."1

+ Tog is dit nie nét prosa nie. Die twee hoofstukke vertoon meteen onmiskenbare poëtiese trekke. In hoofstuk 1 is daar alliterasie en 'n patroonmatige manier om die gebeure te beskryf. Neem as voorbeeld die oor-en-oor refreine, "en dit was so"; en "toe sien God dat dit goed was"; "Laat daar ...". Ensovoorts.
Mens vind ook antropomorfismes (segwyses wat God voorstel asof Hy 'n mens is). God praat, sien, werk, rus. Dit geld ook hoofstuk 2 waar Hy 'n tuin aanlê, asook hoofstuk 3 waar Hy in die tuin wandel.
Ek sê meer oor die poëtiese karakter hieronder.

# Vir 'n verantwoordelike vertolking van die gedeelte is bogenoemde dubbele karakter, die van prosa én poësie, van die allergrootste belang.

+ Aan die een kant bewaar die historiese van 'n miskenning dat God self, persoonlik en bonatuurlik — en régtig — in die geskiedenis geskep het (Eng. hands-on). Dit bewaar ons van 'n algehele versimbolisering wat die historiese en God se persoonlike en praktiese betrokkenheid grootliks uit die prentjie haal.
'n Ontkenning van die historiese is 'n halftree weg van die aanvaarding dat Gen 1-2 net 'n fabel is. Dan kan mens wel wonder of skriftuur en natuur hoegenaamd iets vir mekaar te sê het. Dan trek dit die mat onder my basiese uitgangspunt uit — naamlik dat skriftuur en natuur, vir soverre dit wel oorvleuel — veral hier in Gen 1-2 in volkome harmonie is. Dan word hierdie harmonie al dan nie heeltemal irrelevant.
Nee, aan die historiese karakter van Gen 1-2 móét 'n Bybelgelowige vashou!

+ Aan die ander kant bewaar die poëtiese en beeldspraak van 'n enkelvoudige, simplistiese en letterlike vertolking van die skeppingsgebeure wat die lesers laat vasloop teen teenstrydighede (soos byvoorbeeld die skepping van lig op die eerste dag, en die skepping van die son, die maan en die sterre op die vierde dag).
'n Letterlike 24-uur vertolking hou ook nie rekening met al die gebeure nie. Dit word op sy duidelikste gesien as mens na die sesde dag kyk (hieroor meer hieronder).
En les bes wil so 'n letterlike vertolking eenvoudig nie rym met die getuienis van die algemene openbaring nie — soos reeds vroeër geskryf is. Daarenteen bring 'n aanvaarding van die poëtiese in Gen 1 die skeppingsbeskrywing gemaklik in harmonie met die getuienis van die skepping om ons.

# Ongelukkig kom enkelvoudige versimbolisering en enkelvoudige miskenning van die historiese wydverspreid voor in die wêreld van kerk en teologie van ons tyd. Nie een van die twee sienings is na my mening getrou aan die Skrifopenbaring nie.

Nadere aandag aan die poëtiese elemente in Gen 1

# Die Ou Testament is boordevol van die simboliese en die poëtiese. Dit hoef geen verassing te wees nie. Die Hebreeuse taal — enige taal tot vandag toe — is ryk in beeldspraak en keer op keer word simbole en metafore gebruik om die boodskap oor te dra.
Laat ons nie in die slaggat trap nie om te dink dat prosa feite oordra, en poësie beeldspraak en dus fiksie. Ons vind hierdie twee skryfwyses selfs hand-aan-hand om dieselfde boodskap oor te dra. Vergelyk Eseg 16 en Eseg 22 as voorbeelde.
As mens in gedagte hou dat die Israeliete eenvoudige mense was, verstaan jy dat so 'n dubbelloop aanslag baie effektief kon wees. Dit is meermale steeds die geval. Inderdaad is beeldspraak soms vandag nog die beste manier om iets oor te dra.

# Hoewel dit steeds in die letterkunde van ons dag voorkom dat 'n storie nie altyd letterlik en kronologiese vertel word nie, het ons baie gewoond geraak aan 'n formele manier van skryf in wetenskaplike artikels, juridiese verklarings, historiese beskrywings en ander formele dokumente. Ons is gewoond daaraan om 'n storie kronologies oor te dra — gewoonlik met 'n streng logiese ontwikkelingsgang.
Maar die Bybel is in 'n radikaal ander wêreld geskryf. Logika en kronologie was nie altyd só belangrik nie. Ons sien dit selfs in die Nuwe Testament. So byvoorbeeld word die Evangelie van Johannes gekenmerk deur die afwisseling tussen verbandhoudende wondertekens en stukke lering van die Here Jesus. Kronologie is nie voorop nie. Die evangelie is logies geskryf, nie kronologies nie.
En dalk is die beste voorbeelde die gelykenisse wat Jesus vertel het, juis ter wille van sy eenvoudige luisteraars. Al was dit stories, het dit diepsinnige waarhede oorgedra.

# 'n Kennelik doelbewuste en merkwaardige poëtiese struktuur is onderskeibaar in die beskrywing van die sewe dae. Aan onderstaande is dit duidelik dat die skrywer nie net noukeurig aandag gegee het aan die inhoud van wat hy geskryf het nie, maar vir seker ook aan die vorm of struktuur daarvan. Sonder twyfel spreek dit van volwasse nadenke en letterkundige vaardigheid.

+ In Gen 1 word agt keer beklemtoon dat God met sy woord tot stand gebring het.1 Elke keer is dit die inleiding tot 'n sukkie vier- of driereël poësie — gesamentlik die skeppingsgedig. Sonder twyfel is die "skeppingsverhaal" doelbewus so geskryf. Die uitleg word in Tabel 2 hieronder uiteengesit.

+ Tweedens is die simboliese syfers, 3 en 10 prominent. Daar is 3 "probleme" op die aarde van Gen 1-2 wat aangespreek moet word ('n aarde wat woes en leeg is; duisternis; diep waters). Dit word reggestel tydens twee stelle van 3 dae elk (sien hieronder).
Die werkwoord "om te skep" word op 3 plekke gebruik en die derde keer 3 maal (v.1, 21, 27, 27, 27).
Die uitdrukking, "volgens hulle soorte", word 10 keer gebruik (v. 11, 12, 12, 21, 21, 24, 24, 25, 25, 25).

+ Derdens is 'n sekere simmetrie bespeurbaar as mens aandagtig na die ses skeppingsdae kyk. Die herhaling van die lig-tema op dae 1 en 4 suggereer dit reeds. Vroeg in die kerkgeskiedenis het Augustinus al hierdie raamwerk raakgesien. En twee eeue gelede het 'n sekere J.G. von Herder op die betekenisvolle simmetrie tussen die twee drielinge van dae gewys (dag 1-3 en dag 4-6). Hierdie simmetrie word baie algemeen aanvaar, hoewel verskillende kommentatore dit op verskillende maniere bewoord — maar elke keer kom dit maar op dieselde neer. Die uitleg word in Tabel 1 hieronder uiteengesit.
:
= Dae 1-3: Skepping van die aarde as woonplek.

= Dae 4-6: Skepping van die bewoners van die aarde (bewegende ligdraers gepersonifiseer — onthou, dis 'n gedig).

# So 'n verdeling word waarskynlik bevestig deur Gen 2:1 —: "So is dan voltooi die hemel en die aarde (die woonplek) met hulle ganse leërmag (die bewoners)."

# Opmerking: Dit mag die leser pla dat die ligdraers hieronder as "bewoners" geklassifiseer word. Ek begryp die beswaar. Maar miskien lê die antwoord in die feit dat die hemelliggame meermale in die antieke wêreld gepersonifiseer is. Mens kan dit verstaan as jy daaraan dink dat mense sekerlik gefassineer was deur die feit dat veral die son en die maan, maar ook die sterre, voortdurend beweeg. Onthou, hulle het nie ons gesofistikeerde sterrekundige kennis gehad nie.


Tabel 1
Die struktuur van Gen 1:3-23
Woonplek en Bewoners

Die woonplek Die bewoners
Dag Geskep Wat geskep Dag Geskep Wat geskep
1 Lig en Donker 4 Ligdraers
2 See en Lug 5 Seediere, Voëls
3 Land, See, Plante 6 Diere, Mense
Dag 7: God se voortgaande rus van sy skeppingswerk

Tabel 2
Die agt "gediggies" van Gen 1

Gedig Dag Gedig Vers Aantal Reëls Oop
1 1 (a) God het gesê: laat ... 3
(b) en daar was / en dit was so 3 4 —
(c) toe sien God dit is goed 4
(d) dit was aand en môre, die eerste dag 5

2 2 (a) God het gesê: laat ... 6
(b) en daar was / en dit was so 7 3 c
(c)
(d) dit was aand en môre, die tweede dag 8

3 3a (a) God het gesê: laat ... 9
(b) en daar was / en dit was so 9 3 d
(c) toe sien God dit is goed 10
(d)

4 3b (a) God het gesê: laat ... 11
(b) en daar was / en dit was so 11 4 —
(c) toe sien God dit is goed 12
(d) dit was aand en môre, die derde dag 13

5 4 (a) God het gesê: laat ... 14
(b) en daar was / en dit was so 15 4 —
(c) toe sien God dit is goed 18
(d) dit was aand en môre, die vierde dag 19

6 5 (a) God het gesê: laat ... 20
(b) 3 b
(c) toe sien God dit is goed 21
(d) dit was aand en môre, die vyfde dag 23

7 6a (a) God het gesê: laat ... 24
(b) en daar was / en dit was so 24 3 d
(c) toe sien God dit is goed 25
(d)

8 6b (a) God het gesê: laat ... 26
(b) en daar was / en dit was so 26 4 —
(c) toe sien God dit is goed 31
(d) dit was aand en môre, die sesde dag 31

Die struktuur is onmiskenbaar. Dis poësie! Ja, dis geskiedenis, maar dis nie letterlik nie. Dis geskiedenis in digterlike vorm.

Dae 1 2 3a 3b 4 5 6a 6b
Aantal reëls 4 3 3 4 4 3 3 4
Oop reël — c d — — b d —

Derdens, die uitleg van Gen 1:1-2:3

Enkele opmerkings oor die samehang oftewel eenheid van Genesis 1 en 2

# Dis redelik algemeen in Skrifkritiese kringe om Gen 1 en 2 as twee verskillende en weersprekende skeppingsbeskrywings te beskou — elkeen, sogenaamd, vanuit 'n ander tradisie. Maar so 'n beskouing het geen Bybelse mandaat nie. Dis bloot 'n geval van mense wat graag God se Woord onder verdenking plaas en 'n sug daarna het om iets nuuts te sê.
Lees mens enigsins gelowig en baie aandagtig deur die twee hoofstukke, blyk dit duidelik dat presies dieselfde skeppingsgeskiedenis beskryf word — vanuit twee gesigshoeke beskou.
Eers gee Genesis 1:1-2:3 die oorsigtelike groot prentjie.
Dan fokus Gen 2:4-25 op die sesde dag en in die besonder op die mens as man en vrou, hulle woonplek en hulle verantwoordelikhede in die tuin — en veral ook die waarskuwing om hulle te onthou van die boom van die kennis van goed en kwaad.
Die twee gedeeltes is dus onlosmaaklik verbonde. Die eerste trek groot buitelyne. Die tweede zoem in op die kroon van die skepping, die mens.

# Daar is verskil van opinie oor waar presies die naat tussen die twee gedeeltes lê: tussen Gen 2:3 en Gen 2:4 (OAV; ESV; NASB; KJV) of tussen Gen 2:4a en Gen 2:4b (NAV). Daar is ook ander voorstelle, waarna ons nie hoef te kyk nie.
Noukeurige bestudering van die teks maak dit duidelik waarom die beste vertalings, heeltemal korrek, die lyn tussen verse 3 en 4 trek.

+ Die Hebreeuse frase in Gen 2:4, "die geskiedenis" (OAV; NAV) of "the generations" (ESV) word nog tien keer in Genesis gebruik (5:1; 6:9; 10:1; 11:10, 27; 25:12, 19; 36:1, 9; 37:2) as iets van 'n struktuurmerker en lei elke keer 'n nuwe paragraaf in.1 Dit is daarom net redelik om te aanvaar dat dit ook hier in Gen 2 die geval is — wat sou beteken dat die breuklyn tussen v.3 en 4 is.

+ Die uitdrukkings in Gen 2:4 "die hemel en die aarde toe hulle geskape is" en "die dag toe die Here die hemel en die aarde gemaak het" vorm 'n a-b-c spieëlpatroon ('n chiasme) in die Hebreeuse teks. Ons praat dus van 'n stilistiese eenheid. Ongelukkig vertoon ons Afrikaanse vertalings dit nie so goed soos die ESV en die NASB nie:

" ... of the heaven and the earth when they were created ..."
.. a b c
" the Lord God made the earth and the heavens ..."
c' b' a'

Kan jy die omgekeerde spieëlbeeld sien? Dis 'n tipiese manier van skryf in die Hebreeus. Die twee frases van die chiasme moet as 'n eenheid gesien word en wil iets onderstreep of beklemtoon. Dit geld soveel te meer as daar drie elemente (en nie net twee nie) in chiasme is soos hierbo. Dis die skrywer se manier om te sê: Het jy kennis geneem, baie goed kennis geneem? Dis belangrik!
Om die chiasme in twee te deel (soos byvoorbeeld die NAV en die NIV) is duidelik eksegeties nie legitiem nie.
Die twee gedeeltes, Gen 1:1- 2:3 en Gen 2:4-25 begin dus op dieselfde manier. Modernistiese beskouings wat dit as twee losstaande skeppingstradisies sien, slaan dus die bal mis.

