Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Di Feb 28, 2017 11:00 am

- 10 -
Merkteken 4
1Jh 5:4
Iemand wat wedergebore is, oorwin die
wêreld
Hier is nog 'n merkteken van Christelike egtheid - 'n
kenmerk van elkeen wat wedergebore is. Die OAV vertaal
Johannes se woorde meer letterlik en korrek as die NAV:
" .. alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld ... " (1Jh 5:4).
As die apostel die onsydige voornaamwoord, "alles", gebruik,
bring hy 'n belangrike perspektief na vore. 'n Christen is nie
oorwinnend en sy redding standhoudend, omdat hý so
watwonders is nie. Dit is omdat dit Gód is wat die
herskeppingswerk gedoen het. Alles, ja álles, wat Hý tot stand
bring, bly staande en oorwin. Geen boom wat Hý plant word ooit
weer ontwortel nie.
Maar, uiteraard, hoeveel te meer geld dit nie vir die herskepte
mens nie - die kroon van Sy skepping en herskepping! (Die NAV
en NIV vertaal dus nie letterlik nie, maar vertolk die uiteindelike
idee tog korrek).
Hier, weereens, word bely wat God se Woord op talle maniere
op ons hart druk: God se werk misluk nooit nie.
Die Christen woon in vyandelike gebied
Die begrip "wêreld" (Gr. kosmos) dui op 'n onderlingsamehangende
stelsel of sisteem. Daarom word dit in die Nuwe
Testament gebruik om die skepping, asook die mensdom te
omskryf. Maar meestal het dit 'n gelaaide en tegniese betekenis,
veral by Johannes. Vir hom dui dit op die God-vyandelike
wêreldstelsel waarvan die gelowiges onder geen omstandighede
deel mag word nie.
In 1Jh 2:15-17 sê die apostel dat hierdie bose stelsel deur
"begeerlikheid" voortgedryf word. Ook Petrus sê iets soortgelyk:
ons moet "die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld
werksaam is" (2Pet 1:4).
Vanweë die sondeval is die mens se liefdesgerigtheid op God
omgebuig tot 'n beheptheid met eiebelang en selfbevrediging.
Sedertdien soek die mens dus soos 'n rondloperhond sy
vervulling in die vullisblikke van die wêreld. En dis veral hierdie
rustelose, nooit-bevredigde soeke wat die wêreldsisteem laat
"tick".
Laat ons op die uitkyk bly vir veral drie strategieë van
die gevalle wêreld
Volgens 1Jh 2:16 inflameer veral drie begeertes die mens in die
gevalle wêreld se sondige natuur: "Want alles wat in die wêreld
is - die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die
oë en die grootsheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar
is uit die wêreld."
! Die "begeerlikheid van die vlees". Dit dui waarskynlik op
daardie dinge in die wêreld wat 'n appél op die laere drifte van die
mens maak. Waarskynlik dui dit nie net op sondige dinge wat
begeer word nie, maar die begeerte is op sigself sondig.
Mens kan nie anders as om in ons seksbehepte wêreld
dadelik aan die uitlokkende kleredrag en die misbruik van die
vrouluke liggaam te dink nie. Maar, natuurlik, dit strek hier baie
verder as die bloot liggaamlike. Dit het te doen met alle sondes
wat in ons samelewing as skandelik beskou word.
! Die "begeerlikheid van die oë": Dit dui waarskynlik op daardie
dinge in die wêreld wat 'n appél op ons estetiese sin maak en
selfs op ons behoeftes aan wat bloot lekker en gerieflik is.
Watter vrou ken nie die suigkrag van mooi klere, of 'n mooier
huis en meubels as die wat sy het nie? Watter man ken nie die
bewondering vir 'n mooi kar nie? Voorbeelde kan uiteraard
vermenigvuldig word - veral in ons moderne wêreld met sy mooi
winkels en gesofistikeerde reklame.
Maar julle sal met my saamstem dat baie dinge wat aan
hierdie beskrywing voldoen, op sigself nie sondig is nie. Dit is
goed as 'n Christenvrou smaakvol en netjies aantrek. En vir seker
is dit op sigself nie sonde as 'n man met 'n mooi motor ry nie.
In hierdie geval is dit wat begeer word dus nie noodwendig
verkeerd nie. Maar die sonde lê in die begeerte self - wanneer
dit ongesond is en aanleiding gee tot 'n onvergenoegdheid met dit
wat ons hemelse Vader in Sy wysheid en soewereiniteit vir jou
uitgemeet het.
! Die "grootsheid van die lewe": Dit dui op daardie dinge in die
wêreld wat 'n appél op die ambisie en magsug van die mens
maak. Dit lei hom dan presies strydig met die pad van die liefde.
In 'n sin kan mens sê dat die begeerte om steeds hoër te klim
teen die leer van bevordering en finansies ons korporatiewe
wêreld en ekonomie aan die gang hou. Een maatskappy sluk die
ander in en as mense hulle werk en inkomste as gevolg daarvan
verloor, voel die nuwe base 'n veer.
Om dankbaar te wees oor bevordering en om in wysheid
suksesvol sake te doen, is tog sekerlik nie verkeerd nie. Nee, vir
seker nie. Maar laat ons gewaarsku wees, die verskil tussen
gesonde vooruitstrewendheid, enersyds, en onheilige ambisie en
roemsug, andersyds, is minder as 'n halftree.
En so kan ons aanhou, amper ad infinitum.
Nog enkele opmerkings oor wêreldgelykvormigheid
Dit is nodig om 'n paar kwalifikasies voor oë te hou:
! Mens kan ernstig sondig as jy die oorsaak is dat 'n ander
persoon struikel. Waarsku die Skrif ons nie dat dit beter is om met
'n meulsteen om jou nek in die see gegooi te word, as om die
oorsaak van 'n ander se struikeling te wees nie? (Mt 18:6).
Maar dis nie waaroor dit hier gaan nie. Dit gaan hier nie in die
eerste plek oor 'n ander persoon wat jy laat struikel nie, maar oor
jouself wat sondig te wyte aan jou eie wêreldgelykvormigheid.
! Baie van ons is in ons werksituasies voortdurend besig met
die dinge van hierdie wêreld. Weereens hoef dit nie op sigself
sonde te wees nie. In die meeste gevalle is gespierde Christene
in staat om in sulke omstandighede met getrouheid aan die Here
die pad te loop. Maar as jy voel die situasie gaan jou vang, kry vir
jou ander werk!
! Nog 'n ding wat baie Christene se ondergang veroorsaak, is
werkseise wat net eenvoudig te veel vir een mens is. Ek praat
van werk wat effektiewe afgodery word. Oppas! As jy seker is dit
is nie te wyte aan jou eie onbeholpenheid of luiheid of oordrewe
ambisie nie (in welke geval jy jou moet bekeer), maak 'n plan.
Gaan bespreek dit met jou baas, en as dit nie help nie, het dit tyd
geword om ander werk te soek.
! Geld stel mense in staat om dit wat hierbo genoem is te
bekom. Meer as enigiets is die najaging daarvan dus die
brandstof waarop 'hierdie wêreld' loop. Daarom is geldgierigheid
"'n wortel van alle euwels" (1Tm 6:10).
! Op een of ander geheimenisvolle wyse sit Satan agter alles -
tot so 'n mate dat Johannes sê dat die hele wêreld, "in die mag
van die Bose lê" (1Jh 5:19 en vergelyk Ef 2:1-3).
! Die bedreiging van die wêreld mag nooit onderskat word nie.
Dit is subtiel en palm mense geleidelik in. Die saad wat tussen die
dorings geval het, is juis versmoor deur "die sorge van hierdie
wêreld, die verleidinge van rykdom en die genietinge van die
lewe" (Mt 13:22; Mk 4:19; Lk 8:14).
! Jakobus verduidelik (1:13-15) hoe begeerlikheid tot sonde lei
en díé uiteindelik tot die dood. Dis 'n proses: Begeerlikheid is
soos 'n straatvrou wat 'n man verlei (let op die paar
"ginekologiese" terme wat gebruik word - ongelukkig vir baie
vertalings 'n verleentheid en hulle vertaal dit weg). Dan raak sy
swanger en 'n baba word gebore - genaamd Sonde. En as
sonde groot is, kry sy op haar beurt weer 'n baba, wat "Die Dood"
genoem word.
! God verafsku wêreldgelykvormigheid. "Wie 'n vriend van die
wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is" (Jk
4:4).
"Hierdie wêreld" is die God-vyandelike wêreldstelsel
waarin die sug na eiebelang en selfbevrediging die gevalle
mensheid aandryf en sódoende verlei om die rug op God,
Sy gebooie, Sy waarheid en veral Sy Seun te draai. As
sodanig word allerlei kragte ontketen wat voortdurend
dreig om die kerk op aarde saam te sleur en in die proses
te vernietig."
Regte Christene loop stroom-op
! Elkeen wat uit God gebore is, "oorwin" die wêreld. Die woord
beteken om na 'n hewige stryd seëvierend met die oorwinning
weg te stap. Die Christen weerstaan dus nie net die sleurkragte
van hierdie wêreld nie, hy is inderdaad sterker as dit en beweeg
teen die stroom op!
! Die werkwoord is in 'n vorm wat dui op tydsverloop. Dit
beteken dat hierdie oorwinning die normale, die tipiese van 'n
Christen se lewe is. Hoewel hy soms voor wêreldgelykvormigheid
mag swig, is dit nie die reël nie, maar die uitsondering. Sy lewe
word dus nie daardeur gekenmerk nie.
! Hierdie oorwinning geskied deur die"geloof" (v. 4b-5). Deur die
geloof eien die Christen Jesus Christus se afgehandede
oorwinning toe: "Hy het oorwin; ek is in Hom; daarom het ek
oorwin!"
Hierdie lewensgeloof is nie iets wat ek opwerk soos 'n gewigopteller
hiperventileer voor hy die ysters gryp nie; dis 'n lewe
vanuit die afgehandelde oorwinning van my Verlosser en Koning.
Geloof gaan dus nie primêr oor iets wat ék doen nie, maar oor
iets wat Hý gedoen het. Wat Hy vir my gedoen het, is die heel
belangrikste waarheid vir my. Dit lê aan die hart van my
oortuigings. Ek werk gevolglik die implikasies daarvan
voortdurend in my lewe uit. En presies dít is wat my stroom-op
dwing.
! Die persoon wat uit God gebore is, lewe dus nie volgens die
behepthede en waardes en prioriteite van "hierdie wêreld" nie. Hy
laat hom eenvoudig nie daardeur intimideer nie. En in elk geval
is sulke kleinlike ambisies benede sy waardigheid - want hy sien
die onsienlike. Hy is op pad na 'n ander wêreld, 'n ewige
vaderland (Lees Hb 11).
Hier is hy 'n "bywoner en vreemdeling" (1Pt 2:11) - en 'n
pelgrim op pad deur. Vir hom of haar is "die lewe Christus en die
sterwe wins" (Fl1:21).
"He marches to a different drummer" - en daarom loop hy
stroom-op. En op die "smal pad" (Mt 7:14) leef mens "nougeset"
(Ef 5:15 OAV). Daarom gebeur dit keer op keer: tussen
wêreldlinge, selfs tussen wêreldgelykvormige "Christene", is hy
bewus daarvan dat hy 'n "square peg in a round hole" is.
! Dít staan vas: iemand wat uit God gebore is, is 'n vreemde
fenomeen. Hy is net eenvoudig anders as Jan Alleman - hy
oorwin die wêreld!
"Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie;
trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak" (Hb 11:16).
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Di Feb 28, 2017 11:02 am

