Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Wo Sep 25, 2019 10:58 am

Ek het die beste voornemens gehad om lekker te gaan skryf in Amerika. Mar daar het dadels van gekom nie. Daar was net te veel ander dinge wat mens besig gehou het

Ek stuur dus nie vandag vir julle die gebruiklike Epreek of Herout nie, maar wel iets anders wat ek onlangs geskryf het, asook 'n paar ander dinge - genoeg om julle uit die kwaad te hou!

Eerstens 'n stuk wat ek wens nie nodig was om uit te stuur nie. Vir my was dit pynlik om dit te skryf, en nou is dit ewe pynlik om uit te stuur - en ek doen dit steeds met huiwering. Dis kommentaar oor die leerstellige verval in sekere van ons Afrikaanse kerklike en teologiesekringe. Ek is dankbaar dat ek kon begin met die kommentaar/skrywe van 'n baie gerespekteerde kerkman en teologiese professor - reeds 15 jaar gelede - wat uiteraard met meer gesag kon praat as ek. By hom - reeds oorlede, ek meen nie lank nadat hy die stuk geskryf het nie - sluit ek dan aan (as die MSWord dokument 'n probleem is, laat weet my, dan stuur ek hom in die gebruiklike PDF-formaat). En as julle dink dat ek 'n bietjie oordryf, gaan kyk na 'n internetplasing van Ferdie Mulder wat vanuit eie ervaring praat. Google: Dr. Frederik Mulder; Protest Part 2; Protest Orientation

Tweedens stuur ek die sleutel of skakel na 'n opname van 'n preek wat ek jare gelede gepreek het. Ek doen dit vir 2 redes. Die opname bevat eerstens 'n kostelike getuienis deur 'n Pretoriase kennis van my. Dit word gevolg deur een van my preke - 'n belangrike boodskap (meen ek) oor die Verlore Seun. Gaan na GOOGLE; Tik in: www.nunide.org.za (kliek sommer op hierdie blou, dan behoort jy direk daar uit te kom); gaan na SERMONS/PREKE (dis onder True Truth, 5de van bo af); kies AFRIKAANSE PREKE en soek preek no. AL 0017-00 - DIE OUDSTE SEUN (dis 'n hele entjie ALF). Dis 'n klankopname. Apologie aan die gekonfyte rekenaargebruikers vir die detail-voorskrif, maar ek weet daar is mense op die poslys wat nie heeltemal so flink is met 'n rekenaar nie.

Derdens wil ek 'n Skotse prediker aanbeveel wat al jare in die VSA werk. Daar is baie stof van hom op internet. Julle sal nie spyt wees as julle hom leer ken nie. Hy is 'n betroubare en skitterende prediker. En, wat ek baie van hou, hy is 'n nederige man. Sy naam is Alistair Begg. Leer hom ken - julle sal nie spyt wees nie; trouens, julle sal die Here baie dankbaar wees en bly dat julle hom leer ken het. Google hom onder sy naam, of die van sy bediening: www.truthforlife.org

Ek vertrou dis tot seen.

Nico
Nico Van Der Walt <nico@dievanderwalts.co.za>

*******************************************************************

Kommentaar van 'n Stellenbosse Kweekskoolprofessor – 15 jaar gelede


“Die liberale teologie van die 19de eeu waarteen Karl Barth en sy medestanders hulle met mag en mening verset het, word deesdae in eie geledere skaamteloos verkondig. Of 'n dweperige verlossingsleer met die vroom, godsdienstige mens in die sentrum in staat sal wees om weerstand te bied, val te betwyfel. Tussen die twee bestaan immers geen aardverskil nie; slegs 'n graadverskil. Wat in laasgenoemde (Arminianisme) verborge sluimer, word in die liberalisme wawyd wakker.
Die liberale teologie word gekenmerk deur 'n optimistiese mensbeskouing met 'n gepaardgaande bloedarmoedige genadeleer. Richard Niebuhr het die essensie van hierdie soort teologie goed saamgevat: "A God without wrath brought men without sin into a kingdom without judgement through the ministrations of a Christ without a cross."
JJ Buskes wonder wie die eerste keer van "onse liewe Heer" gepraat het. Sy sukses is verstommend, aangesien hierdie soetsappige "god" nêrens in die Bybel te vinde is nie. Hy verwys na ene kolonel Van Velzen wat die hel van 'n konsentrasiekamp oorleef het. Vra jy hom of hy nog in "onse liewe Heer" glo, kry jy die kortaf antwoord: "Pardon, ek was in Auschwitz." Dit beteken nie dat hy sonder meer geloof laat vaar het nie, maar in die konsentrasiekamp het hy alle geloof in 'n goedige "godjie" kwytgeraak. Buskes vind dit nie vreemd nie. "Onse liewe Heer" is nie net afwesig in die hel nie, maar ook in die hemel. Hy is nêrens nie, behalwe in ons verbeelding waar ons hierdie tuisgemaakte afgodsbeeldjie aanmekaar getimmer het.
Hierdie goedige Krimisvader-figuur wat geen vlieg kan skade aandoen nie, strook met 'n siening van sonde wat niks meer is as 'n bietjie morele gestremdheid nie. Sonde word dan, om 'n beeld van Luther te gebruik, soos die wit van 'n muur wat jy sonder alte veel sweet (en bloed) kan afskraap, en die muur bly dan nog oor. Luther ontken dit. Jy kan nie die sonde van die mens verwyder sodat die mens self nog oorbly nie. Eintlik is dit andersom: die mens moet uit die sonde verwyder word. Dit kan alleen gebeur deur ten gronde te gaan. Wat dan oorbly duskant die dood, is die sonde.
Soms wonder jy of die naïewe liberaliste ook koerante lees. Leef ons in dieselfde wêreld waarin vroue verkrag, kinders verkoop en mans voor kameras keelaf gesny word? Leef hulle ook op hierdie bloedbevlekte aarde?
Die betekenis van die Kruis sal ons nie verstaan voordat ons ontslae geraak het van wat Spurgeon noem "geparfumeerde lieflikhede" nie. Sieklike soetsappigheid strook wel met geloof in "onse liewe Heer", maar dit pas sleg by die Vader van die Gekruisigde. Die Bybel weet niks van 'n "dierbare ou kruis" nie, maar wel van 'n vloekhout. Daarom moet ons waak teen 'n stroperige sentimentaliteit en 'n werklikheidsvreemde stemming in die kerk wat kunsmatig geskep word met gebruikmaking van allerlei vroom foefies. Wat van die kruis afdrup, is nie heuning nie - dis bloed."

Prof. Flip Theron (Stellenbosch) in Die Kerkbode van 27 Augustus 2004 [Ietwat verkort]

-o0o-

Meeste lesers hiervan sal seker weet, of ten minste vermoed, dat Flip Theron 'n professor was aan die Kweekskool van Stellenbosch. Hy was 'n briljante geleerde en sover my kennis strek 'n regsinnige en ware gelowige (ek het nie die voorreg gehad om hom persoonlik te ken nie). Sy kommentaar – reeds 15 jaar gelede – was gewis in die kol. Wat hy vandág sou sê oor wat in Afrikaans-kerklike geledere aan't gang is (hoe sê hulle: no names, no packdrill!), kan 'n mens net wonder. Want as dwaalleer eers 'n vastrapplek in 'n teologiese inrigting en denominasie gekry het, woeker dit soos klokslag voort soos 'n dodelike infeksie - van kwaad tot erger. Ons sien die proses tans voor ons oë afspeel – en helaas hoor baie potpaddas dit Sondag na Sondag. Uiteindelik loop dit uit op totale verrotting en die ewige verdoemenis vir groot skares goedgelowige en naïewe mense. Onwillekeurig dink mens aan die trop van 2000 varke wat demoonbesete bult-af op loop gesit het en in die see verdrink het (Mark 5:13). En die ongeloofspredikers? Mens wonder of dit orals in die hel ewe warm is? Askies dat ek dit sterk uitdruk. Maar die oomblik as mens begin dink aan die implikasies van wat aan die gang is, word mens vervul met 'n heilige toorn en besef jy dat geen taalgebruik te sterk kan wees nie. Dink maar aan Europa, miskien spesifiek aan Nederland, waar dieselfde verval net 'n bietjie vroeër afgespeel het. 'n Eeu gelede en korter terug was dit nog 'n bakermat van Godgesentreerde Bybelse geloof – waar 'n groot deel van die bevolking Sondae onder die geklank van regsinnige Bybelse prediking gesit het. Vandag is minder as 15% Hollanders nog lidmate van Protestantse kerke – en oor hoeveel van hulle wedergebore is en die Koninkryk sal binnegaan, kan mens maar net wonder.
Dis nie vir my maklik om hierdie dinge so op die man af te sê nie. Maar in die lig van God se Woord kan ek nie anders nie. Inderdaad is ek dankbaar vir die talle leraars in daardie kringe – hier in ons land - wat nog getrou aan die Skrif en belydenis vashou en dit kompromieloos verkondig. Ek ken van hulle. Ek sidder net as ek wonder of hulle nie al hoe minder word nie.
Al wat ek vir mense kan sê wat hulleself nog aanmekaar aan sulke ongeloofsprediking blootstel, is: "Klim onverwyld uit! Gaan voeg jou by mede-gelowiges wat die Here in gees en waarheid aanbid. Doen dit egter biddend, onderskeidend en voetjie vir voetjie. Die valse is orals aan die orde van die dag. Maar in ons groot sentra is daar nog talle ware kerke. Eintlik moet ek praat van gemeentes en waarheidspredikers – Godgesentreerd, Christusgefokus en Skrifgefundeerd. Let op, ek praat nie van denominasies nie. Die dae is verby dat mens nog in ‘n verstorwe denominasie moet sit, net omdat jy daarin grootgeword het. Tradisionalisme kan noodlottig wees.
Wat kan ek vir gelowiges sê wat iewers op die platteland sit, en daar eenvoudig geen kerklike alternatief is nie? Ek is seker, as jy om jou kyk, gaan jy mense sien wat óók die Here liefhet en in gees en waarheid wil dien. Dalk het hulle jou net so nodig soos jy hulle. Maak nie saak of hulle in die onderdorp bly en jy in die bodorp nie - of omgekeerd. Maar jy gaan hulle bes moontlik eerder in die minder gegoede deel kry. Ek dink dis wat die Bybel suggereer – indien nie uitdruklik sê nie.
En onthou, nêrens leer die Bybel dat 'n groepie dissipels 'n predikant nodig het voordat hulle waarlik kerk kan wees nie. In sekere situasies het ek al gewonder of 'n groep gelowiges nie vinniger en beter sou gegroei het nie as hulle dalk sonder 'n dominee was. Ek ken sulke gevalle. En kyk maar na die vroeë gemeentes in Handelinge. Meeste van hulle het maar selde ‘n apostel gesien. En as ek van groei praat, dink ek nie aan getalle nie. Ek praat van die kennis van God en Sy weë – en van groei in gelykvormigheid aan die beeld van Christus.
In elk geval kan ek julle verseker dat daar nog orals ware pastors en leraars is wat bereid is om ver te ry of te vlieg - selfs al moet hulle net 'n handjievol broers en susters in die allerheiligste geloof gaan opbou. As dit nie voorbarig was nie, sou ek selfs myself kon aanbied.
Wat sê ek vir regsinnige predikante wat steeds werk in die kringe waarvan ons praat. Ek sal julle nie kwalik neem as julle vasbyt nie. Maak net seker jy is nie 'n potpadda nie. En verkondig die Godgesentreerde, Christusgefokusde, Bybelse evangelie kompromieloos. Onthou, elkeen van ons moet binnekort aan die Koning van alle konings verantwoording doen oor hoe ons ons roepinge uitgeleef het.

-o0o-
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Wo Okt 09, 2019 3:20 pm

Vir 'n slag weer 'n epreek. Vertrou dit beteken iets vir jou.

Hartlike groete,

jbiC

Nico van der Walt
Nico Van Der Walt <nico@dievanderwalts.co.za>
www.facebook.com/nico.vanderwalt.73


**************************************************************************


Gen 1:28-29 & 2:5, 15 : Die Arbeidsverordening
No. E307



Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees
vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk
dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die
lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere
wat op die aarde kruip" (Gn 1:28, OAV).
Die Here God het die mens in die tuin laat woon om
dit te bewerk en op te pas (Gn 2:15, NAV).
Die arbeidsverordening was geen
vonnis nie; dit was 'n heerlike roeping!
• Die arbeidsinstelling is reeds vóór die
sondeval verordineer. Die mens is in die tuin
geplaas om te werk. Hy moes heers oor die
vis, die voëls en die diere. Hy moes die tuin
bewerk en oppas (Gen 1:28-29; 2:5; 15). Die
Hebreeus wil sê dat hy die tuin moes versorg,
daarna omsien, dit in stand hou. Die NIV se "to
take care of" (Gen 2:15) is in die kol
Dit het tóé nog nie gegaan oor
bewaking (2:15, OAV) teen bedreigings en
verval nie. Ons praat van die volmaakte aarde
vóór die sondeval.
• Die arbeidsopdrag het volledig by die
mens se verhewe status en waardigheid
gepas. Dit was nie 'n straf of 'n las nie;
inteendeel, dit was deel van God se seën oor
die mens. Arbeidadel! Arbeidsgenot!
• Hierdie feit moet ons as gelowiges
waarsku teen die wêreld se negatiewe
instelling teenoor arbeid. Werk is nie gegee as
deel van die vloek nie. Dit was en bly 'n
skeppingsverordening - en ons het alle rede
om te glo dat dit tot in ewigheid so sal wees.
Dis deel van die mens se basiese samestelling
om te wil en te kan werk. Daarsonder boet hy
lewenskwaliteit in, raak hy die sin van sy
bestaan byster, verloor hy sy menswaardigheid
en verbeur hy wonderlike seën.
Laat 'n Christen daarom nie aftrede en
pensioen sien as 'n lekkerland van ledigheid
nie. Sekerlik sit daar nie sonder meer
sondigheid in die slaan en sink van 'n klein
balletjie op 'n setperk nie (trouens, dit lyk nogal
vir my lekker. Tyds-, monetêre- en
prioriteitsbeperkinge weerhou my egter
daarvan). Maar mag ek tog maar eerder met 'n
skootrekenaar in my hande sterf as met 'n
gholfstok. Of selfs nog beter, sal dit nie
wonderlik wees as die Here my dalk van agter
'n kateder kom uithaal nie!
• Dit moet ons ook waarsku teen die geringskatting van nederige handewerk. Dit is
té dikwels die gesindheid in ons samelewing.
Dis 'n onbybelse mentaliteit.
• Die opdrag van Gen 1:28 is baie
betekenisvol - veral die opdrag om die aarde te
onderwerp (OAV). Sonder twyfel dui dit op die
ontwikkeling en benutting van al die basiese
grondstowwe en potensialiteite waarvan ons
wêreld so oorlopens vol is. Dit impliseer nie net
die aanwending van energie nie, maar ook
ontdekkende denke en navorsing. Dit impliseer
ontleding en samevoeging, verwerking en
raffinering, ontwikkeling en kanalisering.
• Soos die mens nie vir die Sabbat
gemaak is nie, maar die Sabbat vir die mens;
so is die mens ook nie vir die aarde gemaak
nie, maar die aarde vir die mens. Hy moet
daaroor heers en dit benut - dis vir sy
versorging, welsyn, genot en bevrediging
gegee!
• Hoewel die fokus hier in Genesis op die
aarde val, en die mens grootliks aardsgebonde
is (in elk geval tans in hierdie bedeling nog),
moet ons sekerlik in terme van die grotere
kosmos dink. Sonder twyfel leer die Bybel dat
die herskepping in Christus nie net oor die
mens se redding gaan nie, maar ook oor die
herstel vandie skepping. Die herskepping gaan nie net oor 'n nuwe aarde nie, maar ook oor 'n
nuwe hemel.
Rom 8:19-22 is in hierdie verband
hoogs betekenisvol. Die skepping is nog aan
"verydeling onderworpe". En dis "verslaaf aan
aan verganklikheid". Dit "sug in sy pyne van
verwagting". Die apostel gebruik sterk taal hier
- kraamsaal-taal!
• Waarlik, soos óns, leef ook die
skepping in hoop..
Uiteindelik gaan alles oor die eer en
verheerliking van God
Die arbeidsverordening het ten diepste die
verheerliking van God, die Skepper ten doel -
van die begin af. Die aarde - die hele kosmos -
behoort aan die Here in sy totaliteit en is vol
van Sy heerlikheid. Ontdekking van sy Maker
se almag, goedheid en menigvuldige wysheid,
was voor die sondeval die ongevalle mens se
primêre vreugde, motivering en aansporing om
die skepping te ondersoek, te benut en te
ontwikkel. So was sy dae gevul met oorstelpte
verwondering en lof.
Presies dit behoort tot vandag toe 'n
Christen se diepste motivering te wees in sy
navorsing deur teleskoop of mikroskoop, in sy
ontdekkingsreise en wiskundige berekenings.
Mag dit ons inspirasie wees as ons dieper en dieper indring in die geheimenisse van die
skepping.
Daar skyn 'n helder lig voor in die pad
In die volmaakte staat was daar destyds in
Eden geen konflik tussen plig en plesier, geen
antitese tussen heelhartige spontaniëteit en
hardwerkende gehoorsaamheid nie. In
aanbidding en gehoorsaamheid lê die mens se
hoogste vervulling immers.
Natuurlik het alles ná die sondeval
verander.
• Tog vind selfs die gevalle mens steeds
dat daar min dinge is wat hom so fassineer en
vasgevang hou as wetenskaplike navorsing.
Presies hier lê die rede waarom ook die
herskepte mens hom mag verlustig in die
natuurwetenskappe.Die Christenwetenskaplike
en -ingenieur kan vir seker Ps 104:24 as leuse
aanvaar: "Hoe talryk is u werke, Here! Alles is
met wysheid deur U gemaak; die aarde is vol
van wat aan U behoort." (v.24, DAV).
• Maar wat hierdie dinge betref, praat ons
in hierdie lewe bloot van die voorlopige. Ja,
daar is 'n "reeds". Maar dis net die voorlopige.
Trouens, ek meen ons beleef die "nog nie"
dikwels veel sterker. Watter gelowige gaan nie
steeds swaar gebuk onder die gebrokenheid van ons bestaan nie?
Elke dag, heel dag, beur die vlees
steeds om die oorhand te kry. En tragies
dikwels gebeur dit inderdaad.
En dis die oorsaak van ons pynlikste
frustrasies - ons onvermoë om God te behaag
soos ons regtig wil. Ons is herskep om
inspanningloos te sweef, maar die
grawitasiekragte van oorblywendesonde dwing
ons weer en weer grond toe. Ek het die hart
van 'n arend, maar die vlerke van 'n flap!
Maar daar kom 'n nuwe skepping -
waarskynlik - nee, vir seker - veel heerliker as
destyds in die paradys! Dit sal wees soos die
skepping sou geword het as Adam en Eva
gehoorsaam sou gebly het aan die proefgebod.
En dis waarom ons wat in Christus is
bly getuig - ten spyte van ons gebrokenheid.
Want ons wéét daar kom 'n dag - 'n dag van
alle dae! Die dag van die finale herskepping!
Dit sal 'n dag wees van afronding, 'n oomblik
van vervolmaking. Dan sal die reste van
gevallenheid en die smet van sonde finaal iets
van die verlede wees! En ons sal ons Maker
dien met ongebreidelde oorgawe en sukses -
op 'n nuwe aarde. Ons sal werk en ontdek, ons
sal navors en bou - onvermoeid. Tot in
ewigheid sal ons nie genoeg kry nie - nie van
Hom nie, maar ook nie van sy skepping nie.
Nee, nee, nee! Laat ons praat van sy
herskepping.
En so sal ons die drie-enige God al hoe
beter en al hoe meer leer ken. Sy almag en
heerlikheid en wysheid! En ook sy
onbegryplike, oorbluffende en verbysterende
skeppingsvernuf.
Maar nog baie, baie meer as dit sal die
heerlikheid van wie en wat Hý is die
hoogtepunt, die klimaks, die summum bonum
van ons verwondering en lof wees - soos dit
nou al is in die lewens van almal wat waarlik in
Christus is en aan Hom behoort. En die Drieenige God self, Hy en net Hy, sal vir ewig ons
hoogste lof en ons heel grootste vreugde wees!

Nico van der Walt



• Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale
en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die
Belydenis van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde
evangeliese gelowiges in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika
suid van die ewenaar.
• Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en
korrespondensie:
Postnet Suite No.148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, SuidAfrika.
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za ; Tel. 082 848 9396
of
E: soniah.vanderwalt@reformed.org.za Tel. 082 8282 940
• Blogs: www.e-preke.blogspot.com (met skakels na
nóg 4 blogs)
• Gereeld word 'n preek/studiestuk soos hierdie
wêreldwyd en gratis in Afrikaans en soms in Engels per e-pos
gestuur aan mense wat dit persoonlik aangevra het.
• Geen kopiereg. Dupliseer of preek gerus. Of stuur
verder.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Vr Okt 18, 2019 11:39 am

'n Volgende stukkie Bybellering.

Vertrou dis tot seen.

jbiC

Nico v/d Walt

nico@dievanderwalts.co.za
www.facebook.com/nico.vanderwalt.73


*************************************************


LK 4:18-19 : DIE HERE SE GENADEJAAR

No. E38


N
a die Here Jesus se doop en versoeking (Lk
3:21-22; 4:1-13) begin Hy dadelik met Sy
openbare bediening. Matteus en Markus
beskryf Sy prediking in algemene terme soos volg:
"Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het
naby gekom" (Mt 4:17; vgl. ook Mk 1:15).
Lukas sê vir ons dat een van Sy eerste preke in
Nasaret gepreek is. Hier haal die Here aan uit Jes
61:1-2 en maak aan die hand daarvan uitdruklik
aanspraak daarop dat Hydie langverwagte Messias
is: "Die Gees van die Here is op My omdat Hy My
gesalf het om die evangelie aan armes te
verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir
gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir
blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om
die genadejaar van die Here aan te kondig ...
Vandag is hierdie Skrifwoord ... vervul" (Lk 4:18-
21).
Die twee verse plaas Jesus Christus se sending
na hierdie wêreld toe in 'n neutedop. Dis waarvoor
die Vader Hom gestuur het; dis waarvoor die
Heilige Gees Hom toerus. Sy missie is dié van
restorasie. En dit is wat Hy verkondig, dit is wat Hy
sal doen.
Die laaste sinsnede van die twee verse is 'n
verdere samevatting - 'n konsentraat van die
voorafgaande. Christus se hele taak kan só
opgesom word: Hy het die Here se genadejaar kom
afkondig en verwerklik!
Wat beteken hierdie begrip, die Here se
genadejaar? Dit word vandag algemeen aanvaar
dat dit 'n sinspeling is op die Ou Testamentiese
jubeljaar.