+ Daar is nog 'n aanduiding dat die breuklyn tussen v.3 en v.4 is. Genesis 1:1-2:3 gebruik konsekwent net "God" (die Skepper en Regeerder oor die ganse skepping) as dit na die Skepper verwys. Maar dan kom 2:4-25 en praat konsekwent van "Here God". "Here" is God se verbondsnaam (Jahweh), Sy persoonlike naam. Dit wil hier in hoofstuk 2 uitwys dat Hy in verhouding met die mens — oor wie dit grootliks in hierdie gedeelte gaan — wil leef (Eks 3:13-17).
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Ma Mrt 02, 2020 11:26 am

Die struktuur van Gen 1:1-2:3

1:1-2 Die aanvanklike skepping vóór die "sewe dae"
1:3-5 Dag 1: Lig en donker, oftewel dag en nag
1:6-8. Dag 2: Lug/atmosfeer en see
1: 9-13 Dag 3: Land, see en plantegroei
1: 14-19 Dag 4: Son, maan en sterre
1: 20-23 Dag 5: Seediere en vlieënde diere, oftewel visse en voëls
1:24-31 Dag 6: Landdiere en die mens na God se beeld
2:1-3 Dag 7: God skep nie; Hy rus. Hy seën die dag en heilig dit

Genesis 1:1-2 : In die begin


Gen 1:1

# As vers 1 van "die begin" praat, moet ons dit werklik as die begin verstaan. Voor dit was daar absoluut geen skepping nie. Behalwe God self, was daar niks nie — niks, niks, niks nie! 1
Collins bevestig dit: "The words "the heavens and the earth" refer to everything; and "in the beginning" tells us when it happened — and in fact points to an absolute beginning. .... before the beginning there was — well, nothing." 2

# Hierdie eerste sin van God se Woord is kort, net sewe woorde in die Hebreeus. Was daar ooit, dwarsdeur die geskiedenis so 'n gelaaide uitspraak? Net sewe verbysterende woorde (in die Hebreeus). Niks méér word gesê nie. Nét dit: In die begin het God (Heb. Elohim) die hemel en die aarde geskep!
Niks word gemeld oor die voorkoms of inhoud van die geskapene nie. Niks oor die werkswyse van die Maker nie. Niks word gesê of dit in 'n oomblik gebeur het, of oor 'n tydperk nie. Niks oor wanneer dit gebeur het nie — 'n paar millennia gelede, of 'n paar miljoen jaar, of 'n paar biljoen jaar terug nie. Daar is geen, maar geen aanduiding nie. Dit is per slot van rekening God die almagtige en ewig-tydlose wat dit doen.

# Dadelik stel die eerste vers van die Bybel, word die groot metafisiese gaping tussen God die Skepper aan die een kant, en al die res aan die ander kant aan die orde gestel.
Dis presies híérdie God vir wie Moses en die volk daar in die Sinaiwoestyn — persoonlik nou vir die eerste keer — toenemend as hulle Skepper, Redder, Bevryder en Versorger moet leer ken.

# Nie 'n enkele poging word aangewend om die bestaan van God te bewys nie. Dis immers iets wat elke mens in sy diepste wese wéét (Rom 1:18-23).
Tog word hier baie geopenbaar oor God: Hy is ewig. Reeds voor die begin was Hy daar. Hy is almagtig. Want wat Hy skep is duiselingwekkend groot en heerlik en kompleks. Hy is persoonlik; nie net 'n onpersoonlik eerste oorsaak of krag nie.

# Vers 1 dra die idee van nuutheid en buitengewoonheid. Die Hebreeuse werkwoord, om te skep, word net van God gebruik in die Ou Testament, nooit van mense nie.3 Benewens hier in v.1, word dit slegs nog in Gen 1:21, 27 in ons hoofstukke gebruik.
Vir mense se kreatiewe werk word ander Hebreeuse woorde gebruik.4
Ten spyte van wat in voetnota 10 gesê word, is híérdie skeppingswerk van God geensins die verwerking van iets wat reeds bestaan het nie. Daar was geen voorafbestaande materiaal nie. Nee, hier spreek die begrip van 'n Goddelike magswoord om iets vanuit niks, absoluut niks, tot stand te bring.

# Die frase "die hemel5 en die aarde" in Gen 1:1 is omvattend en alles-insluitend (dit word in Gen 2:4 herhaal). Behalwe die Skepper self, is niks uitgesluit nie. Die frase praat in die res van die Ou Testament altyd van die heelal soos ons dit tans al hoe beter leer ken.6 Dit sluit die mikrokosmos en die makrokosmos in — dit wat ons bevoorreg is om al hoe beter "deur mikroskoop en teleskoop" te leer ken. Hoewel Moses en sy mense nie 'n benul gehad het van dit wat ons vandag alles van God se algemene openbaring weet nie, was hulle in ander opsigte meer bevoorreg as ons. Daar in die woestyn het hulle baie nader aan die natuur gelewe as vandag se stadsbewoners. Hulle kon hulle elke aand verkyk aan die sterrehemel in die droë en totaal onbesoedelde sterrehemel. Sekerlik was hulle verstom oor al die groter diere en en kleiner diertjies en ander lewende organismes wat in die woesteny gesien het. En God se wonderwerkende ingrypings het elkeen van hulle oor en oor beleef.

# Sonder enige twyfel was hierdie pas-geskape hemel en aarde die heerlikheid en volmaaktheid van sy Skepper waardig. Aangrypend skets die Here dit poëties as Hy na Job se verwyte hom vermanend antwoord: "Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? ... Wie het die aarde afgemeet? ... Wie het 'n maatlyn oor hom gespan? Waarop is sy voetstukke neergesit? Wie het hom aanmekaargesit daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemellinge gejubel het?"

# Drie Nuwe Testamentiese uitsprake werp verdere lig op Gen 1:1.
Johannes 1:1-3 (OAV): "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie."
Hebreërs 11:3 (DAV): "Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is, met die gevolg dat dit wat gesien kan word, ontstaan het uit dit wat nie gesien kan word nie."
Openbaring 4:11 (DAV): "U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep."

Gen 1:2

# Vers 2 kom na die wondere van v.1 as 'n ontnugtering, 'n skok! Vers 2 skets 'n onherbergsame, neerdrukkende toneel. Dis amper spookagtig!
Hoe rym ons dit met vers 1 se heerlike triomf?
Dit val uiteen in drie dele.

# Een. Die woorde "woes en leeg" in v.2 (OAV; ESV: "without form and void"; Heb: tohu wabohu)7 is belangrik. Hierdie woorde skets die lewelose, troostelose en onherbergsame toestand van spesifiek "die aarde" na die triomf van v.1, en voor die wondere van die skeppingsdae vanaf v.3.
Dit geld ook vir die begrip, "duisternis", en dalk word dit ook deur die woord "wêreldvloed" geïmpliseer.

+ Die Hebreeuse woord, tohu, word ook in die Psalms en profete aangetref. Dit word 19 keer in die Ou Testament gebruik (11 keer in Jesaja). Die basiese betekenis is leegheid, ydelheid, onbeduidendheid, nietigheid. Vir die Israeliete het hierdie woord 'n onheilspellende betekenis gehad. Dit word byvoorbeeld gebruik om die onherbergsaamheid van die woestyn te beskryf (Deut 32:10; Ps 107:40; Job 6:18; 12:24). Dit verwys ook na die futuliteit en leegheid van afgodery (1Sam 12:21; Jes 41:29; 44:9).

+ Die Hebreeuse woord, bohu, word net in verbinding met tohu gebruik (Gen 1:2; Jes 34:11; Jer 4:23). Laasgenoemde twee Skrifgedeeltes bring die idee daarvan uit.

+ In Jes 34 het ons 'n oordeelsaankondiging oor Edom. Die OAV sê dan in v.11 dat die Here die riglyn van tohu (woestheid) daaroor span, en die skietlood van bohu (vormloosheid). Die ESV vertaal onderskeidelik met confusion en emptiness. Op Edom wag dus chaos en 'n lewe gehul in sinloosheid en wanhoop.
'n Ewe onheilspellende oordeelsaankondiging kry ons in Jer 4:23: "Ek het na die aarde gekyk en dit was tohu wabohu ..." Die wêreld waarin hierdie mense vorentoe gaan leef, sal vergelyk kan word met die skrikwekkende toestande op aarde Gen 1:2.

# Twee: Die onheilspellende en troostelose toestand van die aarde word verder beklemtoon deur die "duisternis" en die "wêreldvloed".

+ In die Ou Testament suggereer "duisternis" verlatenheid, uitsigloosheid, bedreiging, onheil, spookagtigheid. Dit dra sterk negatiewe konnotasies
Daarenteen gebruik die Bybel uitdrukkings soos môre en oggend om van lig en lewe te praat (Ps 90:14). Dis die tyd van gebedsverhoring, heil en nuwe lewe (Ps 88:14).

+ "Wêreldvloed" dui waarskynlik hier in v.2 op baie water — onder, op en bo die aarde. Eers later, in v.6-10, bring God orde wat dit betref.

# Drie: Fassinerend is die feit dat die Gees van God oor die waters gesweef het.

+ Dis 'n algemene idee dat "sweef" die idee dra, om te broei. Vergelyk mens dit egter met Deut 32:11, waar dieselfde woord gebruik word, blyk dit as waarskynlik nie korrek nie. Hier in Deuteronomium fladder of sweef 'n arend bokant haar kleintjies; sy is nie nog besig om op hulle te broei nie. Maar dis nodig om by te voeg dat die betekenis van die betrokke Hebreeuse woord nie absoluut seker is nie. Dis egter baie redelik om te aanvaar dat die OAV en NAV se vertaling, "sweef", die beste is. Die idee van fladdering is dalk nog nader aan die regte vertolking (die NIV en ESV vertaal met "hovering").
Tog aanvaar sekere kommentatore dat dit wel daarop dui dat die Heilige Gees iets van 'n "bevrugtende werking op die ongevormde massa uitgeoefen het"8
Nog Skrifuitsprake wat in hierdie verband betekenisvol is, is Job 26:13; 33:4; Ps 104:30; Jes 40:13; 1Kor 2:10).

+ Volledigheidshalwe moet mens onthou dat die Hebreeuse woord wat met "Gees" vertaal word, ook "wind" kan beteken. En inderdaad is daar heelwat kommentatore wat reken dis eerder die idee hier.
Selfs al sou eerder met "wind" vertaal word, is dit hoogs waarskynlik bloot 'n manier om na die Heilige Gees te verwys.
Die OAV, NAV, ESV, NASB en NIV vertaal egter konsekwent met hoofletters — die Heilige Gees. Ek meen ons kan dit maar vashou.

# Vers 2 skets dus 'n onherbergsame aarde voordat God vanaf v.3 sy verdere skeppingswoorde begin spreek het.
Maar oor hierdie antieke aarde het die Heilige Gees gesweef — bes moontlik belofteryk en selfs dalk voorbereidend.

Die verhouding tussen Gen 1:1 en Gen 1:2

# Is verse 1-2 een of twee sinne?
Die OAV en NAV is korrek as dit v. 1 en 2 twee verskillende sinne maak (vgl. ook ESV; NASB; NIV; KJV; NKJV). Dit geld ook die tradisionele vertalings: die Griekse Septuaginta; die Latynse Vulgaat en die Peshitta in Siries. Dis 'n korrekte verstaan van die Hebreeus.
Sou mens dit as een sin vertaal, soos sommige van die vryer vertalings en parafrases (Bv. Die Lewende Bybel; Good News Bible; The Living Bible), 9 word v.1 'n inleiding tot v.2. Dan skep dit die indruk dat die twee verse 'n vormlose "iets" praat — min of meer soiets: In die begin toe God die hemel en die aarde geskep het, was die aarde woes en leeg en donker. En die Gees van God het oor die waters gesweef.

+ Suiwer grammatikaal is bogenoemde nuwer vertalings dalk, ek sê dálk, 'n moontlikheid, maar waarom vertaal feitlik alle gerespekteerde en betroubare vertalings v.1 en 2 apart (vandag en ook deur die geskiedenis)?
Vers 1 is 'n volledige sin en v.2 'n volgende.
Collins, 'n kenner van Hebreeus skryf: " ... the traditional one (translation) is what the Hebrew text actually says; you have to modify the text (be it ever so slightly) to get the newer version... the traditional rendering is good Hebrew grammar: it follows the conventions for giving us an event that took place before the main story ... and then telling us what the conditions were when the event in the main story get under way (that's what v.2 does)".10
Let op dat die Skrif geen aanduiding gee hoe lank die toestand in v.2 geduur het nie — hoe lank die Gees ná dit wat v.1 sê, oor die waters gesweef het. Maar die Hebreeus wil amper vir seker suggereer dat v.2 die toestand was toe v.3, oftewel dag 1 aangebreek het.

# Hoe moet ons die verskil tussen v.1 se triomf en v.2 se onherbergsaamheid verstaan? Hierop gee ons teks nie vir ons 'n antwoord nie. En geen uitdruklike antwoord vind ons elders in die Woord nie. Tog is daar Bybelse aanduidings wat dalk die probleem ontknoop. En totdat ek beter insig kry, aanvaar ek dit as 'n waarskynlike verduideliking vir die dramatiese verskil tussen v.1 en v.2.

+ In plaas van v.2 se "die aarde was woes en leeg" kan dit ook vertaal word: "die aarde het woes en leeg geword ...".11 Toegegee, die vertaling soos in ons vertalings is 'n meer natuurlike verstaan van die Hebreeus, maar as ons 'n tydsverloop tussen v.1 en v.2 aanneem (en dis heeltemal moontlik, dalk selfs waarskynlik) volg die vertaling "geword" baie maklik (vgl. Gen 19:26).

+ In Gen 3 lees ons die eerste keer van die Satan, waar hy "die slang" genoen word. Daar verlei hy Adam en Eva om die proefgebod te oortree. En so misluk die mens in sy hoë en verhewe roeping — en die katastrofiese sondeval word 'n werklikheid.

+ Ons weet nie hoeveel tyd verloop het tussen die mens se skepping en sy sondeval nie.
Ook weet ons nie hoe lank die duiwel voor Gen 3 bestaan het nie. Maar dis gewis moontlik — dalk waarskynlik (?) — dat sy val vanaf sy verhewe posisie in die hemel, en sy gevolglike vyandskap teen God, tussen Gen 1:1 en Gen 1:2 kon plaasgevind het — dus vóór die skepping van die mens.
As die mens se sondeval so 'n enorme negatiewe impak op die skepping gehad het (Rom 8:19-22), is dit nie dalk moontlik dat die val van die hoof van die engeleryk 'n soortgelyke katastrofe vir die oorspronklike skepping van Gen 1:1 kon meegebring het nie — met Gen 1:2 tot gevolg?

+ As bogenoemde korrek is — ek vertrou dis méér as spekulasie — verduidelik dit die dramatiese verskil tussen v.1 en v.2.

# Drie Nuwe Testamentiese uitsprake werp verdere lig op Gen 1:1.
Johannes 1:1-3 (OAV): "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie."
Hebreërs 11:3 (DAV): "Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is, met die gevolg dat dit wat gesien kan word, ontstaan het uit dit wat nie gesien kan word nie."
Openbaring 4:11 (DAV): "U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep."