- 11 -
Merkteken 5
1Jh 5:18b
Iemand wat wedergebore is word deur die
Seun van God bewaar en die duiwel kry
geen houvas op hom nie.
Die opmerksame leser sal oplet dat ek hierbo nie die OAV
aanhaal nie, maar die NAV. Dit het te doen met 'n subtiele
verskil tussen die Griekse grondtekste wat die twee
vertalings gebruik. In die een geval bewaar die Christen homself
(OAV) en in die ander geval bewaar die Seun van God hom
(NAV).
Waarskynlik is die NAV se grondteks beter (vgl. ook NIV),
maar die gewone gelowige hoef hom weinig oor die saak te kwel,
aangesien beide weergawes in ooreenstemming met ander
Skrifuitsprake is. Tog, ek neem aan dat die NAV die oorspronklike
teks korrek weergee.
Wat ook al tekskrities korrek is, oor een saak hoef niemand te
twyfel nie: iemand wat uit God gebore is - wat dus waarlik
wedergebore en gered is - sal in sy geloof en heilige toewyding
aan die Here Jesus tot die einde toe volhard. Daarom is dít die
finale merkteken van ware Christenskap.
Is dit nie wonderlik troosryk nie dat ons hier teen die einde van
ons reeks weereens daaraan herinner word dat dit in die finale
analise die Here self is wat ons redding en herskepping tot
afronding voer! Terwyl niemand die Christen se
verantwoordelikheid wil afmaak nie, staan dit so vas soos die
berge dat die Here Sy uitverkorenes vashou en bewaar om tot die
einde toe te volhard.
'n Paar formele punte
! "Bewaar" beteken om sorgvuldig op te pas en te beskerm. Die
Vader het Sy uitverkorenes immers vir tyd en ewigheid aan Sy
Seun toevertrou. Aan hierdie rentmeesterskap sal Hy onfeilbaar
getrou bly. En Hy kán, omdat Hy nie net mens nie, maar ook ten
volle God is.
! Die "houvas" wat die duiwel op 'n Christen wil kry, dui op 'n
vasgryp - om leed te berokken.
! Die kontras in v.19a moenie misgekyk word nie: hier is geen
sprake van middelgrond nie.
! Daar sal diegene wees wat rusteloos rondtrap omdat ek in
hierdie skrywe die ewige sekuriteit van gelowiges so sterk
beklemtoon. Dit gee aanleiding tot laksheid in ons
geloofswedloop, sal geredeneer word. Kyk net, word gesê,
hoeveel aansporings daar in die Skrif is om te volhard tot die
einde toe. En kyk net hoeveel Christene raak die pad byster en
gooi handoek in in die wedloop.
Heeltemal reg! Maar tog beklemtoon die Skrif eweneens dat
die Here Self diegene wat waarlik gered is, enduit deurdra. En nie
alleen leer die Skrif dit nie, maar my ervaring oor baie jare heen
- nie net in andere se lewens nie, maar ook in my eie - bevestig
die vertroostende waarheid van die volharding van diegene wat
die Here uitverkies en vir Homself afgesonder het. Dit is immers
wanneer mens in geloofsvertroue jouself oorgee in die veilige
hande van die Here, dat Hý (wie anders?) 'n nuwe vrede en
vertroue in jou laat ontstaan - wat jou met dankbaarheid en
liefdesywer vervul om Hom met alles in jou te dien, en om daarin
enduit te volhard.
! Diegene wat waarsku dat hierdie leerstuk maklik skewe idees
by mense kan laat ontstaan en aanleiding gee tot 'n selfvoldane
gearriveerdheid van Christene, het vir seker 'n punt beet.
Niemand minder nie as die vermaarde en kliphard
gereformeerde teoloog, John Murray, waarsku dan ook teen 'n
verkeerde verstaan van hierdie leerstuk: "Die Skrif leer ons dat dit
moontlik is om 'n opwindende, lewensveranderende, veredelende
ervaring van die krag en waarheid van die evangelie te hê -
sonder om werklik saligmakende geloof te hê. Dit is moontlik om
so naby te kom aan die bonatuurlike kragte wat in God se
koninkryk van genade werksaam is, dat dit effekte op jou het wat
beswaarlik onderskeibaar is van dit wat God se wederbarende en
heiligmakende genade voortbring - sónder om deel te hê aan
Christus en die ewige lewe. 'n Leerstuk van geloofsvolharding wat
nie deeglik rekening hou met die moontlikheid en realiteit van
sulke gevalle nie, moedig 'n laksheid aan wat volharding alles
behalwe bevorder. Dit is hoegenaamd nie die Bybelse leer van
die volharding van die heiliges nie" (Redemption - accomplished
and applied, p.153).
! Hoe moet ons dan die leerstuk van volharding verstaan? Hoe
kry ons die kloutjie by die oor?
Jesus Christus bewaar die uitverkorenes
! Dat Jesus Christus diegene wat die Vader aan Hom
toevertrou het, bewaar, word dwarsdeur die Nuwe Testament
geleer. Van die troosrykste uitsprake in hierdie verband word in
die Evangelie van Johannes aangetref. Gaan kyk na Jh 6:37-40;
44; 54; 65-71 en Jh 10:14-16; 22-30 (tyd laat ons ongelukkig nie
toe om dit te bespreek nie, maar kyk in diepte daarna en jy sal
nooit spyt wees nie).
! Hoe bewaar Jesus Christus diegene wat die Vader aan Hom
toevertrou het en wat deur die Heilige Gees wederbaar is? As
hulle hemelse Hoëpriester tree Hy onder meer vir hulle by die
Vader in! En Sy voorspraak is uiteraard onfeilbaar. Hieruit vloei
dan die Heilige Gees se voortgaande instandhoudingswerk in
hulle lewens.
! Onderstaande verse is enkeles van talle:
C Rm 8:34: Christus tree vir ons in by die Vader. Hierdie vers se
heerlike implikasies word duidelik as dit in konteks gelees word
(v. 28-39).
C Heb 7:25: "Daarom kan Hy ook die wat deur Hom na God
gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by
God in te tree."
C Vergelyk ook Hb 5:7-10; 9:24; 1Jh 2:1.
! Voorbeelde van die Here Jesus se voorbidding vir Sy dissipels
is in die Evangelies opgeteken.
C Lk 22:31-32. Hier lê die sleutel tot Petrus se opregte bekering
en uiteindelike herstel (Jh 21:15vv). Só is nie vir Judas Iskariot
gebid nie. Elke Christen deur die eeue was en is algeheel
afhanklik van Jesus Christus se voorbidding - om tot die einde
toe te volhard ten einde gered te word!
C Jh 17. Jesus se Hoëpriesterlike gebed is seker die klassieke
voorbeeld van Sy voorbidding vir Sy dissipels - en as sodanig
was dit 'n bron van troos, sekuriteit en blydskap vir miljoene
dwarsdeur die eeue. Let veral op verse 1-2; 6; 9; 11-12; 15; 24.
Enkele punte van toepassing
Hoe kan 'n mens weet Christus se voorbidding dra jou?
Weet jy dat jy sonder sy voorspraak nie die paal sal haal nie? Kan
jy sê dat jy tog, ten spyte van baie aanslae en weerstand, bly
volhard? Neem jy toe in jou afhanklikheidsbesef van Christus se
voorspraak by die Vader, en van die Vader se
instandhoudingswerk deur Sy Gees? Is die ander merktekens 'n
werklikheid in jou lewe? Groei jy in jou liefde vir en toewyding aan
die Here?
Miskien sal iemand sê: "Ek gee toe dat die Bybel leer dat
God Sy kinders bewaar; tog raak ek uiters bekommerd as ek
sien hoeveel mense baie belowend begin met die wedloop,
maar ten spyte daarvan na 'n tyd heeltemal uitsak."
Helaas is jou waarneming korrek. Maar tot 'n groot mate is dit te
wyte aan die goedkoop evangelie wat so aan die orde van die
dag is - wat mense wat nooit wedergebore is nie, verseker dat
hulle wel gered is.
Die vermaarde teoloog, John Murray, skryf: "Die Skrif leer ons
dat dit moontlik is om 'n opwindende, lewensveranderende,
veredelende ervaring van die krag en waarheid van die evangelie
te hê - sonder om werklik saligmakende geloof te hê. Dit is
moontlik om so naby te kom aan die bonatuurlike kragte wat in
God se koninkryk van genade werksaam is, dat dit effekte op jou
het wat beswaarlik onderskeibaar is van dit wat God se
wederbarende en heiligmakende genade voortbring - sonder om
deel te hê aan Christus en die ewige lewe. 'n Leerstuk van
geloofsvolharding wat nie deeglik rekening hou met die
moontlikheid en realiteit van sulke gevalle nie, moedig 'n laksheid
aan wat volharding alles behalwe bevorder. Dit is hoegenaamd
nie die Bybelse leer van die volharding van die heiliges nie"
(Redemption, p.153).
Wat is dan die sleutel tot volharding?
Mense verwerp hierdie leerstuk, omdat hulle in reaksie is teen 'n
onbybelse karikatuur daarvan: eenmaal gered altyd gered -
ongeag.
Nee! Wat die Skrif leer, is dat God diegene wat Hy vir Homself
geheilig het, meteen bekragtig en bly bekragtig om heilig te
volhard tot die einde toe!
Die Hemelse Hoëpriester se voorbidding verseker dat diegene
wat die Vader aan Hom toevertrou het, heilig sal volhard tot die
einde toe, sonder om verswelg te word deur die meedoënlose
aanslae van die vlees, die wêreld en die Satan.
En onthou, volharding impliseer inspanning en die versoeking
om tou op te gooi. Die Christelike lewe gaan oor kruisdra. Die
Nuwe Testament beskryf dit as 'n wedloop met die wenpaal op
die oewers van die rivier sonder 'n brug (Bunyan).
Wie dus nie heilig volhard tot die einde toe nie, toon daarmee
dat hy nooit deur die Here vir Homself geheilig (afgesonder) is
nie. Hy toon dat hierdie leerstuk nooit op hom van toepassing was
nie.
1Petrus 1:3-5 is insiggewend: Hulle wat regtig wedergebore
is, word "... in die krag van God bewaar ... deur die geloof tot die
saligheid ...".
Hulle word bewaar. Ten diepste hang hulle volharding nie van
hulle eie prestasie, inspanning en getrouheid af nie.
Hulle word deur die krag van God vasgehou.
Hulle word deur geloof vasgehou. Geloof is die geut waardeur
God se instandhoudingsgenade in 'n mens invloei.
Hulle word vasgehou totdat die saligheid geopenbaar word -
vir seker dus lewenslank.
Sien jy, hier is ons terug by die wedergeboorte en sy
merktekens! Jy kán dus weet! "Hierdie brief skryf ek vir julle sodat
julle kan wéét dat julle die ewige lewe het ..." (1Jh 5:13).
Ek wil jou nie verveel nie, maar onthou jy nog die merktekens:
geloof dat Jesus die Christus is (5:1); 'n lewe wat gekenmerk
word deur oorwinning oor sonde en heilige gehoorsaamheid (3:9;
2:29; vgl. NIV); liefde vir God en mede-gelowiges (4:7 vv; 3:14-
18); oorwinning oor die suigkragte van die God-vyandiggesinde
wêreld. En les bes: volharding hiermee en hierin tot die einde toe.
Ter afsluiting: Wat is 'n Christen dan?
'n Christen is 'n man of vrou wat, op grond van Jesus Christus se
middelaarsverdienste, deur God die Vader as kind aangeneem is
en deur die herskeppende werk van die Heilige Gees voorberei
word vir 'n ewige en welgeluksalige lewe in gemeenskap met die
Drie-enige God.
Hierdie werk van die Gees is 'n onmiskenbare en lewenslange
belewingswerklikheid vir die betrokke persoon self, terwyl dit ook
vir ander om hom duidelik waarneembaar is.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Di Mrt 14, 2017 11:33 am

Hiermee AH 31 oor ons verantwoordelikheid voor die Here as gelowiges. Wat ons dus moet verstaan, is dat God se soewereiniteit nie ons verantwoordelikheid ophef nie. Ek vertrou dit beteken iets vir jou.

Hartlike groete,

jbiC

Nico van der Walt
nico.vanderwalt@reformed.org.za

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

DIE MENS SE VERANTWOORDELIKHEID

'n Bespreking van Esegiël 18

Nico van der Walt


DIS DIE BABILONIESE BALLINGSKAP, AMPER 600 JAAR VOOR CHRISTUS. Onder die Joodse
ballinge in die vreemde is daar ‘n gesegde: “Die pa’s eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande
stomp.” (18:2). Ook in Palestina word dit gebruik (Jer 31:29-30).
• Sekerlik het die ballinge baie bespiegel oor die redes vir die ballingskap. Oënskynlik was 'n
algemene opinie dat dit te wyte was aan die voorgeslagte se sondes. Per slot van rekening, as die
vadere gehoor gegee het aan die profete se oproepe om hulle te bekeer, sou hulle nageslag nie nou in
ellende gesit het nie. Dus wil die spreekwoord te kenne gee dat die voorgeslagte gesondig het, maar dat
hulle kinders - die huidige geslag - nou die spit moet afbyt.
~ Na alle waarskynlikheid het diegene met so 'n opinie ook die Tweede Gebod as
ondersteuning nader getrek: “Ek ... is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die
kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat” (Eks 20:5, OAV).
• Let op hoe sterk die Here aanstoot neem aan hierdie spreekwoord (18:3). Waarom?
~ Dis 'n implisiete beskuldiging dat God onregverdig is - deur die huidige geslag te straf vir
andere se sondes (v.25, 29).
~ Dis subtiele self-verontskuldiging: nie ons nie, maar ons ouers is die eintlike skuldiges. En
so word een van die belangrikste doelwitte van die ballingskap ondermyn: ware verootmoediging en
bekering.
~ Dit lei tot 'n baie logiese maar verkeerde afleiding: as mens so maklik die gevolge van jou
ouers se sonde dra, kan jy sekerlik ook op godvrugtige ouers se louere rus. Dan is geregtigheid - en
die loon daarvoor - as 't ware oorerflik!
ONS VERANTWOORDELIKHEID
‘ In Eseg 18:4 plaas die Here dan die fundamentele beginsel in plek: elke individu is vir hom- of
haarself verantwoordelik! Só werk God deurgaans met mense.