DIE SABBAT- EN JUBELJAAR

‘ Die Here God het deur Moses, omvattende
voorkrifte vir die verbondsvolk se kalender gegee.
Ses dae se werk moes deur 'n sewende dag van
rus gevolg word - die sabbat. Maar benewens die
week van dae, is 'n week van jare voorgeskryf. Na
ses jaar se werk, was daar 'n sewende jaar van rus
- die sabbatsjaar. Selfs dit was nie al nie. Na sewe
sabbatsjaar-siklusse,ofteweldie nege-en-veertigste
jaar se sabbat, moes ook die vyftigste jaar 'n tyd
van rus wees - die jubeljaar (Eks 21:1-6; 23:10-11;
Lev 25:1-55; Dt 15:1-18).
‘ Die sabbatsjaar het veral drie fokuspunte
gehad:
• Die landerye moes onbewerk gelaat word.
Die natuurlike opslag was vir die armes en die
diere. God het belowe om die oes van die sesde
jaar só te seën dat daar genoeg kos vir twee jaar
sou wees.
• Alle onbetaalde skuld van die voorafgaande
jare, moes kwytgeskeld word. Dit het selfs gegeld
vir skuld wat in die sesde jaar gemaak is.
• Die slawe - diegene wat tydens die
voorafgaande jare deur skuld die eiendom van hulle
skuldeisers geword het - moes vrygelaat word.
Nog meer, hulle base moes hulle materiëel weer op
die voete help (Dt 15:13-14).
‘ Die jubeljaar het benewens die sabbatsjaar se
voorskrifte ook nog 'n verdere fokuspunt gehad:
• Alle grond wat in die voorafgaande vyftig
jaar vervreem is, omdat mense nie hulle skuld kon
betaal nie, moes aan die oorspronklike eienaars
teruggegee word. Sodoende het geen permanente
verryking of verarming van families plaasgevind nie.
Een maal elke geslag of twee het restorasie,
oftewel gelykmaking, plaasgevind.
Hierdie reëling het ook gegeld vir grond wat
gekoop is. Dis betekenisvol dat die koopprys
vasgestel is volgens die aantal oeste wat oorgebly het tot en met die jubeljaar. Eintlik was dit dus nie 'n
kooptransaksie nie, maar 'n huurooreenkoms.
‘ Dis onseker tot watter mate sabbats- en
jubeljare deur die volk onderhou is. Die Skrif is
egter duidelik dat die volk se ernstige versuim in
hierdie verband een van die ballingskap se oorsake
was. Die ongeveer sewe dekades moes onder
meer dien om die land die rus te gee wat dit a.g.v.
die volk se ongehoorsaamheid verloor het (Lev
26:32-35, 43; 2Kron 36:21; Jer 34:13-14).
Een van Nehemia se hervormings was om die
sabbatsjaar af te dwing (Neh 10:31). En buiteBybelse bronne getuig dat die Jode die instelling
gehandhaaf het ná die ballingskap.1

DIE SABBATS- EN JUBELJAAR SE BETEKENIS

‘ Alles behoort aan die Here.
Waarom mag grond nie permanent verkoop word
nie? Omdat dit die Here s'n is: "Geen grond mag
permanent verkoop word nie, want die land behoort
aan My. Julle is slegs vreemdelinge en bywoners
by My" (Lev 25:23). Waarom mag mede-Israeliete
nie permanent verslaaf word nie? Hulle behoort aan
die Here: "Omdat Ek die Israeliete uit Egipte laat
trek het, is hulle my dienaars. Daarom mag hulle
nie as slawe aan iemand verkoop word nie" (Lev
25:42).
Mense, alle mense, selfs die rykstes, is net
rentmeesters, bestuurders - nooit eienaars in die
ware sin van die woord nie.
‘ God is wonderlik barmhartig - veral teenoor
die swakkes en die armes.
Die jubel-beginsels spreek die drie belangrikste
faktore in sosio-ekonomiese onreg aan: natuurlike
hulpbronne (die land); menslike hulpbronne (die
slawe); ekonomie (die skuld). Misbruik van hierdie
dinge het aanleiding gegee tot feitlik alle rewolusies
in die geskiedenis. Daarenteen wou God se instelling gereeld 'n normalisering en ontspanning
hiervan in Sy volk te weeg bring. Die speelveld
moes op 'n gereelde basis gelyk gemaak word. Die
armes moes nie te min hê nie, die rykes nie te veel.
‘ Die Here se volk moet Hom in Sy
barmhartigheid navolg.
Veral die rykes en magtiges was verantwoordelik
om die speelveld gelyk te maak. Politieke
rewolusies begin altyd onder in die sosiale
piramiede. Die oomblik as getalle opweeg teen
mag, bars die geweld los. Maar in die Here se volk
moet die normaliseringsproses andersom geskied
- van bo af onder toe. Dan geskied dit altyd
vreedsaam! Dan bring dit altyd waardering en
harmonie!
‘ Die jubelbeginsel se oproep tot vrymaking is
begrond in Gos se groot verlossingsdade.
Lev 25:55 spel dit uit: "Dit moet gedoen word omdat
die Israeliete my dienaars is. Hulle is my dienaars
omdat Ek hulle uit Egipte laat trek het. Ek is die
Here julle God." En Dt 15:15: "Jy moet onthou jy
was self 'n slaaf in Egipte en die Here jou God het
jou bevry. Dit is daarom dat ek jou vandag hierdie
bevel gee." Vrymaking, kwytskelding en herstel
moes dus blymoedige dankbaarheidsrespons
wees. Dis betekenisvol dat sowel die sabbats- as
jubeljare begin het op die Groot Versoendag - die
dag van sondevergiffenis en -verwydering.
‘ Die Here sorg vir Sy gunsgenote.
Nie alleen was die opslag van die onbewerkte
lande tot armes se beskikking nie; ook gehoorsame
rykes is van God se versorging verseker. Die laaste
oes van elke jaarweek sou genoeg oplewer om
twee jaar te oorleef (Lev 25:20-21). Die Here het
selfs méér belowe. Hy het gehoorsames van
welvaart verseker: "Gee vryelik aan jou broer wat
arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee
het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here
jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen
en aanpak" (Dt 15:10; vgl ook v.4-5).

DIE HERE SE GENADEJAAR

‘ In Nasaret sê Christus dat die beginsels van die
sabbats- en jubeljaar Sy Messiaanse koninkryk sal
karakteriseer. Dit sal nie net vir 'n jaar so wees nie,
ook nie net vir Sy tyd hier op aarde nie. Sy
koninkryk het vir ewig gekom - en hierdie
beginsels sal tot in ewigheid daarin geld.
‘ Hierdie waarheid laat talleNuwe Testamentiese
uitsprake in plek val en het grootse implikasies vir
die burgers van die koninkryk van die hemele.
1. Diegene in Christus is vrygemaak.
Hulle is nie meer slawe van die vlees, die wêreld en
die Satan nie (Ef 2:1-10). Hulle is vry! Hulle swoeg
nie meer op die trapmeul van wettisisme nie, is nie
meer magteloos in 'n sondegreep nie, word nie
meer deur die vrees vir die dood geïntimideer nie.
2. Verlostes in Christus moet dit wat hulle
ontvang het jubelend aangee na andere.
Ons moet mense wees wat blymoedig vrymaak en
kwytskeld en uitdeel. Niks behoort immers in die
absolute sin aan ons nie. Dis ons Vader s'n.
Aangrypend skets die Here Jesus in Lk 6:27-36
hoe die praktiese uitlewing van die jubelbeginsels
tot uitdrukking kom. Só moet Sy dissipels wees en
leef! Hulle moet uitbundige uitdelers wees - van
hulp en aanvaarding en vergiffenis en stoflike
gawes. Selfs vyande moet toegegooi word met
barmhartigheid!
3. Hierdie jubelbeginsels geld wêreldwyd.
Nasaret wil opgewonde die Wonderseun uit hulle
midde vir hulleself opeis. Maar hulle stel net vir eie
gewin in Hom belang (23). Hy het egter vir alle
nasies gekom (24-27). Trouens, wie die jubelvoordele net vir hulleself wil hou, sal die seën
daarvan misloop. Só het dit met die Jode gegaan.
4. Die Messiaanse koninkryk bring volkome
herstel van alles wat die sondeval vernietig het.
Aan die hart van die Ou Testamentiese sabbats- en jubeljare was die beginsel van restorasie.
Christus, God se Laaste Adam (1Kor 15:45,
47), het gekom om dit wat Adam en Eva verloor het,
te herwin. Trouens, Hy het die loon wat Adam sou
kry vir volgehoue gehoorsaamheid, reeds finaal
verwerf. En Hy sal dit uiteindelik volkome
verwerklik. Daarom sal almal wat met Hom verenig
is, vrylik toegang hê tot die Boom van die Lewe
(vgl. Gn 2:9; 3:22-24; Eseg 47:7, 12; Op 2:7; 22:2,
14).
Nou reeds leef ware gelowiges in beginsel in
die jubeljaar. Maar 'n ewige jubeljaar, waarin al
bogenoemde beginsels 'n onafgebroke en volkome
belewingswerklikheid sal wees, wag op hulle!

DIE GAATJIE IN DIE OOR

In Eks 21:5-6 en Dt 15:16-17 word voorsiening
gemaak vir die toewyding van 'n liefdeslaaf. Indien
'n slaaf te lief geraak het vir sy baas en nie wou
weggaan met die aanbreek van die sabbatsjaar nie,
kon hy homself vrywillig vir so 'n baas gee. Hy
moes dan teen 'n deurkosyn gaan staan en die
baas moes 'n gaatjie deur sy oorlob steek tot in die
hout. Dit sou die teken wees van vrywillige
liefdesoorgawe en slawediens.
Dis die wonder van verlossing in Christus. Ons
is nie meer slawe nie, maar kinders van God. En
tog, tóg, begeer ons niks méér nie as om ons Here
met alles in ons te dien nie! Hy het Sy wette op die
tafels van ons harte geskryf. Ons is liefdeslawe!
Het jy 'n gaatjie in jou oor?


Nico van der Walt




* Nico v/d W alt on dersk ryf die histo riese, inte rnasiona le en
reformatoriese 1689 Ba ptistebelyd enis, asook die Be lyde nis van Sola 5, 'n
assosias ie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in Afrika suid van
die ewenaar.
* Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie:
Postnet Suite No.148, Privaatsak X 1, Northcliff, 2115. Suid-Afrika.
E: nico.van derwa lt@reform ed.org.za Tel. 082 848 9396.
* Ge reeld word 'n pree k/stu diestuk soos hierdie wêreldwyd per e-pos
ges tuur aa n m ens e wa t dit persoon lik aange vra het.
* Ge en k opie reg. Duplise er ge rus. Of stuur e lektro nies verder.
* Pre ekopn am es: E: info@ nunide .org.za ; T: 012-808 3906
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Wo Nov 20, 2019 11:01 am

Ek vertrou van harte dat hy nou gaan werk. Indien nie, gooi ek handoek in. Maar ek is optimisties - ek het hom darem eers getoets.

Ek het begin om 'n webwerf te bou waarin ek dan die studies sal plaas - ook nuwe skryfwerk in die toekoms, wat julle dan self daar sal kan kry. Ek sal julle uiteraard op hoogte hou.

Die hele probleem is dat ek AH61 geskryf het op 'n splinternuwe Apple rekenaar wat ek pas persent gekry het (ek voel soos 'n man wat nou in 'n Rolls Royce rond ry). Maar die rekenaar wil nie Word Perfect laai nie, die skryfprogram waarmee ek al meer as 20 jaar werk ('n beter en meer betroubare skryfprogram, glo ek steeds, is daar nie). Saam met die nuwe masjien het ek nou MSWord 2019 gekry (wat min van julle seker al het). Wat ek nou gedoen het, is om die MSW '19 terug te "spoeg en plak" in MSW 2010 (daar is nie 'n ander manier om die 2019 produk terug te kry in 2010 nie). En nou stuur ek die Herout vir julle in MSW2010, wat ek vertrou julle almal sal kan oopmaak. En net in geval party van julle nog steeds 'n probleem het, haak ek die dokument ook in PDF aan - die formaat wat ek nog altyd gebruik het.

Hartlike groete,

Nico v/d Walt

nico@dievanderwalts.co.za
www.facebook.com/nico.vanderwalt.73


**************************************************


ANTIPAS HEROUT

Antipas, My getroue getuie (Op 2:13)

No. 61

Romeine 5:12-21


DIE WATERDIGTE LOGIKA VAN DIE EVANGELIE


Nico van der Walt

-o0o


Die idee van toerekening (Eng. imputation) is fundamenteel belangrik in die Heilige
Skrif en absoluut noodsaaklik vir 'n behoorlike verstaan van die
evangelieboodskap. As sodanig is dit noodsaaklik vir gespierde geloof en
Christenskap. Dis 'n idee wat reeds in die Ou Testament belangrik is, maar baie diep
gewortel is in die Nuwe Testamentiese openbaring en aan die hart lê van redding in
Christus. Kom ons besin bietjie daaroor.
Toerekening in die Ou Testament
Die Hebreeuse begrip, hashab, dra die basiese idee om 'n oortuiging te hê, of om 'n
oordeel te te vel (soos in 'n hofsaak).
+ In Lev 7:18 word díé woord vertaal met om met welgevalle aan te neem (OAV),
of om as 'n offer te aanvaar (NAV). Die offeraar sal die voordeel van die offer verbeur
as hy op die derde dag daarvan eet. Die versoening wat dit vir hom moes meebring sal
nie aan hom toegereken word nie.
+ Dieselfde idee word in Gen 31:15 aangetref. Ragel en Lea verwyt vir Jakob dat
hy hulle as vreemdelinge beskou – oftewel as vreemdelinge ag.
+ In Num 25 lees ons hoe Pinehas 'n Israeliet en 'n Midianitiese vrou teregstel
terwyl hulle besig is met geslagsgemeenskap. Psalm 106:3031 verwys terug na hierdie
gebeurtenis, en sê dan dat dit van geslag tot geslag vir Pinehas as geregtigheid gereken
sal word.
Toerekening in die Nuwe Testament
Die ooreenstemmende Griekse begrip is logizomai. Die woord is vir alle praktiese
doeleindes 'n sinoniem van die genoemde Hebreeuse woord. Dit beteken om te beskou,
om as iets te ag, om te reken, om te evalueer.
+ In Hand 19:27 (OAV) spreek Demetrius die vrees uit dat Timoteus en Erastus se
prediking sal meebring dat die tempel van Diana as niks gereken (OAV) sal word.
+ In 2Tim 4:16 spreek die apostel die vertroue uit dat God sy broers se dislojaliteit
teenoor hom nie vir hulle sal toereken nie. Die idee is dat die Here dit nie teen hulle sal
hou nie.
+ Hierdie begrippe het 'n tegniese begrip geword in die handelswêreld: om te
debiteer, of te krediteer.
As 'n persoon geld iewers belê het, is dit hom toegereken – sy rekening is met die
bedrag gekrediteer.
En as iemand iets op skuld gekoop het, is ook dít hom toegereken. Hy het dan
– soos vandag – 'n staat ontvang met die verskuldigde bedrag daarop geskryf. Die
bedrag is teen sy rekening gedebiteer. Wanneer hy dan sy skuld gaan vereffen het, het
die winkelier daardie einste staat gevat en dit gekanseleer deur twee parallelle strepe
daaroor te trek en tussenin die woord tetelestai te skryf. Dit het beteken dat die rekening
ten volle opbetaal was. So 'n gekanselleerde staat sou dan dien as so 'n man se
kwitansie, en is as sodanig beskou as daar dalk 'n dispuut sou ontstaan.
Let daarop, wat hierdie tegniese gebruik van logizomai betref, praat ons nie bloot
van subjektiewe sentimente nie – soos dit dikwels die geval is as mense argumenteer
en sterk opinies uitspreek. Nee, hier gaan dit oor iets wat objektief, feitelik, formeel en
juridies vas en bindend is.
+ Presies hierdie Griekse woord, tetelestai (dit is volbring), was die laaste woord wat
die Here Jesus aan die kruis uitgeroep het voordat Hy gesterf het – die skuld van almal
vir wie Hy gesterf het was eens en vir altyd ten volle betaal! Waarlik, om hierdie vier
lettergrepe (TE-TE-LES-TAI) roteer die ganse geskiedenis vir tyd en vir ewigheid. Op
Golgota is die skuld van miljoene mense volkome opbetaal!
+ Net 'n laaste opmerking wat hierdie tegniese gebruik van logizomai betref. Wat
ons so pas bedink het, is van die allergrootste belang as mens die evangelieboodskap
wil verstaan. Want dis presies met hierdie idee wat die Nuwe Testament werk as dit een
van die mees fundamentele en wonderlike Bybelse leerstukke vaslê: regverdiging deur
die geloof alleen.
Die begrip, logizomai, is van fundamentele belang as ons die evangelie behoorlik
wil verstaan. Die begrip word teologies-tegnies op drie maniere in die Nuwe Testament
gebruik – en die een is so ononderhandelbaar belangrik soos die ander. Ons moet,
moet, móét dit verstaan.

Romeine 5:12-21 is die Bybel se locus classicus hieroor. Lees die paragraaf
aandagtig deur – desnoods 'n paar keer, en dalk in verskillende vertalings. Só belangrik
is hierdie tien verse dat talle Skrifverklaarders dit as die hart van die Romeinebrief
beskou.
Anders Nygren sê bevoorbeeld in sy bekende kommentaar: "the point where all
the lines of Paul's thinking converse, both those of the preceding chapters and those of
the chapters to follow." En Martyn Lloyd-Jones verwys na hierdie gedeelte as "the very
heart and centre" van die brief.
1. Die eerste mens, Adam, se sondeskuld is aan sy ganse nageslag
toegereken – dus aan die hele menslike geslag.
Let veral op die begrip "toegereken" in Rom 5:13 (Gr. logizomai). Adam se sondeskuld
is aan alle mense gedebiteer. Alle mense is vanaf ontvangenis in die moederskoot deel
van die gevalle en sondige mensheid. Juridies is hulle voor God presies net so skuldig
soos Adam na die sondeval. Elke baba wat gebore word, word in 'n gevalle mensheid
onder God se oordeel ingebore. Ons praat van die erfsonde. Dis waarom redding vir een
en elke mens nodig is. En presies dit is die rede waarom alle mense sterf. Selfs
ongebore babas kan sterf. Vyf keer in v.15-19 word die dood en daaropvolgende
veroordeling van alle mense gewyt aan die een sonde van die een mens, Adam. Daar
is 'n onbetwisbare en onontkombare solidariteit tussen Adam en sy ganse nageslag,
sonder uitsondering. Adam het as ons verteenwoordiger gesondig.