Die struktuur van Gen 1:1-2:3

1:1-2 Die aanvanklike skepping vóór die "sewe dae"
1:3-5 Dag 1: Lig en donker, oftewel dag en nag
1:6-8. Dag 2: Lug/atmosfeer en see
1: 9-13 Dag 3: Land, see en plantegroei
1: 14-19 Dag 4: Son, maan en sterre
1: 20-23 Dag 5: Seediere en vlieënde diere, oftewel visse en voëls
1:24-31 Dag 6: Landdiere en die mens na God se beeld
2:1-3 Dag 7: God skep nie; Hy rus. Hy seën die dag en heilig dit

Genesis 1:1-2 : In die begin


Gen 1:1

# As vers 1 van "die begin" praat, moet ons dit werklik as die begin verstaan. Voor dit was daar absoluut geen skepping nie. Behalwe God self, was daar niks nie — niks, niks, niks nie! 1
Collins bevestig dit: "The words "the heavens and the earth" refer to everything; and "in the beginning" tells us when it happened — and in fact points to an absolute beginning. .... before the beginning there was — well, nothing." 2

# Hierdie eerste sin van God se Woord is kort, net sewe woorde in die Hebreeus. Was daar ooit, dwarsdeur die geskiedenis so 'n gelaaide uitspraak? Net sewe verbysterende woorde (in die Hebreeus). Niks méér word gesê nie. Nét dit: In die begin het God (Heb. Elohim) die hemel en die aarde geskep!
Niks word gemeld oor die voorkoms of inhoud van die geskapene nie. Niks oor die werkswyse van die Maker nie. Niks word gesê of dit in 'n oomblik gebeur het, of oor 'n tydperk nie. Niks oor wanneer dit gebeur het nie — 'n paar millennia gelede, of 'n paar miljoen jaar, of 'n paar biljoen jaar terug nie. Daar is geen, maar geen aanduiding nie. Dit is per slot van rekening God die almagtige en ewig-tydlose wat dit doen.

# Dadelik stel die eerste vers van die Bybel, word die groot metafisiese gaping tussen God die Skepper aan die een kant, en al die res aan die ander kant aan die orde gestel.
Dis presies híérdie God vir wie Moses en die volk daar in die Sinaiwoestyn — persoonlik nou vir die eerste keer — toenemend as hulle Skepper, Redder, Bevryder en Versorger moet leer ken.

# Nie 'n enkele poging word aangewend om die bestaan van God te bewys nie. Dis immers iets wat elke mens in sy diepste wese wéét (Rom 1:18-23).
Tog word hier baie geopenbaar oor God: Hy is ewig. Reeds voor die begin was Hy daar. Hy is almagtig. Want wat Hy skep is duiselingwekkend groot en heerlik en kompleks. Hy is persoonlik; nie net 'n onpersoonlik eerste oorsaak of krag nie.

# Vers 1 dra die idee van nuutheid en buitengewoonheid. Die Hebreeuse werkwoord, om te skep, word net van God gebruik in die Ou Testament, nooit van mense nie.3 Benewens hier in v.1, word dit slegs nog in Gen 1:21, 27 in ons hoofstukke gebruik.
Vir mense se kreatiewe werk word ander Hebreeuse woorde gebruik.4
Ten spyte van wat in voetnota 10 gesê word, is híérdie skeppingswerk van God geensins die verwerking van iets wat reeds bestaan het nie. Daar was geen voorafbestaande materiaal nie. Nee, hier spreek die begrip van 'n Goddelike magswoord om iets vanuit niks, absoluut niks, tot stand te bring.

# Die frase "die hemel5 en die aarde" in Gen 1:1 is omvattend en alles-insluitend (dit word in Gen 2:4 herhaal). Behalwe die Skepper self, is niks uitgesluit nie. Die frase praat in die res van die Ou Testament altyd van die heelal soos ons dit tans al hoe beter leer ken.6 Dit sluit die mikrokosmos en die makrokosmos in — dit wat ons bevoorreg is om al hoe beter "deur mikroskoop en teleskoop" te leer ken. Hoewel Moses en sy mense nie 'n benul gehad het van dit wat ons vandag alles van God se algemene openbaring weet nie, was hulle in ander opsigte meer bevoorreg as ons. Daar in die woestyn het hulle baie nader aan die natuur gelewe as vandag se stadsbewoners. Hulle kon hulle elke aand verkyk aan die sterrehemel in die droë en totaal onbesoedelde sterrehemel. Sekerlik was hulle verstom oor al die groter diere en en kleiner diertjies en ander lewende organismes wat in die woesteny gesien het. En God se wonderwerkende ingrypings het elkeen van hulle oor en oor beleef.

# Sonder enige twyfel was hierdie pas-geskape hemel en aarde die heerlikheid en volmaaktheid van sy Skepper waardig. Aangrypend skets die Here dit poëties as Hy na Job se verwyte hom vermanend antwoord: "Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? ... Wie het die aarde afgemeet? ... Wie het 'n maatlyn oor hom gespan? Waarop is sy voetstukke neergesit? Wie het hom aanmekaargesit daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemellinge gejubel het?"

# Drie Nuwe Testamentiese uitsprake werp verdere lig op Gen 1:1.
Johannes 1:1-3 (OAV): "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie."
Hebreërs 11:3 (DAV): "Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is, met die gevolg dat dit wat gesien kan word, ontstaan het uit dit wat nie gesien kan word nie."
Openbaring 4:11 (DAV): "U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep."

Gen 1:2

# Vers 2 kom na die wondere van v.1 as 'n ontnugtering, 'n skok! Vers 2 skets 'n onherbergsame, neerdrukkende toneel. Dis amper spookagtig!
Hoe rym ons dit met vers 1 se heerlike triomf?
Dit val uiteen in drie dele.

# Een. Die woorde "woes en leeg" in v.2 (OAV; ESV: "without form and void"; Heb: tohu wabohu)7 is belangrik. Hierdie woorde skets die lewelose, troostelose en onherbergsame toestand van spesifiek "die aarde" na die triomf van v.1, en voor die wondere van die skeppingsdae vanaf v.3.
Dit geld ook vir die begrip, "duisternis", en dalk word dit ook deur die woord "wêreldvloed" geïmpliseer.

+ Die Hebreeuse woord, tohu, word ook in die Psalms en profete aangetref. Dit word 19 keer in die Ou Testament gebruik (11 keer in Jesaja). Die basiese betekenis is leegheid, ydelheid, onbeduidendheid, nietigheid. Vir die Israeliete het hierdie woord 'n onheilspellende betekenis gehad. Dit word byvoorbeeld gebruik om die onherbergsaamheid van die woestyn te beskryf (Deut 32:10; Ps 107:40; Job 6:18; 12:24). Dit verwys ook na die futuliteit en leegheid van afgodery (1Sam 12:21; Jes 41:29; 44:9).

+ Die Hebreeuse woord, bohu, word net in verbinding met tohu gebruik (Gen 1:2; Jes 34:11; Jer 4:23). Laasgenoemde twee Skrifgedeeltes bring die idee daarvan uit.

+ In Jes 34 het ons 'n oordeelsaankondiging oor Edom. Die OAV sê dan in v.11 dat die Here die riglyn van tohu (woestheid) daaroor span, en die skietlood van bohu (vormloosheid). Die ESV vertaal onderskeidelik met confusion en emptiness. Op Edom wag dus chaos en 'n lewe gehul in sinloosheid en wanhoop.
'n Ewe onheilspellende oordeelsaankondiging kry ons in Jer 4:23: "Ek het na die aarde gekyk en dit was tohu wabohu ..." Die wêreld waarin hierdie mense vorentoe gaan leef, sal vergelyk kan word met die skrikwekkende toestande op aarde Gen 1:2.

# Twee: Die onheilspellende en troostelose toestand van die aarde word verder beklemtoon deur die "duisternis" en die "wêreldvloed".

+ In die Ou Testament suggereer "duisternis" verlatenheid, uitsigloosheid, bedreiging, onheil, spookagtigheid. Dit dra sterk negatiewe konnotasies
Daarenteen gebruik die Bybel uitdrukkings soos môre en oggend om van lig en lewe te praat (Ps 90:14). Dis die tyd van gebedsverhoring, heil en nuwe lewe (Ps 88:14).

+ "Wêreldvloed" dui waarskynlik hier in v.2 op baie water — onder, op en bo die aarde. Eers later, in v.6-10, bring God orde wat dit betref.

# Drie: Fassinerend is die feit dat die Gees van God oor die waters gesweef het.

+ Dis 'n algemene idee dat "sweef" die idee dra, om te broei. Vergelyk mens dit egter met Deut 32:11, waar dieselfde woord gebruik word, blyk dit as waarskynlik nie korrek nie. Hier in Deuteronomium fladder of sweef 'n arend bokant haar kleintjies; sy is nie nog besig om op hulle te broei nie. Maar dis nodig om by te voeg dat die betekenis van die betrokke Hebreeuse woord nie absoluut seker is nie. Dis egter baie redelik om te aanvaar dat die OAV en NAV se vertaling, "sweef", die beste is. Die idee van fladdering is dalk nog nader aan die regte vertolking (die NIV en ESV vertaal met "hovering").
Tog aanvaar sekere kommentatore dat dit wel daarop dui dat die Heilige Gees iets van 'n "bevrugtende werking op die ongevormde massa uitgeoefen het"8
Nog Skrifuitsprake wat in hierdie verband betekenisvol is, is Job 26:13; 33:4; Ps 104:30; Jes 40:13; 1Kor 2:10).

+ Volledigheidshalwe moet mens onthou dat die Hebreeuse woord wat met "Gees" vertaal word, ook "wind" kan beteken. En inderdaad is daar heelwat kommentatore wat reken dis eerder die idee hier.
Selfs al sou eerder met "wind" vertaal word, is dit hoogs waarskynlik bloot 'n manier om na die Heilige Gees te verwys.
Die OAV, NAV, ESV, NASB en NIV vertaal egter konsekwent met hoofletters — die Heilige Gees. Ek meen ons kan dit maar vashou.

# Vers 2 skets dus 'n onherbergsame aarde voordat God vanaf v.3 sy verdere skeppingswoorde begin spreek het.
Maar oor hierdie antieke aarde het die Heilige Gees gesweef — bes moontlik belofteryk en selfs dalk voorbereidend.

Die verhouding tussen Gen 1:1 en Gen 1:2

# Is verse 1-2 een of twee sinne?
Die OAV en NAV is korrek as dit v. 1 en 2 twee verskillende sinne maak (vgl. ook ESV; NASB; NIV; KJV; NKJV). Dit geld ook die tradisionele vertalings: die Griekse Septuaginta; die Latynse Vulgaat en die Peshitta in Siries. Dis 'n korrekte verstaan van die Hebreeus.
Sou mens dit as een sin vertaal, soos sommige van die vryer vertalings en parafrases (Bv. Die Lewende Bybel; Good News Bible; The Living Bible), 9 word v.1 'n inleiding tot v.2. Dan skep dit die indruk dat die twee verse 'n vormlose "iets" praat — min of meer soiets: In die begin toe God die hemel en die aarde geskep het, was die aarde woes en leeg en donker. En die Gees van God het oor die waters gesweef.

+ Suiwer grammatikaal is bogenoemde nuwer vertalings dalk, ek sê dálk, 'n moontlikheid, maar waarom vertaal feitlik alle gerespekteerde en betroubare vertalings v.1 en 2 apart (vandag en ook deur die geskiedenis)?
Vers 1 is 'n volledige sin en v.2 'n volgende.
Collins, 'n kenner van Hebreeus skryf: " ... the traditional one (translation) is what the Hebrew text actually says; you have to modify the text (be it ever so slightly) to get the newer version... the traditional rendering is good Hebrew grammar: it follows the conventions for giving us an event that took place before the main story ... and then telling us what the conditions were when the event in the main story get under way (that's what v.2 does)".10
Let op dat die Skrif geen aanduiding gee hoe lank die toestand in v.2 geduur het nie — hoe lank die Gees ná dit wat v.1 sê, oor die waters gesweef het. Maar die Hebreeus wil amper vir seker suggereer dat v.2 die toestand was toe v.3, oftewel dag 1 aangebreek het.

# Hoe moet ons die verskil tussen v.1 se triomf en v.2 se onherbergsaamheid verstaan? Hierop gee ons teks nie vir ons 'n antwoord nie. En geen uitdruklike antwoord vind ons elders in die Woord nie. Tog is daar Bybelse aanduidings wat dalk die probleem ontknoop. En totdat ek beter insig kry, aanvaar ek dit as 'n waarskynlike verduideliking vir die dramatiese verskil tussen v.1 en v.2.

+ In plaas van v.2 se "die aarde was woes en leeg" kan dit ook vertaal word: "die aarde het woes en leeg geword ...".11 Toegegee, die vertaling soos in ons vertalings is 'n meer natuurlike verstaan van die Hebreeus, maar as ons 'n tydsverloop tussen v.1 en v.2 aanneem (en dis heeltemal moontlik, dalk selfs waarskynlik) volg die vertaling "geword" baie maklik (vgl. Gen 19:26).

+ In Gen 3 lees ons die eerste keer van die Satan, waar hy "die slang" genoen word. Daar verlei hy Adam en Eva om die proefgebod te oortree. En so misluk die mens in sy hoë en verhewe roeping — en die katastrofiese sondeval word 'n werklikheid.

+ Ons weet nie hoeveel tyd verloop het tussen die mens se skepping en sy sondeval nie.
Ook weet ons nie hoe lank die duiwel voor Gen 3 bestaan het nie. Maar dis gewis moontlik — dalk waarskynlik (?) — dat sy val vanaf sy verhewe posisie in die hemel, en sy gevolglike vyandskap teen God, tussen Gen 1:1 en Gen 1:2 kon plaasgevind het — dus vóór die skepping van die mens.
As die mens se sondeval so 'n enorme negatiewe impak op die skepping gehad het (Rom 8:19-22), is dit nie dalk moontlik dat die val van die hoof van die engeleryk 'n soortgelyke katastrofe vir die oorspronklike skepping van Gen 1:1 kon meegebring het nie — met Gen 1:2 tot gevolg?

+ As bogenoemde korrek is — ek vertrou dis méér as spekulasie — verduidelik dit die dramatiese verskil tussen v.1 en v.2.

# Drie Nuwe Testamentiese uitsprake werp verdere lig op Gen 1:1.
Johannes 1:1-3 (OAV): "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie."
Hebreërs 11:3 (DAV): "Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is, met die gevolg dat dit wat gesien kan word, ontstaan het uit dit wat nie gesien kan word nie."
Openbaring 4:11 (DAV): "U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep."
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Ma Mrt 02, 2020 11:27 am

Nog 'n belangrike waarheid

# As "God" die Skepper van die hemel en die aarde genoem word, moet ons waarskynlik in die eerste instansie aan God die Vader dink. Maar soos hieronder aangetoon sal word, beklemtoon die Bybel eweneens, naas die Vader, ook die betrokkenheid van die Seun, sowel as die Heilige Gees by die skeppingsproses. As sodanig sinspeel Gen 1:1 ten diepste op die Drie-enige God.

+ God die Vader is die primêre Skepper, maar ook speel God die Seun en God die Heilige Gees 'n kardinaal belangrike rol.

+ Die Seun word meermale beskryf as die Persoon deur wie die skepping tot stand gebring is. In die Nuwe Testament word Hy konsekwent voorgehou as die aktiewe agent deur wie die skepping tot stand gekom het (Joh 1:3; 1Kor 8:6; Kol 1:16; Heb 1:2). Let op die konsekwente herhaling (in al 4 verse) dat die heelal "deur" Hom geskep is.

+ Wat die amper verrassende mededeling in Gen 1:2, dat die "Gees van God" oor die waters gesweef het, ook al wil sê, lyk dit of of Hy bewarend, instandhoudend, regerend oor die waters gewaak het.