gelyk. En uiteraard is elkeen teenoor Hom verantwoordelik. Daarom sal slegs diegene sterf wat sondig.
‘ In v.5-19 (vgl. OAV & NIV) werk die profeet hierdie beginsel nou aan die hand van drie praktiese
voorbeelde uit. Hy kyk na 'n oupa, 'n pa, en 'n seun.
• Verse 5-9 beskryf ‘n regverdige man. Vers 9 som dit op: sy lewe word gekenmerk deur
gehoorsaamheid aan God se wet. Hy sal sekerlik lewe!
• Verse 10-13 beskryf dan die man se seun. Hy leef in sonde! Wat sy pa doen, dit laat hy na; wat
sy pa nalaat, dit doen hy. Sal so 'n man lewe? Natuurlik nie! Van die begin af geld dit immers dat die loon
van die sonde die dood is. Dis dus sy eie sonde - niemand anders s’n nie - wat hom laat sterf.
• Verse 14-19 beskryf dan die eerste man se kleinseun. Op sy beurt leef hy weer soos sy oupa.
Sal hy ewig lewe? Natuurlik sal hy!
‘ Waarskynlik het almal besef dat Esegiël hier sinspeel op Juda se pas afgelope politieke geskiedenis.
• Die Assiriese ballingskap van die noordelike tien stamme (136 jaar voor die Babiloniese
ballingskap) laat Juda en Benjamin groot skrik - en daar is grondige reformasie onder Hiskia.
• Sy seun en kleinseun - Manasse en Amon - vertrap egter hierdie reformasie in die volgende
halfeeu, as hulle die volk tot afgodery verlei.
• Amon se seun - Josia - dien egter weer die Here en hy lei die volk in reformasie.
• Josia word dan opgevolg deur drie van sy seuns en 'n kleinseun (Joahas, Jojakim, Jojagin en
Sedekia) - en elkeen van hulle verlei die volk tot sonde.
‘ Vers 20 formuleer weereens die beginsel - nou meer volledig: “Die mens wat sondig, sal sterwe.
'n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie, en 'n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie.
Wie leef volgens my wil, sal die vrugte daarvan pluk. Wie goddeloos is, sal die straf daarvoor dra.”
‘ In verse 21-24 word twee verdere moontlikhede bespreek. Wat gebeur as 'n goddelose hom bekeer?
En wat van 'n regverdige wat in sonde verval?
• Die eerste vraag word in v.21-23 behandel.
As 'n sondaar hom (of haar) bekeer, sal hy sekerlik lewe! Sy sonde sal hom nie toegereken word nie;
dit sal in die see van ewige vergetelheid gegooi word.
Die implikasie is duidelik: as mens na bekering nie eers die gevolge van jou eie voorafgaande sonde
dra nie, hoe op aarde sal jy die gevolge van jou voorouers se sonde dra?
Vanwaar kom hierdie wonderlike genade - dat mens so maklik die gevolge van opgehoopte skuld
kan ontkom wanneer jy jou bekeer? Dit kom uit die diepste wese van God se karakter! (v.23).
Letterlik staan daar: “Behae, het Ek behae? Ek het hoegenaamd geen begeerte dat goddeloses moet
sterf nie!”
Dit is uiters belangrik dat ons God reg sal ken: nie straf nie, maar genade; nie die dood nie, maar die
lewe - dit is God se einddoel met die mens. Dít is Sy behae. Dít is Sy vreugde!
• Maar v.24 bring dan 'n noodsaaklike, balanserende korrektief: terwyl God 'n God van genade is,
is dit altyd regvérdige genade! As 'n regverdige in sonde verval en daarin bly lê - sal hý lewe? Natuurlik
nie!
Laat ons nooit vergeet nie: God se genade is altyd in volmaakte harmonie met Sy geregtigheid.
AGT BEGINSELS
‘ Die beginsel van menslike verantwoordelikheid wat Eseg 18:1-24 so deeglik uiteensit, kan oopgevou
word in 'n aantal ondergeskikte beginsels. In terme hiervan het God nog altyd met die mens gewerk -
ongeag of dit in die Ou Verbond is, of die Nuwe.

sal hy sekerlik die ewige lewe beërf.
• As enigeen, wie ook al (selfs 'n kind van godvrugtige ouers), onbekeerlik in sonde lewe, is die
ewige verdoemenis sekerlik sy lot.
• 'n Kind sal nooit die straf van sy ouers se sonde dra nie; ook sal die ouers nie die straf van hulle
kinders se sonde dra nie.
• Niemand sal die ewige lewe ontvang nie, tensy hy sélf regverdig lewe. En niemand sal die ewige
verdoemenis ontvang nie, tensy hy dit sélf verdien as gevolg van sy eie sonde en rebellie teen God.
• Enige sondaar, wie ook al, wat hom bekeer, deur sy rebellie teen God te staak en sy lewe
volgens God se wil in te rig, sal lewe.
• Daar kom nooit 'n stadium in 'n regverdige se lewe dat hy maar kan verslap in die najaging van
'n heilige lewe nie. Só haat God sonde, dat enigeen wat daarin sterf, selfs na jare van gehoorsaamheid,
deur Hom verwerp sal word.
• God put geen behae uit die dood van 'n sondaar nie; inteendeel, dit is Sy vreugde as hy hom
bekeer en lewe.
• Só genadig is God, dat dit nooit te laat is vir enige sondaar om hom te bekeer nie - ongeag hoe
erg die sonde en hoeveel perverse jare ook al agter die rug mag wees.
STEEDS GELDIG
‘ Laat ons duidelik verstaan: hierdie beginsels staan steeds vas. Die Nuwe Testament verfyn en bou
dit weliswaar uit - en verduidelik wat God in Christus vir sondaars doen, sodat hulle daarvolgens gered
kan word.
‘ Een van die verskille tussen die Ou Testament en die Nuwe, is dat eersgenoemde waarheid
gewoonlik op 'n fenomenologiese, oftewel belewingsvlak deurgee. Dit beskryf gebeure en beginsels dus
soos mense dit ervaar. Daarenteen word 'n groot deel van die Nuwe Testament aan ontologiese, oftewel
wesenswaarheid gewy. Hier gaan dit oor die eintlike verduideliking vir dinge - van God se hoek gesien.
Dis “die storie agter die storie”.
'n Illustrasie mag verhelderend wees: As ons sê, “Die son gaan onder”, is dit belewingswaarheid. Dis
soos dit vir ons lyk. Maar die wesenswaarheid is natuurlik dat die aarde draai en die son gevolglik agter
die horison verdwyn.
• Eseg 18 se beginsels word as belewingswaarheid aangebied. Dit beteken nie dat dit net bluf is
nie. Allermins! Maar geen verduideliking word byvoorbeeld gegee vir wat agter ‘n regverdige man se
toewyding sit nie, of agter ‘n sondaar se bekering. Eers in die Nuwe Testament word dit verduidelik.
‘ Waar lê volgens die Nuwe Testament die oorspronge van ‘n gehoorsame en heilige lewe? Dit lê in
die Here se inisiatiefnemende herskeppingswerk in sondaarsharte!
LEWENSVERANDEREND EN BLYWEND
‘ As die Here God in Sy soewereine genade reddend ingryp in ‘n sondaar se lewe, doen Hy dit deur
aan so ‘n persoon ‘n nuwe hart te gee. Uiteraard praat ons nie van die orgaan wat bloed pomp nie, maar
van die sentrum van jou menswees en persoonlikheid. Dit is daardie kompleks van innerlike begeertes,
motiewe, natuurlike geneigdhede en oortuigings wat elke mens het. As dit dan nuut gemaak of herskep
word, noem die Skrif dit die wedergeboorte of ‘n geboorte uit God.
‘ Nou lê dit voor die hand dat so ‘n innerlike verandering mens se hele lewe ingrypend sal raak.
• Johannes skryf sy eerste brief sodat sy gelowige lesers kan weet hulle het die ewige lewe (5:13).

Hy gee vir hulle 'n aantal merktekens van die wedergeboorte, waaraan hulle die egtheid van hulle
redding kan meet: ware geloof (5:1) ; 'n lewe wat nie in sonde bly lê nie, 1 2 maar volhard in heilige
gehoorsaamheid (3:9; 2:29)3; liefde vir die Here en mede-gelowiges (4:7; 3:14-17); oorwinnig oor die
sleurkragte van die God-vyandiggesinde wêreldstelsel waarin ons leef (5:4); lewenslange volharding tot
die dood toe (5:18).
‘ Daar is dus 'n wonderlike en konsekwente onderlinge samehang wat God se verlossingswerk in ‘n
mens kenmerk. Waar Hy red, is daar altyd ware geloof; en waar daar ware geloof is, is daar altyd heilige
en lewenslange gehoorsaamheid. Dit is die wesenswaarheid wat in die Nuwe Testament vir ons
uiteengesit word. Die belewingswaarheid van Eseg 18 - wie heilig leef, sal gered word; wie onheilig leef,
sal nie gered word nie - wil dus nie sê dat ‘n heilige lewe die grond van redding is nie, maar dat dit die
merkteken van redding, oftewel die watermerk van egtheid is.4
‘ Nou is ons in 'n posisie om te verstaan waarom Eseg 18 impliseer dat ‘n persoon wat vir jare
regverdig gelewe het, maar dan in sonde verval en in sonde sterf, nie gered sal word nie. Dit voel vir ons
nie regverdig nie, want ons is geneig om te redeneer dat jare se geregtigheid tog baie swaarder moet
weeg as maande se sonde.
• Kennelik het so 'n persoon se geregtigheid nie uit 'n herskepte hart gekom nie. Sy of haar geloof
was nooit eg nie. Dis waarom dit opgedroog het.
• Dis waarom die apostel ons oproep om onsself voortdurend (Grieks) te ondersoek of ons in die
geloof is (2Kor 13:5, OAV).
Laat ons nooit vergeet nie: egte geregtigheid, enersyds, en bloot godsdienstige vroomheid,
andersyds, lyk verraderlik eenders.
• Ons redding hang nie van die kwantiteit van ons geloof af nie, maar van die kwaliteit daarvan.
Die vraag is nie of ek genoeg geloof het nie (diegene in Mt 7:21-23 het baie geloof); die vraag is of ek
die ware Jakob het. Embrionaal min dáárvan is genoeg (soos dié van die misdadiger aan die kruis).
DIE RES VAN DIE HOOFSTUK (ESEG 18:25-32)
‘ In die voorafgaande verse word uiteengesit dat al die Here se handele met mense onkreukbaar
regverdig is. Hy gee vir elkeen presies net wat hy, en hy alleen, verdien. Ter wille van beklemtoning word
van hierdie beginsels dan weer in v.26-28 herhaal. Nogtans wil die volk dit nie aanvaar nie. Die Here
doen nie reg nie, is hulle beskuldiging (v.25, 29).
Omdat hulle nie wil skuld erken nie, en omdat hulle God van onreg beskuldig, sal Hy hulle oordeel!
Maar niemand sal kry wat hy nie verdien nie. Elkeen sal volgens sy eie optrede gestraf word (v.30a).
‘ Dan, selfs op hierdie dreigende moment, sluit die hoofstuk af met een van die mees aangrypende
oproepe tot bekering in die ganse Bybel (v.30b-32). Selfs op hierdie laat stadium is omdraai nog
moontlik.
Weereens is daar die versekering dat God geen “behae” (OAV), geen genot daaruit put as 'n sondaar
verlore gaan nie (v.32).
‘ Nog iets in hierdie oproep val amper skokkend op ons ore. Letterlik staan daar in v.31: "maak vir
julleself 'n nuwe hart en 'n nuwe gees!" (vgl. OAV, NASB, Amplified, KJV). Hoe moet mens dit verstaan?
• Esegiël het geen illusies oor God se soewereiniteit nie. Hy gebruik die Godsnaam, Elohim (die
soewereine God), 217 keer. In Eseg 16:4-6 kry ons een van die aangrypendste beskrywings van soewereine genade in die Bybel. Les bes stel hoofstukke 36:24-28 en 37:1-14 dit bo alle twyfel: God alleen kan wederbaar en red!
• Weliswaar kan die werkwoord, “maak”, ook soms vertaal word met “bekom” (die NAV en NIV volg
hierdie sagter opsie). Hoe ook al, wat Esegiël hier sê, is dat mense selfs in hulle onwedergebore staat
verantwoordelik is om in nederigheid die gawe van 'n nuwe hart en lewe by die Here te soek. Niemand
sal op die oordeelsdag kan wegkruip agter die feit dat hy in sy geestelike verstorwenheid nie in staat was
om die Here te soek nie.