Nou is daar baie mense wat sukkel om dit te verstaan. Kom ek gebruik 'n
moderne illustrasie:
In 'n sin kan die Tweede Wêreldoorlog direk en volledig gewyt word aan die
diaboliese magsug en waansin van één man – Adolf Hitler. Dit het uiteindelik gelei tot
die Tweede Wêreldoorlog, tot die lyding en dood van miljoene mense, tot die
vernietiging van ganse stede en tot enorme internasionale, sosiale en filosofiese
verskuiwinge. Eén man!
+ As hierdie toerekening die enigste gebruik van logizomai in God se Woord was,
was die ganse mensheid as geheel – sonder uitsondering van Adam en Eva af tot
vandag toe – algeheel sonder God en sonder hoop. Dan was ewige geskeidenheid van
God ons onontkombare lot. Dan was ons presies in die posisie van die gevalle engele
– geen mootlikheid van uitredding nie.
Maar dis nie die enigste manier waarop God se Woord hierdie Griekse term
gebruik nie. Laat ons die Here nooit ophou dank daarvoor nie! In 1Kor 15:22 staan
geskryf: "Want soos almal deur Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak
word."
2. Jesus Christus het as "tweede mens" n– gekom sodat al die sondeskuld
van alle mense wat sy Vader aan Hom toevertrou het, aan Hom toegereken kon
word. Hy moes die totale en ewige oordeel ondergaan wat hierdie begenadigdes
daarsonder sou verduur het.
Let weereens op die woord toegereken hierbo. Die begenadigde uitverkorenes se
sondeskuld is aan die mens Christus Jesus – die Hoof en Adam van God se nuwe
skepping – toegereken, gedebiteer. En die totale skuld – elke kriesel daarvan – het Hy
betaal! Hierdie vloek wat die Seun gedra het, het meegebring dat geen straf uitstaande
is vir die begenadigdes nie. So sal dit tot in alle ewigheid wees! (1Pet 2:24).
+ Dis al in die Ou Testament voorsien. Presies dít is wat die offerdiens wou
tuisbring. En Jes 53 skryf: "… die Here het ons almal se sonde op Hom laat afkom" (v.6).
En v.12: "… Hy (het) die sondes van baie op hom geneem …" (v.12). Dink maar aan
Petrus se eggo van hierdie waarheid: "Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis
gedra …"
+ Nêrens word hierdie waarheid beter uitgedruk as in 2Kor 5:21 nie: God het Hom
wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak. Die woord "toereken" word weliswaar nie in hierdie vers gebruik nie, maar die konteks maak dit baie duidelik dat dit
presies is wat Paulus in gedagte gehad het. In v.19 skryf hy dat God die redding van
sondaarmense moontlik maak deurdat Hy hulle hul oortredinge nie "toereken" nie.
+ Die vloek wat die Seun gedra het het meegebring dat geen straf uitstaande is vir
die begenadigdes nie. So sal dit tot in alle ewigheid wees!
+ Hoe het hierdie uitruiling plaasgevind? Persoonlik het Christus nie 'n sondaar
geword nie. Hy het nooit gesondig nie.
Nee! Maar Hy het diegene wat aan Hom toevertrou is se plek juridies ingeneem.
Hy het hulle plaasvervanger geword. Aan die kruis het Hy hulle verteenwoordig. Hy het
die straf wat hulle toegekom het namens hulle gedra. Daar is Hy in hulle plek
tereggestel. Glashelder duidelik beteken dit dat daar geen oordeel meer uitstaande is
vir diegene wat "in Christus" is nie.
3. Aan elke sondaarmens wat in volle geloof en totale afhanklikheidsvertroue
in Christus in vlug, word Jesus Christus se volkome gehoorsaamheid toegereken
– sy gehoorsaamheid aan sy Vader.
Sien jy weer die woord, toegereken! Dis om met Christus se volkome en absoluut heilige
gehoorsaamheid, oftewel sy geregtigheid, gekrediteer te word!
En dit – niks minder nie – is die begenadigde se status in God se boeke! Omdat
dit Christus se geregtigheid is, is dit in elke opsig volmaak en onomkeerbaar vir tyd en
ewigheid.
+ Ook hierdie waarheid word reeds in die Ou Testament voorsien. Dit is ingebed
in een van die name waarmee God Homself openbaar: Yahweh Tsidkenu. Hy is die
Here, ons geregtigheid (Jer 23:6; 33:16). Jesaja 61:10 sê dat die Here sy geliefdes met
geregtigheid bedek. Hy trek dit soos klere vir hulle aan.
+ Soos altyd weer blom hierdie waarheid oop in die Nuwe Testament.
= So stel Rom 3:21-22 dit: "Maar nou is die geregtigheid van God
geopenbaar sonder die wet … die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in
Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo …" (OAV).1
= Ook Fil 3:7-11 leer dit: "Maar wat vir my 'n bate was, beskou ek nou as verlies ter wille van Christus … sodat ek Christus as bate kan bekom, en in Hom bevind
kan word, nie met my geregtigheid op grond van die wet nie, maar met die regverdiging
deur geloof in Christus – die regverdiging wat van God kom deur die geloof … dat ek so
die opstanding uit die geloof kan bereik."
Let op dat Paulus sy eie geregtigheid (die geregtigheid wat deur die wet kom) stel
teenoor die geregtigheid wat deur die geloof in Christus kom. Ware geregtigheid, sê hy,
is dus nie bereikbaar deur wetsonderhouding nie, maar is slegs "in Christus" en "deur
geloof" as genadegeskenk bekombaar.
Hoe duidelik leer die res van die Nuwe Testament dit nie!
= Terug na Rom 5:12-21. Die tien verse werk met die parallel tussen Adam
en Christus. Net soos die eerste Adam se optrede sy hele nageslag ten diepste raak,
so raak die "laaste Adam" se werk almal wat deur die geloof met Hom verenig is ten
diepste. Adam se mislukking het vir die ganse mensdom die dood (v.15) asook oordeel
en veroordeling (v.16) gebring. Daarenteen bring Christus se middelaarswerk God se
veel oorvloediger genade (v.15) en regverdiging (v.16, 17, 18, 19). Diegene wat deur
ware geloof met Christus verenig is, is dus ontvangers van God se genade en geniet
voor Hom die status van regverdiges.
= Romeine 5:18-19 is 'n voortsetting van v.12 (v.13-17 is as 't ware in
hakies).2 Nogeens herhaal Paulus dit: "So het daar ook deur die een mens se
gehoorsame optrede vir alle mense3 regverdiging tot die lewe gekom (v.18)." En in v.19
wil hy hierdie waarheidspen nóg dieper inslaan, sodat niemand hieroor onseker sal wees
nie: so "sal deur die gehoorsaamheid van die Een baie mense geregverdig word." Net
soos Adam se sonde aan ál sy afstammelinge toegereken (gedebiteer) word, net so
word Christus se gehoorsame geregtigheid toegereken (gekrediteer) aan almal wat deur
geloof met Hóm verenig is!
'n Toeknoop van die sakkie (durf ek dit wéér herhaal?)
Elkeen wat deur 'n ware geloof met Christus verenig is, geniet in God se boeke 'n
dubbele status. Dit is volledig te danke aan die laaste Adam - die Hoof van God se nuwe
mensheid - se volkome middelaarswerk namens diegene wat die uitverkiesende Vader
aan Hom toevertrou het. Hierdie werk van Jesus Christus het twee komponente – die
een so noodsaaklik soos die ander.
Negatief geniet elkeen wat deur die geloof geregverdig is "in God se boeke" die
status van 'n persoon wat nooit gesondig het nie. Alle straf is volkome gedra; alle skuld is betaal. Daar is niks uitstaande nie. Die saldo is nul!
Maar dis net die helfte van die saak. Bogenoemde sou so 'n gelowige net weer
plaas in die posisie waar die eerste mens voor die sondeval was – skuldvry, maar
verantwoordelik om deur gehoorsaamheid die loon te verdien. Die mens moes immers
destyds deur volgehoue gehoorsaamheid tydens 'n proeftydperk God se volkome loon
verdien (hoe lank dit sou duur weet ons nie). Die eerste mens het tragies misluk!
Net so is die "laaste Adam", die "tweede mens" (1Kor 15:45-47) weer voor die
toets van gehoorsaamheid geplaas. Hy het egter enduit volkome gehoorsaam gebly. En
presies soos die eerste Adam se skuld aan sy nageslag toegereken is, word die laaste
Adam se volkome gehoorsaamheid, oftewel geregtigheid, aan elkeen wat deur die
geloof met Hóm verenig is, toegereken. Hulle word "in God se boeke daarmee
"gekrediteer" – hulle geniet dieselfde juridiese status as die Seun. As sodanig word hulle
onomkeerbaar en onbevraagtekenbaar saam met hulle Hoof erfgename van die
volmaakte en onverganklike skepping wat Adam en Eva sou ontvang het indien hulle
gehoorsaam gebly het. Presies dit is wat God se Woord bedoel as dit praat van
regverdiging deur geloof alleen.
+ Mag ek ook dít nog 'n keer beklemtoon: Regverdiging is objektief, dis juridies, dis
ons saldo in God se boeke. Dis nie subjektief nie, nie 'n ervaring as sodanig nie.
Regverdigmaking en heiligmaking is inderdaad onskeibaar verbonde (heiligmaking volg
sonder uitsondering in die voetspore van regverdigmaking). Maar die twee elemente van
die verlossingsproses móét onderskei word. Hier en nou in ons lewens worstel almal
immers nog met oorblywende sonde – helaas dikwels onsuksesvol. Regverdiging is hier
en nou 'n juridies status – op grond waarvan die ware gelowige in Christus geregtig is
op die ewige erfenis; heiliging is egter wel 'n ervaringsrealiteit.
Kom ek gebruik 'n illustrasie:
'n Fabelagtige ryk egaar verongeluk saam as hulle kinders nog klein is. Die
kinders is die enigste erfgename. Maar die fortuin word in trust belê en 'n toesighouer
aangestel. Hy betaal lewenskoste, skoolfooie, koshuisgeld – en wat ook al nodig mag
wees. Maar hy is 'n konserwatiewe en wyse man en bederf nie die kinders nie. Hulle leef
gevolglik nie anders as al die kinders om hulle nie – ten spyte daarvan dat hulle eintlik
skatryk is – maar net juridies, op die bank se boeke. Soos hulle egter mondig word, erf
elkeen sy of haar volle fortuin uit die boedel. Uiteindelik kan die volle oorvloed van die
erfporsie geniet word! Só ontvang gelowiges uiteindelik hul volle erfenis. Nie alles by
afsterwe nie. Wel wanneer hulle liggaamlik en verheerlik opstaan.
+ Kan jy nou sien? Die mense wat daaraan aanstoot neem dat die eerste Adam se sondeskuld aan hulle toegereken is, moet wéér dink. As dit kwansuis onregverdig is, wat
sê hulle van Christus se volkome gehoorsaamheid wat na Christengelowiges se
rekenings oorgeboek word?
Drie laaste opmerkings
+ God se belofte en toerekening van regverdiging was reeds in plek onmiddellik na
die sondeval en dwarsdeur die Ou Verbond. Sedert die sondeval is almal gered wat
vanuit hulle sondegebrokenheid in algehele en afhanklike geloofsvertroue in God se
verlossingsbeloftes ingevlug het – spesifiek God se belofte oor 'n komende en finale
Offerlam, wat veral verkondig is deur die offerdiens. Weliswaar was die belofte van so
'n Verlosser aanvanklik baie dof, maar tog is dit onmiddellik na die sondeval reeds gegee
– die nageslag van die mens wat die kop van die slang sou vermorsel (Gen 3:15).
Reddende geloof was van daardie oomblik af 'n gelowige vasgryp van hierdie
Messiaanse belofte – dof aanvanklik, maar met verloop van tyd al hoe duideliker. En
natuurlik, net soos steeds die geval, sou só 'n geloof – gegee dat dit eg en lewend was
– tot 'n gehoorsame lewe aan God gelei het.
+ Almal wat in Christus die ewige lewe erf, sal nie erf wat die eerste mens voor die
sondeval gehad het nie. Hulle sal ontvang wat Adam en Eva sóú geërf het indien hulle
enduit gehoorsaam aan die proefgebod gebly het – 'n loon, 'n volheid 'n saligheid, veel
heerliker as wat hulle voor die sondeval geniet het (Bybelse logika sinspeel daarop dat
God die proefgebod mettertyd sou opgehef het – indien natuurlik, die mens enduit
gehoorsaam gebly het).
Na die sondeval – mislukking in die toets – en ruïnering van die skepping, het
God 'n nuwe skepping daargestel, met 'n nuwe Adam. Die tweede Persoon van die
Goddelike Drie-eenheid het mens geword. Hy is die tweede Adam. Nee! Hy is die "laaste
Adam", omdat daar nooit weer 'n Adam ná Hom nodig sou wees nie (1Kor 15:45-47).
Reeds vir millennia is hierdie nuwe skepping aan 't gestalte aanneem. Maar dis nog ver
van klaar af. Die afronding sal eers vervolmaak word wanneer hierdie laaste Adam op
die wolke terugkeer om die ganse skepping te kom herskep – 'n wonderlike dag wat elke
nuwe oggend 24 uur nader is!
+ Inbegrepe in die laaste Adam se gehoorsaamheid lê die waarborg en sekerheid
dat ook die gevalle skepping (Gen 3:17-19) volkome herstel sal word. Wonderlik is die
uitspraak van Rom 8:19-22. Let veral op v.21: die skepping sal vrygemaak word "van
verslawing aan die verganklikheid" en so die vryheid smaak wat die heerlikheid van God se kinders sal kenmerk.
Slot
There are but two men standing before God – Adam and Christ – and between them
these two men have all other men hanging from their girdles.

-oOo


• Nico van der W alt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689
Baptistebelydenis (soos meeste Gereformeerde Baptiste wêreldwyd), asook die Belydenis van Sola 5, 'n
assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges en gemeentes in m eer as 'n halfdosyn lande in
Afrika suid van die ewenaar.
• Gereeld word 'n preek of studiestuk soos hierdie wreldwyd en gratis in Afrikaans en meermale in
Engels per e-pos gestuur aan m ense wat dit persoonlik aangevra het.
• Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie: Postnet Suite No. 148,
Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika; E: nico.vanderwalt@reformed.org.za; Tel. 082 848 9396.
• Blogs: www.e-preke.blogspot.com (plus nog 4 blogs - adresse by genoemde adres)
• Nico van der W alt het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en daarna vir 'n dekade as
Siviele Ingenieur gewerk (as konstruksieingenieur en universiteitsdosent). Na 'n radikale Christelike
bekering en daaropvolgende teologiese studie aan die Potchefstroomse Universiteit, was hy vir ongeveer
drie dekades veral stigterspredikant van twee gemeentes in die Vaaldriehoek en Pretoria. Hy was ook vir
'n stuk of twaalf, dertien jaar 'n dosent aan die Lynnwoodrif Bybelskool. Die afgelope paar jaar wy hy
meeste van sy tyd aan skryfwerk en prediking waar hy ook al uitgenooi word.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Wo Dec 04, 2019 11:27 am

Nico Van Der Walt <nico@dievanderwalts.co.za>


ANTIPAS HEROUT

Antipas, My getroue getuie (Op 2:13)


Hand 2:37-42

" HOE WORD MENS 'N CHRISTEN ? "

Die basiese patroon op die Pinksterdag in 'n neutedop


Nico van der Walt


Op die Pinksterdag word die groot belofte van die Ou Testament 'n werklikheid. Die verhoogde Christus ontvang van Sy Vader die mandaat om die Heilige Gees uit te stort op Sy agtergelate gemeentetjie - en Hy doen dit met Messiaanse volmag en gesag (Hand 2:1-13)!
Petrus begin dan preek vir die skare (Hand 2:14-36). Dis 'n besondere preek - 'n Geesvervulde preek vol oortuigingskrag. Dit lei daartoe dat talle van die mense vra wat hulle te doen staan.
Petrus se antwoord is nogeens Geesvervuld en daarom vol gewigtige betekenis (Hd 2:37-41). Dis na hierdie antwoord wat ons nou nader wil kyk.

(37) Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gevra: "Wat moet ons doen, broers?" (38) Petrus antwoord hulle: "Bekeer julle, en laat elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes gedoop word, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. (39) Want die belofte geld vir julle, en ook vir julle kinders, en vir almal wat daar ver is, almal wat die Here ons God na Hom toe roep (Hand 2:37-39, DAV)

Die effek van Petrus se preek (v.37)

# Vers 37 sê dat baie mense "diep in die hart getref" is (OAV). Met hierdie beskrywing wil Lukas twee dinge tuisbring:

* Eerstens: Petrus se woorde sny tot in die mense se "harte". Kennelik is dit 'n werk van die Heilige Gees, met ingrypende en blywende effekte.
Laat ons dit baie goed raaksien, hoewel die hele Bybel Gees-geïnspireerd is, geld dit by uitnemendheid van híérdie apostoliese antwoord. Petrus is pas vantevore op 'n ongeëwenaarde wyse kragtig met die Heilige Gees vervul.
Die woorde het dan ook inderdaad 'n lewensveranderede effek op die skare.
Feitlik altyd verwys die "hart" in die Bybel na die sentrum van 'n mens se wese en persoonlikheid - sowel die rasionele as die emosionele van wie en wat jy is. Dit sluit jou oortuigings, jou wil en jou begeertes in. Dis wie jy in essensie is.

* Tweedens: Die hoorders word "getref". Die werkwoord in die Grieks1 verwys na diep belewinge, sterk emosies. Dis 'n samestelling van die woord "om te steek" plus 'n intensiferende voorvoegsel. Die waarheidsevangelie oor Christus steek dus dwarsdeur die hoorders se harte.

# Duidelik besef die skare dat hulle is skuldig voor God staan. Vandaar hulle vraag oor wat hulle te doen staan.

Petrus se antwoord (v.38-39)

'n Tweeledige bevel

# Eerstens, die mense moet hulle bekeer.
Die werkwoord, om te bekeer,2 dui ten diepste op 'n verandering van oortuiging, 'n radikale paradigma-verskuiwing, 'n kopswaai, 'n nuwe bril waardeur gekyk word. En dit kom noodwendig tot uitdrukking in 'n totale prioriteits- en dus lewenswending - deur 180 grade.
Johannes die Doper (Matt 3:2) en die Here Jesus (Matt 4:17) het die noodsaak van bekering gepreek. En nou volg die apostels hulle puntenerig hierin (Hand 3:19; 8:22; 17:30; 20:21; 26:20).
Omdat ons nie anders kan as om volgens ons oortuigings te handel nie, kom Bybelse bekering noodwendig tot uitdrukking in 'n lewensommekeer. Hierdie radikale omdraai het twee kante.
* Negatief sal iemand wat hom of haar Bybels bekeer altyd wegdraai van sonde af. Daar sal dus 'n rugkeer wees op die vlees se aandrange, die wêreld se suigkragte en die Duiwel se verleidinge.

* Positief sal so 'n persoon altyd heendraai na Christus toe. En dit het ten minste drie komponente:
Hy (of sy) sal homself vanuit sy geestelike bankrotskap algeheel aan Christus en Sy volmaakte middelaarswerk toevertrou.
Hy of sy sal die beloftes wat God belowe aan almal wat in Sy Seun in vlug vir homself persoonlik toe-eien.
Hy of sy sal hom- of haarself enkelhartig en ongekwalifiseerd aan Christus persoonlik as Koning toewy.

* Bybels gaan hierdie lewensommekeer altyd tot 'n mindere of meerde mate gepaard met hartseer en verootmoediging oor jou sondemislukkings en -rebellie van die verlede. Dit is meer as net interessant dat die betrokke Griekse woord amper konsekwent in die Septuaginta (die voor-Christelike Griekse vertaling van die Ou Testament) gebruik word om die Hebreeuse woord te vertaal wat beteken om jouself te vertroos.1

# Tweedens, die mense moet hulle laat doop.
Vantevore het hulle Christus verwerp. Nou moet hulle hulself verneder deur hulle formeel, openlik en onomkeerbaar as dissipels aan Hom toe te wy. Dit gebeur as iemand hom of haar in die Naam van Jesus Christus laat doop.
Die doop simboliseer die dopeling se afwassing van sonde. Maar daarbenewens dui dit in 'n neutedop op, enersyds, die begrafnis van die ou mens in die eerste Adam en die sondige lewe wat daarmee saamgehang het, en, andersyds, op die opstanding van die nuwe mens in die laaste Adam (1Kor 15:45-47) en die lewe van geregtigheid wat sal volg.
As sodanig beteken die doop ten minste vier dinge: dit geskied in gehoorsaamheid aan Christus se opdrag en gesag; dis 'n onderskrywing van Sy leer; dis 'n vertroue in Sy verdienste; dis 'n oorgawe aan Sy eise. Dis 'n gelofte om Hom steeds te gehoorsaam en Sy eer na te jaag.

* Die feit dat Petrus die doop insluit by hierdie uiters gewigtige en gesagvolle bloudruk-opdrag mag ons nie miskyk nie. Die Geesvervulde apostel, met die geïnspireerde gesag wat op hom rus, ag die doop duidelik nie 'n geringe saak nie. En daarom mag geen ernstige Christen dit van mindere belang beskou nie.
Dis sekerlik vir sommige Bybellesers 'n verassing. Ons leef immers in 'n tyd waarin die belangrikheid van die doop deur baie Christene (moet ek dalk skryf, "Christene"?) gering geskat word. Die kwessie is vir talle selfs 'n verleentheid en hulle vermy die onderwerp liefs. Dis sekerlik te wyte aan die feit dat 'n baie groot persentasie van mense wat as babas gedoop is, die geloof geringskat of selfs verwerp as hulle volwasse word. Dis voorts te wyte aan die feit dat baie wat hulle as volwassenes laat doop, dit sonder die nodige erns doen (dikwels bygelowig) - en wat gevolglik daarna eenvoudig voortgaan met 'n wêreldgelykvormige lewenstyl. Laasgenoemde het ook baie te doen met die goedkoop evangelie wat in baie kringe aan die orde van die dag is, asook die najaging van blote getalle. Dit alles het meegebring dat die doop in baie gemoedere skokkend gering geag word.
Maar kennelik was dit nie só in die geïnspireerde apostoliese beoordeling op die Pinksterdag nie! En soos die apostels en hulle medewerkers voortgegaan het met verkondiging van die evangelie het hulle konsekwent en sonder uitstel bekeerlinge gedoop.
Ook het die Here Jesus die doop nie as onbelangrik geag nie. Hyself is gedoop. En dis ook deel van sy groot opdrag aan sy gemeente van alle eeue. Nee, laat ons onsself nie skuldig maak aan 'n geringskatting van hierdie verordening van die Here nie!
Ja, ek weet omstandighede is dalk anders vandag - baie. Goedkoop "Christenskap", voorbarigheid wat heilige sake aangaan, oppervlakkige bygeloof en blote formalisme is algemeen aan die orde van die dag. Daarom is baie gemeentes versigtig om té oorhaastig te doop. Eintlik tel ek self onder diesulkes. Maar wat ek so pas geskryf het, dwing my om hierdie saak weer onder die loep te neem: was ek nie dalk té konserwatief in die verlede nie?

'n Tweeledige belofte

Vir diegene wat aan die dubbele opdrag gehoorsaam is, is daar 'n dubbele belofte: sondevergiffenis en ontvangs van die Heilige Gees.

# Hierdie twee beloftes is gekoppel aan beide opdragte: bekering en doop.

* As ons praat van so 'n koppeling, word dit nie rigoristies en onverbreekbaar bedoel nie. Sekerlik is daar al talle gered wat nooit gedoop is nie. Dink maar aan die misdadiger wat saam met Jesus gekruisig is as 'n voorbeeld.1 En sekerlik het dit deur die geskiedenis gebeur.

* Nêrens suggereer die Nuwe Testament dat die bloot formele en sakramentalistiese ondergaan van die doop op sigself sondevergiffenis en ontvangs van die Gees tot gevolg het nie. Maar ewe min het ons die reg om aanspraak te maak op die beloftes as ons die doopopdrag geringskat en verwaarloos.
Dit gaan hier oor die normale ordes van die Here - wat ons nie die reg het om geweld aan te doen nie, gegee dat dit binne ons vermoë is om dit te gehoorsaam.

* Die "belofte" (OAV) is nie net vir die groep mense op wie die Heilige Gees geval het nie (39). Petrus doen besondere moeite om te beklemtoon dat dit 'n historiese en universele trefwydte het. Dit is vir ál sy luisteraars (wat aan die voorwaardes voldoen), en vir hulle "kinders",2 en "vir almal wat daar ver is" (nie net Jode nie, maar ook vir die heidene).3
Die belofte geld dus sonder onderskeid. Maar dit geld nie sonder uitsondering nie, want Petrus gaan onmiddellik voort in v.39 met 'n uiters belangrike kwalifikasie: dit geld vir "almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep."

Die Here se nuwe gemeenskap (40-41)

# In v.40 sê Lukas dat bogenoemde nie al was wat Petrus gesê het nie. Hy het nog baie ander woorde gepraat - woorde van erns en aansporing. En die essensie van sy oproep? "Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit."
Dis belangrik om raak te sien dat Petrus nie bloot pleit vir 'n oppervlakkige en individuele bekering nie - iets wat gou-gou en stil-stil afgehandel word in die privaatheid van my eie wêreldjie. Nee, nee, dit gaan hier oor 'n lewenslange en totale toewyding aan en vertroue in Jesus Christus - met geen agterdeur wat oopgehou word nie.