+ As gewese konstruksie-ingenieur dink ek onvermydelik aan 'n illustrasie uit daardie wêreld. Laat ons net onthou dat alle illustrasies te kort skiet, des te meer as mens aan die Drie-enige God dink.
As 'n baie groot dam in 'n rivier gebou moet word, vereis dit die betrokkenheid van honderde mense. Elke persoon met sy eie rol. Hierdie funksies is oor 'n baie wye spektrum versprei. Op 'n manier kan ons hierdie mense in drie kategorieë indeel, die een so onmisbaar soos die ander.
In die eerste instansie is daar die beplanners en ontwerpers. Hierdie mense konseptualiseer en bedink die projek. Meestal werk hulle ver van die bouterrein af, iewers in kantore. Hulle doen derduisende berekenings, kosteberekenings en sorg uiteindelik dat planne in die fynste besonderhede geteken word. Tenders en ander regsake moet aandag kry, serwitute en selfs plase moet uitgekoop word, ens. ens.
Op die konstruksieterrein self kry jy dan 'n span ingenieurs en tegnici en rekenmeesters, stoormanne, mediese ordinanse, en nog meer. Hulle werk meestal onderdak in kantore en laboratoriums en magasyns, maar kom ook daagliks op die bouterrein self. Hulle moet die projek aan die gang kry en aan die gang hou. Hulle moet sorg dat volgens spesifikasies en voorskrifte gebou word. Hulle moet die geldvloei beheer. En daar is 'n honderd dinge meer.
Derdens is daar die manne sonder wie niks gebeur nie — manne wat selde die eer kry wat hulle toekom. Ek praat van die voormanne, die skakel tussen die kantore teen die bult en die konstruksiespan. Niemand is belangriker om die "job" aan die loop te hou nie.
Vierdens is daar diegene sonder wie daar nooit 'n dam sal wees nie. Werkers met pik en graaf, skrynwerkers, masjienoperateurs, werktuigkundiges, en nog talle meer. Sonder hulle kan dit ewe min.

+ Miskien is bogenoemde konstruksieterrein 'n gelykenis van die koms van die koninkryk van God. Soos hierbo is daar ook vier partye, in dieselfde volgorde: die Vader, die Seun, die Heilige Gees, die medewerkende en gehoorsame liggaam van Christus.

+ Mens sou uiteraard bg. illustrasie nog verder kon trek. Vir die oningewyde besoeker is die konstruksieterrein 'n onverstaanbare, chaotiese, stowwerige en lawaaierige plek. Dis ook 'n gevaarlike plek waar jy oopoë moet loop.1 Maar in werklikheid loop die hele projek soos 'n klok, presies volgens plan en op skedule. Wanneer die dam eendag klaar is, laat honderde hektaar geil landerye die woestyn blom. En dit alles lei tot ongekende welvaart vir talle in die tye wat kom.

Nie almal stem saam nie

# Voor my lê 'n dik, konserwatiewe en goeie kommentaar.1
Op p.106 word aangevoer dat v.1 'n inleidende en opsommende neutedop-samevatting is van wat tydens die ses skeppingsdae gebeur het — dis die ses dae in 'n neutedop. Kyk mens egter goed na die Bybelteks, sien jy dat so 'n vertolking geensins water hou nie.

+ As v.1 direk deur v.3 gevolg is, sou mens dalk nie van bogenoemde skrywer verskil het nie. Maar die stok in die speke van sy verklaring is v.2. As sy stelling korrek sou wees, wat maak mens van die feit dat v.2 sê die aarde was woes en leeg en in duisternis? Want die skeppingsdae vanaf v.3 skets juis die orde wat God bring. En alreeds op dag 1 word lig geskep. Wanneer was dit woes en leeg en donker?
Daar is, lyk dit vir my, net één manier om hierdie eerste drie verse te verstaan: God het aanvanklik die hemel en die aarde geskep. Dan volg 'n toestand van woestheid, leegheid en duisternis. Eers daarna word lig op die eerste dag van die skeppingsweek voortgebring (oor tydsduur van Gen 1-2 word niks aan ons geopenbaar nie).

# Om soos hierbo 'n agtergrondskets te gee voordat die storie waaroor dit eintlik gaan, onderweg kom, is tipies, nie net in Hebreeus nie, maar waarskynlik in enige taal. Mens kry iets soortgelyk in Gen 16:1 & 24:1.

Wat is die verhouding van Gen 1:1-2 met Gen 1:3vv?

# Die skeiding tussen v.1-2 en v.3 evv, is onmiskenbaar as jy behoorlik na die teks kyk.
Die "hemel en die aarde" dui in v.1 op die ganse skepping, oftewel die ganse heelal (vgl. ook 2:4).
Daarenteen fokus v.3vv op die "aarde" en sy "uitspansel" (v6-8). In v.8 word die uitspansel ook die "hemel" genoem. Die ESV sê dan in 'n voetnota dat die woord "heaven" ook met "sky" vertaal kan word. Ons kan dus aflei dat "uitspansel" dui op die atmosfeer rondom die aarde.
Verse 1-2 en die verse vanaf v.3 is verskillend gerig. Die eerste twee verse praat van die ganse kosmos. Vanaf v.3 word spesifiek op die aarde gefokus.

# Die volgende stukkie Hebreeuse eksegese is ongelukkig 'n bietjie tegnies en sal dalk nie so maklik verstaanbaar wees vir lesers wat nie Hebreeus ken nie.2 Maar dis kardinaal belangrik en deurslaggewend vir die regte vertolking van die verhouding tussen Gen 1:1-2 en Gen 1:3vv. Jy kan dit rustig oorslaan, as jy wil, behalwe vir my kursiewe slotsom aan die einde van hierdie paragraaf. Ek sal dit nogtans so eenvoudig moontlik probeer verduidelik.

+ In Hebreeus is daar verskillende werkwoordvorms. Elkeen vorm dra 'n bepaalde idee — 'n boodskap. Een so 'n vorm staan bekend as die "wayyiqtol-vorm" van die werkwoord. Sulke werkwoorde het altyd 'n bepaalde Hebreeuse letter vooraan gevoeg — die letter waw. Dis aanduiding van 'n tydsdimensie en beklemtoon die hoofgebeure waaroor dit eintlik gaan.
Werkwoorde sónder die waw skets die agtergrond, die dekor wat reeds in plek is voordat die hoofgebeure — in die wayyiqtol — plaasvind.

= Collins skryf in genoemde kommentaar op p.51-52: "Most narrative pericopes in the Pentateuch actually begin with a wayyiqtol verb, as in Genesis 12:1 ("now the Lord said"). A number do begin with a verb in the Perfect, and the do so in order to describe an event that precedes the main storyline. For example, consider Genesis 24:1. ... The action of blessing took place prior to the main action." 3

+ Genesis 1:1-2 het 3 werkwoorde: om te skep (v.1); om te wees (v.2a); om te sweef (v.2c). Vers 2b het nie 'n werkwoord in die Hebreeus nie, maar vertalings voeg "om te wees" in ter wille van verstaanbaarheid.
Die eerste werkwoord, om te skep, is in die perfektum en dui op 'n handeling vooraf, steeds geldig as die hoofgedagte plaasvind. Dit is nie in die wayyiqtol-vorm nie.
Die tweede werkwoord, om te wees, is ook in die perfektum. Dit is nie in die wayyiqtol-vorm nie.
Die derde werkwoord, om te sweef (v.2a), is 'n deelwoord en beskryf 'n voortgaande handeling. Dit is nie in die wayyiqtol-vorm nie.

+ Die eerste wayyiqtol-vorm kry ons dan in v.3. God het gesê. En so hou dit konsekwent aan deur die volgende skeppingsdae. Dis 'n aanduiding dat hierdie gebeure volg na dit wat in v.1-2 beskryf word volg. In v.3 begin die hooffokus van Gen 1. Dis waaroor die skrywer eintlik wil skryf.

# Slotsom: Onmiskenbaar duidelik wil Gen 1:1-2 die voorafgaande en reeds-bestaande toneel skets wanneer dag een in v.3 begin. Die hemel en die aarde het al bestaan toe dag een van die skeppingsweek aangebreek het!

Samevatting en slotsom

# Vers 2 beskryf die toestand van spesifiek "die aarde" ná die aanvanklike skepping van die "hemel en die aarde" (v.1), maar vóór die gebeure wat vanaf v.3 beskryf word. Hoe lank hierdie toestand geduur het, sê die Bybelteks nie vir ons nie. Logies kan dit praat van 'n kort tydperk onmiddellik voor dag een in v.3. Maar dit kan óók dui op 'n baie, baie lang bedeling.
Dit staan egter vas: hoe mens ook al dink oor die ouderdom van die skepping, en hoe jy ook al die "dae" van v.3vv vertolk, die Bybelteks sê vir ons niks oor hoe lank verloop het vanaf die oomblik toe God die hemel en die aarde geskep het totdat dit wat v.3vv beskryf, aangebreek het nie.

+ Selfs die baie konserwatiewe A.W. Pink gee dit reeds 'n eeu gelede toe — ten spyte van sy baie sterk oortuiging dat Gen 1:3vv praat van sewe 24-uur kalenderdae, minder as 6000 jaar gelede. Hy skryf: " ... if the surmises of geologists could be conclusively established there would be no conflict at all between the findings of science and the teaching of Scripture. The unknown interval between the first two verses of Genesis 1, is wide enough to embrace all the prehistoric ages which may have elapsed ..."

# Daar is dus geen noodwéndige konflik tussen Gen 1 en die universele konsensus in wetenskaplike kringe dat die skepping 13,7 biljoen jaar gelede ontstaan het nie (of hierdie syfer korrek is of nie). Wat ook al jou standpunt oor die regte verstaan van Gen 1, moet jy saamstem dat 'n baie óú skepping op grond van Gen 1:1-2 nie uitgesluit is nie. Om hierdie implikasie te ontkom, moet mens die eksegese van hierdie twee verse hierbo verkeerd bewys. En let op, wat hier gesê word het niks te doen met wat die wetenskap sê nie; dit gaan gewoon oor wat die Bybelteks sê.




Genesis 1:3-2:3 : Sewe dae


Die geskiedenis

# Dwarsdeur die kerkgeskiedenis is geworstel met die vraag oor hoe die skeppingsdae verstaan moet word. Deurgaans was en is daar verskillende opinies wat dikwels met drif verdedig word. Dit het tot vandag toe nie verander nie.
Wat wel waar is, is dat die onderliggende Aristotelies-Ptolemeïese wêreldbeeld min
of meer deur almal vir baie eeue aanvaar is.

+ Aristoteles (384-322 v.C.) was 'n Griekse filosoof wat 'n enorme invloed in die vroeëre wêreld uitgeoefen het. Wat die astronomie betref, het hy geleer dat die aarde 'n bol is (onthou hy was nie 'n Bybelgelowige nie) wat onbeweeglik die middelpunt van al die hemelliggame is. Al hierdie sterre het, soos die son en die maan, sirkelvormig rondom die aarde geroteer. Hierdie beskouing word die geosentriese stelsel genoem.

+ Ptolemaeus (100-170 n.C.) was 'n Griekse wiskundige, sterrekundige en algemene wetenskaplike. Hy het die geosentriese beskouing uitvoerig beskryf. Sy boek, Syntaxis Mathematica, sou díé handboek wees waarop alle sterrekundiges tot en met die sestiende eeu hulle navorsing gebou het.

# Nie almal in die ou wêreld het aan die skeppingsdae as gewone weeksdae gedink nie. Ek noem 3 bekende ou vaders van die vroeë kerk.

+ Die ou kerkvaders Justinus die Martelaar (100-165 nC) en Irenaeus (120/140-200/203 nC), biskop van Lyon, het al voorgestel dat Gen 1 se "dae" dalk lang epogte was, gebasseer op Ps 90:4: "Want duisend jaar is in u oë soos 'n dag ...."

+ Origenes (185 -254 nC), die mees prominente teoloog van sy dag, het al daarop gewys dat lig reeds op dag een en die son eers op die vierde dag geskep is. Hy het dus 'n bloot kronologies-historiese vertolking van die ses skeppingsdae bevraagteken.

+ Die versiende Augustinus (354-430 nC) skryf in sy Die Stad van God dat hy ernstige vrae het oor die vertolking van Gen 1 se "dae". En in sy Oor die letterlik verstaan van Genesis, skryf hy: "ten minste weet ons dat die dae (van Genesis) anders is as die gewone dae wat ons ken ..." Uiteindelik het hy geglo dat God alles in 'n oomblik geskep het.

# Toe kom Nikolaus Kopernikus (1473-1543) met 'n radikaal nuwe beskouing. Hy beskryf in 1543 'n heliosentriese stelsel met die son as middelpunt, waarom die planete roteer. Hy verstaan ook dat die aarde elke 24 uur om sy eie as roteer.
Hieraan neem die Rooms-Katolieke Kerk aanstoot. Die kerk hou by die tradisionele beskouing en letterlike vertolking van 'n klompie Bybeluitsprake, naamlik dat die aarde stilstaan en die son roteer. Hulle kan dit immers vers en kapittel aantoon!1
Ook die Reformatore verwerp Kopernikus se standpunt: Luther in sy Tafelpraatjies, en Calvyn in sy Psalms-kommentaar.

# Min of meer 'n eeu later daag 'n Italianer op: Galileo di Vincenzo Bonaulti de Galilei, algemeen net bekend as Galileo Galilei (1564-1642). Hierdie sterrekundige, fisikus en ingenieur, word beskou as die vader van die sterrekunde en moderne fisika — trouens die vader van die moderne wetenskap. Hy ondersteun die beskouing van Kopernikus en ook hy kom in botsing met die Rooms-Katolieke Kerk, wat hom uiteindelik dwing om sy "dwaling" terug te trek (miskien is dit net 'n legende, maar daar word vertel dat hy direk nadat hy sy "belydenis" uitgespreek het, vir homself gemymer het: "dit verander niks aan die feit dat die aarde inderdaad beweeg nie!". Hy is nie gefolter nie, maar wel in huisarres geplaas.

# Sedert die 1840's word die heliosentriese beskouing algemeen aanvaar en vandag staan dit aksiomaties vas. Niemand betwyfel dit meer nie dat die aarde om sy eie as roteer en jaarliks in 'n elliptiese baan om die son beweeg teen 30 km/sek, oftewel 108 000 km/h.