ENKELE IMPLIKASIES
‘ Ons het geen grond hoegenaamd nie as ons ons aanspreeklikheid voor God probeer ontduik.
Ongelowiges kan dit nie doen nie, hoeveel te minder ons wat sê dat ons wedergebore is!
• As ons rekening hou met die wonder van God se herskepping in ons, besef ons dat ons geen
verskoning vir sonde het nie.
• Nooit kan ons iemand of iets anders blameer vir ons mislukkings voor die Here of ons medemens
nie - nie ons ouers, kinders of enigiemand anders nie; ook nie ons verlede of omstandighede nie.
‘ Al glo ons hartstogtelik in die uitverkiesing (en dis onvermydelik as jy erns maak met die Bybel), moet
ons ons onbeskroomd rig tot individue se verantwoordelikheid en wil wanneer ons evangeliseer. Die feit
van die uitverkiesing bring dit hoegenaamd nie in gedrang dat ek dit mag en moet doen nie.
• God se uitnodiging tot redding aan die sondaar is opreg.
• God se bevel tot bekering en onderwerping is eg - nie net 'n skynspel nie.
• God se beloftes om ootmoedige sondaars te red wat om genade in Christus pleit, is algeheel
betroubaar.
• God se uitnodigings, bevele en beloftes - en daarom ook ons evangelistiese uitreikings - spruit
voort uit Sy ware liefde wat geen behae daarin het as 'n sondaar volgens die eise van Sy geregtigheid
verlore gaan nie.
• Die Heilige Skrif plaas so ‘n gesindheid konsekwent as 'n opdrag voor ons - deur die voorbeeld
van die Here en Sy apostels, en deur eksplisiete bevele.
• Die mens(e) teenoor wie ons getuig, is inderdaad persoonlik verantwoordelik en aanspreeklik.
• Dus, terwyl ons weet dat geen geestelike lewe vóór wedergeboorte moontlik is nie - geen geloof
of bekering of heiligmaking nie - hoef ons nie te huiwer om vir mense te sê dat hulle 'n plan moet maak
om wedergebore te word nie. Dis presies wat die Here Jesus gedoen het toe Hy vir Nikodemus gesê het
dis nodig dat hy wederbaar word (Jh 3:3; 5-7). Ons mag nooit dat ons oortuigings oor die soewereiniteit
van God en die werklikheid van uitverkiesing ons inhibeer om met alles waaroor ons beskik op mense
se verantwoordelikheid en wil aanspraak te maak nie!
‘ Bogenoemde lyk vir ons logies heeltemal teenstrydig. Dit wil nie sin maak nie. Hoe kry mens die
kloutjie by die oor? Ons het met die geheimenisse van 'n antinomie te doen. Dis 'n verskynsel in die
logika waar mens met twee (of meer) waarhede te doen het wat beide onteenseglik waar is, maar wat
vir ons logika wedersyds uitsluitend is. So sê die Bybel vir ons dat redding 'n gawe van God is (Ef 2:8)
- en tog kom die opdrag weer en weer tot ongelowiges dat hulle moet glo. Of in Jh 6 sê Jesus dat
niemand na Hom toe kan kom as die Vader hom nie trek nie (Jh 6:44,65) - en tog rig Hy weer en weer
die uitnodiging: ”Kom na My toe ...!”
Bybelse antinomieë spruit voort uit die feit dat God in dimensies leef wat aan ons totaal onbekend
is. In terme van ons ervaringswêreld lyk dit na teenstrydighede, maar in die geloof aanvaar ons dat die
probleem in Sý dimensies nie bestaan nie.
Volwasse Christene het geleer om met Bybelse antinomieë saam te leef - met die ewewig van Bybelse waarheid. As dit nodig is om één kant van die waarheid te gebruik, doen hulle dit. En as die
ander kant nodig is, gebruik hulle dít.
'n Klassieke voorbeeld hiervan word in Hd 27 aangetref. Kyk hoe Paulus homself "weerspreek" as
hy eers in v.22-26 die versekering gee dat God soewerein besluit het dat daar geen lewensverlies sal
wees nie, maar dit kort daarna in v.31 totaal afhanklik maak van die soldate se gedrag.
• In die finale analise gehoorsaam ons bloot die Here in ons evangelisering (en ander dinge), in
die wete dat die Gees Sy grootse herskeppingswerk juis middellik doen - deur ons verkondiging van
die evangelie (Jh 17:17,20; Rm 1:16-17; 10:13-15; 1Kor 1:21; 2Ts 2:14; Jk 1:18; 1Pt 1:23). Van die begin
af skep God immers deur die woord (Gn 1:3, 6, 9, 11, 14, 20, 24, 26).
Ook Esegiël onderstreep hierdie beginsel in h.37 (v.4, 7, 9, 10).
‘ Hoe moet Eseg 18 met die Tweede Gebod (Eks 20:4-6; Dt 5:8-10) gerym word? Sê God nie dáár
dat Hy Sy haters se misdade aan hulle kinders - tot in die vierde geslag - besoek nie? Dui dit nie op
onregverdigheid by God nie? Is dit nie strydig met persoonlike verantwoordelikheid en Eseg 18 nie?
• Ten minste beklemtoon die Tweede Gebod dat kinders inderdaad deur hulle ouers se sonde
geaffekteer word. Daar is kontinuïteit tussen opeenvolgende geslagte.
In die lig van die res van die Skrifopenbaring kan egter met stelligheid gesê word dat daar geen
meganiese noodwendigheid in sit nie. So iets sou lynreg strydig wees met onder meer Eseg 18 (vgl. ook
Dt 24:16; Jer 31:29-34).
• Ons durf egter nie die Tweede Gebod se waarskuwing ligtelik opneem nie. Ouers se sonde kring
op ten minste twee maniere na hulle kinders uit:
~ Ouers is modelle vir hulle kinders. Kinders leer by hulle en doen soortgelyk. Sonde steek as
‘t ware aan; trouens, dit het die neiging om te vererger soos dit voortplant. Dit is dus nie snaaks nie as
ouers se minagting vir God se ordes etlike geslagte later steeds sy tol eis nie.
~ Een geslag skep as ‘t ware die wêreld waarin volgende geslagte moet leef. As ons vandag
God se Woord, Sy norme en die evangelie geweld aandoen, moet ons nie verwag dat ons kinders en
kleinkinders die Here sal dien nie. Die kerk wat ons nageslag op ewigheidspaaie moet lei, word vandag
gevorm.
• Die Tweede Gebod wil dus nie suggereer dat volgende geslagte gestraf sal word vir hulle ouers
en grootouers se sonde nie. Nee, wat dit sê, is dat hulle as ‘n reël hulle voorgeslagte se sonde sal navolg
— en as sodanig God se oordele oor hulleself sal haal.
• Laat ons nooit uit die oog verloor nie: ongeag die erns van 'n familie of samelewing se morele
verval, kan enige individu enige tyd die tuimelgang ontkom deur hom of haar hartgrondig tot die Here
en Sy Woord te bekeer.
• Die tweede Gebod sluit af met 'n heerlike belofte wat God se goedheid beklemtoon: "Ek betoon
my liefde tot aan die duisendste geslag". Hoewel Hy dus 'n gestrenge God is, is Hy veel, veel meer 'n
God van barmhartigheid.
~ Die NAV vat die idee hier beter vas as die OAV. Waarskynlik gaan dit nie oor duisende
mense nie, maar oor 'n duisend geslagte. Die belofte wil dus sê: God se toorn kring weliswaar uit tot vier
geslagte, maar Sy liefdesguns tot 'n duisend!
‘ Verwaarlosing van individuele verantwoordelikheid masel uit in talle pastorale en ander uitwasse in
die kerk.
• Die idee dat gelowiges se kinders min of meer vanself gered word, veroorsaak die waan in
derduisende lewens dat hulle ewige heil verseker is, terwyl dit hoegenaamd nie die geval is nie. Nie
alleen immuniseer dit mense teen die ware evangelie nie, dit vul ook kerke met menigtes sonder enige
hartstog vir God se diens en eer. Dit lê nie net die kerk lam nie, dit lewer ook ‘n uiters negatiewe
getuienis teenoor die ongelowiges.

• Dis mode om vandag min of meer elke afwykende gedragspatroon te verduidelik in terme van
onregte wat die oortreder in die verlede moes verduur het. Terwyl dit wel so is dat sekere ervaringe tot
ellendige gevolge later in 'n mens se lewe kan lei, hef dit nie so 'n persoon se verantwoordelikheid en
toere-keningsvatbaarheid op nie. Dis juis waarteen die Tweede Gebod waarsku. As ons villains as
victims begin beskou, is dit laat in die dag. Ons mag nooit ophou om sonde “sonde” te noem nie. Ons
mag nie slimmer as God probeer wees nie.
• Soortgelyk aan bogenoemde raak dit 'n algemene neiging om sonde op grond van genetiese
swakhede te verontskuldig. Sekerlik speel genetika 'n beduidende rol in baie sondige ellendes. Maar dit
verander niks aan Bybelse uitsprake wat hierdie dinge as sonde verklaar nie. Verontskuldig die
genetiese wortels van wellus, humeurigheid, gewelddadigheid en moordsug my as ek my daaraan
skuldig maak? Het ek nie my ganse sondige natuur in elk geval by my ouers geërf nie?
Waarlik, verantwoordelik bly ek verantwoordelik!
• Talle pastorale deurbrake vind eers plaas die dag as jy jou verantwoordelikheid opneem.
Duisende bly gevangenes van hulle sondes, omdat hulle nie kans sien om openlik en eerlik te erken dat
hulle sélf verantwoordelik is vir die gemors waarin hulle hul bevind nie.
• Laat ons wat weet dat die Here waarlik in Sy genade in ons lewens ingegryp het, daarom ons
verantwoordelikheid opneem en nugter, volwasse en met vaste tred die pad van rentmeesterskap loop!
“Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien” (2Pt 1:3). ‘n
Lewe van Bybels-prinsipiële gehoorsaamheid in die lig van die ewigheid is waartoe Hy ons roep. En
uiteindelik sal ons nie net aan Hom verantwoording doen nie, maar ook van Hom loon ontvang.



Die doel van Antipas Herout is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten
einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder. Dit staan enigeen
gevolglik vry om die inhoud van hierdie studiestuk met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by
ander gekry. Hy glo dis 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd
moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.


Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die Belydenis van
Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die
ewenaar.

Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie:
Postnet Suite No.148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika.
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za ; Tel. 082 848 9396.

Blogs: www.e-preke.blogspot.com (met skakels na nóg 4 blogs)

Gereeld word 'n preek/studiestuk soos hierdie wêreldwyd en gratis in Afrikaans en Engels per e-pos gestuur aan mense wat dit
persoonlik aangevra het.

Geen kopiereg. Dupliseer of preek gerus. Of stuur verder.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Ma Mrt 27, 2017 5:00 pm

Middag-se^,

Hiermee 'n volgende leesdingetjie. Ek vertrou dit sal tot see"n wees.

jbiC

Nico van der Walt
nico.vanderwalt@reformed.org.za

=====================================================================


GOD SE BEELD IN DIE MENS AS MAN EN VROU
Liefdesgemeenskap, statusgelykheid, rol- en gesagsonderskeid

Nico van der Walt


DIE BEELD VAN GOD
‘ God het die mens na Sy beeld
geskep. Hierdie beeld is ernstig deur
die sondeval verwring, maar nie
heeltemal vernietig nie (Gn 1:26-27;
5:1; 9:6). God los dit egter nie so nie,
maar deur Sy verlossingswerk in
Christus herstel Hy die mens na Sy
beeld.
‘ Wat behels God se beeld in die
mens?
• Allereers moet gesê word dat
dit nie in die mens se liggaamlikheid
sonder meer sit nie. God is gees (Jh
4:24) en het as sodanig nie 'n
liggaam nie.
• Die mens is as rentmeester
in 'n unieke gesagsposisie op aarde
geplaas: hy moes vrugbaar wees,
die aarde bewoon en bewerk, en oor
die res van die skepping heers (Gn
1:28). Hy het dus 'n duidelike opdrag
en doel. Dit beteken dat hy nie net
gehoorsaam moet wees nie, maar
ook inisiatief moet neem. Hiervoor is
die mens met 'n wil geskape S 'n wil
wat ná die sondeval helaas nie meer
in harmonie met God is nie. Die
herskepping in Christus stel dit egter
reg.
• Twee Nuwe Testamentiese
uitsprake gee verdere lig. In beide
gevalle het dit te doen met die
herstel van God se beeld in die
gevalle mens.
~ Aan die Efesiërs word
geskryf dat hulle hul "... met die
nuwe mens moet beklee wat na God
geskape is in ware geregtigheid en
heiligheid" (4:24, OAV). Die mens is
'n morele wese, en voor die sondeval
het dit in volmaakte harmonie met
God se wil en standaarde tot
uitdrukking gekom. Die sondeval het
dit egter tragies bederf. Maar in die
mens se herskepping word dit
reggestel.
~ Aan die Kolossense word
gesê: "Lieg nie vir mekaar nie, omdat
julle die oue mens met sy werke
afgelê het en julle jul met die nuwe
mens beklee het wat vernuwe word
tot kennis na die beeld van sy
Skepper ..." (3:9-10, OAV). Die mens
is 'n rasionele wese, met die vermoë
om te dink en te verstaan. Deur die
sondeval is hierdie vermoë helaas
ernstig verbuig. Maar ook dit word
deur die herskepping in Christus
herstel.
• 'n Vierde aspek van die mens
se skepping na die beeld van God sit
in sy geslagtelikheid. Die mens is as
man en vrou geskape.
Dis die tema van hierdie
studiestuk.
~ "En God het die mens
geskape na sy beeld; na die beeld
van God het Hy hom geskape; man
en vrou het Hy hulle geskape." (Gn
1:27, OAV).