# Hy pleit vir 'n emigrasie vanuit die kring van die "ontaarde mense". Hy dring aan op 'n losmaak van en 'n rugkeer op die gevalle wêreld wat erg verbuig is ná die sondeval. Dis dus 'n oproep om te vlug vanuit die mensheid onder God se toorn.
Maar dit impliseer noodwendig ook die immigrasie in 'n ander mensheid in. [En laat ons onthou, voor God is daar net twee menshede - die ou mensheid in Adam, en die nuwe mensheid in Christus.] Onderwerping aan Koning Jesus hou dus in dat ek my toewy aan Sy volk - Sy ware bruidsgemeente.

# Daar is 'n verstommende respons op Petrus se pleidooi (41). Drieduisend mense neem die evangelieboodskap aan. Hulle kom tot geloof, ondergaan 'n radikale kopswaai, laat hulle doop, en voeg hulle by die Jerusalemse gemeente.

Enkele gevolgtrekkings en implikasies

1. Openbarings-histories is Pinkster 'n unieke gebeurtenis. Dis 'n eenmalige, maar enorme tree vorentoe in God se heilsplan.
Maar die uniekheid van Pinkster beteken nie dat daar geen lesse en Geesgeïnspireerde voorskrifte vir ons in die Pinkstergebeure sit nie. Inteendeel! Sekerlik moet Petrus se prediking en aanslag op die Pinksterdag as iets van 'n normatiewe evangeliseringsriglyn vir ons dien.
Natuurlik praat ons nie van 'n slaafse navolging van dit wat daar gebeur het nie. Daar heers immers by elke situasie 'n ander stel omstandighede. Dit gaan dus nie oor 'n simplistiese kopiëring van Handelinge 2 nie.
Maar sonder twyfel word hier groot beginsels en riglyne in plek geplaas wat ons nie durf geringskat nie. Dis omdat so 'n mistasting male sonder tal deur die kerkgeskiedenis, asook vandag, aan die orde was en is, dat die institusionele kerk in vele opsigte ontaard het om die Godonterende gestaltes aan te neem soos dit in soveel kringe vandag die geval is.

2. Laat ons nie die apostel se Christus-gesentreerdheid in sy prediking miskyk nie. Hy gee baie aandag aan Jesus se kruis en opstanding. Wat die historisiteit daarvan betref, beroep hy hom op 'n dubbele getuienis.
Eerstens is daar die getuienis van die Ou Testament. Kruis en opstanding was vervulling van talle profesieë (Petrus verwys na Ps 16, Ps 110 en Joël 2).
En tweedens is daar die getuienis van die apostels self (2:32).
Só moet ook ons preek. Maar omdat ons nie oog- en oorgetuies is nie, is ons algeheel afhanklik van die apostels se getuienis. Ons moet bloot in afhanklikheid van die Gees hulle eggo's wees. Prediking is Woordverkondiging en -uitleg!
3. Voorts verkondig Petrus die beloftes wat die Here gee vir mense wat opreg na Hom toe kom. Daar is twee beloftes. Die vergewing van sondes en die gawe van die Heilige Gees.
Maar hierdie gawes word nie sonder meer gegee nie. Daar is voorwaardes aan verbonde. Innerlik dring die Here aan op bekering. En uiterlik is daar die vereiste van die doop.Sáám is die twee dinge die uitdrukking van ons geloof - wat ons vanuit die ou mensheid verplaas na die nuwe heilsgemeenskap van Christus.
Bekering en doop het enorme implikasies. Dis die aanneem van 'n nuwe Koning, 'n nuwe volk, 'n nuwe burgerskap, 'n nuwe kultuur. Dis 'n besliste en ingrypende verplasing van lojaliteit, trou en toewyding. Dis om jou openlik te skaar by Jesus se dissipels. Dit is om vanuit dit wat oud en korrup is (NIV), doelbewus en baie beslis oor te stap na dit wat nuut en in die proses van redding is (vgl. 2:47).
Die doop is soos eedaflegging tydens naturalisasie. Dis 'n publieke en formele identifisering met Christus en met Sy gemeente. Die dopeling moet dus weet dat hy of sy van daardie oomblik af 'n vreemdeling en 'n bywoner in hierdie wêreld is. Dis waarom dit 'n tipiese ervaring van gelowiges deur die eeue is: solank jy ongedoop is, word jy op 'n manier deur die samelewing geduld. Maar die oomblik as jy formeel en publiek jou trou aan Christus bely, en jou lojaliteit na Sy gemeente verplaas, bars verwerping en selfs vervolging in felheid baie dikwels los. Dis asof mense aanvoel dat jy voor die tyd nog op twee gedagtes hink. Maar die oomblik as jy jou laat doop, weet hulle jy het die stuk niemandsland na die ander kant van die linies finaal oorgesteek.

4. Op die Pinksterdag preek Petrus 'n viervoudige boodskap.
Dit behels twee gebeurtenisse (Christus se dood en opstanding), soos bekragtig deur twee getuies (die profete en die apostels), op grond waarvan die Here twee beloftes maak (sondevergiffenis en die gawe van die Heilige Gees), op voorwaarde dat ons twee opdragte gehoorsaam (bekering en doop).
Ons het geen reg om hierdie viervoudige apostoliese evangelie te versnipper nie. Wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. God se heilsboodskap is 'n geïntegreerde eenheid.
Ons durf nie kruis en opstanding van mekaar lossny nie. Sonder die eerste kon die laaste nie plaasvind nie; sonder die laaste was die eerste tevergeefs (1Kor 15:12-20).
Ons durf nie Ou en Nuwe Testamentiese getuienis van mekaar lossny nie. Sonder die eerste is die laaste onverankerd; sonder die laaste loop die eerste op niks uit nie.
Ons durf nie sondevergiffenis en die gawe van die Heilige Gees van mekaar losmaak nie. Sonder die eerste is die laaste onmoontlik; sonder die laaste geniet ons nie die voorregte van die eerste nie.
Ons durf nie bekering en doop van mekaar skei nie. Sonder die eerste mag die laaste nie; sonder die laaste is die eerste nog nie voltooi nie.

5. Ons mag nie 'n enkele komponent van die apostoliese proklamering oorboord gooi of selfs verwaarloos nie.
Die ware evangelie is 'n historiese boodskap (dit handel oor feitelike gebeure in die verlede). Dis 'n teologiese boodskap (soos deur die héle Woord van God verduidelik).
Dis 'n heilsboodskap (dit dra die belofte van verlossing).
Dis 'n gesagvolle boodskap (dit vereis van ons enkelhartige en onvoorwaardelike gehoorsaamheid).




Nico van der Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis (soos meeste Gereformeerde Baptiste dwarsoor die wêreld), asook die Belydenis van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges en gemeentes in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die ewenaar.
Gereeld word 'n preek of studiestuk soos hierdie wêreldwyd en gratis in Afrikaans en meermale in Engels per e-pos gestuur aan mense wat dit persoonlik aangevra het.
Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie:
Postnet Suite No. 148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika;
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za;
Tel. 082 848 9396.
Blogs: www.e-preke.blogspot.com (plus nog 4 blogs - adresse by genoemde adres)
Nico het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en daarna vir 'n dekade as Siviele Ingenieur gewerk (as konstruksieingenieur en universiteitsdosent). Na 'n radikale Christelike bekering en daaropvolgende teologiese studie aan die Potchefstroomse Universiteit, was hy vir ongeveer drie dekades veral stigterspredikant van twee gemeentes in die Vaaldriehoek en Pretoria. Hy was ook vir meer as 'n dekade 'n dosent aan die Lynnwoodrif Bybelskool. Die afgelope paar jaar wy hy meeste van sy tyd aan skryfwerk en prediking waar hy ook al uitgenooi word.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Vr Dec 20, 2019 12:36 pm

Ek stuur maar 'n paar dokumente in meer as een formaat. Ons het die afgelope tyd so gesukkel - ek kan maar net hoop julle kan ten minste een of dalk meer van die dokumente oopkry.

Ek sal DV nou eers weer in Januarie iets stuur.

Vir die van julle wat vakansie hou, mag dit wonderlik geseend wees. Ry veilig en hou matigheid voor oe" - ek dink veral aan die kospotte. En vir die van julle wat met tuisbly se karretjie ry: mag ook julle 'n geseende en rustige tyd geniet.

Julle word almal seen toegebid.

jbiC

Nico
nico@dievanderwalts.co.za
www.facebook.com/nico.vanderwalt.73

*************************************************

ANTIPAS HEROUT

Antipas, My getroue getuie (Op 2:13)


No. 63


Mark 15:34

ELOI, ELOI, LEMA SABAGTANI?

Die vierde kruiswoord: My God, My God, waarom het U My verlaat?


Nico van der Walt


Wie sal ooit die diepgange van Jesus Christus se lyding kan deurgrond - Sy lyding in die plek van mense wat vir verlossing deur die Vader aan Hom toevertrou is? Hoe sal ons ooit begryp wat dit beteken dat Hy die ewige straf wat hulle toegekom het op Homself geneem het?

Noodsaaklik om reg te verstaan

Dis 'n baie algemene persepsie dat die God van die Ou Testament iesegrimmig, toornig, gewelddadig en wreed was. Daarteenoor sou die God van die Nuwe Testament liefdevol en vergewensgesind in die oortreffende trap wees. Baie mense werk effektief met 'n Bybel van twee gode - met 'n bi-teïsme. Beswaarlik kan daar egter 'n méér Godonterende en lasterlike idee wees.
Die God wat Homself in die Ou Testament aan ons openbaar, is presies dieselfde God van wie ons in die Nuwe Testament lees. Trouens, die ergste uitgietings van God se toorn kry ons in die Nuwe Testament.
Wat is erger as Openbaring se seëls en trompette en bakke vol toorn? Dit laat mens sidder as jy lees hoe die mense by die berge pleit om op hulle te val om hulle van die Lam se toorn te bedek.
Maar die ergste uitstorting van God se toorn vind ons op Golgota!
As daar ooit 'n man was wat kon kla oor die behandeling wat Hy van God gekry het, was dit Jesus van Nasaret. Hý was immers die enigste mens wat ooit volkome onskuldig deur hierdie lewe gegaan het. Maar Hy moes die ergste oordele van God verduur.
Inderdaad sou God onregverdig gewees het as die Here Jesus nie vrywillig ons sonde op Homself geneem het nie. Maar met Sy hele hart het Hy onder die straf ingeklim - die oordeel van God waarmee mense tot in ewigheid nie sou klaargekry het nie. En as die toorn van God dan genadeloos, golf na woedende golf, met meedoënlose intensiteit oor Hom breek, het Hy nie vir 'n oomblik gemurmureer nie.
Wat ons moet raaksien, is dat Christus nie ten diepste onder die hande van mense gely het nie. Nee, Hy het onder Sy Vader se toorn as strafdraende Plaasvervanger namens ons gesterf. Só haat God sonde, só streng en onkreukbaar is Sy geregtigheid, dat Sy Seun, die oomblik toe Hy ons skuld op Hom geneem het, geensins oorgesien kon word nie. Dis waarom Jesaja profeties kon skryf: "Dit was die wil van die Here om Hom te verbrysel, om Hom die pyn te laat ly" (53:10).
Dis belangrik om te onthou dat Jesus Christus dwarsdeur die tyd van Sy vernedering gely het - van die oomblik van Sy ontvangenis af. Maar sonder twyfel het dit toegeneem in intensiteit soos Sy lewe gevorder het - totdat dit in Sy kruisiging tot 'n klimaks gekom het.
Reeds was Sy lyding in die tuin van Getsemane, ure voor die kruisiging, verskriklik intens. Wie van ons kan begin verstaan wat daar gebeur het? Maar as Getsemane vooruitsig was, was Golgota die werklikheid.

Getsemane (Matt 26:36-46)

Al in Getsemane begin mens reeds iets van 'n idee kry van wat Jesus gaan deurmaak. Hoewel nog nie die kruis self nie, word Sy vrees en benoudheid hier in die tuin iets van 'n venster - weliswaar nog dof - waardeur ons na Sy latere lyding kan kyk.
Voordat die Here begin bid, sê Hy vir Sy dissipels, "Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My" (Matt 26:38). Dan stap Hy 'n entjie verder, gaan lê op die grond en bid: "My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil" (Matt 26:39).
As Hy klaar gebid het, gaan Hy terug na Sy dissipels toe en kry hulle vas aan die slaap.
Hy gaan bid dan vir 'n tweede keer: "My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied" (Matt 26:42). Dis 'n gebed van oorgawe, en duidelik is Jesus besig om Sy vrese te bemeester.
Terug by Sy dissipels is hulle steeds aan die slaap. Dis duidelik: alleen, heeltemal alleen, sal Hy die lydenspad moet stap.
Hy gaan bid dan 'n derde keer. Nou is Sy oorgawe totaal en finaal. Dan sê Hy met beslistheid: "Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby" (Mt 26:46).
Jesus se intense belewinge
Die sterkste woorde in die Griekse taal word gebruik in 'n poging om te beskryf waardeur die Verlosser gegaan het. Trouens, só erg was Sy doodsangs dat Lukas skryf: "Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val" (Luk 22:44).
Die evangeliste gebruik vier woorde om die Here Jesus se intense emosies en belewinge uit te druk.

• Die eerste woord (Gr. ademoneo) word vertaal met "benoud wees" (OAV) of met "beangs wees" (NAV, DAV). Dit dui op die terugdeins van 'n onvermydelike verskrikking wat voorlê (Matt 26:37; Mark 14:33).

• Die volgende woord (Gr. perilupos) word deur die OAV en DAV vertaal met "diep bedroef". Die NAV praat van "doodsbenoud". Letterlik beteken dit om van hartseer omring te wees, om deur benoudheid oorweldig te word (Matt 26:38).

• Die derde woord (Gr. ekthambeisthai) word deur al drie vertalings met "ontsteld of hewig ontsteld" vertaal. Letterlik is dit om in die greep van 'n afskuwelike verskrikking waardeur jy moet gaan, te wees (Mark 14:33).

• Die laaste woord (Gr. agonia) word deur die OAV met "sware stryd" vertaal, en deur die NAV met "doodsangs". Dit dui op die uiterste innerlike konflik (Luk 22:44).

Die skrikwekkende vooruitsig
Wat wek sulke intense emosies in die Here Jesus? Wat lê vir Hom voor? In Sy gebed praat Hy van die "lydensbeker". Wat is hierdie beker?
Daar het liggaamlike lyding op Hom gewag - geseling en die onuitspreeklike foltering van die kruis. Geen teregstellingswyse was deur die eeue meer wreed en pynlik nie. En die dood het stadig gekom. Mense kon vir dae aan hierdie vloekhout oorleef. Voorts moes die onreg van Sy teregstelling, die hoon van die mense en die verraad van Sy dissipels soos swaarde deur Sy siel gesteek het.
Daar is egter meer. Hoe rym mens die Here Jesus se benoudheid in Getsemane met die feit dat Hy dwarsdeur Sy lewe oënskynlik geen vrees vir mense gehad het nie? Het Hy minder moed gehad as Sy volgelinge wat ná Hom vir hulle geloof tereggestel sou word? Dwarsdeur die kerkgeskiedenis is dit as 'n wonderlike voorreg gesien om 'n marteldood vir jou geloof te sterf. So, byvoorbeeld, het Ignatius, die voorganger van die gemeente in Antiogië in Sirië, aan die begin van die tweede eeu by die gemeentes gepleit om niks ter wille van sy vrylating te doen en hom so die eer van 'n marteldood te ontneem nie. Waarom sou ontelbaar baie deur die eeue só deur die Heilige Gees versterk word dat hulle die skavot of die brandstapel met lofliedere op hulle lippe tegemoet kon gaan? Maar die Seun van God kan dit nie hanteer nie? Waarom sou Hy wat tot nou toe die kruis met onstuitbare beslistheid as Sy eintlike lewensdoel beskou het, skielik begin terugdeins?
Nee, erg soos Sy liggaamlike en emosionele smarte was, was die lydensbeker kennelik iets veel erger.
Vertolk mens die dramatiese lydensgebeure in die lig van die res van die Nuwe Testament, is dit duidelik dat die onuitspreeklike verskrikking vir die Here Jesus daarin gelê het dat die totale sondeskuld van diegene wat die Vader vir Hom gegee het op Hom gestapel sou word. Hy sou die volle toorn van God daarvoor moes verduur. En in die proses sou Hy die innige en ewige gemeenskap wat Hy tot op daardie oomblik met die Vader geniet het moes verbeur.
'n Bevestiging vir só 'n verstaan van Jesus se benoudheid en lyding, is die feit dat die begrip "beker" (wat Hy gebid het by Hom moes verbygaan) dikwels in die Ou Testament geassosieer word met God se toorn en straf (Job 21:20; Ps 75:8; Jes 51:17-22; Jer 25:15-29; Eseg 23:32-34). Dit geld ook die Openbaringboek (Op 14:9-10; 18:6).
Hoe aangrypend is dit egter nie dat daar geen rebellie by Jesus te bespeur is nie. Elke gebed van Hom begin met die woorde, "My Vader"; en elke keer sluit Hy af met die oorgawe, "nie My wil nie, maar U wil."
En na die stryd, nadat die Here Jesus deurgebid het, is Hy sterk, vol vrede en vergenoegd - in volle oorgawe. Daarom, as Petrus Sy inhegtenisname wil verhoed, sê Hy vir die apostel: "Sit die swaard in sy skede terug. Moet Ek dan nie die lydensbeker drink wat die Vader My gegee het nie?" (Joh 18:11). Om die wil van die Vader te doen, sou steeds Sy voedsel bly.

Die kruiswoorde

Aan die kruis was daar sewe kruiswoorde. Hulle is versprei deur al vier evangelies. Net Markus en Matteus bevat hierdie vierde een waaroor ons besin - ons teks.
In die eerste drie kruiswoorde gaan dit oor die belange van die omstanders.

• Eerstens doen Jesus voorbidding vir sondaars - in hierdie geval Sy teregstellers: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie" (Luk 23:34). Betekenisvol is dat die Griekse werkwoord sê Hy het aanmekaar so gebid (Gr. Imperfektum).

• Tweedens gee Hy 'n wonderlike belofte vol troos vir 'n sondaar wat homself verootmoedig - 'n misdadiger wat saam met Hom gekruisig word: "Ek verseker jou: vandag sal jy saam met My in die paradys wees" (Luk 23:43).
• Derdens sien Hy om na die belange van Sy moeder, Maria, deur haar en Johannes aan mekaar toe te vertrou: "Daar is u seun ... Daar is jou moeder" (Joh 19:26-27).

Oënskynlik volg daar dan 'n lang periode van stilte - dit kan so lank soos drie uur wees - voordat die laaste vier kruiswoorde uitgespreek word, kort na mekaar. Nou gaan dit oor die Here Jesus se lyding en Sy verhouding met Sy Vader. Ons teks word gevolg deur drie kort sinnetjies: "Ek is dors" (Joh 19:28) ... "Dit is volbring" (Joh 19:30) ... "Vader, in u hande gee Ek my gees oor" (Luk 23:46).
Dat die Here nou met Homself en Sy hemelse Vader besig is, is natuurlik en tipies. As 'n sterwende al sy aardse belange afgehandel het, draai hy by wyse van spreke sy gesig na die muur toe om die dood tegemoet te gaan, en om met God alleen besig te wees.

'n Merkwaardige gebeurtenis

Die kruisiging van Christus is sekerlik een van die mees uitsonderlike gebeurtenisse in die geskiedenis van hierdie wêreld - die skepsel maak sy Skepper dood! En die uitroep waarna ons kyk, is die dieptepunt en mees verstommende van hierdie ontsettende gebeurtenis - die ewige en onuitspreeklik wonderlike gemeenskap tussen die eerste en tweede Persone van die Goddelike Drie-eenheid word verbreek!
Dat onskuldiges veroordeel word, en dat die een wat goed doen deur sy begunstigdes vermoor word, is sekerlik niks nuuts in die geskiedenis van die wêreld nie. Dit het al begin toe die vrome Abel deur sy broer vermoor is. Maar Hy wat aan die kruis gehang het, was geen gewone mens nie. Hy was die volkome en die volmaakte mens! Alle ander mense wat deur hulle vervolgers tereggestel is, het talle foute gehad. Niemand se saak is immers waterdig nie. Maar van hierdie Een het selfs 'n heidense regter gesê: "Ek vind geen skuld in hierdie man nie" (Luk 23:4)!
Maar dis nie al nie. Nog meer verstommend is die feit dat híérdie tereggestelde nie net 'n volmaakte mens is nie - Hy is die Seun van God en God die Seun!
As ons nie kan begryp dat God die Seun Homself aan so iets onderwerp nie, wat sal ons sê van die Bybelse openbaring dat dit God die Vader was wat Sy Seun oorgegee het om so 'n skandelike dood te sterf? Presies dit is wat die Skrif leer.