# Miskien kan ek, om hierdie paragraaf af te sluit, noem dat talle uitstaande en regsinnige Bybelgelowiges in die resente geskiedenis, asook in die teologiese en kerklike wêreld van ons dag 'n baie ou skepping aanvaar. Almal hieronder is predikers en teoloë.
Ek noem 'n paar bekende en gerespekteerde name: B.B. Warfield, R.A. Torrey, C.S. Lewis, Francis Schaeffer, Billy Graham, J.I. Packer, Wayne Grudem, Millard Erickson, Norman Geisler, William Lane Craig, Alvin Plantinga, Walter Kaiser, John Piper, Tim Keller.2
Natuurlik is ek goed bewus daarvan dat ander ewe bekwame en beroemde teoloë 'n sewe kalenderdae skepping huldig. Ek haal bloot bogenoemde name aan om te toon dat daar vir seker ook 'n sterk saak uitgemaak kan word vir 'n ou skeppingsbeskouing, sonder om jou eie geloofsregsinnigheid of die algehele betroubaarheid van die Skrif onder verdenking te plaas.
Wat my wel die hoenners in maak, is as aanhangers van 'n sewe-kalenderdae-vertolking diegene wat in 'n ou skepping glo onder verdenking plaas deur te suggereer dat hulle Bybelkrities is, die "glasheldere" getuienis van Gen 1 ignoreer en ewolusionisme aanhang — want dit is alles behalwe waar. Sulke mense is óf naïef en onkundig, óf kwaadwillig. En ongelukkig is daar baie gelowiges wat hulle uitsprake vir soetkoek opeet.

+ Les bes is die ou skeppingsbeskouing, anders as die sewe dae beskouing, nie belas met die aanklag dat dit feitlik die ganse natuurwetenskaplike konsensus oor ons onderwerp geringskat nie.


Enkele opmerkings oor die dae in Gen 1:3-2:3

# Sonder om 'n historiese dimensie in uiteensetting van die skeppingsdae dae te ontken, moet ons dit nie oorspan nie. Laat ons steeds die poëtiese karakter in die bespreking van hierdie verse in gedagte hou.

Die eerste dag (Gen 1:3-5)

# "En God het gesê": Hier, onmiddellik, is die Bybel in onversoenlike konflik met Darwinistiese evolusionisme.3 God is die Skepper!

+ Dis net Hy wat dit doen. En Hy skep deur slegs 'n bevel te gee. So is dit deurgaans (v.6, 9, 11,14, 20, 22, 24, 26). Die Hebreeuse woord (amar) het meer as een betekenis, maar hier dui dit op God se skeppende bevel: Hy praat en dit gebeur!
Só stel Ps 33:9 (NAV) dit: " ... Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar." Psalm 148:5: "Hy het bevel gegee — en hulle is geskape." Ook Heb 11:3 sê, die wêreld is deur die woord van God geskep.

# Laat ons daarteen waak om in ons besinning oor die skeppingsbeskrywings vorentoe dit anders as Godgesentreerd te lees. Dis Hy en net Hy wat skep. En Hy doen dit ter wille van Homself en Sy verheerliking.

# Vers 2 het van duisternis en onheil gepraat. Maar in so 'n toestand laat God nie sy skepping bly nie. Die uiteinde daarvan sal veel heerliker wees. Dit sal 'n skepping in die lig wees!

# Lig is meermale in die heidendom van destyds as ewig en goddelik beskou. Maar hierdie verbysterende natuurwonder ontbloot dit onmiskenbaar nou as net nóg 'n geskapene. Ten diepste wys v.3-5 heen na die almagtige en soewereine Skepper — Hy en Hy alleen is die Lig.

# "Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis." Dis oorwinningskrete. God het mag oor die duisternis — oor tohu wabohu, oor onheilspellende leegheid, sinloosheid, onbeduidendheid, onherbersaamheid.
Daar is waarskynlik 'n rede waarom lig eerste aan die orde is. Ten diepste wil hierdie verse oor méér praat as energiegolwe of -partikels wat teen 300 000 km/sek beweeg. Ja, natuurlik. Maar dit wil ons ten diepste herinner aan die Skepper, die almagtige Skepper van lig, die Oorwinnaar oor duistere boosheid.
Só stel Joh 1:5 dit: "Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie."
Só stel Joh 8:12 dit: Jesus het vir die mense gesê: "Ek is die lig vir die wêreld. Wie my volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee."
Só stel 2Kor 4:6 dit: God wat gesê het: "Laat daar lig skyn uit die duisternis, het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal."
Die drie uur lange pikdonkerte op Golgota spreek van die helse smarte, leiding en onheil wat die laaste Adam moes verduur toe Hy finaal diegene wat in die mag van die duisternis was daarvan verlos het. Hy het verduur wat hulle toegekom het, sodat hulle vir ewig kon kry wat Hy verwerf het — ewige lig en lewe!

Die tweede dag (Gen 1:6-8)

# Weer vind hier skeiding plaas — tussen waters bo en waters onder — met die uitspansel as skeiding tussenin. Weer moet ons dit lees in die lig van v.2, die "wêreldvloed". Dit wat onheilspellend was se mag word gebreek.
Maar dit word nog nie totaal verwyder nie. As God sy oordele oor die wêreld bring, word tydens die sondvloed "die sluise van die hemel" oopgetrek (Gen 7:11; 8:2).

# Die woord wat die OAV vertaal met "uitspansel" en die NAV met "gewelf" (ESV: "expanse" en in die voetnota, "canopy" of "sky") is verwant aan die Hebreeuse werkwoord "om uit te sprei". Dis 'n beskrywing van die semisferiese atmosfeer wat ons vanaf die aarde van horison tot horison sien. Hier in Gen 1 kom dit meermale voor, sewe keer (v. 6; 7; 8; 14; 15; 17; 20).

Die derde dag (Gen 1:9-13)

# Nogeens is daar skeiding: God skep 'n woonplek vir die mens en landdiere op droeë grond deur die waters eenkant te versamel. Hierin sit nog 'n voorlopigheid, 'n voorwaardelike, maar na die vloed word die skeiding 'n permanente (Gen 9:11vv). Die belofte word elders in die Skrif herbevestig (Job 26:12; Ps 89:10; Ps 104:7-9; Jer 5:22).

# Daar gebeur egter méér op die derde dag. Plante word op die land geskep — elkeen na sy eie aard, wat drie maal herhaal word. Die skepping sal onder meer gekenmerk word deur 'n verbysterende verskeidenheid.

Die vierde dag (Gen 1:14-19)

# Die aarde is reeds versier; nou volg die atmosfeer. Die hemelliggame word geskep, maar hulle sal gewoon tekens en diensknegte sal wees — net "ligdraers". Ja, die son en die maan sal wel 'n prominente rol speel, elkeen op sy manier. Binne die grense van sy skeppingsrol sal elkeen tog 'n heersersfunksie hê. Maar dit sal dienende heerskappy wees (v.14-15).

# Betekenisvol is dat die son en die maan bloot die "groot lig" en die "klein lig" genoem word. Waarskynlik is dit om Israel se godsdiens duidelik te onderskei van die talle heidense godsdienste wat veral die son en die maan vergoddelik het (Deut 4:19; Job 31:26-28).

Die vyfde dag (Gen 1:20-23)

# Nou breek die skepping van die allerlei diere aan — waterdiere en lugdiere. Die aarde is besig om bevolk te raak met lewende wesens.

# Opvallend is dit dat spesifiek van die "groot seediere" gepraat word. Die vertaling "seemonsters" sou ook in orde wees. Die bepaalde Hebreeuse woord dui elders op bose en onheilspellende magte in die waters. Weereens is hierdie wesens deur van die heidenvolkere aanbid, en hier word uitdruklik daarop gewys dat ook húlle niks meer is as skeppinge van die ware God nie.
'n Verder bevestiging van bogemelde is die feit dat nou eers weer vir die eerste keer na v.1 die die woord "om te skep" (Heb. bara) gebruik word. Na alle waarskynlikheid is dit nog 'n beklemtoning dat die reuse van die see niks anders as skepsele van die ware lewende God is nie. Dit herinner aan Ps 148:7: "Loof die Here ... groot seediere en alle dieptes."

# Nog iets wat waarskynlik betekenisvol is, is dat God hier vir die eerste keer sy seën uitspreek oor een van sy skeppingsdade. En let op, die seën hou verband met die seediere en voëls se voortplanting. En inderdaad is verwekking en geboorte een van die wonderlikste verskynsels in die skepping. Keer op keer as mens dit beleef en bepeins, staan jy in verwondering. Sekerlik kan ons ook hierin God se waarborg sien dat lewe op hierdie aarde sal bly voortbestaan.

Die sesde dag (Gen 1:24-31; vgl. ook Gen 2:7, 21)

# Nou bereik ons die hoogtepunt van God se skeppingswerk.
Die sesde dag, soos die derde, word in twee verdeel. Eers word die skepping van die landdiere beskryf (v.24-25). Dan word die skepping van die mens beskryf (v.v.26-31). Let daarop hoe duidelik, met 'n aparte "En God het gesê" in v.27, die mens se skepping onderskei word van die van die diere.

# In die hele skepping is die diere naaste aan die mens; anatomies nader as enige ander skepsel. Tot so 'n mate gee God se Woord erkenning daaraan dat selfs die verbond met Noag ook met die diere gesluit word (Gen 9:9-10).

# Maar ewe wáár is dit dat mens en dier wesentlik verskil. 4 Die dier is verreweg die mens se mindere — daar is 'n wesensverskil tussen hulle. Afgesien daarvan dat dit voor die hand liggend vir ons is, blyk dit ook in die volgende:

+ Genesis 2:20 deel ons mee dat Adam nie 'n metgesel onder die diere kon vind nie.

+ Vir die eerste keer lees ons dat die drie Persone van die Drie-eenheid as 't ware saamstem, dalk eers onderling oorleg pleeg voor die skeppingsdaad: "Laat ons mense maak ..." (v.26). Van al die skeppingshandele is hierdie die gewigtigste.

+ As dit oor die mens gaan, word die woord, om te skep sterk beklemtoon. In teenstelling met die amper huiwerige gebruik van die woord tydens die voorafgaande dae (slegs v.21), word dit nou as 't ware uitbundig drie maal in 'n enkele vers herhaal en dus beklemtoon (v.27): God het die méns geskep! (v.27). Hier is ons by die kroon van die skepping!
Maar, laat ons goed kennis neem daarvan, hoewel man en vrou die kroon van die skepping, bly hulle niks meer as net skepsele nie.

+ Verreweg meer aandag aan die skepping van die mens word in hoofstukke 1 en 2 gegee as aan enige ander skeppingswerk.

+ Hier is die klimaks van die totale skeppingsgebeure. Die mens word radikaal van al die ander skepsele onderskei — hy word na die beeld van God geskep! Hierdie kwalifikasie is 'n kardinaal belangrik vir die regte verstaan van ons onderwerp. Dit word onmiskenbaar duidelik onder die leser se aandag gebring deur die driedubbele herhaling daarvan (v.26-27).5

# Beswaarlik kan dit sterker beklemtoon word: Die mens is wesensverskillend van al die ander skepsele! Trouens, hy word geskep om oor die aarde te heers. (v.26).
Die mens is die kroon, die piek, die kulminering van God se skeppingswerk.

# Betekenisvol is dit dat hier, reeds voor hoofstuk 2 se meer uitgebreide aandag daaraan, baie uitdruklik gemeld word dat die mens as man en vrou geskep is (v.27).
Maar hulle is verskillend — hulle is nie net mense nie; hulle is man en vrou. Saam moet hulle oor die aarde regeer (v.26), maar elkeen het 'n eie rol. Ja, hulle is baie dieselfde; en tog só anders. Voor God het hulle dieselfde status, maar hulle verskil terselfdertyd ook wonderlik. Vive la difference!: Lett.: Lank lewe die verskil!
Let daarop, dis 'n skeppingsverordening, nie net 'n tydsgebonde en kulturele saak nie (Gal 3:28).

Die sewende dag (Gen 2:1-3)

# Daar is 'n wesensverskil tussen die eerste ses dae en die sewende dag. Die twee periodes word onmiskenbaar onderskei.

+ Die skeppingswerk van dae 1-6 word baie uitdruklik en formeel in 2:1 afgesluit voordat oorgegaan word tot mededelings oor die sewende dag: "So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag."

+ Die fokus skuif nou weg van die geskapene na die Skepper self. Waarskynlik is te veel van die debat oor hoe Gen 1-2 verstaan moet word skeppingsgesentreerd, in plaas van Godgesentreerd. Ten diepste en in die finale analise gaan alles oor Hom, sy soewereine almag, sy eer!

+ Opvallens is die feit dat daar nou geen mededeling is dat die sewende dag afgesluit is nie. Daar is geen aand nie. Meeste kommentatore vertolk dit as 'n aanduiding dat God se skeppingswerk inderdaad afgehandel is en dat sy rus steeds voortduur.
Natuurlik moet ons nie onaktiwiteit hierin lees nie. God se aktiewe instandhouding van die skepping en sy regering daaroor gaan voort. Maar die verhoog vir die afspeel van die Godverheerlikende drama wat moet volg, is in posisie geplaas. Alles is nou gereed om te begin.

# Uitdruklik word beklemtoon dat hierdie sewende dag deur God geseën en geheilig word (2:3). Nie alleen die skeppingswerk self nie, maar ook die verdere verloop van die geskiedenis (insluitende Gen 3) sal die eer en verheerliking van die Drie-enige Skepper dien!

Die betekenis van "dag" (Heb: yômˆ)

# Daar is reeds vroeër beklemtoon (en hopelik oortuigend uitgewys) dat Gen 1 'n onmiskenbare poëtiese karakter het (sonder dat die historiese uitgesluit is). Ons sou dit Die Skeppingslied kom noem. En 'n tipiese karaktertrek van poësie is dat gewone alledaagse begrippe simbolies gebruik word om 'n 'n dieper betekenis te dra.
Dit behoort ons te waarsku dat die duur van die skeppingsdae glad nie voorop is in Gen 1 nie. Of die skeppingsdae 24-uur lank was, of nie — hoe lank die "dae" dus geduur het — is glad nie wat God se Woord hier wil beklemtoon nie. Eintlik is dit nie ter sake vir die hele argument nie. Dit sou goedskiks lang tydperke kon wees — selfs baie, baie lang bedelings. Mens mag jou opinie hieroor hê, maar op Gen 1 kan jy dit nie begrond nie.
Wat myself betref, handel dit die dag-kwessie af.

# Maar dalk is daar lesers wat steeds nie oortuig is van die poëtiese aard van Gen 1 nie en gevolglik daarop aandring dat ons in terme van gewone en letterlike 24-uur dae moet dink.
Baie mense redeneer só: "Die Bybel praat van ses dae, en vir my is dit genoeg! So, en net so vat ek dit! God het alles binne 'n week afgehandel! Dit staan geskrywe en daarvan kan niemand verskil nie. 'n Dag is tog 'n dag. Hoe kan mens daaroor stry?"
Maar so eenvoudig is dit nie!
Kom ons praat dus kortliks oor die begrip "dag" in die Ou Testament (ek doen dit amper teensinnig, na aanleidig van die vorige paragraaf).