~ "Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as
beeld van Homself. Man en vrou het
Hy hulle geskep en Hy het hulle
geseën en hulle 'mens' genoem toe
hulle geskep is" (Gn 5:1-2).
‘ Die beeld van God in die mens
sit dus in sy wil, sy moraliteit, sy
kennis en sy geslagtelikheid.
Die Westminster Shorter
Catechism (Vr. 10) som bogemelde
só op: "God created man male and
female, after His own image, in
knowledge, righteousness, and
holiness, with dominion over the
creatures."
GOD SE BEELD IN ONS
GESLAGTELIKHEID
‘ Die feit dat God, toe Hy die mens
na Sy beeld geskape het, nie net
een persoon gemaak het nie, maar
twee afsonderlike en verskillende
persone S man en vrou S bring 'n
baie besondere aspek van God se
beeld en wese na vore: die Drieeenheid.
• In Gen 1:26, onmiddellik
voordat vertel word van die mens se
skepping na God se beeld, vind ons
die eerste sinspeling op die Drieeenheid:
"Toe het God gesê: 'Kom
Ons maak die mens as ons
verteenwoordiger, ons beeld ...".
‘ Die mens se skepping as man
en vrou vertoon die drie-enige God
se beeld op ten minste drie maniere:
Eerstens kom dit tot uitdrukking in
die man en vrou se verhouding, veral
in die intimiteit binne die huwelik.
Tweedens sit dit in hulle persoonsen
statusgelykheid voor God.
Derdens word dit gesien in die
verskillende rolle wat hulle Skepper
aan hulle toeken, en in die
gepaardgaande gesagsonderskeid
tussen hulle.
Eerstens: Liefdesgemeenskap
‘ Net soos daar van ewigheid af
gemeenskap, kommunikasie en
samewerking tussen die drie
persone van die Goddelike Drieeenheid
is, so is man en vrou ook
geskep en vir mekaar gegee met die
oog op liefdesgemeenskap,
onderlinge kommunikasie en
samewerking.
God het die mens nie geskape
om 'n geïsoleerde bestaan te voer
nie. Nie alleen is hy in staat tot
interpersoonlike menseverhoudinge
nie; hy het 'n onversadigbare
behoefte daaraan. Veral in familieen
gemeenteverband kan hierdie
verhoudinge baie sterk beleef word.
Nooit kom dit egter tot intenser
uitdrukking as in die verhouding
tussen man en vrou nie S tot so 'n
mate dat hulle "een word" (Gn 2:24).
Hulle eenheid is nie net fisiek nie, dis
ook emosioneel en geestelik S veral
natuurlik in die geval van Christene.
• Hierdie eenheid word op talle
maniere in die Woord onderstreep en
beklemtoon. Man en vrou is deur
God saamgevoeg (Mt 19:6).
Seksuele eenheid met iemand
anders as jou eggenoot is 'n
besonder afstootlike oortreding teen
jou eie liggaam (1Kor 6:16, 18-20) S
met ander woorde teen jou
huweliksmaat wat één is met jou.
Binne die huwelik het die man nie
alleenseggenskap oor sy liggaam
nie; hy deel dit met sy vrou S en
natuurlik omgekeerd (1Kor 7:3-5).
Mans moet hulle vrouens so lief hê
soos hulle eie liggame (Ef 5:28). Die
eenheid tussen man en vrou is
lewenslank (Mal 2:14-16; Rm 7:2).
‘ Teen hierdie voor die hand
l i g g e n d e v e r t o l k i n g v a n
Skrifgegewens word beswaar
aangeteken vanuit feministiese
kringe. Waarom bestaan die huwelik
dan uit net twee partye, as daar drie
persone in die Godheid is, word
gesê. Daar is ten minste drie
moontlike verklarings S en al drie
mag geldig wees.
• Dit wil ons bes moontlik
herinner dat die verhouding tussen
man en vrou 'n flou afskynsel is van
dit wat in die Godheid bestaan.
• Die eenheid binne die
huwelik is onvolmaak as dit nie 'n
eenheid in die Here is nie. Wanneer
man en vrou egter gesamentlik met
God wandel, is daar inderdaad drie
partye.
• Nog 'n verklaring werk ook
met drie partye. In die geval van 'n
gesin is die liefdesgemeenskap
tussen vader, moeder en kinders iets
van 'n vergestalting van die
verhouding tussen die Vader, die
Seun en die Gees.
Tweedens: Statusgelykheid
‘ Van ewigheid af S wat
belangrikheid en goddelikheid betref
S is daar volkome gelykheid tussen
die drie Persone van die Goddelike
Drie-eenheid. Netso is daar geen
statusverskil tussen man en vrou
voor hulle Skepper nie. Beide is
eweveel na Sy beeld geskape; en
hierdie beeld is sedert die sondeval
nie in een méér verwring as in die
ander nie. Tot in alle ewigheid is nie
een vir Hom meer belangrik of
waardevol as die ander nie. Die
Bybel bied dus geen grond vir enige
m a n l i k e o f v r o u l i k e
geslagshoogmoed nie.
• Hierdie statusgelykheid van
mans en vrouens vereis dat hulle
mekaar moet respekteer en hulle
onderlinge afhanklikheid altyd
onthou.
Paulus word meermale as
manlike chauvinis uitgekryt. Maar dis
ten onregte: "Tog het die Here
bepaal dat die vrou nie sonder die
man sal bestaan nie, en die man nie
sonder die vrou nie, want soos die
vrou uit die man geneem is, so kom
die man deur die vrou in die wêreld,
maar alles is uit God" (1Kor 11:11-
12).
‘ Veel meer as enige kultuur, filosofie of godsdiens in die
geskiedenis, bring die nuwe bedeling
in Christus die gelyke waarde van
man en vrou na vore.
• In 'n antieke wêreld van
skokkende diskriminasie teen
vrouens, profeteer Joël reeds dat die
Messias Sy Gees sal uitstort op
sowel seuns as dogters, op sowel
diensknegte as diensmaagde (2:28-
29, OAV). En op die Pinksterdag
verklaar Petrus dat die profesie
vervul is (Hd 2:17-18).
• Die gelykheid van man en
vrou voor God word onmiskenbaar in
die Nuwe Testamentiese gemeente
onderstreep as beide geslagte
gedoop word. Teenoor die Ou
Verbond, waartydens net mans die
verbondsteken ontvang het, wil die
Heilige Gees ook hiermee kragtig
getuig dat God nou in Christus begin
het met die herstel van God se beeld
in die mens S ná die verwringing wat
met die sondeval ingetree het.
• Statusgelykheid tussen man
en vrou word onontkombaar duidelik
gestel in Galasiërs: "... want julle
almal wat deur die doop met
Christus verenig is, het nou deel van
Christus geword. Dit maak nie saak
of iemand Jood of Griek, slaaf of vry,
man of vrou is nie: in Christus Jesus
is julle almal één" (3:27-28). Die
apostel beklemtoon hier dat daar
geen meerder- of minderwaardige
kategorie mense in die gemeente is
nie. Net so min as wat Jode die reg
gehad het om op Grieke as
tweederangse lidmate neer te sien,
net so min kon mans op vrouens
n e e r s i e n . H i e r d i e N u w e
Testamentiese gelykheidsbeginsel
het 'n rewolusie begin S waaraan
vrouegelykheid in die moderne
wêreld grootliks te danke is.
Derdens: Funksionele onderskeid
‘ Terwyl daar van ewigheid af
volkome gelykheid tussen die
Persone van die Drie-eenheid
bestaan, was daar ook nog altyd
verskille in funksie en gesag tussen
hulle.
• Hoewel al drie Persone gelyk
is in hulle goddelikheid, het die
Vader groter gesag. Hy het 'n
leierskaprol wat die ander twee
Persone nie het nie. So was die
Vader byvoorbeeld nog altyd die
Váder in Sy verhouding met die
Seun.
• In feitlik alles wat in God se
raadsplan gebeur, is al drie Persone
betrokke. Maar sonder uitsondering
het hulle verskillende rolle. Wat meer
is, daar is ook 'n onmiskenbare orde
te bespeur. Die Vader is altyd die
inisiatiefnemer. Die Seun neem dan
as 't ware oor om die Vader se
besluite te implementeer en te
vervolmaak. En les bes is die Heilige
Gees baie dikwels die agent wat
alles verwerklik en finaliseer.
In die skepping spreek die Vader
inisiërend, die Seun skep, en die
Heilige Gees onderhou deur Sy
voortgaande teenwoordigheid (Gn
1:1-2; Jh 1:1-3; 1Kor 8:6; Kol 1:16-
17; Hb 1:2).
In die herskepping verordineer
die Vader sondaars tot die ewige
lewe (Jh 6:37-39; Ef 1:3-6). Hy stuur
die Seun om alles te doen wat nodig
is vir hulle redding (Lk 22:42; Jh
6:38-40; Fl 2:6-8). En as die Seun na
die hemel terugkeer, word die
Heilige Gees deur beide die Vader
en die Seun gestuur om die kerk te
bou en toe te rus (Jh 16:7; Hd 1:8;
2:33).
‘ God het soortgelyke funksionele
en gesagsverskille tussen man en
vrou daargestel. Ook hierin word iets
van die Drie-eenheid se wondere
weerspieël.
• 1Kor 11:3 stel dit so: "Ek wil
egter hê julle moet weet dat Christus
die hoof is van elke man, en ’n man
die hoof van sy vrou, en God die
hoof van Christus."
'N SKEPPINGSVERORDENING;
NIE DIE SONDEVAL SE GEVOLG
NIE
‘ Sommige voer aan dat die rolen
gesagsonderskeid tussen man en
vrou ingestel is as straf ná die
sondeval S en dus in Christus
opgehef word. Dit het begin, word
gesê, met die vloekuitspraak oor
Eva: "Ek sal jou baie swaar laat kry
met jou swangerskappe: met pyn sal
jy kinders in die wêreld bring. Na jou
man sal jy hunker, en hy sal oor jou
heers" (Gn 3:16).
Dis egter glashelder dat die rolen
gesagsonderskeid tussen man en
vrou reeds vóór die sondeval volledig
gevestig was. Sewe feite S wat almal
reeds vóór die sondeval in plek was
S bevestig dit.
Adam is eerste geskep; Eva eers
daarna (Gn 2:7; 18-23)
Hierdie skeppingsorde was uniek.
Geen dier is so geskep nie. Duidelik
het God 'n spesifieke doel gehad.
Dat dit te doen gehad het met 'n
rol- en gesagsonderskeid, word deur
die geïnspireerde apostel bevestig
as hy hierdie feit gebruik as
begronding vir sy verbod op vroulike
leierskap in die gemeente. Hy skryf
in 1Tm 2:12-13: "Ek laat die vrou
egter nie toe om onderrig te gee of
oor die man te heers nie, maar sy
moet haar stil hou. Want Adam is
eerste gemaak, daarna Eva."
Eva is as helper vir Adam geskep
(Gn 2:18, 20)
God het Eva in die eerste instansie
vir Adam gemaak, nie Adam vir Eva
nie. "Ook het die HERE God gesê:
Dit is nie goed dat die mens alleen is
nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat
by hom pas" (Gn 2:18, OAV).
Ook hierdie feit word deur die
apostel gebruik as hy die noodsaak
van 'n onderskeid tussen man en
v rou tydens g eme e nte l i k e
aanbidding motiveer: "Die man is
ook nie ter wille van die vrou geskep
nie, maar die vrou ter wille van die
man" (1Kor 11:9).
Adam het vir Eva haar naam
gegee (Gn 2:23)
In die onmiddellik voorafgaande
verse gee Adam name aan die diere
(Gn 2:19-20) S en oefen so sy
heerskappy oor hulle uit. Dwarsdeur
die Ou Testament impliseer die reg
om iemand te benaam ook gesag
oor hom. So was dit God se
prerogatief om Abram en Sarai se
name na Abraham en Sara te
verander (Gn 17:5, 15). En uiteraard
is dit steeds ouers se reg.
Wat meer is, dit was altyd die
idee dat 'n Hebreeuse naam iets
moes sê oor 'n persoon se karakter
en funksie in die lewe. Toe Adam
dus die diere benaam het, het hy
eintlik hulle karakter en funksie
vasgemaak. Dis betekenisvol dat hy,
as hy Eva "vrou" of "mannin" noem,
sy reg daartoe begrond op die feit
dat sy uit hom voortgekom het: "Toe
sê die mens: Dit is nou eindelik been
van my gebeente en vlees van my
vlees. Sy sal mannin genoem word,
want sy is uit die man geneem" (Gn
2:23, OAV).
God noem die menslike geslag
"Adam" (Gn 5:2)
"Man en vrou het Hy hulle geskape
en hulle geseën en hulle mens (Hb.
Adam) genoem, die dag toe hulle
geskape is" (Gn 5:2, OAV). Die
Skepper gebruik nie 'n geslagsneutrale
naam nie, maar die manlike
vorm. Dit impliseer dat Adam die
leierskaprol sou vervul. Dis steeds
so dat 'n vrou haar man se van
aanneem wanneer sy trou.
Sodoende onderwerp sy haar aan sy
gesag, word sy in ‘n baie besondere
sin deel van sy familie, en moeder
van sy nageslag (wat sý van dra).
Die slang het sy verleiding op Eva
toegespits (Gn 3:1)
In sy slinksheid het Satan geweet die
vrou sou minder bestand wees teen
sy versoeking. Waarom? God het
haar nie geskape om in die voorste
loopgrawe te veg nie. Sy is by
uitnemendheid toegerus vir 'n
ondersteuningsrol.
Ook hierna verwys Paulus as hy
die vrou van lering en regering in die
gemeente uitsluit: "Dit is ook nie
Adam wat verlei is nie, dit is die vrou
wat haar laat verlei het en die gebod
oortree het." (1Tm 2:14).
God het Adam aanspreeklik gehou
vir die sondeval S hoewel Eva
eerste voor die duiwel geswig het
(Gn 3:9; 17).
"En aan die mens het Hy gesê:
Omdat jy geluister het na die stem
van jou vrou en van die boom geëet
het waarvan Ek jou beveel het om
nie te eet nie S vervloek is die aarde
om jou ontwil; met moeite sal jy
daarvan eet al die dae van jou lewe"
(Gn 3:17, OAV). Hoewel alles by Eva
b e g i n h e t , w o r d A d a m
verantwoordelik gehou. Waarom?
Sonder uitsondering loop gesag en
toerekeningsvatbaarheid saam.
Adam, nie Eva nie, het die
menslike ras verteenwoordig
Eva het eerste gesondig. Maar die
mensheid is aan erfsonde
onderworpe S nie vanweë Eva se se
sonde nie, maar as gevolg van
Adam s'n. Dis in Ádam dat almal
sterf. "Net soos almal deur hulle
verbondenheid met Adam sterf, so
sal almal in Christus lewend gemaak
word" (1Kor 15:22. Vgl. ook Rm
5:15).
WAT SÊ DIT VIR ONS?
Ons fokus net op twee sake:
1. Die mens se skepping as man
en vrou na God se beeld, is die
hoeksteen-beginsel van die
huwelik.
‘ As die huwelik daarin slaag om
die drie pilare S gemeenskap,
gelykheid en funksionele onderskeid
S in jukstaposisie staan te maak, is
dit een van God se wonderlikste
gawes aan die mens. En as
afskynsel van God se wese,
verheerlik dit Hom uitnemend.
‘ Die sondeval het egter hierdie
God-verheerlikende instelling ernstig
beskadig. En deur die geskiedenis
het min dinge meer pyn vir miljoene
der miljoene gebring, as juis die
h u w e l i k w a t G o d s e
skeppingsverordeninge geweld
aandoen.
‘ Die sondeval het meegebring dat
die verhouding tussen man en vrou,
asook hul onderskeie rolle, ernstig
verwring is.
In God se afkondiginge van
oordeel in Gen 3 S onder meer oor
die huwelik S het Hy nie nuwe rolle
ingestel nie, maar verklaar dat die
uitvoering van bestaande rolle
vorentoe met smarte gepaard sou
gaan.
• As broodwinner sou Adam
steeds die aarde moes bewerk, maar
"in die sweet van sy aangesig"
(OAV) sou hy met "dorings en
dissels" moes worstel (3:18-19).
• As moeder sou Eva steeds
kinders baar en grootmaak, maar
nou sou dit met baie pyn gepaard
gaan (3:16).
• Die man en die vrou sou
steeds saamleef, maar nou sou hulle
verhouding vol konflik en hartseer
wees. As God in v.16 vir Eva sê dat
sy na haar man sal "hunker", gebruik
Hy 'n Hebreeuse woord wat eerder
op begeerte na oorheersing dui,1 as
op seksuele begeerte. Immers was
l a a s g e n o e m d e n a a l l e
waarskynlikheid reeds vóór die
sondeval teenwoordig.
En as God vir die vrou sê dat
haar man oor haar gaan "heers",
gebruik Hy 'n sterk begrip wat
gewo o n l i k gebrui k i s om
onderdrukkende regerings te
beskryf. 2 Die man sou dus sy krag
en gesag misbruik om die vrou te
onderdruk.
‘ Verlossing in Christus bring egter
'n opheffing van die vloek en 'n
terugkeer na die oorspronklike ordes
mee. In plaas van naywer en
rebellie, word die vrou in Christus
beveel om haar man in blymoedige
en lojale onderwerping te steun (Ef
5:22-24; Kol 3:18; 1Pt 3:1-6). In
plaas van gevoellose onderdrukking
van sy vrou, word die man in
Christus opgeroep tot liefdevolle en
koesterende regering in die huwelik
(Ef 5:25-33; Kol 3:19; 1Pt 3:7). So
word die Christelike huwelik nie net
'n afskynsel van die Goddelike Drieeenheid
nie, maar ook van die
verhouding tussen Christus en Sy
gemeente. Die vrou se rol in die
huwelik is soos díé van die
gemeente in sy verhouding met
Christus. En die man moet vir sy
vrou wees soos Christus vir Sy kerk.
Maar nooit mag ons die
rolverdeling in die huwelik en die
man se hoofskap beklemtoon nie,
sonder om ook te onthou dat man en
vrou "mede-erfgename van die
genade van die lewe is" (1Pt 3:7,
OAV). Daar is geen statusverskille
tussen hulle nie, net soos nie een
Persoon in die Goddelike Drieeenheid
minderwaardig is in
vergelyking met die ander nie.
2. Die mens se skepping as man
en vrou na God se beeld is die
diepste rede waarom die Nuwe
Testament nie die vrou toelaat om
in die gemeente te regeer nie.
‘ Vir diegene wat oppervlakkig met
Nuwe Testamentiese gegewens
omgaan, lyk dit asof die apostel
Paulus homself weerspreek:
enersyds beklemtoon hy die
gelykheid tussen man en vrou in die
gemeente (Gl 3:26-29); andersyds
maak hy baie van die verskille
tussen manlike en vroulike lidmate
(1Kor 11:2-16), en in die besonder lê
hy 'n swyggebod op die vrou in
gemeentelike byeenkomste (1Kor
14:34-36; 1Tm 2:9-15).
Maar die apostel het homself
allermins weerspreek. Hy verstaan
gewoon die fundamentele beginsel
waarna ons in hierdie studiestuk kyk.
En hy weet hoe lewensbelangrik is
God se skeppingsverordeninge. Net
so min as wat daar 'n innerlike
teenstrydigheid in die drie-enigheid
van God sit, net so min geld dit vir
Nuwe Testamentiese voorskrifte oor
die verhouding tussen man en vrou
in die gemeente.
‘ Waarin lê die funksionele verskil
tussen man en vrou in die
gemeente? Die vrou is ‘n
volwaardige lidmaat, en mag aan
alles deelneem S behalwe om in die
gemeente te regeer.
• Amptelike en formele
Wo o r d v e r k o n d i g i n g i s ' n
regeringsfunksie in die gemeente.
Vandaar dat die apostels nie
vrouens toelaat om te preek nie.
• Let op dat regering S en dus
amptelike prediking S ál is waarvan
die apostels die vrou uitgesluit het.
Volgens 1Kor 11:5 kon sy profeteer
en bid. En sy kon lering gee vir
jonger vrouens (Titus 2:3-5) S en
sekerlik vir kinders.
‘ Funksionele en gesagsverskille
tussen man en vrou S ook in die
gemeente S is 'n ewige beginsel wat
tydens die skepping, vóór die
sondeval, in die diepste wese van
die mens ingegraveer is. Ons het
hier met een van God se
skeppingsverordeninge te doen.
• As begronding vir sy
standpunt beroep Paulus hom
k o n s e kwe n t o p Go d s e
skeppingsverordeninge. Hiermee
beklemtoon hy dat sy voorskrifte nie
kultuurbepaald is nie, maar dat dit
e w i g e , u n i v e r s e l e e n
ononderhandelbare beginsels is. En
soos dit met al hierdie beginsels
gaan, betaal ons 'n baie, baie duur
prys as ons daarvan afwyk.
• Hierdie is geen geringe saak
nie. Só kom God se beeld, en Sy
gepaardgaande verheerliking, al hoe
duideliker in ‘n gemeente tot
uitdrukking. Só word die realiteite
van die herskepping sigbaar in ons.
Só gedy die kerk onder die
seënende hand van die Here, want
die uitnemende pad vir die mens is
binne die grense van hulle Skepper
se ordes en voorskrifte.
‘ Kom ons sê dit reguit: Die
aftakeling van die rol- en
gesagsonderskeid tussen man en
vrou in die kerk is nie 'n sekondêre
saak nie. Dis nie maar bloot ‘n
kwessie van kulturele aanpassing
nie. Nee, dis lynreg in stryd met God
se skeppingsordes en wil S en dus 'n
ernstige sonde!
Waarlik, die kerk wat met
betrekking tot hierdie sake wegbreek
van die pad van die historiese
Christelike geloof, loop ‘n wesentlike
gevaar om die geloof heeltemal te
versaak.
‘ Wat moet daardie kerke doen
wat ‘n ernstige tekort ervaar aan
mans om die wa te trek?
Hulle moet hulleself afvra
waarom hulle so ‘n probleem het.
Baie dikwels het dit te doen met die
s e n t i m e n t a l i s t i e s e e n
mensgesentreerde aanslag en
boodskap wat vandag in talle kerke
aan die orde is. Mans sukkel om te
identifiseer met verwyfde predikante
en ‘n “pienk” evangelie. Die
oplossing lê dus in ‘n terugkeer na
die robuuste en Godgesentreerde
evangelie van die Nuwe Testament.
Dan sal die mans spoedig weer hulle
opwagting maak.
En allermins sal dit help om
pragmaties te kapituleer deur maar
voort te gaan om vrouens in te druk
in ampte waar hulle nie hoort nie, en
waar hulle ook nie regtig wil wees
nie. Dit sal die kerk net nog méér na
reukwater laat ruik.
Nee, die kerk moet weer Paulus
se oproep in 1Kor 16:13 leer
verstaan: “Waak, staan in die geloof,
wees manlik, wees sterk” (OAV).