Die vierde kruiswoord

Dis reeds vir 3 uur donker. Nou is dit die negende uur, oftewel drie-uur die middag. Dis 'n middag-middernag. Jesus is sterwende. "Eloï, Eloï, lemá sabagtani?" - "My God, my God, waarom het U My verlaat?".
Wat het deur Jesus se gemoed gegaan tydens daardie 3 uur van stilte in die duisternis? Beleef Hy dalk ekstatiese gemeenskap met Sy Hemelse Vader? Dit sou tipies wees van 'n sterwende gelowige. Het baie van ons dit nie al langs die sterfbed van 'n heilige gesien nie? Hoeveel martelare was nie al so weggeruk in hemelse vervoering dat hulle midde-in 'n vlammesee staan en sing het nie?
Maar so was dit nie in ons Here Jesus se geval nie! Inteendeel.
Die rou kreet van benoudheid waarmee Hy die stilte verbreek, is 'n uitdrukking van dit wat Hy in die voorafgaande ure van duisternis beleef het.
Psalm 22:2, die Messiaanse profesie van 'n duisend jaar vantevore, waar hierdie woorde net so geskryf staan, sê dit was soos 'n "gebrul" (OAV). Die Hebreeuse woord dui op die roggelinge van 'n dier in sterwensangs. Nooit was daar 'n uitroep soos dié in die geskiedenis nie; nooit sal daar ooit weer só 'n gil wees nie. Dis nie net nóg 'n mens wat hier sterf nie. Ja, dis die mens, Christus Jesus. Maar dis meteen die tweede persoon van die Goddelike Drie-eenheid. Dis die Skepper van die hemele en die aarde (Heb 1:10).
En die Vader stuur nie 'n engel om Hom te versterk nie. Hy doen nie 'n wonderwerk en haal Hom dramaties van die kruis af nie. Hy laat Hom eenvoudig oor aan Sy lot. Vir die eerste maal in die ewigheid is daar tussen Vader en Seun geen gemeenskap nie. Jesus is alleen, alleen, alleen!
Want tot in der ewigheid sal God met sonde geen gemeenskap hê nie!
Wat ons moet verstaan, is dat Jesus se lyding nie bloot Sy eie subjektiewe belewing is nie. Nee, Sy geskeidenheid van God is werklik. God het Hom regtig verlaat.
Die Here Jesus is hier die vervulling van dit wat 'n duisendvyfhonderd Groot Versoendae geprofeteer het (Lev 16). Hy vervul dit waarvan onder meer die twee bokke gespreek het - die bok "vir die Here" wat met vuur verbrand is, en die bok "vir Asasel" wat met die volk se sonde op hom die woestyn ingejaag is om daar alleen en verdwaald van honger, dors en ontbering om te kom.
Jesus ondergaan hier die marteling van 'n doemeling. God handel met Hom, nie soos 'n liefdevolle vader met sy seun nie, maar soos 'n gekrenkte en regverdige regter met 'n misdadiger. Dis miljoene se sonde wat Jesus hier vergruis. Dis die bliksemstrale van God se heilige toorn wat meedoënloos, een na die ander, op Hom inbrand! Dis die ewige verdoemenisse van miljoene begenadigdes wat op Hóm gestapel is en Hom verbrysel. En Hy is alleen, alleen, alleen!
"Maar is dit regverdig?", vra jy. "Was Hy nie in hierdie oomblikke juis by uitnemendheid gehoorsaam aan Sy Vader nie? Is dit nie juis waarvoor Hy gekom het nie?"
Presies dit is die punt. Hy het ons sonde op Hom geneem sodat die Vader dit aan Hom kon straf. Só bevredig Hy die onkreukbare geregtigheid van God. Wat ons hier sien, is hoe Hy elke stukkie sondeskuld van elke uitverkorene deur die ganse geskiedenis betaal!

Die kruiswoord woord vir woord
• "My God, my God". In die eerste en laaste kruiswoord praat Jesus met God as Sy "Vader". Maar hier noem Hy Hom net "God". Is dit omdat die band van intimiteit tussen hulle verbreek is?
Die Aramese Godsnaam wat die Here Jesus waarskynlik hier gebruik, is "El". Dis die basiese Godsnaam en kom van die stam "om sterk te wees". Dit dui dus op God as die almagtige. Die band tussen Vader en Seun word dus nie verbreek omdat die Vader nie meer Sy gefolterde Seun kan vashou en beskerm nie. Nee, wat hier gebeur, is presies wat reeds in die ewigheid voor die skepping tussen die drie Persone van die Goddelike Drie-eenheid besluit is - dit wat die verlossingsverbond vasgemaak het.

• "Waarom?". Wat tog is die rede dat God Sy enigste Seun nou verlaat - hier in Sy uur van grootste nood? Hy het tog geen aanleiding daartoe gegee nie. Was Hy nie in alles deurgaans getrou en gehoorsaam nie? Waarom?
Natuurlik weet Jesus presies wat aan die gang is. Maar hier sien ons Hom in Sy menslike swakheid.

• "Het". Dis verlede tyd; dit het reeds gebeur. Hier is nie bloot 'n dreigende vooruitsig nie. Nee, dis reeds 'n voldonge feit! Dis die verskriklikste oomblik in God se ewigheid!

• "U". Was die klem in die sin dalk op hierdie woord? Dis asof Jesus wil sê: "Ek ken verwerping. My broers het My vroeg-vroeg reeds verwerp - soos Josef se broers hom nie kon verduur nie. My eie mense in Nasaret het My verwerp; trouens, hulle wou My selfs vermoor. My volk het My die rug toegekeer. Meeste van My volgelinge het aanstoot aan My geneem. Judas het My verraai. Petrus het My verloën. En die res van My dissipels het gevlug."
"Dit alles kon Ek verduur - want Ek het U gehad. Dis waarom ek in die bovertrek kon sê: Kyk, daar kom ’n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is" (Joh 16:32).
"Maar nou - nou, Vader, het Ú My ook verlaat!"

• "My". Of is die klem dalk op híérdie kort woordjie? Dan is dit 'n roep tot die Vader: "Die mens is die kroon van U skepping, maar hy het in sonde geval. Daarom is alle mense sondig. Dat U dus die mens verwerp, is verstaanbaar, trouens, onvermydelik. Maar Ék is die tweede mens, die laaste Adam. En het Ek nie die werkverbond volkome gehou nie? Was Ek nie elke oomblik van elke dag in optrede, woord en gedagte volmaak gehoorsaam aan U nie? Het U nie van My gesê nie, Dit is My geliefde Seun in Wie Ek 'n behae het? Waarom, waarom verlaat U Mý?"
• "Verlaat". Was die Vader en die Seun nie van altyd af sielsgenote nie? Was die eenheid tussen hulle, en die liefde, en die onderlinge behae, en die intieme gemeenskap, nie meer en dieper as wat mensewoorde kan uitdruk nie? Was dit nie van alle ewigheid af so nie? Maar nóú, as die Seun Sy Vader se bystand en gemeenskap oënskynlik nodiger het as ooit, is Hy skielik alleen. Die Vader is net weg! Weg! Weg!

'n Paar implikasies

1. In die Here Jesus se benoudheidskreet sien ons die verskriklikheid van sonde

Waar was daar ooit soveel haat saamgetrek op een plek soos daar op Golgota?

• Waar sien jy die mens se weersin in God méér as hier? Die skepsel vermoor sy Skepper!
Jy sê, die mense het nie besef dat hulle met die Seun van God te doen het nie. Dink jy regtig hulle het 'n verskoning gehad?
Was Sy persoon en leer en lewe, onder hulle nie deurgaans deurtrek van God se teenwoordigheid nie? Was Hy nie die vervulling van dosyne Ou Testamentiese profesieë nie - profesieë wat hulle oor en oor aan moedersknie gehoor het? 'n Stuk of driehonderd sulke profesieë. Het Hy nie dag in en dag uit die liefde en wil van God in hulle midde uitgeleef soos niemand voor of na Hom nie? Het Hy nie honderde onbetwisbare wonders en tekens voor hulle oë gedoen nie? Het Hy nie oor en oor, op allerlei wyses, vir hulle gesê wie Hy is en wie Hy verteenwoordig nie?
Máár hulle kies Barabbas! In hulle waansinnige haat en woede skreeu hulle: "Laat Sy bloed op ons en ons kinders kom!" En hulle dompel hulle kinders en kindskinders vir die volgende eeue (nou al tweeduisend jaar!) in ellende en geestelike duisternis.
Minder as vier dekades ná hierdie verwerping van hulle Messias sou Jerusalem en sy tempel deur Romeinse soldate vernietig word, 'n miljoen Jode in die beleg van van die stad sterf en die oorlewendes weggevoer word en uiteindelik wêreldwyd onder die nasies verstrooi word.

• Sonder twyfel is ook die Duiwel baie aktief op Golgota. En hierdie vierde kruiswoord is die mooiste woorde wat hy ooit gehoor het. Om te dink dat hy destyds in die paradys gemeen het dat daar geen groter triomf as die sondeval kon wees nie! Maar dit was soos niks in vergelyking met híérdie oorwinning nie! Ook God se wéér-poging met 'n volgende "Adam" - en hierdie keer is dit Sy heel laaste troefkaart, want méér het Hy nie om te gee nie - laat hy nogeens skipbreuk lei!
Maar terwyl hy sy hande selfvoldaan vryf, word sy lot en ewige oordeel onomkeerbaar en finaal verseël!
• Die volk en die duiwel se haat is egter niks in vergelyking met 'n ánder haat nie - 'n haat wat die Golgota-gebeure van A tot Z beheers. En niks beklemtoon hierdie haat soos die vierde kruiswoord nie. Ons praat van Gód se heilige sondehaat.
Só vasbeslote is die heilige Vader dat geen, maar géén sonde ongestraf sal bly nie, dat Sy innig-geliefde Seun plaasvervangend moet instaan vir die uitverkorenes - vir almal saam en vir een en elkeen persoonlik. Daar is geen ander manier om hierdie begenadigdes te red nie, want nie 'n kriesel van hulle sondeskuld sal onder die mat ingevee word nie. En elke sonde is strafbaar met die dood. God is 'n God van absolute en onkreukbare geregtigheid. Elke stukkie mislukking in die verering en gehoorsaamheid wat aan die Driemaal Heilige verskuldig is, enersyds, en elke onsuiwer motief, elke onbedagsame woord, elke selfsugtige daad, andersyds, van ontelbaar baie begenadiges deur die eeue, sal ten volle gestraf word. Die Seun van die mens, ja Hy, nét Hy, in hulle plek!
Hierdie vierde kruiswoord is 'n pynkreun - durf mens praat van 'n bloedstollende gil - vanuit die diepste dieptes van Godverlatenheid! Die Lam van God verduur in enkele ure die gekonsentreerde ewige verdoemenis van ontelbaar baie uitverkorenes.

• O, as ons maar méér kon verstaan van hierdie Godshaat vir sonde! As ons maar 'n dieper insig kon verkry in die helse smarte wat God se geliefde Seun in ons plek moes verduur! 'n Beter teenmiddel teen flankeerdery met sonde is daar nie. As dít die prys is vir my verlossing, móét ek mos elke dag bid dat God my heilig sal maak soos Hy heilig is.
Voorts, kan daar iets méér veragteliks wees as om God te aanbid terwyl jy sonde soos 'n suiglekker in jou kies rondrol?

2. In Jesus se benoudheidskreet sien ons die verskriklike lot van diegene wat op eie meriete die ewigheid binnegaan.

Dis duidelik soos daglig: As God Sy geliefde Seun nie gespaar het nie, sal hy 'n sondaar wat Sy genade-uitnodigings en bekeringsbevele in die wind slaan, skotvry laat wegkom? As die Seun so volkome deur die Vader verlaat is toe Hy sonde vir ons geword het, sal ek en jy vir altyd kan voortgaan om in die sonskyn van God se genadeguns te bak terwyl ons hand-om-die-nek loop met opinies en gesindhede en praktyke wat deur God gehaat word? (Heb 12:14).
Moenie die verleiers glo nie wat - deur wat hulle sê, of nie sê nie - jou probeer wysmaak dat alles uiteindelik vir almal goed gaan uitwerk. Helaas, hoeveel kansels is nog bereid om oor die verskrikkinge van God se ewige oordeel te praat?
Ja, ja, ek kan hierdie huiwering verstaan. In ons mensgesentreerde wêreld is mense skaam vir 'n God van toorn. En dis mos lekker om 'n goedvoel-tyding te bring: Sing, sing stap ons hand aan hand, almal saam na die ewige heil van glimlagland!
Maar in ons profetiese roeping durf ons nie so 'n eensydige leuen-boodskap verkondig nie. Gaan luister weer na die Here Jesus. Gaan lees weer Matteus 23. Niemand in die Bybel het so dikwels teen die ewige verdoemenis gewaarsku as Hy nie. En wie het beter geweet as Hy?
Nee, daar is maar één manier om gered te word van dit wat ek en jy deur en deur verdien - deur vryspraak te ontvang en beklee te word met Christus se geregtigheid. En dit kom net wanneer mens jou volle vertroue vir lewe en dood, vir tyd en ewigheid in Sy verdienste alleen plaas.
Wat dan van die gehoorsaamheid en heiligmaking waarvan die Skrif sê dat mens daarsonder God nie sal sien nie? Die antwoord is eenvoudig, maar diepsinnig: nooit, maar nooit, sal God iemand regverdig verklaar sonder om daarna ook heiligmakend in hom of haar te werk nie. Dis omdat beide elemente van die reddingsproses - regverdigmaking en heiligmaking (en natuurlik die ander elemente van die heilsorde) - sonder uitsondering voortspruit uit die herskeppende wonder van uitverkiesing, roeping en wedergeboorte wat dit voorafgaan.

3. In die Here Jesus se benoudheidskreet hoor ons 'n onontkombare roeping tot dankbaarheid en gehoorsaamheid.

Lees mens die Nuwe Testament, kom jy gou-gou onder die indruk dat niks vir Jesus belangriker was as Sy kruiswerk nie. Ja, in Sy liefde moes Hy baie vreugde geput het uit Sy goeie werke, wat vir soveel duisende lewensverligting gebring het. En as God se groot profeet was dit vir Hom baie belangrik om onvermoeid die mense te leer. Maar in die eerste instansie het Hy as Verlosser gekom. Hy sou nooit tevrede gewees het om bloot strelende salfies en welriekende pleisters op stinkende wonde te plak nie. Nee, Hy het gekom om ewige en volmaakte verlossing vir dermiljoene te bewerkstellig. En dit kon net aan die kruis gebeur. Jesus het gelewe om te sterf!
As Sy versoeningsdood dan die Here Jesus se allererns was, en as die dieptepunt daarvan hierdie vierde kruiswoord was - hoedanig moet óns erns dan nie wees om die implikasies daarvan te omhels en uit te leef nie? Hoe hemelskreiend selfgesentreerd is dit nie om fluit-fluit verby dit te huppel nie? Waarlik, as jy jouself 'n Christen noem, moet jy besef dat waarhede soos hierdie enorme implikasies vir jou inhou en verantwoordelikhede op jou stapel!
Dis nie dat ons kan of moet probeer vergoed nie. Genade kan ons nooit in die skuld by God dompel nie - in elk geval nie met die implikasie dat ons moet terugbetaal nie. Dan was dit nie meer genade nie. Genade is per definisie guns wat betoon word aan iemand wat dit hoegenaamd nie verdien nie en magteloos is om enige kompensasie te betaal. Nee, Christus is óf 'n sondaar se genadige en volkome alleen-Redder, óf glad nie. Hy deel Sy eer met niemand nie!
Tog is daar so iets soos dankbaarheidsintegriteit. As Hý so 'n prys betaal het om my van die ewige verdoemenis te red - dan is dit mos krimineel as ek nie my hele lewe wy aan die bevordering van Sy eer nie.
Nog meer, dis so voor die hand liggend dat mens dit beswaarlik wil noem: tot die mate wat ek hierdie waarhede begryp en aangryp en toe-eien, en tot die mate wat ek dit na waarde skat - tot daardie mate sal dit my lewe beheers.

4. Christus was verlate sodat ons wat met hom verenig is nooit weer in die absolute sin verlate hoef te wees nie

Tot 'n mindere of meerdere mate ken elkeen van ons eensaamheid en verwerping. En dis veral in sulke tye dat mens stewig in die geloof daaraan moet vashou dat jy nie van Gód verlate is nie. Die grondoorsaak en rede daarvoor sit in hierdie vierde kruiswoord. Omdat Christus van God verlate was, sal diegene wat deur 'n ware geloof met Hom verenig is tot in ewigheid nooit weer in die absolute sin van die woord alleen wees nie. Waarom nie?
Kort na die Here Jesus se benoudheidskreet van verlatenheid, het Hy triomferend uitgeroep: "Dit is volbring!" (Jh 19:30). Dit is die vertaling van 'n enkele Griekse woord wat vir elke Christen onbeskryflik kosbaar is: tetelestai. Dis 'n woord wat uit die handelswêreld gekom het. As iemand geld geskuld het, en uiteindelik sy verpligting finaal nagekom het, het die skuldeiser hierdie woord dwarsoor die rekeningstaat geskryf - met die betekenis: die skuld is ten volle vereffen! So 'n gekanselleerde staat het dan as kwitasie gedien.
Dis wat Jesus hier met Sy sesde kruiswoord uitroep. Al die sondeskuld van diegene vir wie Hy hier plaasvervangend ly en sterf, is afbetaal. Daar is niks uitstaande nie! Daar is geen skuld meer nie!
Dit beteken dat daar niks, maar niks meer in die pad staan van volkome gemeenskap tussen God en diegene in Christus nie. Want dis sonde wat skeiding maak tussen die Here en sondaars (Jes 59:2). Van God verlate hóéf ons dus nooit te wees nie. Trouens, in beginsel kán dit nooit weer gebeur nie - want al ons sondeskuld, elke kriesel daarvan, is betaal. In God se boeke het ons wat gereverdig is, die status van mense wat nooit gesondig het nie. Trouens, ons het die status van mense wat God lewenslank volkome gehoorsaam het. Ons het die Here Jesus se status!
Tog voel mens wel soms van God verlate, nie waar nie. Dan kan jy nie sonder meer sê so 'n gevoel is áltyd die gevolg van sonde nie. Want soms beproef die Here ons geloof deur die belewing van Sy teenwoordigheid te ontrek. Baie dikwels is dit egter wel die gevolg van sonde - al is dit net die sonde van kleingeloof. Maar dan hoef mens net die sonde in opregtheid te bely, en die belewing van gemeenskap met die Here word gewoonlik gou-gou herstel.
Dis soos 'n man en 'n vrou wat 'n uitval het. Hulle is dan skaamkwaad en ongemaklik in mekaar se geselskap. Maar hulle blý getroud. En al wat nodig is om die genot van hulle liefdesverhouding te herstel, is die selfvernedering van apologie.

Jesus se antwoord op sy vraag
Die Here se wanhoopskreet was 'n vraag. Toe Hy in die paradys aankom, was die eggo's daarvan dalk nog hoorbaar. Het Hy 'n antwoord daarop gekry? Wat tref Hy in die hemel aan? Mag mens maar jou verbeelding vir 'n oomblik vrye teuels gee? Ek kan my indink: ontelbaar baie Ou Testamentiese heiliges met feesbaniere langs die strate wat Hom vol dankbare blydskap verwelkom. Hy het hulle verlossing so pas gefinaliseer. Ja, ook hulle is soos Abraham deur die geloof alleen geregverdig. Tog sê die Skrif dat hulle sondes tydens die ou bedeling "tydelik ongestraf" gebly het (Rom 3:25). Dit moes wag vir Christus om die straf te kom dra - om God se toorn te bevredig.
Om ook húlle verlossing eens en vir altyd tot afronding te bring, moes Hy van God verlate wees!
Maar, natuurlik, dit gaan oor meer. Dit gaan oor ons almal - God se uitverkorenes van sowel die Ou as die Nuwe Verbond.
Die einste Psalm wat Jesus in Sy vierde kruiswoord aanhaal (Ps 22:2), sluit wonderlik vertroostend af. Verse 23-32 beskryf die ewige sekuriteit en aanbiddingsvreugde van diegene wat Hy aan die kruis losgekoop het. Hoe weet ek dit?
Die laaste woord van die Psalm gee die geheim weg. Dis 'n enkele Hebreeuse woord: "Hy het dit gedoen!" En dan kom die Septuaginta, die Griekse vertaling van die Ou Testament, en vertaal die Hebreeus (weliswaar ongeïnspireerd) met 'n enkele Griekse woord: tetelestai! - Dit is volbring!



Nico van der Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis (soos meeste Gereformeerde Baptiste wêreldwyd), asook die Belydenis van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges en gemeentes in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die ewenaar.

Gereeld word 'n preek of studiestuk soos hierdie wêreldwyd en gratis in Afrikaans en meermale in Engels per e-pos gestuur aan mense wat dit persoonlik aangevra het. Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie:
Postnet Suite No. 148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika;
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za;
Tel. 082 848 9396.
Blogs: www.e-preke.blogspot.com (plus nog 4 blogs - adresse by genoemde adres)

Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en daarna vir 'n dekade as Siviele Ingenieur gewerk (as konstruksieingenieur en universiteitsdosent). Na 'n radikale Christelike bekering en daaropvolgende teologiese studie aan die Potchefstroomse Universiteit, was hy vir ongeveer drie dekades veral stigterspredikant van twee gemeentes in die Vaaldriehoek en Pretoria. Hy was ook vir 'n stuk of twaalf, dertien jaar 'n dosent aan die Lynnwoodrif Bybelskool. Die afgelope paar jaar wy hy meeste van sy tyd aan skryfwerk en prediking waar hy ook al uitgenooi word.


________________________________________________________________________________________________________________________________


GEN 1:26-28 : GOD SE BEELD IN DIE MENS AS MAN EN VROU

No. E41


God het die mens na Sy beeld geskep. Hierdie beeld is ernstig deur die sondeval verwring, maar nie heeltemal vernietig nie (Gen 1:26-27; 5:1; 9:6). God los dit egter nie so nie. Sy verlossing in Christus herstel die mens na Sy beeld.
Wat behels God se beeld in die mens? Die Westminster Shorter Catechism (Vr. 10) antwoord só: "God created man male and female, after His own image, in knowledge, righteousness, and holiness, with dominion over the creatures" (Ef 4:24; Kol 3:9-10; OAV).
Dis duidelik dat God se beeld ook in die geslagtelikheid van die mens te vind is — die feit dat die mens as man en vrou geskape is. "En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape" (Gen 1:27, OAV; sien ook Gen 5:1-2).

God se beeld in ons geslagtelikheid

Die feit dat God, toe Hy die mens na Sy beeld geskape het, nie net een persoon gemaak het nie, maar twee afsonderlike en verskillende persone — man en vrou — bring 'n baie besondere aspek van God se beeld en wese na vore: die Drie-eenheid.
In Gen 1:26, onmiddellik voordat vertel word van die mens se skepping na God se beeld, vind ons die eerste sinspeling op die Drie-eenheid: "Toe het God gesê: Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld ...".
Die mens se skepping as man en vrou vertoon die drie-enige God se beeld op minstens drie maniere: Eerstens kom dit tot uitdrukking in die man en vrou se verhouding, veral in die intimiteit binne die huwelik. Tweedens sit dit in hulle persoons- en statusgelykheid voor God. Derdens word dit gesien in hulle verskillende rolle en gesagsonderskeid.