+ In enige taal word letterlike uitdrukkings aanmekaar gebruik as beeldspraak. En almal verstaan dit. Ek sou kon sê: Op sy dag was hy 'n haan onder die henne! Let op, in hierdie sin gebruik ek gewone woorde met letterlike betekenisse. Maar niemand dink ek praat van 'n regte haan en hoenders nie.
Net so kan "aand" en "môre" dui op die aanvang en einde van 'n korter of langer periode: Oom Klaas het nou die aand van sy lewe bereik; hy durf nie langer sy kar self bestuur nie. Dis beeldspraak wat almal verstaan. Trouens, 'n kind kan begryp dat dit nie letterlik bedoel word nie.
Die Bybel — en waarskynlik alle tale — is van hoek tot kant vol sulke beeldspraak. Woorde met 'n letterlike betekenis word gebruik om allerlei idees te kommunikeer.
Dit geld ook vir die begrip yom in die Ou Testament, waar dit dosyne kere voorkom en talle inhoude het. Reeds in ons twee hoofstukke kan ons drie verskillende betekenisse onderskei.

= Een rotasie van die aarde om sy eie as — dus 24 uur. Ons praat van die refrein, "dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die soveelste dag," Sekerlik word hier gepraat van 'n dag van 24uur (Gen 1:5b; 8; 13; 19; 23).
Genesis 2:2, 2; 2:3 kan dalk ook hier ingesluit word. Maar tog is dit betekenisvol dat die tipiese refreine ("dit was aand en dit was môre") wat gebruik word om dae 1-6 af te grens, heeltemal verswyg word in die geval van dag 7. Dit word gevolglik baie algemeen aanvaar (ook in regsinnige kringe) dat hierdie rusdag van God steeds voortduur — dat Hy dus nie voortgaan met skeppingswerk in dieselfde sin as dit waarvan die vorige verse praat nie. Indien korrek, beteken dit dat God al vir baie, baie lank "rus". In so 'n geval hoort hierdie verse eerder by die derde kategorie hieronder.

= Die tyd van daglig teenoor die tyd van donkerte: "God het die lig toe dag genoem, en die donker het Hy nag genoem". Kom ons praat van 12 uur, hoewel dit by die pole amper 6 maande kan wees (Gen 1:5; 14; 16; 18).

= Enige tydperk waar horlosietyd nie ter sprake is nie — gewoonlik langer as 24 uur (benewens Gen 2:2, 2; 2:3, ook Gen 2:4; 2:17). Dis gewoon 'n tydperk, ongeag hoe lank. Tydsverloop is gladnie ter sprake nie.

+ Hoe lank was die skeppingsdae dus?
Al wat ons tot nou toe uitgewys het, is dat die skeppingsdae nie noodwéndig net 24 uur geduur het nie; suiwer volgens die betekenis van die woord kan mens nie uitsluitsel kry nie. Want die woord kan ook van langer tydperke of selfs bedelings praat.
Die vraag bly dus: hoe lank was dit inderdaad? Kan ons weet? Of moet ons onseker bly? Op grond van die eerste vyf dae se beskrywing lyk dit nie vir my mens kan met sekerheid uitsluitsel gee nie. Maar 'n behoorlike oorweging van die sesde dag (Gen 1:24-31; 2:7-25), gee na my mening vir ons klarigheid.

+ Op die sesde skeppingsdag het ontsaglik baie gebeur. Wat beskryf word het duidelik meer as 'n dag beloop. Daarmee sê ek nie, let op, dat Gód nie alles in een dag kón gedoen het nie. Natuurlik kon Hy! Maar alles wat uit die skeppingswerk voortgevloei het — op 'n gewoon menslike vlak soos ons dit goed ken — het sonder twyfel baie tyd vereis. Ons praat nie net van 'n paar dae nie; ons praat van jare, bes moontlik van dekades, selfs dalk baie langer.
Kom ons kyk daarna.

+ God skep "uit die grond" (NAV) drie soorte diere — mak diere, kruipende diere en wilde diere — al die verskillende soorte (Gen 1:24-25; 2:19-20; NAV).
God het ál die wildediere en al die voëls na Adam toe gebring (2:19-20). Die indruk word geskep dat ons nie net aan 'n paar soorte moet dink nie, maar bes moontlik aan 'n groot getal spesies.
Dit lyk verder asof Adam die diere en voëls volgens hulle aard moes benaam. En dit sou sekerlik impliseer dat hy hulle eers sou moes dophou en leer ken. Die NAV vertaal: hy moes vasstel hoe hy elkeen sou noem (Heb. "om te sien" hoe hy hulle sou noem. Vgl. ESV, NASV, NIV: "to see"). Hy moes hulle dus bestudeer en volgens hulle karaktertrekke benaam. Dit moes baie tyd geneem het, bes moontlik jare en selfs langer.
Dit lyk verder of Adam terwyl hy met hierdie taak besig was 'n verlange gehad het na 'n vrou (soos wat hy in die dierewêreld gesien het). Maar onder diere kon hy nie een vind nie (Gen 2:20).

+ Eers het God Adam geskep; nog nie vir Eva nie (2:7). Ons kan dit nie met sekerheid sê nie, maar dit lyk of Adam dan 'n tuin plant wat hy moes bewerk en bewaak (2:15). Let daarop dat verse 15-16 van Adam in die enkelvoud praat (vgl. ESV). Dit lyk verder of die bome groot geword het en begin vrugte dra het, wat Adam kon geniet (2:8-9; 16-17).

+ Eers dán, na die naamgee van die diere, word die vrou geskep. Dan eers skep God vir Eva (1:26-29; 2:7; 2:15-18; 2:21-25). In hoofstuk 1 word die skepping van Adam en Eva in dieselfde asem genoem (1:26-29). Maar lees mens Gen 2 sien jy hulle skepping was twee verskillende gebeurtenisse.

+ In v.23 is daar 'n mededeling wat mens maklik miskyk. As God, as Hy in reaksie op Adam se eensaamheid en behoefte aan 'n maat, in v.22 vir Eva na die mens toe bring, roep Adam uit, "eindelik"! Die Hebreeus sê letterlik, "nou uiteindelik!". Die ESV vertaal, "This at last is bone of my bones ...". Onmiskenbaar impliseer dit 'n lang wag op híérdie vrou!

+ Sou dit alles binne 24 uur gebeur het? Nee, ek kan die indruk nie ontkom — as sommige lesers dan daarop aandring om oor die duur van die skeppingsdae te praat — dat ten minste die sesde dag nie net 'n dag geduur het nie, maar baie langer. Ons mag dalk van dekades praat, of nog langer, selfs dalk baie, baie langer. Daar was baie tyd voor, want Adam het horingoud geword — 930 jr (Gen 5:5).
En as dit dan van die sesde dag geld, waarom nie ook van die voorafgaande dae nie?

# Ek sluit af met 'n aanhaling van die Bybelgelowige Charles Hodge. Sy nugterheid en gesonde verstand blyk duidelik as hy skryf: "It is of course admitted that, taking [the Genesis creation] account by itself, it would be most natural to understand the word ["day"] in its ordinary sense; but if that sense brings the Mosaic account into conflict with facts, and another sense avoids such conflict, then it is obligatory on us to adopt that other .... The Church has been forced more than once to alter her interpretation of the Bible to accommodate the discoveries of science. But this has been done without doing any violence to the Scriptures or in any degree impairing their authority."6
Let op, wat Hodge hier sê, is dat ons nie maar sommer in 'n geval soos hierdie wetenskaplike bevindings moet geringskat en afskryf nie. Sy implikasie is duidelik: laat ons maar nederig wees en onsself afvra of ons die Skrif nie dalk nog altyd verkeerd verstaan het nie. Hy gaan voort om sy geloof in die Bybel se inspirasie en gesag te bevestig. Maar dis één saak. Of ek die geïnspireerde en daarom gesagvolle Woord van God reg verstaan is egter 'n ander vraag. En dis 'n baie gesonde en volwasse vraag om maar gedurig te vra. Les bes impliseer Hodge dat ons die getuienis van die algemene openbaring, en dus van verantwoordelike wetenskap, ernstig moet opneem.
En gewis was hy reg!
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Do Apr 02, 2020 11:26 am

Ek stuur vir julle die eerste deel van drie oor 'n fassinerende Bybelse tema. Vir my het die studie besonder baie beteken - veral omdat so fundamenteel is. Die studie was/is deel van my studie oor Gen 1-2.

Alle seen toegebid in hierdie betekenisvolle dae.

Nico van der Walt
nico@dievanderwalts.co.za


*********************************


E401

Genesis 1:26-27

" GOD SE BEELD IN DIE MENS. " [1]
Imago Dei

Nico van der Walt



"So God created man in his own image,
in the image of God He created him;
male and female He created them"
Genesis 1:27 (ESV)


Enkele inleidende opmerkings

#1 Ons wil nou kyk na een van die belangrikste en mees fundamentele temas in die Woord van die Here. Mens sal dalk 'n saak daarvoor kan uitmaak dat dit in 'n sin die hartstema van God se Woord is.
God het nog nooit afgesien van sy oorspronklike skeppingsdoel nie. Daar was 'n uiters belangrike rede waarom Hy as die soewereine Skepper en Eienaar van die ganse kosmos die sondeval toegelaat het, maar dis nie nou ons tema nie. Nou wil ons fokus spesifiek op die beeld van God en die herstel daarvan nadat dit ernsig gebreek het te wyte aan die sondeval.
Verwaarlosing van hierdie saak — 'n Bybelse summum bonum — het dwarsdeur die geskiedenis tot ernstige prioriteitskeeftrekkings in teologie, kerk en sending gelei. En dis steeds dwarsoor die wêreldwye kerkspektrum aan die orde van die dag. Dit gee helaas aanleiding tot baie veragting vir die evangelie en die institusionele kerk — en natuurlik bring dit mee dat miljoene die rug draai op die evangelie van Christus en die Christus van die Evangelie.
Waarvan praat ek?

# Sonder enige twyfel is die skepping van die mens die hoogtepunt van die sesdae skepping in Gen 1:3-2:1. Verreweg die meeste aandag word daaraan gegee in Gen 1 en veral in Gen 2.
En aan die hart van die mens se skepping is die feit dat hy na die beeld van God geskep is. Niks belangriker word van die mens gesê nie. In Gen 1:26-27 lei die Heilige Gees Moses om dit 3 maal direk na mekaar te herhaal!
Dit wil vir ons sê dat ons baie, baie goed daarvan moet kennis neem.
# As ons besin oor presies wat die mens is, is die feit dat hy na God se beeld en gelykenis geskape is sekerlik aan die hart van die antwoord. Dít is wat hom totaal onderskei van en uitlig bo die res van die skepping. Dit maak die mens uniek, uniek, uniek in God se skepping.
Dit sit in die spesifieke woorde wat gebruik word, die beeld en gelykenis van God. Waarom hierdie spesifieke woorde. Waarom word nie ander begrippe gebruik nie? Dis omdat daar iets waar is van die mens, wat ook waar is van God. Ek is 'n afskynsel van God! Nog meer, hoewel ek dit met huiwering en daarom baie gekwalifiseerd sê: in die mens sit 'n vonk van goddelikheid!

+ Presies hier, meen ek, het ons die verskil tussen Adam en Eva en hulle nageslag, enersyds, en die oermense wat volgens die paleontologie so lank terug soos 2,8 miljoen jaar gelede reeds geleef het, andersyds. Adam en Eva is na die beeld van God geskep. Van laasgenoemdes glo ek nie was dit waar nie. Ja, ja, hulle het in sekere opsigte toenemend tipies soos mense geraak, maar niks daarvan dui op die beeld van God soos ons dit algaande sal verstaan nie.
Daar mag nou lesers wees wat glo dat daar nie soiets soos oermense was nie. Ek meen egter dat daar in Genesis wel sprake is van sulke wesens. Daar word bloedweinig oor hulle gesê. Mens kan dus nie seker wees van my versigtige stelling hierbo nie. Maar lees mens Genesis kry jy wel die indruk dat hulle bes moontlik nie van Adam en Eva se nageslag was nie.
Neem byvoorbeeld Gen 6:1-4 wat praat van die "Nephilim" (ESV), oftewel "reuse" - die "geweldiges uit die ou tyd" - wat in daardie dae op die aarde was. Let op, dis Kain, die éérste seun van Adam en Eva, wat teen hulle gewaarsku word. 1 Wie was hulle, waar het hulle vandaan gekom?

# Maar terug na Adam en sy nageslag wat na God se beeld geskape is. Mens dink onwillekeurig aan Ps 8:6: "U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon" (OAV). So stel die DAV dit: "U het hom net minder as 'n god gemaak; U het hom met majesteit en glansrykheid gekroon."

'n Nadere kyk na Gen 1:26-27

# Die English Standard Version lig die gereelde poëtiese elemente in die Bybel uit — spesifiek hier in Gen 1-2 — deur dit in versvorm te druk. Dit geld ook Gen 1:27.

"So God created man in his own image
a b
in the image of God he created him
b' a'
male and female he created them."
b" a"

# Sowel man as vrou is na God se beeld geskep (Gen 1:27; Gen 5:1-2).
# Genesis 1:26 gebruik 2 woorde om oor hierdie saak te praat: "beeld" en "gelykenis" (ESV: "image"; "likeness").

+ Die woord "beeld" (Hb. tselem) dra die idee van verteenwoordiging.
In die antieke wêreld was dit tipies dat 'n koning of vors 'n beeld of afgod van homself iewers geplaas het om sy soewereiniteit in daardie gebied te simboliseer. Hierdie woord wil dus sê dat God die mens op die aarde geplaas het om Hom te verteenwoordig.
En aangesien die woord kóningskap impliseer, wil hierdie tipering van die mens sê dat God die mens in die skepping geplaas het om namens Hom te regeer.

+ Die woord "gelykenis" (Hb. demuth) praat van 'n patroon of 'n vorm — 'n afbeelding van iets oorspronklik. Hier in Genesis wil dit vir ons sê dat die mens volgens die patroon van God geskape is. Mens hoor soms dat mense van 'n seun sê dat hy op 'n haar na sy pa trek — wat persoonlikheid en gedragspatrone betref. Dit word byvoorbeeld in Gen 5:3 van Set gesê dat hy 'n "gelykenis" en "ewebeeld" van sy pa, Adam was.
So was die ongevalle mens 'n gelykenis van God.

+ Calvyn is waarskynlik reg as hy geen teologiese verskil tussen beeld en gelykenis sien nie. Hulle word as sinonieme ter wille van beklemtoning gebruik.1

Wat presies is die beeld van God in die mens?

# Hierdie is geen maklike vraag om te antwoord nie. Baie is deur die eeue al daaroor gespekuleer en geskryf. En uiteenlopende opinies daaroor is aan die orde van die dag.
Wat onderskei die mens van die dier? Daar is sóveel ooreenkomste, veral met sekere diere. Maar die beeld van God lê nie in voorkoms nie; ewe min is dit anatomies of fisiologies.
Dit gaan oor iets veel dieper.
# Baie Skrifuitlêers poog om 'n antwoord op die vraag in die onmiddellike konteks te vind. Dis 'n baie gesonde beginsel van Skrifuitleg, maar in hierdie geval help dit ons nie baie nie. Ons sal wel weer terugkeer na Gen 1-3 toe. Maar eers sal ons wyer in die Skrif moet kyk om 'n waterdigte antwoord te kry op die vraag: presies wat is die beeld van God?