SLOT
‘ Ons het nie ruimte om daaraan
aandag te gee nie, maar enige
onderskeidende leser sal verstaan
dat ons in hierdie studiestuk by die
diepste begronding was van die
Bybelse veroordeling van dinge soos
voorhuwelikse seks, egbreek,
homoseksualisme, en so meer.
Mag die Here ons help om Sy
ordes te verstaan S en dit dan
kompromieloos uit te leef.

==========================================

Die doel van Antipas Herout is om Bybelse
lering in die vorm van kort, bevatlike
studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten
einde begrip van en geloof in die
Godgesentreerde beginsels van die Woord
so wyd as moontlik te bevorder. Dit staan
enigeen gevolglik vry om die inhoud van
hierdie studiestuk met of sonder erkenning te
gebruik. Die skrywer het immers self baie
hulp by ander gekry. Hy glo dis 'n suiwer
uiteensetting van Skrifopenbaring, en sy
hartstog is om die waarheidsevangelie so
wyd moontlik te versprei, nie om dit te
kniehalter nie.

Nico v/d Walt onderskryf die historiese,
internasionale en reformatoriese 1689
Baptistebelydenis, asook die Belydenis
van Sola 5, 'n assosiasie van
Godgesentreerde evangeliese gelowiges in
meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van
die ewenaar.

Subskripsies, adresveranderings,
kansellasies en korrespondensie:
Postnet Suite No.148, Privaatsak X1,
Northcliff, 2115, Suid-Afrika.
E: nico.vanderwalt@reformed.org.za ;
Tel. 082 848 9396.

Blogs: www.e-preke.blogspot.com

Gereeld word 'n preek/studiestuk soos
hierdie wêreldwyd en gratis in Afrikaans en
Engels per e-pos gestuur aan mense wat dit
persoonlik aangevra het.

Geen kopiereg. Dupliseer of preek gerus. Of
stuur verder.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Vr Apr 14, 2017 1:37 pm

Hiermee 'n volgende Antipas Herout. Dis die eerste van 'n reeks van 5 Heroute oor Johannes 1:14.
Ek vertrou dit sal tot seen wees.