Eerstens: Liefdesgemeenskap

Net soos daar van ewigheid af gemeenskap, kommunikasie en samewerking tussen die drie persone van die Goddelike Drie-eenheid is, so is man en vrou ook hiervoor vir mekaar gegee.
God het die mens nie geskape om 'n geïsoleerde bestaan te voer nie. Hy is in staat tot interpersoonlike menseverhoudinge. Trouens, hy het 'n onversadigbare behoefte daaraan. Nooit kom dit tot intenser uitdrukking as in die verhouding tussen man en vrou in die huwelik nie — tot so 'n mate dat hulle "een word" (Gen 2:24), fisiek, emosioneel en geestelik (Matt 19:6; 1Kor 7:3-4; Ef 5:28).

Tweedens: Statusgelykheid

Van ewig af — wat belangrikheid en goddelikheid betref — is daar volkome gelykheid tussen die drie Persone van die Goddelike Drie-eenheid. Netso is daar geen statusverskil tussen man en vrou voor hulle Skepper nie. Beide is eweveel na Sy beeld geskape; en hierdie beeld is sedert die sondeval nie in een méér verwring as in die ander nie. Tot in alle ewigheid is nie een vir Hom meer waardevol as die ander nie. Die Bybel bied dus geen grond vir enige manlike of vroulike geslagshoogmoed nie.
Hierdie statusgelykheid van mans en vrouens vereis dat hulle mekaar moet respekteer en hulle onderlinge afhanklikheid altyd onthou.
Paulus word meermale as manlike chauvinis uitgekryt. Dis ten onregte: "Tog het die Here bepaal dat die vrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonder die vrou nie, want soos die vrou uit die man geneem is, so kom die man deur die vrou in die wêreld ..." (1Kor 11:11-12).
Statusgelykheid tussen man en vrou word onontkombaar duidelik gestel in Galasiërs: "... want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één" (3:27-28). Die apostel beklemtoon hier dat daar geen meerder- of minderwaardige kategorie mense in die gemeente is nie. Hierdie Nuwe Testamentiese gelykheidsbeginsel het 'n rewolusie begin — waaraan vrouegelykheid in die moderne wêreld te danke is.

Derdens: Funksionele onderskeid

Terwyl daar van ewigheid af volkome gelykheid tussen die Persone van die Drie-eenheid bestaan, is daar verskille in funksie en gesag tussen hulle. Hoewel al drie Persone volkome God is, het die Vader groter gesag. Hy het 'n leierskaprol wat die ander twee Persone nie het nie.
In feitlik alles wat in God se raadsplan gebeur, is al drie Persone betrokke. Maar sonder uitsondering het hulle verskillende rolle. Wat meer is, daar is ook 'n onmiskenbare orde te bespeur. Die Vader is altyd die inisiatiefnemer. Dan kom lê die Seun die basis. En uiteindelik is die Heilige Gees die agent wat alles verwerklik en finaliseer. Ons sien dit in die skepping, maar veral in die herskepping.
Só het God ook funksionele en gesagsverskille tussen man en vrou daargestel. 1Kor 11:3: "Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en 'n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus."

'n Skeppingsverordening

Oor die eerste twee punte hierbo is daar tans geen verskille in die kerk nie. Die derde punt is egter in die branding. Daarop konsentreer ons dan nou.
Sommige voer aan dat die rol- en gesagsonderskeid tussen man en vrou ingestel is as straf ná die sondeval — en dus in Christus opgehef word. Dis egter glashelder duidelik dat dit reeds vóór die sondeval volledig gevestig was. Dis 'n skeppingsverordening!
Hier is meer oor te sê, maar ek beperk my tot drie aspekte wat in die Nuwe Testament weerklank vind en verband hou met vandag se kontroverse.

Adam is eerste geskep; Eva eers daarna

Hierdie skeppingsorde was uniek. Geen dier is so geskep nie. Kennelik het God 'n spesifieke doel gehad. Dat dit onder meer te doen gehad het met 'n rol- en gesagsonderskeid, word duidelik deur die Nuwe Testament onderstreep.
Paulus begrond sy verbod op vroulike leierskap in die gemeente hierop. Hy skryf in 1Tim 2:12-13: "Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva."

Eva is as helper vir Adam geskep

God het Eva in die eerste instansie vir Adam gemaak, nie Adam vir Eva nie. God het gesê: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas" (Gen 2:18, OAV).
Ook hierdie feit word deur die apostel gebruik as hy die noodsaak van 'n onderskeid tussen man en vrou tydens gemeentelike aanbidding motiveer: "Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man" (1Kor 11:9).

Die slang het sy verleiding op Eva toegespits

Satan het geweet die vrou sou minder bestand wees teen sy versoeking. God het haar nie geskape om in die voorste loopgrawe te veg nie. Sy is by uitnemendheid toegerus vir 'n ondersteuningsrol.
Paulus skryf, as hy die vrou van lering en regering in die gemeente uitsluit: "Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het." (1Tim 2:14).

Ons beperk ons tot twee implikasies

1. Die skepping van man en vrou na God se beeld, is 'n hoeksteenbeginsel in die huwelik.

As die huwelik daarin slaag om die drie pilare — gemeenskap, gelykheid en funksionele onderskeid — in jukstaposisie te hou, is dit een van God se wonderlikste gawes aan die mens. En as afskynsel van Sy wese, verheerlik dit Hom uitnemend.
Die sondeval het egter hierdie God-verheerlikende instelling ernstig beskadig. En deur die geskiedenis het min dinge meer pyn vir miljoene der miljoene gebring, as juis huwelike wat hierdie skeppingsverordening geweld aangedoen het.
Verlossing in Christus bring egter 'n opheffing van die vloek en 'n terugkeer na die oorspronklike ordes mee. In plaas van naywer en rebellie, word die vrou in Christus beveel om haar man in liefdevolle, blymoedige en lojale onderwerping te steun (Ef 5:22-24; Kol 3:18; 1Pet 3:1-6).
In plaas van gevoellose onderdrukking, word die man in Christus opgeroep tot liefdevolle en koesterende regering in die huwelik (Ef 5:25-33; Kol 3:19; 1Pet 3:7).
So word die Christelike huwelik nie net 'n afskynsel van die Goddelike Drie-eenheid nie, maar ook van die verhouding tussen Christus en Sy gemeente.
Maar nooit mag ons die man se hoofskap beklemtoon, sonder om óók te onthou dat man en vrou "mede-erfgename van die genade van die lewe is" nie (1Pet 3:7, OAV).

2. Hierdie skeppingsverordening is die diepste rede waarom die Nuwe Testament nie die vrou toelaat om in die gemeente te regeer nie.

Gaan jy oppervlakkig met die Nuwe Testament om, lyk dit asof Paulus homself weerspreek: enersyds beklemtoon hy die gelykheid tussen man en vrou in die gemeente (Gal 3:26-29); andersyds maak hy baie van die verskille tussen hulle (1Kor 11:2-16). En hy lê 'n swyggebod op die vrou in gemeentelike byeenkomste (1Kor 14:34-36; 1Tim 2:9-15).
Maar Paulus weerspreek homself allermins. Hy verstaan gewoon die fundamentele beginsel waarna ons tans kyk. Hy weet hoe lewensbelangrik God se skeppingsverordeninge is. En dis uiters betekenisvol dat hy hom soos klokslag hierop — en net hierop — beroep as hy oor hierdie kwessie skryf!
Waarin lê die funksionele verskil tussen man en vrou in die gemeente? Die vrou is 'n volwaardige lidmaat, en mag aan alles deelneem — behalwe om in die gemeente te regeer. Dit geld in die besonder amptelike en formele Woordverkondiging. Dis immers 'n kragtige regeringsinstrument.
Let op dat regering ál is waarvan die apostels die vrou uitgesluit het. Sy kon profeteer, bid en lering gee vir jonger vrouens — en sekerlik ook vir kinders (1Kor 11:5; Tit 2:3-5).

SLOT

Al die skeppingsverordeninge is van lewensbelang. Die kerk wat daarvan afwyk, betaal mettertyd 'n baie, baie duur prys daarvoor.
Laat ons dit nie miskyk nie dat die geïnspireerde apostel hom konsekwent op die situasie vóór die sondeval beroep as hy die vrou daarvan weerhou om in die gemeente te regeer. Hiermee beklemtoon hy dat sy voorskrifte nie kultuurbepaald is nie, maar dat hy werk met 'n ewige en universele beginsel.
God is besig om Sy beeld in Sy gemeente te herstel — in individue, maar in die besonder ook korporatief. Hieraan moet ons met alles in ons vermoë meewerk. Dis ons voorreg, maar ook ons hoë en verhewe roeping. Daarom is die aftakeling van die rol- en gesagsonderskeid tussen man en vrou in die kerk nie maar bloot 'n kwessie van kulturele aanpassing nie. Nee, dis lynreg in stryd met God se skeppingsordes en wil!
Waarlik, die kerk wat met betrekking tot hierdie sake wegbreek van die pad van die historiese Christelike geloof, loop 'n wesentlike gevaar om die geloof mettertyd heeltemal te versaak. Om die skeppingsverordeninge van God geweld aan te doen, is immers geen geringe saak nie!

Nico van der Walt


Nico van der Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis (soos meeste Gereformeerde Baptiste wêreldwyd), asook die Belydenis van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges en gemeentes in 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die ewenaar.
# Gereeld word 'n preek of studiestuk soos hierdie wêreldwyd en gratis in Afrikaans en meermale in Engels per e-pos gestuur aan mense wat dit persoonlik aangevra het. Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie:
Postnet Suite No. 148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika;
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za;
Tel. 082 848 9396.
Blogs: www.e-preke.blogspot.com (plus nog 4 blogs - adresse by genoemde adres)
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Di Jan 28, 2020 12:16 pm

Ek is so aan't skryf aan 'n lang artikel, dalk 'n boek in wording oor die verhouding tussen die Bybel en die moderne wetenskap, oftewel tussen die Skriftuur en die Natuur, oftewel tussen Gen 1-2 en die wetenskaplike ontdekkings van ons dag, dat ek regtig nie by 'n nuwe stuk Skrifuitleg uitgekom het nie (ek is wel op die oomblik besig met die eksegese van Gen 1-2). Ek vra om verskoning. Nou stuur ek maar die eerste paar bladsye van dit wat aanvanklik veronderstel was om 'n volgende Herout te word, maar nou heeltemal uit sy nate bars. Ek vertrou dat julle dalk hierdie klompie bladsye interessant sal vind - dis populer en redelik/baie informeel geskryf.

Maar vir die van julle vir wie dit bietjie dik vir 'n daalder is, sluit ek 3 ou epreke in. Ek is jammer dat dit al vantevore uitgestuur is (ek is onseker hoe lank terug). Maar as julle soos ek is, het meeste van julle dit al vergeet.

Hartlike groete,

Nico Van Der Walt <nico@dievanderwalts.co.za>

***********************************************************


Skriftuur en Natuur — beide reg verstaan — is altyd in harmonie

'n Getuienis

Nico van der Walt

Romeine 1:17-21
Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar, uit geloof met die oog op geloof, soos geskryf is: "En hy wat uit die geloof geregverdig is, sal lewe." Want die toorn van God word uit die hemel geopenbaar oor alle goddeloosheid en ongeregtigheid van mense wat die waarheid in ongeregtigheid onderdruk, omdat dit wat van God geken kan word, vir hulle bekend is, want God het dit onder hulle bekend gemaak. Want sy onsienlike dinge word van die skepping van die wêreld af in dit wat gemaak is, begryp en raakgesien, sowel sy ewige mag as sy goddelikheid, sodat hulle sonder verontskuldiging is, omdat, alhoewel hulle God geken het, hulle Hom nie as God geëer of gedank het nie, maar dwaas was in hulle redenasies en hulle insiglose hart verduister is.

Inleiding

Oor baie geslagte heen in ons westerse wêreld is teologie as die "koningin van die wetenskappe" beskou. Dit was díé bron van gesag en die maatstok waarmee min of meer alles gemeet is. Die Bybel was nie net in die wakis nie, dit is gelees en was die fondament van geloof en die hart van lewensoortuiging en -gerigtheid van baie.
Maar in die moderne era het die natuurwetenskappe sewe-myl-treë vooruit gegee. Geleidelik het dit oorgeneem as die sentrale riglyn vir meeste mense se lewens- en wêreldbeskouing. Beheersend oor amper die volle spektrum van filosofie en skeppingsleer is die leer van ateïstiese evolusionisme. En in die gesekulariseerde wêreld van ons dag gee dit steeds die toon aan.
Dit alles het meegebring dat daar tragiese verwarring onder selfs Christene ontwikkel het oor die betroubaarheid van die Woord van God. Want, so word gedink, reeds deur die heel eerste twee van die Bybel se 1189 hoofstukke trek die "alwetende en almagtige" wetenskap van ons dag 'n minagtende en grynslaggende swart streep: die Bybel is 'n fabel! Ons kry die boodskap in die media, in die skole, in die universiteite — noem maar op.
Hoe hanteer ware Christene dit? Hoe maak hulle hul kinders groot? Wat sê hulle vir jongmense wat na hulle eerste universiteitsjaar nie meer wil saamgaan kerk toe nie? Wat maak hulle van Jan Publiek se skeptiese oë en meewarige glimlaggies as hulle probeer evangeliseer?
Uiteraard moes ek ook maar met hierdie vrae worstel. En in wat volg deel ek met beskeidenheid my oortuigings oor hoe ek die verhouding tussen die Boek van die Skriftuur en die Boek van die Natuur verstaan. Party geleerdes — selfs dalk Christene — sal my aanslag en argumente soms as naïef en oningelig afmaak. En baie konserwatiewe Bybelgelowiges sal my as Bybelkrities afmaak. Maar dit weet ek, ek hoef nóg in die kring van Christengelowiges, nóg midde-in die mees bitsig-ongelowige wêreld, my hoed oor my oë te trek.
Laat ek sommer dadelik met die deur in die huis val. Vir baie jare reeds is ek oortuig van 'n ou skepping — met ander woorde veel, veel ouer as 6000 jaar. Ek kon sien dat dit heeltemal versoenbaar is met die Skrif, spesifiek ook met Gen 1-2. Maar my insig was nog naïef, nie eksegeties behoorlik begrond nie. In 'n baie vol en bedrywige lewe het 'n behoorlike bestudering van die saak net nooit vóór genoeg in die prioriteitstou gestaan nie. My omstandighede het egter verander. Meer tyd vir so 'n fassinerende studie het gekom. En spyt is ek nie! Dalk is dit wat ek vorentoe skryf voortydig. Baie meer studie is nodig en lê nog voor, gegee lewe en gesondheid. Maar om te skryf help my om my gedagtes te orden. En, wie weet, dalk, net dalk, kan dit nou al party mense help.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Di Jan 28, 2020 12:17 pm

Drie aanhalings, 'n belydenis, en 'n verduideliking

'n Aanhaling

Die groot Nederlandse geleerde en staatsman, Abrahan Kuyper (1837-1920), het gesê (ek kwoteer dit asof my eie woorde): "Al die skrywers van die Bybel is beweeg en gestuur deur die Heilige Gees sodat elke bladsy van God se Woord só onveranderlik en foutloos neergeskryf is dat dit so goed soos 'n direkte skepping van God is. ... Die Skrif is God se Woord, sowel in sy geheel as in sy dele. Dit is woordeliks geïnspireer, nie meganies deur 'n influistering in 'n mense-oor nie, maar organies — deur die woorde te laat ontspring vanuit die betrokke skrywer se eie bewussyn en deur gebruik te maak van daardie woorde wat voorhande was in die skrywer se denke en gees." (Uit 'n toespraak van Kuyper: "De hedendaagsche Schriftcritiek in hare bedenkelijke strekking voor de Gemeente des levenden" — Litterarische Fantasieen and Kritieken XV, 167).

'n Belydenis

As ek na die natuur kyk, des te meer in die lig van die nuutste natuurwetenskaplike ontdekkings, sien ek tot só 'n oorbluffende mate die vingerafdrukke van 'n ewige, onveroorsaakte Oorsaak en almagtige Skeppergod, dat, as dit sou blyk dat die Drie-enige God wat Hom in Jesus Christus aan ons geopenbaar het, níé die ware God is nie (ondenkbaar!), sal ek van voor af na 'n ánder Skeppergod begin soek. Want dis oorweldigend en onontkombaar seker dat Hy ís!

'n Verduideliking

Ek het geen ambisie om nuwe dinge te sê nie. Dit probeer nie om 'n geleerde studiestuk, 'n akademiese verhandeling te wees nie. Dis bloot 'n uiteensetting van hoe ek dinge verstaan; van hoe ek die Skriftuur en die Natuur met mekaar rym. Dis 'n getuienis, 'n belydenis, 'n credo. Dis 'n beskrywing van hoe ek vrede in my gemoed verkry het, en van hoe ek vrymoedig met sowel gewone Christengelowiges (en baie geleerde teoloë), asook met natuurwetenskaplikes (gelowig én ongelowig) kan gesels.

'n Tweede aanhaling

"Op hierdie terrein (die van die natuur) moet nie te haastig iets in stryd met die Skrif geag word nie, en moet 'n mens nie saampraat, voordat jy nie ernstige studie gemaak het nie — anders kan jy jouself deur jou onkunde belaglik maak in die oë van die ongelowige wetenskap." (Aurelius Augustinus, 354-430: De genesi ad litteram).
As dit 1500 jaar gelede woorde van groot wysheid was, is dit vandag 'n honderd maal meer die geval.

'n Derde aanhaling

Vir seker sal party van my Bybelgelowige broers en susters wat lees wat ek vorentoe skryf, bekommerd raak oor my geloofsregsinnigheid. Daarom haal ek 'n paar sinne aan uit Charles Hodge (1797-1878) se drie-volume Systematic Theology (gepubliseer in 1872/73). Hodge was een van die heel grootste teoloë in die geskiedenis van die kerk. Hy was 'n onkreukbaar regsinnige Bybelgelowige en was reeds 'n eeue-en-'n-half gelede vas oortuig dat wetenskap en Bybel, reg verstaan, nie in disharmonie is nie. Vanselfsprekend was hy gekonfronteer deur Charles Darwin se On the Origen of Species (1859) en het baie duidelik daarmee geworstel. Dit het hy, anders as sovele ander, met groot intellektuele en akademiese integriteit gedoen. So het hy, in 'n tyd toe amper deur die bank geglo is dat die aarde net 'n paar duisend jaar oud is, nooit paniekerig of selfs venynig gereageer toe geoloë, byvoorbeeld, begin verkondig het dat die aarde baie, baie ouer is nie. So skryf Hodge dan: "It will (one day)1 be found that the first chapter of Genesis is in full accord with the facts, and that the last results of science are embodied on the first page of the Bible. It may cause the church a severe struggle to give up one interpretation and adopt another, as it did in the seventeenth century2, but no evil need be apprehended. The Bible has stood, and still stands in the presence of the whole scientific world with its claims unshaken" (Hodge 1872, p.171).

Ek het allermins in hierdie ontdekkingstog gearriveer. As ek die lewe en gesondheid behou, hoop ek om nog talle kere verras en verryk te word met nuwe insigte. Daarom is dit wat ek vorentoe skryf nie in beton gegiet nie. Daar sal seker nog baie aanpassings, regstellings en byvoegings kom — en selfs dalk belydenisse.
My pad tot hier het my geloof in en my lofprysing van die lewende Skeppergod — my Vader in Christus — wonderlik verryk. Dit het al dikwels gelei tot oorstelpte verwondering en liefdesaanbidding, en doen dit steeds.
Les bes, wat volg mag dalk net 'n paar mede-gelowiges help in húlle soeke na klarigheid oor 'n saak wat baie aktueel geword het. Dalk mag dit studerende jongmense help om perspektief te behou onder die geklank van ongeloofskateders. Mag dit 'n hupstoot verleen aan ons roeping om lig en sout te wees in 'n ontnugterde samelewing waarin die kerk meermale die pad byster is — en soms ook skuldig is aan dit waarteen Augustinus hierbo waarsku. Dalk mag dit ouers help in die koersgewing van hulle kinders in 'n gesekulariseerde wêreld (sommige wat hier lees sal dalk dink dit sal 'n hulp vanaf die wal tot in die sloot wees. Maar ek verstout my om eerder te hoop dat dit 'n hulp vanuit die sloot tot bo-op die wal sal wees.)


Persoonlike geloof, oortuigings en uitgangspunte

Ek gee onderstaande paragrawe nommers ten einde vorentoe maklik te kan terugverwys.

1. Wat ek skryf, skryf ek skaamteloos, vanuit sterk oortuigings — Christelike en Bybelse oortuigings. Maar ek weet ook dat daar oor dit wat ek vorentoe gaan aanspreek, uiteenlopende oortuiginge bestaan. En dikwels word hierdie standpunte gerugsteen deur sterk en vurige opinies. Ongelukkig is dit dikwels niks méér as net 'n opinie nie.
Maar elke leser moet in die finale analise self besluit wat hy of sy maak van wat ek probeer oordra. Dis immers elkeen se prerogatief en verantwoordelikheid — onontkombaar.

2. Maar dit gaan oor meer as oortuigings. Dit gaan oor méér as die intellektuele. Ek is 'n Christen, 'n dissipel van die Here Jesus Christus. In Hom alleen skuil ek vir lewe en dood, vir tyd en ewigheid. Al vir amper vyftig jaar. Dis die hart van my bestaan. Niks is belangriker nie. Dit hou uiteraard in dat ek 'n Bybelgelowige is. Ek glo die Bybel is die geïnspireerde Woord van God — van Gen 1:1 af tot en met Op 22:21. En uiteraard het dit enorme en lewensbepalende implikasies vir my.

3. Vir Christene is waarheid uiters belangrik. Ons is mense van die waarheid. Geen waarheid kan ons daarom ooit bedreig nie. Nóóit hoef ons waarheid te vrees nie! Nooit nie!
As ons dan inderdaad in Christus is, is ons veranker in Hom wat die weg die waarheid en die lewe is. En as dit wat navorsing in die natuurwetenskappe aan die lig bring dan inderdaad die waarheid is (dit bly natuurlik altyd die vraag), kan dit ons en ons geloof in die Skeppergod en sy waarheidswoord nóóit bedreig nie — net verryk. En dit kan ons net dieper inlei in die summum bonum van ons bestaan: om God steeds beter te ken — sodat ons Hom steeds meer lief kan hê — sodat ons Hom steeds meer kan verheerlik!
Een stel waarhede kan nooit 'n ander stel waarhede kanselleer of verplaas nie — net bevestig en ondersteun. Waarheid én waarheid is altyd in harmonie. Christene hoef die natuurwetenskappe nooit te vrees nie — nie as dit die geskapene reg verstaan nie!