Ou Testamentiese openbaring

# Kyk ons na die res van die Ou Testament kry ons nog nie die antwoord waarna ons soek nie. Mens kan dit beswaarlik glo, maar die ganse Ou Testament verwys net nog twee keer in soveel woorde uitdruklik na God se beeld (Gen 5:1-3; 9:6).
Net een nuwe, maar belangrike waarheid kom hier na vore.

+ Die beeld van God het na die sondeval steeds essensiëel behoue gebly in alle mense. Die sondeval het dit wel ernstig beskadig, maar dis nie heeltemal uitgewis nie. Dis soos 'n spieël wat geval het en van hoek tot kant gekraak is, maar mens kan jou beeld nog steeds daarin uitmaak, weliswaar nie naastenby akkuraat en in besonderhede nie. (Gen 5:3; 9:6; vgl. ook Jak 3:9).
# Duidelik is die beeld nie in alle mense ewe veel gekraak nie.
Onder gevalle mense is daar talle wat besonder goed en moreel is. En baie dikwels is dit te danke aan die feit dat die mens ongeneeslik godsdienstig en as 'n reël baie moreel is — helaas sonder dat hulle met Christus verenig en gered is. Net in ons land is daar miljoene van hulle; trouens, kerkbanke kreun Sondag na Sondag onder diesulkes. Cornelius in Handelinge is 'n uitnemende voorbeeld (Hand 10:2; 11:14).
Dan is daar díé aan die ander kant, hulle in wie amper niks van die beeld tot uitdrukking kom nie. Is die Bybel en die koerante nie van hoek tot kant vol oor diesulkes nie?

# Laat die feit dat ons uitdrukking, benewens die 3 keer in die verse waarna ons tans kyk, slegs nog 2 keer in die Ou Testament voorkom – en hier baie vroeg in Genesis (Gen 5:1; 9:6) — ons waarsku om nie bloot die belangrikheid van 'n Bybelse begrip te meet aan hoe dikwels die Skrif daaroor praat nie.

# Vir eers net nog een opmerking voordat ons later terugkeer na Genesis. Die feit dat die uitdrukking, die beeld van God, so skraps voorkom in die Ou Testament, moet ons nie verlei om te dink dat die die res van die Ou Testament die feit verwaarloos of selfs ignoreer nie. Die teendeel is waar! Die Ou Testament is boordevol daarvan! Maar eers moet ons ons speurtog voortsit.

Die Nuwe Testamentiese openbaring

# As ons nie ons antwoord in die Ou Testament kry nie, is daar wel 'n hele paar Nuwe Testamentiese uitsprake wat ons help. Trouens, dáár vind ons die antwoord glashelder duidelik.

# Die beeld van God word gesien in die herskepping van die gevalle mens na die beeld van God. Dit gebeur natuurlik in Christus en slegs so. Dis iets wat elke wedergeborene proefondervindelik ken, want in sulke begenadigde mense is die Here God besig om die geruïneerde beeld van God te herstel.

+ 2Kor 3:18 (DAV): "En ons almal, terwyl ons met ontsluierde gesig die heerlikheid van die Here aanskou soos in 'n spieël, word na dieselfde beeld verander, van heerlikheid tot heerlikheid, soos afkomstig van die Here, die Gees."

+ Ef 4:24 (DAV): "Ja, trek die nuwe mens aan wat in geregtigheid en ware heiligheid na God se beeld geskep is."

+ Kol 3:9-10 (DAV): "Moenie vir mekaar lieg nie, aangesien julle die ou mens en sy gewoontes uitgetrek het en die nuwe mens wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word, aangetrek het."

# Wat sien ons in bogenoemde verse? Die beeld van God kom op 3 intiem verweefde maniere tot uitdrukking.

+ Eerstens dui dit op kennis (Kol 3:10; Gr. epignosin).
Vir seker lê dit nie in kennis sonder meer nie. Daaraan het die gevalle en ongelowige wêreld geen gebrek nie.
Neem ons die Skrifopenbaring in sy geheel in ag, kan jy tot geen ander gevolgtrekking kom nie as dat dit van Godskennis praat. Meer as enigiets anders is dit waarvoor die apostel Paulus hom in die gemeentes beywer het (vgl. Kol 2:1-3).
Die sentraliteit hiervan word ook onderstreep in Joh 17:3 waarna ons reeds verwys het.

+ Tweedens praat dit van ware geregtigheid (Gr. dikaiosunē).
Hierdie woord kom baie algemeen in die Nuwe Testament voor (92x). Dit verwys na een van God se attribute. Maar hier dui dit kennelik op 'n lewenswyse wat God behaag en verheerlik — spesiek naasteliefde en -diens.
Die Here Jesus gebruik die woord in laasgenoemde sin baie dikwels: dit wat volgens God se wil is (Matt 5: 5, 6, 10, 20; Joh 16:8, 10); dit wat Hy voorgeskryf het en dus deur die mens gehoorsaam moet word (Mat 3:15; 21:32; die somtotaal van van God se opdragte (Mat 6:33); godsdienstige pligte (Mat 6:1 ens.).
Ook die apostels gebruik die woord so.
Hier in Ef 4:24 word geregtigheid in 'n etiese sin gebruik. 'n Baie gerespekteerde Amerikaanse teoloog stel dit só: "moral rectitude toward one's neighbour." 1

+ Derdens praat dit van heiligheid (Gr. hosiotēs).
Hierdie spesifieke woord kom slegs tweemaal in die Nuwe Testament voor. Dit is dus nie die gewone woord wat gebruik word vir heiligheid nie.
Die ander voorkoms daarvan is in Lukas 1:75, waar dit vir ons 'n aanduiding gee hoe ons dit moet verstaan. Dit praat van heiligheid "voor die Here".
Die DAV vertolk dit as hóé 'n mens moet leef. Die NAV vertaal dit met "vroomheid".

# Die bekendste belydenisskrifte verwoord dit presies soos ons dit hierbo verstaan.

+ So stel die Heidelbergse Kategismus dit: Vraag 6: Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep? Antwoord: Nee, God het die mens goed (a) en na sy ewebeeld geskep (b). Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys (c).
[(a) Gen 1:31. (b) Gen I:26, 27. (c) Ef 4:24; Kol 3 2; Kor 3:18.]

+ Die 1689 Baptistebelydenis (4.2) en die Westminster Confession (4.2) verwoord dit soortgelyk.

[Word vervolg]



Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die Belydenis van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die ewenaar.
Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie: Postnet Suite No.148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika.
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za ; Tel. 082 848 9396.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5105
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Wo Apr 15, 2020 12:14 pm

Ek skuld julle nog 'n tweede deel van die studie oor God se beeld. Dit kom mettertyd. Maar intussen stuur ek Antipas Herout 63. Dis die eerste van seker 3 of 4 Heroute. In hierdie dae van allerlei onsin en kettery wat versprei word as Bybelwaarheid, vertrou ek hierdie studie - in pas met die historiese en regsinnige geloof van eeue - sal iets vir julle beteken. Let op, ek maak nie so 'n verhewe aanspraak, omdat dit Nico van der Walt se eiertjie is wat ook hy nou le^ nie - dis die geloof van die ware kerk deur die eeue. Ek se^ dus niks nuut nie.

Mag die Here julle seen in hierdie grendeltyd - soos vir my en Soniah.

jbiC

Nico
nico@dievanderwalts.co.za


*****


ANTIPAS HEROUT

Antipas, My getroue getuie (Op 2:13)


Matteus 24-25

DIE HERE JESUS SE PROFETIESE REDE

Deel 1
Matteus 24:1-44 : Oorsig


Nico van der Walt

*****

Die Here Jesus lewer die profetiese rede1 op Woensdag, 12 Nisan, twee of drie dae nadat Hy Jerusalem triomfantelik op 'n donkie binnegery het, en twee dae voordat Hy gekruisig sou word. Ons vind hierdie stuk lering in die drie sinoptiese evangelies in Matt 24:1-25:46; Mark 13:1-37 en Luk 21:5-36.
Ons sal primêr na Matteus se weergawe kyk en bloot na Markus en Lukas verwys as dit meer lig werp op Matteus.

Talle mense vind hierdie belangrike stuk lering baie moeilik om te begryp

# Met min Skrifgedeeltes sukkel gelowiges meer as met hierdie stuk lering van die Here Jesus in Matt 24.
Talle kan glad nie v.15-35 en v.36-44 met mekaar gerym kry nie. Dis omdat aanvaar word dat eersgenoemde verse, ten minste gedeeltelik, die tyd direk voor die wederkoms van Christus beskryf. Maar dan kom die probleem: hoe op aarde kan die dramatiese gebeure van eersgenoemde gerym word met die laaste klompie verse — verse van vrede en welsyn wat baie duidelik die einde van die wêreld beskryf?

# Die sleutel wat die raaisel oopsluit, is vers 34: "Amen, Ek sê vir julle: Hierdie geslag sal beslis nie tot 'n einde kom voordat al hierdie dinge gebeur het nie." (DAV).

+ Die Here sê uitdruklik dat "ál hierdie dinge" (OAV) — verwysende na die voorafgaande verse — nog in die leeftyd van "híérdie geslag" sal plaasvind. Hy praat dus van iets wat binnekort sal gebeur, gebeure wat sy tydgenote nog sal beleef.
Ek meen dis so duidelik soos daglig. "Destyds?", sê jy. Ja, destyds, in die eerste eeu.1
Het Jesus dit mis gehad? Baie kritiese teoloë sê dit sonder huiwering. Hulle voer byvoorbeeld aan dat Hy gedink het Hy is die Joodse Messias wat binnekort alle heerskappy sou oorneem. Toe die volk Hom egter verwerp, sê die mense, het Hy in Sy ontnugtering die kruis as uitkoms omhels.
Nuurlik probeer talle meer regsinnige Skrifuitlêers die dilemma Bybels oplos, maar om een of ander rede sonder om die nodige erns te maak met v.34. As 'n reël word dan aangevoer dat 'n ander uitleg as die letterlike vir Matt 24:34-35 die antwoord bied. Gewoonlik word die verse voor v.34 dan na willekeur in een van twee kassies gegooi: dié wat slaan op die val van Jerusalem, en dié wat die wederkoms sal voorafgaan. En uiteraard het elke teoloog sy eie opinie oor die verdeling. Asof die Here onseker en onsamehangend gepraat het!
Kom ons pak die uitdaging aan! Kom ons kyk net na hierdie profesie en probeer agter die kap van die byl kom.

+ In ons ondersoek in volgende Heroute sal ons vind dat die Bybel self keer op keer die antwoorde bied. Die ou en beproefde hermeneutiese reël, om Skrif met Skrif te vergelyk, sal soos klokslag tot ons redding kom.
Hiermee samehangend is nog 'n reël belangrik: as 'n bepaalde tema op verskillende plekke in die Skrif bestudeer word — veral as dit 'n moeilik verstaanbare saak is — is dit kardinaal belangrik om eers te begin met die duideliker gedeeltes en eers daarna die moeiliker gedeeltes in die lig daarvan te lees. En nooit is dit belangriker as in die geval van die profesieë oor die toekoms nie.
Net 'n laaste en voor die hand liggende opmerking. Moenie 'n gedeelte soos hierdie deur die bril van een of ander bevooroordeelde dogmatiese model lees nie. Moenie 'n Skrifgedeelte laat buikspreek nie. Laat God se Woord self die praatwerk doen.

# Uiteindelik sal bogenoemde benadering 'n heeltemal bevredigende en betroubare oplossing vir ons bied. Maar eers moet sekere waarhede in hierdie verse goed verstaan word.

Die dissipels se vraag (Matt 24:3)

# Dis hulle vraag in v.3: "Wanneer sal hierdie dinge plaasvind en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?"
Hulle vra dit na aanleiding van die Here Jesus se finale en verdoemende oordeelsuitspraak oor die Joodse bestel in v.2.

# As die Here Jesus die tempel verlaat (v.1), is dit die laaste keer. So pas het Hy in Matt 23 'n finale oordeel daaroor en oor Jerusalem uitgespreek. Sewe keer hehaal Hy dat ellende op die Jode en hulle leiers wag (Matt 23:13, 15, 16, 23, 25, 27,29). Sy verdere oordeelsuitsprake is skrikwekkend (v.15, 23, 27, 33). Die stad gaan 'n puinhoop word!

Laat ons hierdie oordele in gedagte hou wanneer ons nader na Matt 24 kyk, spesifiek v.15vv.

# Maar tog is daar 'n onmiskenbare genade-ondertoon en -belofte in Matt 23:37-39: "Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en dié stenig wat na jou gestuur is! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie. Kyk, julle huis word vir julle verwoes agtergelaat. Want Ek sê vir julle, van nou af sal julle My beslis nie weer sien nie, totdat julle sal sê, 'Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here.'"

# Dis begryplik dat die dissipels hewig ontsteld is oor die Here se oordeelsuitspraak. Hulle is immers ook Jode. Na aanleiding daarvan is dit asof hulle vir Jesus wil sê, "U is seker nie ernstig nie!" Hulle vestig dan Sy aandag op die indrukwekkende tempelgeboue. Sekerlik sal Ú tempel darem bly staan!
Sy antwoord is skokkend en baie uitdruklik: "Dit verseker Ek julle: Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word" (24:2).

# As hulle by die Olyfberg aankom, vra die dissipels gevolglik vir Jesus 'n vraag - 'n tweeledige vraag.

+ Eerstens wil hulle weet wanneer die tempel vernietig gaan word. En tweedens wil hulle weet watter tekens gepaard sal gaan met Sy wederkoms en die einde van die wêreld.
Veral Lukas se weergawe van die vraag maak dit duidelik dat die dissipels gedink het die twee sake hang ten nouste saam: "Meester, wanneer sal hierdie dinge dan gebeur en wat is die teken wat sal aandui wanneer dit gaan gebeur?" (Luk 21:7, DAV).

Die dissipels se verwarring

# Ons weet vandag dat die vernietiging van die tempel en die wederkoms twee verskillende gebeurtenisse is – baie eeue uit mekaar. Maar vir die dissipels was dit nie so voor die hand liggend nie.
Die Jode het verwag dat die tempel in die tyd van die Messias die permanente sentrum van aanbidding sou wees vir die hele wêreld. Van aanbidding "in gees en in waarheid" het hulle bloedweinig verstaan. Dis daarom haas onmoontlik om ons in te dink hóé skokkend, amper lasterlik, Jesus se profesie oor die vernietiging van Jerusalem en sy tempel op die Jode se ore moes geval het.
Die Here Jesus se uitsprake in 23:39 en 24:2 het die dissipels aan die wonder. Vandaar hulle vraag in v.3.