Hartlike groete

jbiC

Nico van der Walt
nico.vanderwalt@reformed.org.za

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++



GOD SE HOOGSTE OPENBARING [1]

'n Bespreking van Johannes 1:14 : Ten volle God

Nico van der Wal


Sonder twyfel is Jh 1:14 een van die merkwaardigste verse in die ganse Bybel. Dit breek verbysterende waarhede vir ons oop. Só ryk is die vers dat ons meer as een Herout daaraan moet wy. Kom ons begin dan van 'n kant af en werk stapsgewyse deur die vers. Eerstens kyk ons na die begrip, "die Woord".
DIE WOORD : WAARLIK EN TEN VOLLE GOD
‘ Ons kan nie v.14 verstaan as ons nie ook met v.1 rekening hou nie S veral met die uiters belangrike begrip "die Woord". Beskou mens v.2-13 by wyse van spreke as tussen hakies, sien jy die apostel se gedagtegang baie duidelik: "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God ... en die Woord het vlees geword."
‘ Volgens Jh 20:30-31 wil Johannes met hierdie geskrif van hom sowel Jode as nie-Jode tot die geloof lei, sodat hulle deur te glo die lewe kan hê. Die Jode wil hy oortuig dat Jesus die Christus is S die beloofde Messias, God se Gesalfde. En by die heidene wil hy tuisbring dat Jesus die Seun van God is en God die Seun.
‘ Die apostel wil sy grootse tema onmiddellik aan die orde stel. Maar hy sit met 'n yslike dilemma. Die uitdrukkings "Christus" en "Seun van God" is vir sy lesers gelaaide begrippe. En allermins wil hy hulle reeds hier aan die begin verloor, of skewe idees by hulle vestig. Ja, die Jode sal sekerlik die ene ore wees as hulle lees dat hy oor die Christus skryf. Hulle wag immers al eeue vir die Christus, of die Messias, soos hulle Hom in Hebreeus of Aramees sou genoem het. Die probleem is egter dat hulle 'n bloot menslike Messias, met 'n gewoon binne-wêreldse missie verwag. Maar Johannes weet dat dit lewensbelangrik is dat hulle besef Hy is nie net volkome mens nie, maar ook waarlik God. En wat die heidene betref, gaan hulle in terme van die Griekse mitologie dink as hulle hoor hy praat oor "die Seun van God". Waarskynlik sal hulle dink aan iemand wat kwansuis gebore is uit gemeenskap tussen een van hulle gode en 'n menslike vrou. En wat kan meer godslasterlik wees as dit! Nee, Johannes wil seker maak sy lesers moet reg van die begin af baie goed verstaan dat die Een oor wie hy skryf absoluut uniek en verhewe is S dat Hy nie net nóg een van baie is nie. Daar mag geen misverstand wees nie: Hy is nie net nóg 'n messias nie; Hy is nie net nóg 'n christus nie. En allermins is Hy net nóg 'n heidense afgod.
‘ Daarom, voordat die apostel begin verduidelik dat die Here Jesus die Christus en die Seun van God is, wil hy eers die spyker goed en diep inslaan: die Persoon oor wie hy skryf, is volkome en van ewig af waarlik en ten volle God! Daarom moet hy, ten einde alle misverstande te vermy, eers 'n ander naam vir sy Hoofkarakter gebruik S iets anders as "Christus" en "Seun van God". En op hierdie punt lei die Heilige Gees Johannes dan tot 'n briljante woordkeuse. Hy noem sy hoofkarakter "die Woord" (Gr. Logos). Waarom is hierdie woordkeuse dan so briljant? Dis omdat ook hierdie begrip vir sowel Jood as heiden bekend en swaar gelaai is. Maar oor die Logos het beide groepe die mees verhewe idees.
• Wat die heidene betref, was die Logos algemeen bekend. Die Griekse filosoof, Heraklitus (sesde eeu v.C.) het geleer dat die Logos die siel van die heelal is S die skeppende energie waaruit alles ontstaan het, wat alles orden, en wat alles in stand en in balans hou.
En vir die latere Stoïsyne was die Logos die alomteenwoordige wysheid waardeur alles geskep en gestuur word. Die heidene het die Logos dus met die allerhoogste God geassosieer. Johannes weet daarom dat hy met hierdie woordkeuse verseker dat sy heidense lesers verstaan dat hy vir hulle skryf oor die algenoegsame eerste oorsprong van alles S die onveroorsaakte oorsaak van alle dinge.
• Die Jode het eintlik nog sterker assosiasies met die idee van die Logos gehad. Johannes se openingswoorde sou hulle onmiddellik herinner aan Gn 1:1: "In die begin ..." En natuurlik sou die begrip Logos hulle laat dink aan die skeppingsgebeure. Die uitdrukking "En God het gesê" kom immers 9 maal in Gn 1 voor. Trouens, vir die Jode het Logos inderdaad gestaan vir God se almagtige, skeppende woord. Ps 33:6, 9 sê: "Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur sy bevel al die hemelliggame. ...want Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar." En Jes 55:11: "So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het." As God dus spreek, doen Hy iets. En so het die begrip Logos ook vir die Jode gesinspeel op 'n Goddelike handeling. Nog meer, vir die Jood was die begrippe "woord", "wysheid" en "wet" baie na aan mekaar. Sulke swaar gelaaide idees was dit, dat dit soms gepersonifiseer is in die Ou Testament. 'n Klassieke voorbeeld tref ons in Spreuke 8 aan, waar die wysheidwoord so verpersoonlik word: "Die Here het my geskep, Hy het met my begin; ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede. Ek is lankal daar, van die begin af, voor die aarde daar was ... Daarom, kinders, luister na my, dit sal goed gaan met dié wat op my pad bly. Luister na wat ek julle leer, moet dit nie verontagsaam nie, dan sal julle ook wysheid hê ... Wie my vind, vind die lewe self ..." (22-23; 32-33; 35). Les bes, uit respek vir God wou die Jode nie die Godsnaam gebruik nie. As hulle na Hom verwys het, het hulle veel eerder gepraat van "die Heilige", of "die Naam", of "die Woord". Met sy woordkeuse sê Johannes dus vir die Jode: dis oor Hóm wat ek skryf S oor die almagtige en heilige Skepper van hemel en aarde.
DIE VERHEWENHEID VAN DIE WOORD
‘ In die verse voor v.14 maak Johannes ten minste 8 stellings oor die Woord se verhewenheid. En met elkeen kon denkende Jode en Grieke saamstem. Per slot van rekening is dit oor die Logos, die Woord, wat Johannes skryf. Wat ons moet raaksien, is dat Johannes die goddelike verhewenheid van sy Hoofkarakter baie diep en stewig in sy lesers se gemoedere wil vasbeton. Eers as hy tevrede is dat hy dit bereik het, sal hy sy bom in die Joodsgodsdienstige en Grieks-filosofiese wêrelde laat ontplof: hierdie Woord, niemand anders nie, net Hý, het mens geword en tussen ons kom woon!
• In die begin was die Woord (1). Die werkwoord is in 'n vorm wat dui op tydsverloop in die verlede (die imperfektum in Grieks). Met ander woorde, toe die tyd en alles wat bestaan, begin het, was Hy reeds daar. Hy was van alle ewigheid af altyd daar.
• Die Woord was by God (1) (weer die imperfektun). Die Woord was maar altyd by God. Daar is van ewigheid af 'n intieme verbintenis en gemeenskap tussen die Woord en God.
• Die Woord was God (1) (nogeens die imperfektum; dus tydsverloop in die verlede). Ja, die Woord is onderskeie van God, maar tog is Hy nie 'n skepsel nie; trouens, Hy is van ewigheid af self ook God. Hier stel Johannes die geheimenis van persoonlike onderskeide binne die eenheid van die Godheid aan die orde. Vir sommige van sy lesers sou dit dalk 'n nuwe gedagte wees. Maar dit sou hulle eerder fassineer as aanstoot gee.
• Alles het deur Hom tot stand gekom (3, 10). Ook die feit dat Hy Skepper van die heelal was, sou Jode en Grieke nie gepla het nie. Presies dit is wat die Ou Testament leer; dit is wat hulle wyse manne nog altyd sê.
• In Hom was daar lewe (4). As lewegewende krag en bron is daar niks binne die skepping wat nie lewe van Hom ontvang nie. "Juis, juis", sou Johannes se lesers mompel.
• Dié lewe was die lig vir die mense (4, 9). Hier sinspeel Johannes reeds op die Woord as openbaarder van God. Maar die
heidene sou dit filosofies verstaan, en die Jode i.t.v. Spr 8 se personifisering van die wysheid.
• Baie mense neem Hom nie aan nie (11). Ja, sou die lesers dink, daar is altyd die stiksienige dwase wat nooit iets begryp nie.
• Daar is wel diegene wat Hom aanneem (12). "Inderdaad!", sou die lesers hulleself op die skouer klop.
‘ Waarlik, geen skrywer kan sy hoofkarakter meer subtiel en tog in meer verhewe terme aan sy lesers voorstel nie!
WAT SÊ DIT VIR ONS?
‘ Laat ons nie die Skrif se sterk beklemtoning van Jesus Christus se goddelikheid miskyk nie. Té maklik is ons geneig om slegs aan Hom as die wonderlike man van Nasaret te dink. Té dikwels is Hy met Sy liefdevolle lewe slegs maar vir ons die uitnemende voorbeeld. Ja, die Woord hét vlees geword, en Hy was en bly volkome mens, maar sonder hierdie eerste en sterk aksent van Johannes verwater ons Christologie tot 'n humanistiese karikatuur wat onversoenbaar is met die Bybelse openbaring.
Laat ons onthou dat die bleek en verwyfde Jesus van die kuns, en die sentimentele Jesus van sóveel kontemporêre prediking, niemand kan red nie. En vir seker is Hy nie die Koning van die konings en die Here van die here in een van Johannes se ander geskrifte nie.
‘ Die volle raad van God is altyd waarheid in balans. So is Hy én God én mens. Wat ons onderwerp betref, is daar nog 'n balans wat ons versigtig moet vashou. Die Nuwe Testamentiese skrywers hou die Here Jesus nie net as ware God aan ons voor nie, maar ook as 'n lewende Persoon. In die geskiedenis was daar mense wat so opgegaan het in Sy goddelikheid, dat hulle Hom effektief gereduseer het tot bloot 'n onpersoonlike beginsel of krag. En so het hulle in 'n duisternis verval wat net so erg is as dié van Johannes se heidense geadresseerdes.
• Ook Lukas noem Jesus "die Woord". Van die apostels word gesê dat hulle "van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord" was (Lk 1:2). 'n Vraag ontstaan nou: gaan dit oor Christus, of gaan dit oor die evangeliewoord? Die NAV het 'n hoofletter "W", en die OAV 'n kleinlettertjie. As Lukas die apostels "ooggetuies" van die Woord noem, lyk dit asof hy van Jesus Christus self praat. Maar die feit dat hulle "dienaars" (of bedienaars) daarvan is, kan dalk op die evangelie sinspeel. Vir die vroeë Christene was dit egter nie 'n kwessie nie. Vir hulle was daar eintlik nie 'n onderskeid nie. Die inhoud van die evangelie was meteen die persoon van Christus! Dis presies wat Paulus bedoel: "Die Jode vra wondertekens, en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is" (1Kor 1:22-23). En: "... ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde" (1Kor 2:2, OAV). Les bes: "Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as ’t ware aan die kruis kon sien hang!" (Gl 3:1). Die apostels het nie oor Christus gepreek nie; hulle het Hóm gepreek!
• Een van die grootste avonture in elke ware Christen se lewe, veral in die van predikers, is om Jesus Christus al hoe duideliker te sien. Laat ons dit voortdurend van die Here afbid, dan sal Hy ons gewis voetjie vir voetjie deur die newels van ons stiksienigheid lei. En so sal ons ons al hoe meer in Hom verlustig. En om Hom te verkondig, sal 'n steeds groter avontuur en vreugde word. Op hierdie pad van ontdekking is daar geen terminus, geen versadigingspunt nie. Want Christus is soos 'n volmaak geslypte diamant met ontelbaar baie fasette. Ken jy iets van hierdie ervaring? Sekerlik is dit een van die sekerste bewyse dat jy op die regte pad is S dat die Heilige Gees besig is om in jou te werk. Want is Sy primêre funksie dan nie om Jesus Christus te verheerlik nie? (Jh 16:14). Die bekende teoloog en skrywer, J.I. Packer, stel dit iewers min of meer só: die Gees staan as 't ware skuins agter my en lig met 'n kollig oor my skouer op die Here Jesus. Dan fluister Hy in my oor: "Sien jy Hom? Gaan na Hom toe; glo in Hom; luister na Hom; ken, dien en eer Hom; verheerlik Hom!" Waarlik, waar die Heilige Gees werk, sal Jesus Christus as Profeet, Priester en Koning steeds meer en meer in die middelpunt skuif S in ons denke, oortuigings, e m o s i e s , t o e w yd i n g , gehoorsaamheid en getuienis.