4. Nog iets speel noodwendig 'n groot rol in my lewe.
Ek het meer as 'n dekade se universiteitstudie agter die blad, min of meer gelykop verdeel tussen die natuurwetenskappe en ingenieurswese, enersyds, en die klassieke tale (so 'n blerts daarvan) en teologie, andersyds. Nou mag dit vir party mense klink of ek 'n geleerde man is. Glad nie! Daarvoor is daar nog veels te veel wat ek nie weet of verstaan nie. Daar is baie wat ek só graag beter wil begryp, maar keer op keer vind dat ek eenvoudig verstandelik nie bykom nie.
Ek is egter nuuskierig en ek hou van verstaan. En ek het 'n passie vir die waarheid. Ek het veral 'n hartstog vir die regte verstaan van God se selfopenbaring aan ons. Ten alle koste wil ek nie 'n pypiekyker wees nie! Dit kon ek nog nooit regkry nie. Ek raak maklik benoud as dinge te eng en bekrompe raak (dit het my al meermale ernstig in die moeilikheid laat beland!).
Les bes het die Here Jesus Christus my baie jare gelede geroep om Hom en sy waarheid so goed ek kan te ken en te verstaan en om dit dan so wyd moontlik te verkondig — óf deur die gesproke óf deur die geskrewe woord.
Gegee my agtergrond en my nuuskierigheid, is dit seker nie verbasend dat ek gefassineer is deur die skepping nie (die makroskepping meer as die mikroskepping, moet ek sê). My heel diepste hartstog is die Woord van God — nee, eintlik die Gód van die Woord. Daarom wy ek my al vir dekades aan die verkondiging van Bybelwaarheid — deur sowel prediking as skryfwerk.

5. Ek is absoluut oortuig daarvan dat God se besondere openbaring in die Heilige Skrif en Sy algemene openbaring in die mikro- en makroskepping, mekaar nie weerspreek nie. As ons beide reg verstaan, sal die twee openbaringe in volkome harmonie wees. As skriftuur en natuur nog uit pas is in ons verstaan daarvan, is dit omdat ons óf die een óf die ander óf beide nog nie reg begryp nie. Dit staan vir my aksiomaties vas! Waarom? Vir my lyk die antwoord voor die hand liggend en onontkombaar. Dis omdat die enige, ware, lewende en almagtige God die Maker en Gewer van beide is!
Ek stel dit hierbo doelbewus negatief. Want die twee openbaringe se aard is verskillend en hulle het grootliks uiteenlopende gerigthede. Hulle praat grootliks oor verskillende sake. Daar is nie baie oorvleueling nie. En tóg is daar wel raakpunte. Dis met die eerste oogopslag maar gering, maar soos mens meer daaroor nadink, meer daaroor oplees en meer insig verkry, kom jy agter dat die oorvleuelings kardinaal belangrike sake aansny — wesentlike en lewensbelangrike sake.
Dis waarom dit so belangrik is om Gen 1-2 reg te verstaan!

6. Hierdie harmonie tussen skriftuur en natuur het ten diepste te doen met die verheerliking van ons Skeppergod (die summum bonum van ons bestaan), die egtheid, meer nog, die gespierdheid van ons Bybelgeloof, en die outentisiteit van ons getuienis in 'n grootliks Godvervreemde samelewing. 'n Verkeerde verstaan van hierdie verhouding tussen skriftuur en natuur — weerspreking in plaas van omhelsing — het al derduisende verlei om die Woord as onbetroubaar te verwerp (want dis uiters dwaas om die oorweldigende, oorkruis-bevestigende, en 'n duisend keer oorgetoetse bevindinge van die natuurwetenskappe sommer so maklik-maklik af te maak as verkeerd). En dit dwing my om by te voeg dat die skuld dikwels gedebiteer moet word teen die rekening van fundamentalistiese Christene wat die Bybel deur 'n halstarrig-konserwatiewe bril lees, daarop aandring om omtrent alles in die Bybel letterlik te verstaan en weier om óók na die wonderskone en Godverheerlikende musiek van die algemene openbaring te luister. Dis niks anders nie as 'n volstruisbenadering. En dit doen baie skade!
Wat ek in die vorige paragraaf sê, gaan al hoe meer belangrik raak. Ons beleef 'n ontploffing van die mens se verstaan van die mikro- en makrokosmos. Soos ek reeds hierbo gesê het (en Charles Hodge lank voor my) hoef hierdie nuwe insigte in die algemene openbaring Bybelgelowiges nie te bedreig nie. God se besondere openbaring staan vaster as die berge. Waarheid is waarheid, klaar gepraat!
Wat die skeppingsmusiek steeds mooier en aangrypender maak as ooit vantevore, is die huidige ontdekking ná ontdekking van die natuurwetenskappe wat die lewende Skepper se lof al hoe duideliker besing. En elke keer word nóg 'n spyker ingeslaan in die doodskis van ateïstiese Darwinistiese ewolusionisme. Waarlik, om 'n gelowige in hierdie dae te wees, is 'n uitnemende voorreg. Na baie jare se intimiderende en intellektuele aggressie teen Christene se Bybelgeloof, word van die mees gesofistikeerde en verstommende ontdekkings in ons dae kragtige bondgenote van ons geloofsgetuienis.
As 'n ouer kan jy egter jou kop op 'n blok sit dat jou kinders wat in die natuurwetenskappe en filosofiese dissiplines gaan studeer met ongelowige Darwinisme van baie slim dosente te doen gaan kry. As sulke kinders op hoogte is met die wonderlike harmonie tussen skriftuur en natuur — en veral met ontwikkelinge hieroor die afgelope paar dekades — sal dit hulle harnas in die geloof wat hulle in die huis geleer het (dit mag hulle dalk ook ongewild maak by wetenskaponderwysers en -dosente wat nog vasgeval rondmaal in dit wat hulle dertig jaar gelede geleer het). En uiteraard moet ons kinders en kleinkinders alreeds so gespierd móóntlik wees as hulle grootoë op kampusse aankom.
Tragiese skade word gedoen aan talle jongmense wat opgevoed word in tradisionele Christenwaardes, maar dan gekonfronteer word met allerlei geleerde en indrukwekkende ongeloofstandpunte as hulle die ouerhuis verlaat. Dit lei daartoe dat talle die geloof versaak.
Maar nie almal draai hulle rug op die Here en sy Woord nie; hulle raak net ontnugter. Hulle begin waggel tussen geloof en twyfel. En 'n onsekere Christen word 'n louwarm Christen. En oor diesulkes spreek die Here homself in geen onduidelike terme uit nie (Op 3). En uiteindelik doen sulke "Christene" meer skade aan die eer van die Here en die welsyn van die kerk as selfs die uitgesproke godloënaars. En kerke sit vol sulke lidmate.
Waarlik, baie nodig het ons ouers, dosente en onderwysers wat die harmonie tussen skriftuur en natuur behoorlik verstaan en met wysheid, takt en insig aan hulle kinders, leerlinge en studente kan oordra. Dis 'n wonderlike manier om 'n deur vir die evangelie oop te maak.

7. Teenoor bogenoemde is die situasie anders in meeste gevorderde akademiese kringe, veral natuurwetenskaplike kringe. Dáár dink ek persoonlik ek hoor die doodsklok vir Darwinistiese ewolusionisme lui. Al hoe meer topwetenskaplikes kom tot die oortuiging en verklaar dit openlik dat ontdekkings oor die afgelope dekade of twee, drie soos klokslag daarop dui dat daar sonder enige twyfel 'n onbeskryflik magtige en intelligente Ontwerper en Skepper vir die ontstaan van sowel die mikro-kosmos as die makro-kosmos verantwoordelik is. Eintlik het die proses al, baie stadig, 'n honderd jaar gelede begin met Einstein se formulering van sy relatiwiteitsteorie, en ander ontwikkelings kort daarna. Dit het onteenseglik bewys dat die kosmos nie ewig is nie (soos vantevore geglo is in meeste ongelowige natuurwetenskaplike kringe), maar 'n ontstaan gehad het. Vir denkende mense was panteïsme se dae getel. En dit is natuurlik net 'n halftree weg van die vraag, "Wie het dan die kosmos geskep? Hoe is dit veroorsaak?" Waar kom dit vandaan? Maar soos dit maar met dié soort ding gaan, vat dit lank om deur te suur tot op straatvlak. Want fanatiese Darwinistiese ewolusioniste doen alles in hul vermoë om die proses te stuit.
Dit beteken nie dat alle ateïstiese wetenskaplikes dadelik tot 'n Bybels-Christelike geloof begin kom het nie. Maar die nuwe insig was bloot 'n skeurploeg wat in God se genade party denkers se ongeloofsharte begin omdolwe het. En inderdaad het heel party top wetenskaplikes reeds die ateïsme afgesweer en die Christelike geloof omhels. Maar helaas kom baie nie verder as die Deïsme3 of agnostisisme4 nie. Dit was volgens aanduidings die geval met Einstein. En in ons dag verklaar Michael Denton, die bekende skrywer van die grondbrekende boek, "Evolution — A Theory in Crisis" (waarin hy "Intelligent Design" verdedig), dat hy steeds 'n teruggeglye Christen en op die rand van agnostisisme is.
Maar ek wil graag glo en vertrou dat meer van hierdie mense uiteindelik wél tot 'n Bybelse en evangeliese geloof sal kom. Sommige het al. Waarom nie meer nie?

8. Uiteenlopende, selfs vurige oortuigings oor die verstaan van veral Genesis 1-2 waarna ons wil kyk — en ook die natuurwetenskaplike aanhangsels later — is aan die orde van die dag onder Christene. En dikwels kry mens die indruk wanneer daaroor gedebatteer word dat daar meer hitte as lig is. Ek praat van "hitte", want meermale ontaard 'n gesprek oor die saak in 'n onverkwiklike, bitsige en Godonterende gestry. So hoort dit nie tussen Christene nie! Daarmee wil ek egter nie sê dat ons tema 'n eenvoudige en onbelangrike saak is nie, allermins.

9. Wat ek vorentoe skryf, skryf ek in nederigheid. Dit beteken nie ek sal tentatiewe opinies aan die leser voorhou nie. Indien wel, sal ek dit sê. Want alles is nie klinkklaar nie — nie in my gemoed nie. Maar wat ek skryf is my oortuigings. Maar ek is oud genoeg om te weet dat, soos meer lig op mens daag, oortuigingverstellings soms onafwendbaar is. Soms is dit nie maklik nie, maar wanneer dit wel gebeur, staan jou voete op hoër grond. In my lewe is sulke "reformasies" nie onbekend nie — en vir seker nie sonder dankbare vrug nie.
Wat ek daarom vorentoe gaan skryf, giet ek nie in beton nie. Want benewens mens se begrip en wysheid wat hopelik voortdurend toeneem, raak natuurwetenskaplike ontdekkings al hoe meer verbysterend. En die tempo daarvan neem toe. Sou die Here talm om te kom, gaan mense oor vyf, ses dekades in 'n wêreld leef waarvan ons oueres tans geen benul het nie (dink maar vyf, ses dekades terug!). Wetenskap en tegnologie gaan grootliks daarvoor verantwoordelik wees. En laat ons nie té seker wees dit gaan nie verdere copernikaanse omwentelings bring nie. Dit waarby die wetenskaplike wêreld vandag staan en val, mag nog weer radikale verstellings ondergaan. En ons kleinkinders sal meewarig glimlag oor oupa en ouma se naïwiteit.
Maar ek sê weer. Moenie vrees dat dit God se Woord van die tafel sal afvee nie. Ek is oortuig daarvan dat dit net die waarheid van die Woord meer en meer sal bevestig. Dit mag wel ons nageslag laat teruggaan Bybel toe om te kontroleer of oupa en ouma dinge reg verstaan het (hier dink ek spesifiek aan die dubiis et nonneccessariis, want ek glo die neccessariis staan so vas soos die berge!)5. Sou hulle dan vind dat ons opinies nie heeltemal in fokus was nie, sal die onder hulle wat wysheid het vir mekaar sê: húlle mag dalk nie al ons insig gehad het nie, maar laat ons steeds onthou, óns staan op hulle skouers — en ons het die voordeel van verdere wetenskaplike ontwikkeling!

10. Dit is helaas so dat ons as mense dikwels maar té geneig is om klippe te gooi oor sake wat ons nooit werklik deurdink of nagevors het nie. My waarneming is dat die meeste gelowiges nog nooit in diepte oor ons onderwerp nagedink of nagevors het nie. Ek was al meermale in gesprek met gelowige en gevorderde natuurwetenskaplikes oor ons onderwerp, maar min van hulle het 'n ingeligte, verantwoordelike en gewortelde standpunt oor die verhouding tussen die wetenskap en die geloof. En ek is bevrees, dieselfde geld ook van té veel teoloë.
En vir baie van die wat wel al daaroor gewonder het, is 'n volstruisbenadering uiteidelik die beste oplossing waartoe hulle kan kom. Hulle besluit om hulle liewers nie moeg te maak oor kwessies wat hulle grysstof te veel uitdaag nie. Dis soveel makliker om sulke dinge maar so gou as moontlik te vergeet. "Ek het besluit wat ek sal glo — moenie my deurmekaarmaak met 'n klomp feite nie!
Natuurlik, ek verstaan dit goed, nie alle Christene het 'n aptyt vir die dinge waarmee ek stoei nie. Dis goed so. Maar moet jou dan nie aanmatig om vurige standpunte uit te spreek oor dit wat jy nie behoorlik onder die knie het nie. Nederigheid is deel van die vrug van die Gees. Nog meer, ek het 'n oom geken wat altyd gesê het: 'n toe bek is 'n heel bek!
Maar nadat alles hierbo gesê is, bly ek oortuig daarvan: dis belangrik, baie belangrik, dat Christengelowiges (en -wetenskaplikes) hulle "eendjies in 'n ry moet kry".

11. Let op my aanslag in wat volg. As Christen, maar ook as Bybelleraar, is dit vir my belangrik om eerste met die Skriftuur te begin. Ek is geen Hebraïkus nie — nie eers naastenby nie — maar ek sal my bes probeer om so verantwoordelik moontlik met die teks van Gen 1-2 en met die talle fundamentele vertolkingsvrae om te gaan.
'n Eksegese van Gen 1-2 word nie maar so tjoef-tjaf onder die knieë gekry nie. Onder meer moet mens duidelikheid probeer kry oor vrae soos díé hieronder:
Wat is die verhouding tussen Gen 1:1 en 1:2? Hoe moet dit vertaal word? En wat is die verhouding tussen hierdie twee verse en die "dag-verse" in 1:3-2:3? Praat dit van 'n bedeling vóór die eerste skeppingsdag, of is dit net die inleiding?
Wat is die "uitspansel" (OAV), die "gewelf" (NAV), die "expanse" of "canopy" (ESV) in 1:6? Waarom word die verskillende uitdrukkings gebruik?
Wat moet mens maak oor die skepping van lig op die eerste dag (1:3-5) én die "ligte" eers op die vierde dag?
Hoe moet ons die refreine, "dit was aand en dit was môre, die soveelste dag" vertolk? Wat moet ons maak van die afwesigheid van hierdie frase op die sewende dag? Praat ons van 24-uur-dae, of van beeldspraak vir lang tydperke?
Ek sal poog om van hierdie kwessies so goed ek kan aan te spreek — natuurlik met die hulp van Bybels (ook Hebreeus en Grieks), kommentare, woordeboeke, konkordansies en dik en geleerde ander boeke, waarvan ek helaas nie altyd alles verstaan nie. Dis met die skryf hiervan gestapel op my lessenaar ('n agt-stoel eetkamertafel), op die vloer om my, en op 'n gemakstoel agter my. En die internet sal geen geringe rol speel nie — hoewel mens dit met versigtige onderskeiding moet lees, en dikwels met 'n knippie sout.
As ek dan uiteindelik tevrede is dat ek 'n verantwoordelike Bybelse begrip het van Gen 1-2, sal ek enkele fundamentele natuurwetenskaplike perspektiewe probeer aanspreek — perspektiewe waaroor daar min of meer universele en verantwoordelike konsensus in geleerde kringe bestaan.
Die leser moet maar oordeel hoe goed ek in my doel slaag. Ekself hou maar my hart vas oor jou opinie — veral as jy 'n geleerde is!

12. Onthou asseblief, hierdie wil nie 'n wetenskaplike referaat wees nie, al sal ons sake aansny wat talle en talle proefskrifte kan vul (natuurlik baie meer diepsinnig as waartoe ek in staat is). Daarom gee ek min dokumentêre verwysings (waaroor ek nou spyt is, maar om sulke dokumentêre inligting weer op te spoor na baie opleeswerk oor 'n lang tyd, is te veel gevra vir my. Ek het nie meer 'n benul waar ek alles gelees het nie). Ek beveel wel hieronder 'n paar baie goeie boeke en webwerwe aan wat weer en weer lig vir my gegee het.

-o0o-
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Wo Jan 29, 2020 11:04 am

Ek is so aan't skryf aan 'n lang artikel, dalk 'n boek in wording oor die verhouding tussen die Bybel en die moderne wetenskap, oftewel tussen die Skriftuur en die Natuur, oftewel tussen Gen 1-2 en die wetenskaplike ontdekkings van ons dag, dat ek regtig nie by 'n nuwe stuk Skrifuitleg uitgekom het nie (ek is wel op die oomblik besig met die eksegese van Gen 1-2). Ek vra om verskoning. Nou stuur ek maar die eerste paar bladsye van dit wat aanvanklik veronderstel was om 'n volgende Herout te word, maar nou heeltemal uit sy nate bars. Ek vertrou dat julle dalk hierdie klompie bladsye interessant sal vind - dis populer en redelik/baie informeel geskryf.

Maar vir die van julle vir wie dit bietjie dik vir 'n daalder is, sluit ek 3 ou epreke in. Ek is jammer dat dit al vantevore uitgestuur is (ek is onseker hoe lank terug). Maar as julle soos ek is, het meeste van julle dit al vergeet.

Hartlike groete,

Nico Van Der Walt <nico@dievanderwalts.co.za>

***********************************************************



HD 2:37-41 : DIE EVANGELIE VAN DIE APOSTELS
No. E42 / W850


O
P DIE PINKSTERDAG word die groot belofte
van die Ou Testament 'n werklikheid. Die
verhoogde Christus ontvang van Sy Vader
die mandaat om die Heilige Gees uit te stort op Sy
agtergelate gemeentetjie - en Hy doen dit!
Petrus begin dan preek vir die skare. Dis 'n
besondere preek - vol oortuigingskrag. Talle kom
vra wat hulle moet doen. Petrus se antwoord is vol
gewigtige betekenis (Hd 2:37-41).
DIE EFFEK VAN PETRUS SE PREEK (37)
‘ Daar is 'n dramatiese reaksie. Vers 37 sê dat die
hoorders "diep in die hart getref" is (OAV). Met
hierdie beskrywing wil Lukas twee dinge tuisbring:
Eerstens sny Petrus se woorde tot in die mense
se harte - die sentrum van hulle persoonlikhede en
oortuigings. Kennelik is dit 'n werk van die Heilige
Gees, met ingrypende en blywende effekte.
Tweedens gaan dit gepaard met diep belewinge.
Die werkwoord (Gr. katanusso) is 'n samestelling
van die woord "om te steek" plus 'n intensiferende
voorvoegsel. Die waarheidsevangelie oor Christus
steek dus dwarsdeur die hoorders se harte.
‘ Die mense besef hulle is skuldig voor God.
Vandaar hulle vraag oor wat hulle te doen staan.
PETRUS SE ANTWOORD (38-39)
'n Tweeledige bevel
‘ Eerstens, die mense moet hulle bekeer. Die
begrip (Gr. metanouo) dui ten diepste op 'n
1. Naham in die Nifal-vorm.
E4 2 - Hd 2:37 -41 - D ie evang elie van die apo stels 2/6
verandering van oortuiging. Dit impliseer 'n radikale
paradigma-verskuiwing, 'n kopswaai, 'n nuwe bril
waardeur gekyk word. Johannes die Doper (Mt 3:2)
en die Here Jesus (Mt 4:17) preek die noodsaak van
bekering. En die apostels volg hulle puntenerig (Hd
3:19; 8:22; 17:30; 20:21; 26:20).
Om dat ons nie anders kan as om volgens ons
oortuigings te handel nie, kom Bybelse bekering
noodwendig tot uitdrukking in 'n lewensom mekeer.
Hierdie 180 grade omdraai het twee kante:
Negatief sal iemand wat hom of haar bekeer
altyd wegdraai van sonde af. Daar sal dus 'n rugkeer
wees op die vlees se aandrange, die wêreld se
suigkragte en die Duiwel se verleidinge.
Positief sal so 'n persoon altyd heendraai na
Christus toe. En dit het ten minste drie komponente:
hy (of sy) sal homself vanuit sy geestelike
bankrotskap algeheel aan Christus en Sy volm aakte
middelaarswerk toevertrou; hy sal die beloftes wat
God belowe aan alm al wat in Sy Seun in vlug vir
homself persoonlik toe-eien; hy sal hom self
enkelhartig en ongekwalifiseerd aan Christus
persoonlik as Koning toewy.
Bybels gaan hierdie lewensomm ekeer ook
gepaard met hartseer en verootmoediging oor jou
sondemislukkings en -rebellie van die verlede. Dit is
meer as net interessant dat metanouo amper
konsekwent in die Septuaginta (die voor-Christelike
Griekse vertaling van die Ou Testam ent) gebruik
word om die Hebreeuse woord te vertaal wat
beteken om jouself te vertroos.
1
‘ Tweedens, die mense moet hulle laat doop.
Vantevore het hulle Christus verwerp. Nou moet
hulle hulself verneder deur hulle formeel, openlik en
onomkeerbaar as dissipels aan Hom toe te wy. Dit
gebeur as iemand hom of haar in die Naam van
Jesus Christus laat doop. Dit beteken ten minste vier
dinge: dit geskied in gehoorsaamheid aan Sy opdrag
en dus op Sy gesag; dis 'n ondersk rywing van Sy
leer; dis 'n vertroue in Sy verdienste; dis 'n oorgawe
aan Sy eise.