Twee afsonderlike antwoorde

# Die Here antwoord die dissipels se dubbelloop-vraag in twee gedeeltes.
Eers gee Hy aandag aan die vernietiging van Jerusalem (24:4-35).
Dan praat Hy oor Sy wederkoms (24:36-25:46).

+ Nie almal aanvaar vandag dat Jesus Sy antwoord se twee dele so uitmekaar hou nie — dat Hy eers aandag gee aan die een vraag, en daarna aan die ander.

Kyk mens na 24:15vv verstaan jy waarom soveel Christene deur die eeue oortuig was dat dit reeds hier oor die wederkoms gaan, en nie bloot oor die vernietiging van Jerusalem en sy tempel nie. Kan sulke dramatiese woorde op iets minder as die einde van alles dui?

Vers 34: "hierdie geslag"

# Een van die argumente wat gebruik word om v.34 se verdeling van die hoofstuk in twee te ontkom, is om die uitdrukking, "hierdie geslag", anders as letterlik te verstaan. Dan word aangevoer dat Jesus eintlik daarmee die Joodse "volk" bedoel, en gevolglik sê dat húlle as nasie tot en met die wederkoms sal bestaan. Die feit as sodanig mag waar wees, maar dis nie wat die Here Jesus hier wil sê nie.
Die probleem is dat die woord eenvoudig nie "volk" beteken nie. Matteus gebruik die woord (Gr. genea) 12 keer elders in sy evangelie — vier maal in 1:17; 11:16; 12:39, 41, 42, 45; 16:4; 17:17; 23:36. En deurgaans dui dit op mense wat in dieselfde tyd leef — op tydgenote, 'n bepaalde geslag.

+ Die gevierde teoloog, D.A. Carson, sê in sy Matteuskommentaar: "This generation can only with the greatest difficulty be made to mean anything other than the generation living when Jesus spoke."1

+ Maar, afgesien van die woord se betekenis, is Jesus nog meer spesifiek: Hy praat van "hierdie" geslag m.a.w. die mense wat op daardie oomblik lewe.
Voorts is daar ander uitsprake in Matteus wat presies dieselfde sê as hierdie vers wanneer mens dit op sigwaarde neem (Matt 10:23; 16:28; 23:36).

= Matt 16:28: "Amen, Ek sê vir julle dat sommige van dié wat hier staan, die dood beslis nie sal smaak voordat hulle die Seun van die Mens in sy koningsheerskappy sien kom het nie."

= Matt 23:36: "Amen, Ek sê vir julle: Al hierdie dinge sal op hierdie geslag neerkom." Let ook op die konteks.

# Laat ons ook nie die uitdrukking "al hierdie dinge" miskyk nie (24:33, 34). Twee keer sê Jesus dus dat al die voorafgaande gebeure gesamentlik as teken sal dien.

# Om alles te kroon, sluit die Here die gedeelte af met 'n gewigtige en onwankelbare versekering dat alles gewis nét so sal gebeur (24:34-35).

Die duidelike verskille tussen die twee gedeeltes

# As ons die naat tussen die twee gedeeltes dan as tussen v.35 en v.36 aanvaar, word 'n paar onmiskenbare verskille tussen die twee gedeeltes baie duidelik.

+ Eerstens, teenoor Jesus se beklemtoning dat alles tot en met v.35 in daardie geslag se leeftyd sal plaasvind, stel Hy dadelik in v.36 die wederkoms aan die orde. Die uitdrukking "daardie dag en uur" is wederkomstaal in die Nuwe Testament (Matt 7:22; Joh 5:28-29; 1Tess 5:2; 2Tess 1:10; 2Tim 1:12, 18; 4:8).

+ Tweedens is die eerste gedeelte opvallend spesifiek van aard. Detailbeskrywings van komende tekens word gegee: vals christusse, oorloë, hongersnode, peste, aardbewings, vervolgings, vals profete, geloofsafval, verduistering van die son en maan, en vallende sterre. En dan natuurlik is daar die baie spesifieke gruwel van verwoesting in die heilige plek (Matt 24:15).1
Daarenteen is die tweede gedeelte deurgaans vaag. Niemand weet wanneer dáárdie dag en uur kom nie — geen mens of engel, of selfs die Seun nie. Net die Vader weet dit (Matt 24:36). Daarom waarsku Jesus Sy dissipels — ook ons — oor en oor om steeds waaksaam te wees, aangesien hulle nie vooraf gaan weet wanneer Hy uiteindelik sal kom nie (Matt 24:42, 44, 50; 25:13).

+ Derdens skets die twee gedeeltes tye wat radikaal verskil. Die eerste deel praat van die verskriklikste onheil en lyding; die tweede van 'n rustige samelewing, soos in die tyd van Noag (24:37-39). Mense sal gewoon met alledaagse take voortgaan (24:40-41).

+ Vierdens, teenoor die eerste tyd se gebeure wat op hande is, sal vertragings en lang tye die tweede tydperk kenmerk (24:48; 25:5, 19).

# Les bes, let op die "maar" waarmee v.36 begin wat 'n teenstelling impliseer — tussen destyds en die wederkoms.

'n Oorsigtelike kyk na Matt 24:36-44

# Kom ons kyk nou net eers kortliks na Matt 24:36-44 voordat ons teruggaan om in meer besonderhede na Matt 24:1-35 te kyk.

# Oor die wederkoms sê die Here eintlik baie min (net 9 verse). Hy vertel daarna wel vier gelykenisse waarmee Hy dit op Sy dissipels se harte druk hoe om op die wederkoms te wag en hoe om seker te maak dat hulle gereed sal wees daarvoor. Hierdie gelykenisse dra 'n boodskap wat in die volste sin van die woord lewensbelangrik is. Maar daarna kyk ons mettertyd.

# 'n Beheersende feit m.b.t. die wederkoms is dat niemand vooraf sal weet wanneer dit gaan plaasvind nie! Net die Vader sal dit weet; geen mens, nie die engele; selfs nie die Seun self nie (Mark 13:32). En hierdie feit bepaal alles wat volg.
Daar gaan hoegenaamd nie sulke dramatiese tekens wees soos in die geval van Jerusalem se val nie. Die mense sal besig wees met hulle alledaagse dinge wanneer dit gebeur, net soos voor die sondvloed (Matt 24:38-39). Gelowig en ongelowig, gered en ongered, sal besig wees om rustig saam te werk wanneer die wederkoms op hulle daag (24:40-41). Tyd vir besinning en bekering sal daar nie wees nie. Een sal geneem, en 'n ander sal gelos word.

# Dit lei dan tot 'n lewensbelangrike slotsom. Omdat ons nie weet wanneer die Here terugkom nie, moet ons "waak". Omdat die Seun onverwags gaan kom, moet ons daarmee erns maak om altyd gereed te wees (Matt 24:42, 44).

+ Dit sal gaan soos met 'n inbraak, sê Jesus. Mens weet nie vooraf wanneer die dief gaan kom nie. Daarom vang dit jou soos klokslag onverhoeds (Matt 24:43; vgl ook 24:50; 25:13). Dit is betekenisvol hoe dikwels die Nuwe Testament hierdie selfde beeld gebruik om die onverwagsheid van die wederkoms te beklemtoon (Luk 12:39; 1 Thess 5:2-4; 2 Pet 3:10; Op 3:3; 16:15).

+ Terwyl mense rustig lewe, sal die wederkoms onverwags op hulle daag. Daarom moet gelowiges getrou volhard en elke dag waak.

# Soos hier in Matt, skets óók 1Tess 5:1-11 'n toestand van "vrede en veiligheid" (v.3). Die Here sal onverwags kom! Daarom moet gelowiges "waaksaam en sober" wees (v.6, 8).
Laat ons die betekenis hiervan nie miskyk nie. Wanneer die wederkoms uiteindelik plaasvind, sal daar geen sprake wees van die dramatiese tye wat in Matt 24:15vv beskryf word nie — en waarop baie mense vertrou om hulle betyds te waarsku.

# Hierdie baie duidelike beskrywings van die tyd voor die wederkoms is vir seker baie betekenisvol as ons besin oor hoe dit sal wees voor en wanneer dit plaasvind.

Wat sê dit alles vir ons?

Dis nodig om die profesieë reg te verstaan.

Dikwels is die presiese verdeling en struktuur van Bybelgedeeltes nie belangrik nie. Maar ander kere is dit wel uiters belangrik om dit reg te verstaan. Dit geld by uitstek hier. Want dit gaan oor die wederkoms van die Here en Hy maak dit baie duidelik dat mens gereed daarvoor moet wees. Dis dus belangrik om te weet dat daar geen onmiskenbaar duidelike en eksakte vooraftekens sal wees nie.1 Dit beteken dat ek en jy voortdurend in 'n staat van gereedheid moet leef.
Wag mens op spesifieke tekens, wat nooit gaan gebeur nie, kan dit jou baie duur te staan kom. Dit kan baie maklik daartoe lei dat jy hoegenaamd nie gereed is om die Here te ontmoet wanneer Hy wel kom nie. Dan mag die lot van die vyf dwase meisies jou tref. Jy mag sonder olie gevang word. Óf jy kan vals en oorverhitte verwagtinge hê, terwyl 'n lang trek in werklikheid nog voorlê. Dit lei dikwels tot twyfel, ontnugtering en geloofsverlammende terleurstelling.
Hoe bespotlik word die geloof nie gemaak nie deur mense wat só vas glo dat die Here se wederkoms op hande is (en dan koppel hulle meermale nog dag en datum ook daaraan), dat hulle dit sonder huiwering uitbasuin! En keer op keer loop dit op niks uit nie. Tragies, eintlik skandelik, is dit dat mens amper nooit 'n apologie na die tyd hoor nie.
Waarlik, dit maak die geloof bespotlik in die oë van die wêreld en bring oneer oor die Naam van die Here! En, ewe tragies, meermale word sulke "profete" se eie geloof in die proses vernietig.
Nee, die Here Jesus se wederkoms kom gewis, maar dit sal onverwags wees.

Laat ons met erns bid dat die Here ons help om Sy Woord reg te verstaan.

Ons kan die Woord van God maklik verkeerd verstaan. Dit geld nie net die dinge rondom die wederkoms nie, maar die Woord van God in die algemeen. Hoeveel miljoene mense wat hulleself as ernstige Christene beskou, slaan nie op een of ander punt die bal heeltemal mis nie! Meermale het dit implikasies vir hulle ewige saligheid! Maar selfs al raak dit nie jou redding nie, raak dit feitlik sonder uitsondering die eer van God en Sy Christus, asook die welsyn en aantreklikheid van die kerk en die wêreld se respek vir die evangelie.
Daarom moet ek en jy met al die erns waaroor ons beskik, en met opregte en afhanklike nederigheid weer en weer bid dat die Gees van God ons in die waarheid sal lei. Daarsonder is ons gedoem om op allerlei sielsvernietigende dwaalweë te beland. En, skrikwekkend tragies, dikwels besef mens self dit glad nie.
Nog altyd was dit belangrik om hiermee erns te maak, maar des te meer in hierdie tyd van geloofsafval en leerstellige uitrafeling.

Dit beklemtoon weereens die belangrikheid van die historiese Christelike geloof.

Dit lê voor die hand dat die Gees van die Here alle ware gelowiges deur die eeue in dieselfde waarheid sal lei, in elk geval wat die noodsaaklike dinge betref — die dinge wat onontbeerlik is vir die saligheid. Per slot van rekening het niks verander wat die fundamentele waarhede betref nie: Wie en wat God is — alleen-skepper, onbetwisbaar soewerein, driemaal heilig, almagtig, alomteenwoordig. Wie en wat die mens is. Die feit en aard van sonde. Die noodsaak en manier van redding in Christus. Die lewe wat God behaag en verheerlik. En so meer.
Waarlik, daar sit groot sekuriteit en gemoedsrus in om in pas en in lyn te leef met die geloof van die godvrugtige kerk deur die eeue.
Baie in vandag se kerk het egter die historiese geloof versaak. Dit het mode geword om 'n god vir ons tyd te soek. Dis natuurlik rasegte postmodernisme.
Of daar 'n objektiewe, transendente, selfstandig-sowereine, onveranderlike God buite my is, maak hoegenaamd nie meer saak nie. Maar tog soek baie mense 'n god (dalk die meeste) — maar hul eie een, want dis lekker en cool. Dis soos elke seuntjie wat 'n eie hond móét hê. Natuurlik, as hy tevrede is met bloot 'n hondjie in sy verbeelding, is dit des te beter. So 'n brakkie mors ten minste nie op die sitkamermat nie.
Daar is egter net een probleem met so 'n eie god vir ons tyd — Hy is nie werklik nie! Hy is 'n illusie! As die lewenskrisisse op jou daag — en dit kom vir seker vir elkeen — dan is hy niks werd nie.
Dan praat mens nie eers van die dood en die ewigheid wat vir elkeen van ons wag nie.

Slot

Laat ons nederig bly as dit gaan oor die verstaan van God se toekoms. Maar hierop kan ons peil trek: Hy self sal sorg dat Sy uitverkorenes se oë sal sien en onderskei wanneer dit nodig is (wat nie ons verantwoordelikheid, in die besonder ons gebede en bestudering van Sy Woord ophef nie!). En op daardie dag, dink ek, sal ons meermale verbaas uitroep: "Is dít toe wat daar en daar bedoel is! Hoe kan dit wees dat ons dit nie presies só verstaan het nie. Dit lyk dan nou so voor die hand liggend!"





• Nico van der Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis (soos meeste Gereformeerde Baptiste wêreldwyd), asook die Belydenis van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges en gemeentes in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die ewenaar.
• Gereeld word 'n preek of studiestuk soos hierdie wêreldwyd en gratis in Afrikaans en meermale in Engels per e-pos gestuur aan mense wat dit persoonlik aangevra het.
• Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie: Postnet Suite No. 148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika; E: nico.vanderwalt@reformed.org.za; Tel. 082 848 9396.
• Blogs: www.e-preke.blogspot.com (plus nog 4 blogs - adresse by genoemde adres)
• Nico het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en daarna vir 'n dekade as Siviele Ingenieur gewerk (hoofsaaklik as konstruksieingenieur en universiteitsdosent). Na 'n radikale Christelike bekering en daaropvolgende teologiese studie aan die Potchefstroomse Universiteit, was hy vir ongeveer drie dekades veral stigterspredikant van twee gemeentes in die Vaaldriehoek en Pretoria. Hy was ook vir 'n stuk of twaalf, dertien jaar 'n dosent aan die Lynnwoodrif Bybelskool. Die afgelope paar jaar wy hy meeste van sy tyd aan skryfwerk en prediking waar hy ook al uitgenooi word.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19


Terug naar

Wie is er online?

Gebruikers in dit forum: 1 en 0 gasten