'n Tweeledige belofte
‘ Vir diegene wat aan die dubbele opdrag
gehoorsaam is, is daar 'n dubbele belofte:
sondevergiffenis en ontvangs van die Heilige Gees.
• Hierdie twee beloftes is gekoppel aan beide
opdragte: bekering en doop. Nêrens suggereer die
Nuwe Testament dat die bloot formele ondergaan
van die doopsakrament op sigself sondevergiffenis
en ontvangs van die Gees tot gevolg het nie. Maar
ewe min het ons die reg om aanspraak te maak op
die beloftes as ons die doopopdrag geringskat.
• Die "belofte" (OAV) was nie net vir die groep
mense op wie die Heilige Gees geval het nie (39).
Petrus doen besondere moeite om te beklemtoon
dat dit 'n historiese en universele trefwydte het. Dit
is vir ál sy luisteraars (wat aan die voorwaardes
voldoen), en vir hulle "kinders" (komende geslagte
deur die geskiedenis), en "vir almal wat daar ver is"
(nie net Jode nie, maar ook vir die heidene).2
Die
belofte geld dus sonder onderskeid. Maar dit geld
nie sonder uitsondering nie, want Petrus gaan
onmiddellik voort met 'n uiters belangrike
kwalifikasie: dit geld vir "almal wat die Here ons God
na Hom toe sal roep."
DIE HERE SE NUWE GEM EENSKAP (40-41)
‘ In v.40 sê Lukas dat bogenoemde nie al was wat
Petrus gesê het nie. Hy het "nog baie ander woorde"
gepraat - woorde van intense erns en aansporing.
En die essensie van sy oproep? "Laat julle red
tussen hierdie ontaarde m ense uit."
Dis belangrik om raak te sien dat Petrus nie
bloot pleit vir 'n simplistiese en individualistiese
bekering nie - iets wat gou-gou, stil-stil afgehandel
word in die privaatheid van my eie wêreldjie.
Hy pleit vir 'n emigrasie vanuit die kring van die
"ontaarde mense". Hy dring aan op 'n losmaak van
en 'n rugkeer op die gevalle wêreld wat erg verbuig
is ná die sondeval. Dis dus 'n oproep om te vlug
vanuit die mensheid onder God se toorn.
Dit impliseer noodwendig die immigrasie in 'n
ander mensheid in. [En laat ons onthou, voor God is
daar net twee m enshede - die ou m ensheid in
Adam, en die nuwe mensheid in Christus.]
Onderwerping aan Koning Jesus hou dus in dat ek
my toewy aan Sy volk - Sy ware bruidsgemeente.
‘ Daar is 'n verstomm ende respons op Petrus se
pleidooi (41). Drieduisend mense neem die
evangelieboodskap aan. Hulle kom tot geloof,
ondergaan 'n kopswaai, laat hulle doop, en voeg
hulle by die Jerusalemse gemeente.
ENKELE GEVOLGTREKKINGS EN IMPLIKASIES
‘ Openbarings-histories is Pinkster 'n unieke
gebeurtenis. Dis 'n eenmalige, maar enorme tree
vorentoe in God se heilsplan.
Maar die uniekheid van Pinkster beteken nie dat
daar geen lesse en voorskrifte vir ons in die
Pinkstergebeure sit nie. Inteendeel! Sekerlik moet
Petrus se prediking en aanslag op die Pinksterdag
as normatiewe evangeliseringsriglyn vir ons dien.
‘ Eerstens moet ons die apostel se Christusgesentreerdheid raaksien. In sy preek gee Petrus
baie aandag aan Jesus se kruis en opstanding. Wat
die historisiteit daarvan betref, beroep hy hom op 'n
dubbele getuienis. Eerstens is daar die getuienis van
die Ou Testament. Kruis en opstanding was
vervulling van talle profesieë (Petrus verwys na Ps
16, Ps 110 en Joël 2). En tweedens is daar die
getuienis van die apostels self (2:32).
Só moet ook ons preek. Maar om dat ons nie
oog- en oorgetuies is nie, is ons algeheel afhanklik
van die apostels se getuienis. Ons moet bloot hulle
eggo's wees. Prediking is W oordverkondiging!
‘ Voorts verkondig Petrus die beloftes wat die
Here gee vir mense wat opreg na Hom toe kom.
Daar is twee beloftes. Die vergewing van sondes en
die gawe van die Heilige Gees.
E4 2 - Hd 2:37 -41 - D ie evang elie van die apo stels 5/6
‘ Maar hierdie gawes word nie sonder meer
gegee nie. Daar is voorwaardes aan verbonde.
Innerlik dring die Here aan op bekering. En
uiterlik is daar die vereiste van die doop.
Sáám is die twee dinge die uitdrukking van ons
geloof - wat ons vanuit die ou mensheid verplaas
na die nuwe heilsgemeenskap van Christus.
‘ Bekering en doop het enorme im plikasies. Dis
die aanneem van 'n nuwe Koning, 'n nuwe volk, 'n
nuwe burgerskap, 'n nuwe kultuur. Dis 'n besliste en
ingrypende verplasing van lojaliteit, trou en
toewyding. Dis om jou openlik te skaar by Jesus se
dissipels. Dit is om vanuit dit wat oud en korrup is
(NIV), oor te gaan na dit wat nuut en in die proses
van redding is (vgl. 2:47).
Die doop is soos eedaflegging tydens
naturalisasie. Dis 'n publieke en form ele
identifisering met Christus en met Sy gemeente.
Die dopeling moet dus weet dat hy of sy van
daardie oomblik af 'n vreemdeling en 'n bywoner in
hierdie wêreld is. Dis waarom dit 'n tipiese ervaring
van gelowiges deur die eeue is: solank jy ongedoop
is, word jy op 'n manier geduld. Maar die oomblik as
jy formeel en publiek jou trou aan Christus bely, en
jou lojaliteit na Sy gemeente verplaas, bars
verwerping en selfs vervolging in felheid los. Dis
asof mense aanvoel dat jy voor die tyd nog op twee
gedagtes huiwer. Maar die oomblik as jy jou laat
doop, weet hulle jy het die stuk niemandsland na die
ander kant van die linies finaal oorgesteek.
‘ Op die Pinksterdag preek Petrus 'n viervoudige
boodskap. Dit behels twee gebeurtenisse (Christus
se dood en opstanding), soos bekragtig deur twee
getuies (die profete en die apostels), op grond
waarvan die Here twee beloftes maa k
(sondevergiffenis en die gawe van die Heilige Gees),
op voorwaarde dat ons twee opdragte gehoorsaam
(bekering en doop).
• Ons het geen reg om hierdie viervoudige
apostoliese evangelie te versnipper nie. Wat God
saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. God se
heilsboodskap is 'n geïntegreerde eenheid.
E4 2 - Hd 2:37 -41 - D ie evang elie va n die apo stels 6/6
Ons durf nie kruis en opstanding van mekaar
lossny nie. Sonder die eerste kon die laaste nie
plaasvind nie; sonder die laaste was die eerste
tevergeefs (1Kor 15:12-20).
Ons durf nie Ou en Nuwe Testamentiese
getuienis van mekaar lossny nie. Sonder die eerste
is die laaste onverankerd; sonder die laaste loop die
eerste op niks uit nie.
Ons durf nie sondevergiffenis en die gawe van
die Heilige Gees van mekaar lossny nie. Sonder die
eerste is die laaste onm oontlik; sonder die laaste
geniet ons nie die voorregte van die eerste nie.
Ons durf nie bekering en doop van mekaar
lossny nie. Sonder die eerste m ag die laaste nie;
sonder die laaste is die eerste nog nie voltooi nie.
‘ Ons mag nie 'n enkele komponent van die
apostoliese proklamering oorboord gooi of selfs
verwaarloos nie. Die ware evangelie is 'n historiese
boodskap (dit handel oor feitelike gebeure in die
verlede); dis 'n teologiese boodskap (soos deur die
héle W oord van God verduidelik); dis 'n
heilsboodskap (dit dra die belofte van verlossing);
dis 'n gesagvolle boodskap (dit vereis van ons
enkelhartige en onvoorwaardelike gehoorsaamheid).

Nico van der Walt


• Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale en
reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die Be lyde nis van Sola 5, 'n
assosias ie van Godgesentreerde evangelie se gelow ige s in m eer as 'n
halfdo syn lan de in A frika su id van die ew ena ar.
• Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie:
Postnet Suite No.148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika.
E: nico.van derwa lt@reform ed.org.za ; Tel. 011 476 2907; 082 848 9396.
• Blogs: www.e-preke.blogspot.com (met skakels na nóg 4 blogs)
• 'n Pre ek /studiestuk soos hie rdie word op 'n g ereelde ba sis w êreldwyd
en gratis in Afrikaans en Engels per e-pos gestuur aan mense wat dit
pers oon lik aange vra het.
• Ge en k opie reg. D uplise er of pre ek geru s. Of stuur v erde r.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 5050
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Za Feb 01, 2020 11:36 am

JH 3:16 : LIEFDE SONDER WEERGA!


M
iskien is Jh 3:16 die bekendste vers in die
Bybel. Tog verstaan sovele dit oppervlakkig.
Kom ons kyk dus vir 'n slag deeglik daarna.

VERSTOMM END:GOD HET DIE WÊRELD LIEF!
Dit is duidelik dat die wedergeboorte en ewige lewe
gewortel is in die kruisiging van die Seun (14-15).
Maar die kruisiging ontspring weer vanuit God se
liefde (16a). Dis die bron van alles!
Niemand praat méér oor liefde as Johannes nie.
En as mens kyk hoe hy oor liefde praat, sien jy dat
dit deurgaans oor die onderlinge liefde tussen die
Vader, die Seun, en die dissipels gaan. Hier is egter
'n uitsondering. Hier word gepraat van God se liefde
vir die wêreld. Hierdie is dus nie 'n tipiese manier
van Johannes om oor God se liefde te praat nie.
Dit onderstreep die belangrikheid van ons teks.
Hier wil Johannes op die treffendste manier moontlik
sê hoe groots en heerlik die Here se liefde is.
As ons dan die God wat liefde is wil ken, móét
ons agter die kap van Jh 3:16 se byl kom.
DIE WÊRELD SE GETALRYKHEID?
Meeste mense, as hulle oor hierdie vers en sy
beklemtoning van die Here se liefde dink, dink aan
die biljoene mense wat leef en geleef het. Hulle roep
dan as 't ware uit: om te dink dat Jesus vir een en
elkeen van hierdie miljoene der m iljoene gesterf het!
O, hoe groot moet God se liefde nie wees nie!
Die probleem is dat so 'n beskouing Bybels nie
water hou nie. Alle Bybelgelowiges aanvaar dat baie
mense nooit gered word nie. As Jesus dan vir almal,
kop vir kop, gesterf het, beteken dit dat Sy dood nie
red nie, maar net die moontlikheid van redding daarstel. Dan was Golgota net die oopmaak van 'n
hek, sodat diegene wat wil, kan deurstap - en
effektief hulleself red.
Verheerlik só 'n beskouing God se liefde in
Christus? Laat 'n verlossing wat uiteindelik van die
mens afhang, ons sprakeloos? Sal ons in
aanbidding kniel voor 'n liefde wat almal graag wil
red, maar uiteindelik niemand régtig kan red nie?
In Jh 3:16 gaan dit oor iets baie dieper as bloot
die oopmaak van 'n verlossingshek. Nee, Christus
se middelaarswerk m aak nie net redding moontlik
nie; dit red volledig - van A tot Z.

DIE REDDING VAN DIE UITVERKORENES?
In die lig van bogemelde probleme, argumenteer
somm ige dat ons die begrip "wêreld" nie as een en
elke mens m oet verstaan nie, maar as die
wêreldwye Godsvolk - die universele versameling
van uitverkorenes. Dit is imm ers húlle vir wie God
van voor die grondlegging van die aarde af liefhet en
wat volkome deur Christus gered word.
W aarom word daar dan van die "wêreld" gepraat
as net na die uitverkorenes verwys word? Dis om
die universaliteit van Christus se liggaam te
beklemtoon, word gesê. Die apostels moes
aanmekaar inbeur teen Joodse eksklusiwisme wat
die evangelie ernstig gekniehalter het. Maar die
Seun se bruid kom uit elke nasie, stam, volk en taal!
Hierdie vertolking werk sekerlik met Bybelse
waarheid - anders as die populêre idee waarna ons
eerste gekyk het. En dit lig God se liefde uit tot veel
hoër hoogtes. Dit werk imm ers met 'n liefde wat alles
doen wat nodig is - wat deur niks gestuit word om
die geliefdes veilig en finaal tot binne-in in die Vader
se omhelsing te voer nie.
Maar die vraag is of dít die regte verklaring van
die vers is? Dit laat mens steeds met 'n gevoel van
ongemak. Het ons nie dalk 'n dogmatiese
denkkonstruksie - Bybels soos dit mag wees - op
die vers afgedwing nie? Ons moet nóg dieper dink.
DRIE SLEUTELS
Om ons teks reg te verstaan, moet ons drie begrippe
daarin nader bekyk - drie sleutels wat hierdie
skatkamer oopsluit.

Eerstens, God, die Inisiatiefnemer
W ie tog is hierdie God wat Sy Seun na die wêreld
toe gestuur het?
As ons aan Hom dink, of oor Hom praat, moet
ons gemoedere elke keer oorspoel word deur
aanbiddende verwondering - oor Sy onmeetlike
majesteit, Sy hoë verhewenheid en Sy gansandere
transendensie. Hy bewoon 'n ontoeganklike lig.
Geen mens kan Hom sien en bly lewe nie. Hy is in
die hemel en doen wat Hy wil. Die heelal lê soos 'n
stoffie in die palm van Sy hand. Niks kan Hom
verras nie. Niks kan Hom bedreig nie. Hy is aan
niemand enige verantwoording verskuldig nie. Niks
of niemand het Hom voortgebring nie; Hy is van
ewigheid tot ewigheid. Hy is die allerhoogste in
gesag, die alleen-heersende Vors van die ganse
skepping, tydloos in Sy bestaan, verbysterend
vindingryk in Sy skeppingsvernuf, volkome alleeneienaar van alles wat is. Hy is ontsagwekkend in Sy
heiligheid, majestueus en glinsterend in Sy
heerlikheid, onbeperk in Sy krag, onbetwisbaar
soewerein. Hy is die Alleen-aanbiddelike - oor Sy
vlekkelose karakter, Sy oneindige kennis en
wysheid, Sy onkreukbare geregtigheid, Sy
onwankelbare getrouheid, Sy onuitputlike
barmhartigheid, Sy weergalose genade, Sy
angswekkende toorn teen alle sonde. Sy skoonheid
is verblindend, Sy persoonlikheid steeds bekorend,
Sy sagm oedigheid onbeg ryplik, Sy begrip
ondeurgrondelik, Sy liefde onpeilbaar.
Dis híérdie God wat die wêreld so liefhet dat Hy
Sy enigste Seun op Sy reddingsmissie gestuur het!

Tweedens, die wêreld
Ons sukkel om hierdie vers reg te verstaan omdat
ons 'n gebrekkige insig het in die begrip "wêreld".
Die Bybel gebruik die woord op verskillende
maniere, maar meestal om van die gevalle
mensheid in hulle weerstand en rebellie teen Jesus
Christus te praat. Veral in Johannes se geskrifte dui
die woord op die geordende opponering en
verwerping van die Here en Sy regering. Dis die
God-vyandiggesinde wêreldsisteem - gedryf deur
menslike selfsug en georkestreer deur die Duiwel.
Hierdie begrip word uiters negatief deur die Bybel aangebied. Christene moet niks daarm ee te
doen hê nie (1Jh 2:15-17). As iem and die wêreld
liefhet, toon hy dat die liefde van die Vader nie in
hom is nie en dat hy 'n vyand van God is (Jk 4:4).
Ja, ons is ín die wêreld, maar hoegenaamd nie ván
die wêreld nie. Saam m et sy twee bondgenote, die
vlees en die Duiwel, het ons geen groter vyand nie.
Dit mag ons nie oorrompel nie; ons moet daaroor
heers. En om dit te oorwin, is 'n onmiskenbare
merkteken van wedergeboorte (1Jh 5:4).
Die begrip "wêreld" is 'n sambreelterm vir alles
in die gevalle mensheid wat goddeloos is en teenoor
God staan. Ons teks stel dus die ondenkbare voor
ons: dis híérdie bose wêreld waarvoor God so lief is!

Derdens, God se enigste Seun
W ie is deur die Vader gestuur om hierdie sondige en
vyandiggesinde wêreld te red? Sy enigste Seun,
niemand minder nie!
Die begrip "enigste" (Gr. monogenes) is
belangrik. Vyf keer word dit van die Here Jesus
gesê, elke keer deur Johannes (Jh 1:14, 18; 3:16,
18; 1Jh 4:9). Dit beklemtoon Sy unieke seunskap.
Baie ander m ag ook kinders van God word, maar
Jesus se seunskap is wesentlik anders. Die Seun,
hoewel waarlik m ens, bly ook waarlik God. Hy bly
Skepper en die res van God se kinders skepsele.
Voorts gebruik die Skrif die woord nóg 4 keer.
Dit werp verdere lig op die Here Jesus se unieke
seunskap. Elke keer word dit gebruik om die innige
liefdesverhouding tussen ouers en 'n bepaalde kind
te beklemtoon - 'n oogappel-verhouding: die
weduwee van Nain wat op pad was om haar enigste
seun te gaan begrawe (Lk 7:12); Jesus wat Jaïrus
se enigste dogtertjie lewend maak uit die dood (Lk
8:42); die man wat by Jesus pleit om sy enigste
seun van dem oniese besetting te bevry (Lk 9:38);
Abraham wat sy enigste moes offer (Hb 11:17).
As ons teks dus van die Here Jesus praat as
God se "enigste", beklemtoon dit 2 dinge. Eerstens
is Hy die Vader se absoluut unieke gawe - die
beste wat Hy kon gee, algeheel onvervangbaar.
Tweedens het die Vader Hom op Sy doodsending
gestuur ten spyte van die diep, innige en
onverbreekbare liefdesband tussen hulle.
Kan dit wees dat die Vader híérdie Seun gestuur
het om vir 'n sondige en Godvyandiggesinde wêreld
te kom sterf! W aarlik, dit was nie 'n minderwaardige
offer nie! Die Bybel besing die Seun se lof op bykans
elke bladsy. Geen woorde kan reg laat geskied aan
Sy heerlikheid nie. Hy is die ewige W oord, die Vader
se agent in die skepping van die ganse heelal, die
afskynsel van God se heerlikheid en die afdruksel
van Sy wese, die Alfa en die Omega, die begin en
die einde.
Dis híérdie Seun wat die driemaal-heilige God
opgeoffer het ter wille van die wêreld wat Hom haat!

KONKLUSIE
As ons teks oor die wêreld praat, wil dit nie sê dat dit
so groot is dat dit 'n enorme hoeveelheid liefde verg
om dit te omhels nie. Nee, dit wil sê dat dit so sleg is
dat dit 'n enorm e sterk liefde verg om dit te omhels.
Dit wil nie sê dat God se liefde so groot is dat dit
biljoene mense kan omarm nie, maar dat dit so groot
is dat dit God se heilige afsku van sonde kan
oorkom. Dit gaan nie oor kwantiteit nie, maar oor
kwaliteit.
Dis presies wat Rm 5:8 sê: "Maar God bewys Sy
liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf
het toe ons nog sondaars was" (1Jh 4:9).
Ons teks wil dus geen uitspraak lewer oor die
vraag of God se reddende liefde op alle m ense gerig
is, en of dit net gerig is op die uitverkorenes nie.
Nee, dit wil ons harte vul met 'n stomgeslane
verwondering oor die geheimenis van God se liefde
vir sondegevalle mense vol rebellie teen Hom.
Soek deur elke hoekie van die heelal, deur elke
dag van die geskiedenis - só 'n liefde sal jy nêrens
kry nie! Só 'n waardige Minnaar; só 'n afstootlike
beminde; só 'n kosbare Offer!

TOEPASSING
1. Jou dankbaarheid en verwondering oor God se
liefde en jou verlossing mag nooit vervaag nie.
Bepeins dit weer en weer.
2. As só duur vir jou betaal is, hoe 3. Met só 'n liefde wat só 'n prys vir jou betaal het,
moet jou verlossing finaal afgehandel wees. Moenie
God beledig of Sy Seun se middelaarswerk besmet
deur jou eie verdienste daarby in te roer nie.
4. Is dit moontlik dat iemand afsydig na die uitleg
van hierdie vers kan luister en onaangeraak huis toe
gaan? W at kan die hardvogtige en onwedergebore
staat van 'n hart duideliker onderstreep as dit?
5. Kan enige sondaar té diep gesonke wees vir so
'n liefde om hom of haar by te kom?
6. Is jou hart dalk vir die eerste m aal tot in sy
dieptes deur God se liefde geroer? Besef jy
uiteindelik hoe jy God beledig het deur jou rug vir
jare op Sy gawe te keer? Kom dan in nederigheid na
Christus toe. W atter duiselingwekkende offer is nie
vir jou verlossing gebring nie! Kom drink sonder
versuim diep teue van die water van die lewe. Dis
verniet - want dis reeds betaal!

Nico van der Walt



Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente (Pretoria)
Posbus 12371, Queenswood, 0121
T: (012) 329 3012; 082 7766 141
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za
www.reformed.org.za www.sola5.org

• Daar word weekliks 'n preek soos hierdie wêreldwyd per epos gestuur aan meer as 'n duisend mense wat dit aangevra het.
• Geen kopiereg. Dupliseer gerus. Of stuur elektronies verder.
• E-preke vantevore uitgestuur, is te kry op bg. webwerf.
• Preekopnames: nunide@absamail.co.za; T: 012-8083 906.
• Graag stuur ons 'n bekendstelling aan diegene wie se name
u vir ons mag aanstuur, maar plaas mense net op ons adreslys
as hulle dit dan sélf versoek.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19


Terug naar

Wie is er online?

Gebruikers in dit forum: 3 en 0 gasten