Christenskap is nie in die eerste instansie 'n manier van lewe nie; dis 'n heilige beheptheid met 'n Persoon S die Woord van God, die eerste oorsprong van alles, die hoogste openbaring van God aan ons, die Seun van God en God die Seun.


• Die doel van Antipas Herout is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder. Dit staan enigeen gevolglik vry om die inhoud van hierdie studiestuk met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by ander gekry. Hy glo dis 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.
• Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die Belydenis van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die ewenaar.
• Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie: Postnet Suite No.148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika. E: nico.vanderwalt@reformed.org.za ; Tel. 082 848 9396. • Blogs: www.e-preke.blogspot.com (met skakels na nóg 4 blogs)
• Gereeld word 'n preek/studiestuk soos hierdie wêreldwyd en gratis in Afrikaans en meermale in Engels per e-pos gestuur aan mense wat dit persoonlik aangevra het.
• Geen kopiereg. Dupliseer of preek gerus. Of stuur verder.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Wo Apr 26, 2017 1:19 pm

1. 'n Volgende e-preek. Vetrou dit beteken iets vir jou.

2. Die afgelope maand het meer as een van julle vir my gevra vir sekere ander lektuur as die wat hier uitgaan. My rekenaar het allerlei mankemente gehad en ek kon nie alles wegkry nie. En nou het julle versoeke van my hardeskyf af verdwyn en ek kan nie onthou wie het wat gevra nie. As jy een van die mense is en nog niks gekry het nie, wil jy nie asseblief weer jou versoek vir my stuur nie? Jammer, hoor.

jbiC

Nico Van Der Walt [nico.vanderwalt@reformed.org.za]

+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

No.34


~ ~ ~



GOD SE HOOGSTE OPENBARING [2]

'n Bespreking van Johannes 1:14 : Ten volle mens


HOE KAN ONS OOIT GEMEENSKAP HÊ MET DIE ALLERHOOGSTE, DRIEMAAL HEILIGE EN EWIGE GOD VAN HEMEL EN AARDE? Voor die sondeval, ja, toe kon dit dalk nog. Maar ons is so gering, sondig en verwerplik S sukkelende mislukkings. As ons Hom net kon sien. Maar Hy is die verskuilde God. Al wat ons van Hom kan sien, is Sy werke. Of is dit? Presies hier is ons by die wonderlike goeie nuus van Jh 1:14. God het mens geword in Sy Seun, Jesus Christus! En met Hóm kan ons identifiseer. Want Hy was soos een van ons. En dis nie net die rykes en magtiges wat Hom kan waardeer nie, want Hy het nie gekom soos mens sou verwag nie. Hy het nie in glans en majesteit geleef S soos dit vir ons gevoel eintlik gehoort het nie. Hy het nie aangedring op allerlei gunste en gawes nie. Inteendeel! Hy was soos 'n liefdesslaaf tot alle mense se beskikking. Ja waarlik, Hóm kan elkeen van ons verstaan. Met Hóm kan ek gemeenskap hê! Maar hoe kan mens iemand verstaan wat 2000 jaar gelede geleef het? Dink vir 'n oomblik daaroor. Hy is die één Persoon in die Nuwe Testament wat bo die tyd uitstyg. Waarom? Omdat Hy die essensiële Mens is. Hy is universeel en tydloos. Sekerlik was Hy 'n Jood, maar die Heilige Gees het Hom laat beskryf op 'n wyse wat deur almal verstaan kan word S ongeag kultuur, geslag, ouderdom en intellek. O, heerlike waarheid: Hy was soos een van ons!

'N LEWENSBELANGRIKE EN TROOSRYKE WAARHEID

‘ "Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie ..." (1Jh 4:2-3; vgl. ook 2Jh 9-10). Die erns van dwaling oor die leerstuk van Christus kan beswaarlik oorskat word.

‘ Die stelling "die Woord het vlees geword" is uniek in die Bybel. Daar is ander uitsprake wat min of meer dieselfde sê, maar hier is daar 'n bondigheid en 'n balans wat dit die klassieke uitspraak maak. Hierdie stelling bestaan in die Griekse teks van Jh 1:14 uit net twee woorde. Omdat ons beide woorde maklik verkeerd kan verstaan, moet ons voortdurend die res van die Skrifgetuienis in ag neem as ons dit vertolk. Ander uitsprake in hierdie verband, is onder meer: Rm 1:3: Hy is gebore "na die vlees uit die geslag van Dawid". Gl 4:4: Hy is "gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet." Fl 2:7 sê dat Hy Homself ontledig het en aan die mense gelyk geword het. 1Tm 3:16 sê dat Hy geopenbaar is in die vlees. Hb 2:14 sê dat Hy vlees en bloed deelagtig geword het. En 1Jh 4:2 sê dat Christus in die vlees gekom het.

‘ Die eerste woord is "vlees" (OAV), of "mens" (NAV). In 'n sin is dit tog jammer dat die vertaling "vlees" in die OAV vervang is met "mens" in die NAV. Johannes sê nie bloot dat die Woord mens geword het nie; ook nie dat Hy bloot 'n liggaam aangeneem het nie. Nee, hy gebruik 'n Griekse woord wat amper skokkend is, amper té kru om van toepassing te maak op die ewige Woord: Hy het "vlees" geword, of as jy wil, "vleis". Die woord dui op menslikheid in sy swakheid, afhanklikheid en sterflikheid. Die Skepper van hemel en aarde het die fisiese en mundane lewe van gewone sterflinge binnegekom. Hy het een van ons geword!

‘ Die tweede woord is "geword". Hierdie is 'n gewone woord en die werkwoord dui op 'n spesifieke gebeurtenis in die verlede. Bloot na v.14 gekyk, sou hierdie uitspraak verkeerd verstaan kon word.

$ Mens sou kon aflei dat die Woord nie vantevore bestaan het nie. Maar so 'n misverstand het Johannes reeds ondervang in v.1: die Woord bestaan van ewigheid af.

$ Dit sou ook verstaan kon word as dat die Woord opgehou het om te wees wat Hy vantevore was. Mens sou dus kon dink aan vermindering of uitruiling S dat die Seun Sy goddelike karakter verruil het vir 'n menslike, dat Hy Sy goddelike attribute en soewereine prerogatiewe afgestaan het. Maar Johannes gaan onmiddellik voort: "ons het Sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom" (14c). En in v.18 noem hy Hom "die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is". En die res van die Bybel verseker ons oor en oor dat Hy in elke opsig God was, en tot in ewigheid sal bly.

$ Nee, die enigste manier om hierdie proloog van Johannes te verstaan, is in terme van byvoeging en samevoeging. Die Seun het niks van Sy goddelikheid afgestaan of ingeboet nie, maar het 'n menslike natuur bygekry. Wat Hy van ewigheid af was, is Hy steeds. Hy het egter bygekry wat Hy nooit vantevore was nie, en sal dit nooit weer verloor nie. Atanasius het dit 1500 jaar gelede só gestel: "Hy het geword wat Hy nooit vantevore was nie; en Hy het voortgegaan om te wees wat Hy altyd was." Kompromieloos moet ons dus vashou: Jesus is sowel volkome God as volkome mens, sonder enige aantasting van óf die goddelike óf die menslike. Hy is nie goddelike mens, of menslike God nie.

‘ Baie van die wroeginge om die Persoon van Christus behoorlik te verstaan, mag vir ons na haarklowery klink. Maar 'n helder begrip van en geloof oor die fundamentele waarhede met betrekking tot die Persoon van Christus is noodsaaklik om die fyn balanse van ortodoksie en ortopraksie te handhaaf. Die geskiedenis lê besaai met die wrakke van mense en kerke wat hier die spoor byster geraak het. En onthou, wie die geskiedenis ignoreer, val maar net weer in die slaggate van die vaders.

‘ Ons praat van die maagdelike geboorte. Dis in orde so, maar laat ons onthou dat net die Seun se verwekking bonatuurlik was S nie die swangerskap of geboorte self nie. Die Kind is gebore toe Maria se tyd gekom het (Lk 2:6), waarskynlik na 'n normale 40 weke.

$ Die bo-natuurlike van die maagdelike geboorte sit in 3 waarhede S en daarin alleen:

~ Die verwekking was bonatuurlik. Geen manlike saad is in Maria se moederskoot gestort nie. Die Gees het die lewe verwek (Mt 1:20; Lk 1:35). Maar ewe belangrik is dat Maria in elke opsig Jesus se biologiese moeder was. Dit is háár eiersel wat bevrug is.

~ Die Baba wat verwek is, was bonatuurlik. Dit was nie bloot 'n gewone baba wat net bonatuurlik verwek is nie. Dit was die ewige Seun van God, die tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid, die Woord S reg van die eerste oomblik van swangerskap af. Die fetus wat ontwikkel het, was vandat Hy net mikroskopies klein was, waarlik God. Dit was God wat deur al die ontwikkelingsfases gegaan het, en wat bebloed, weerloos en doodnatuurlik gebore is.

~ Die baba is bonatuurlik bewaar van enige sondebesoedeling vanaf die baarmoeder. Of hierdie bewaring volledig tydens verwekking plaasgevind het, en of dit dwarsdeur die 40 weke van swangerskap geduur het, weet ons nie. Maar dat dit bonatuurlik en volkome was, staan vas.

$ Talle van die stuk of 300 Ou Testamentiese profesieë oor die komende Messias maak dit duidelik dat Hy 'n mens sou wees. Hy sou 'n menslike geboorte hê (Jes 7:14; 9:6), vanuit die stam van Juda en die familie van Dawid (Jer 23:5-6). Hy sou onderworpe wees aan God se wet en dit volmaak gehoorsaam (Ps 40:7-11). Hy sou sterf, begrawe word en vir 'n tyd lank in die greep van die dood verkeer (Jes 53; Ps 16:9-11; 22; 118:17-23). Hy sou geslaan, gemartel en bespuug word (Jes 50:6). Ensovoorts.

$ Nooit moet ons toelaat dat die bonatuurlike aard van Christus se ontvangenis in die moederskoot ons verlei om te dink dat Hy nie 'n ware menslike natuur gehad het nie. Uitgesonderd die sonde, het Hy waarlik een van ons geword. Die Hebreërskrywer stel dit só: "Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. ...Dit is duidelik dat dit vir Hom nie om die engele gaan nie, maar om die nageslag van Abraham. Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word ..." (2:14-17). Ja, Hy was meer as mens, maar óók volkome mens S met 'n menslike liggaam, innerlike en verstand.

$ Ons sien Sy menslikheid veral in vier areas:

~ Sy fisies-liggaamlike lewe. Hy is normaal uit 'n normale vrou gebore. Op agt dae is Hy soos enige Joodse seuntjie besny. Hy het op 'n normale wyse gegroei en ontwikkel (Lk 2:40, 52). Lukas 2 beskryf Jesus agtereenvolgens as 'n baba (16), 'n kind (40) en 'n seun (43) (vgl. NIV). Hy het honger geword en geëet; Hy het moeg geword en geslaap. Dis omdat Hy volkome mens was dat die inwoners van Nasaret, tussen wie Hy groot geword het, in verdwasing oor Sy gesag en wonders gesê het: "Is hy dan nie 'n timmerman, 'n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?" (Mk 6:3).

~ Sy emosionele lewe. Jesus het nie net 'n menslike liggaam gehad nie, maar ook 'n menslike psige. As sodanig het Hy tipiese menslike emosies beleef. Hy het lief gehad (Jh 11:3, 5); kwaad geword (Mk 3:5; Jh 11:33); hartseer geword (Jh 11:35; Lk 19:41); vreugde ervaar (Lk 10:21). Oor en oor word Sy empatie met ellendiges beskryf. En in Getsemane het Hy skok, vrees, verwarring en emosionele pyn ervaar.

~ Sy natuurlike lewe. Hoewel Hy nie ons sondegeneigdheid gehad het nie, was Hy onderworpe aan al ons natuurlike beperkinge. Toe Hy gebore is, kon Hy nie staan nie. Hy kon nie 3m hoog spring nie; sy vel was nie teen spykers bestand nie. Daar was dinge wat Hy nie geweet het nie: "Wie het aan my klere geraak?" (Mk 5:30; vgl. Mk 6:38). In Jh 11:34 vra Hy vir Marta en Maria: "Waar het julle hom begrawe?" Tog wek Hy Lasarus enkele oomblikke later uit die dood op! Hy was dus gelyktydig beperk en onbeperk, onkundig en alwetend, kragteloos en almagtig. Wanneer Jesus bonatuurlik opgetree het, was dit in die krag van die Gees, en net as dit die Vader se wil was S en dan altyd om Sy goddelike sending en mandaat te bevestig, nooit in eiebelang nie.

~ Sy geestelike lewe. Hy is versoek. Hy het gebid, die Skrif bestudeer, gevas,
God vertrou.

$ Die Here het dikwels na Homself as "die Seun van die mens" verwys (dis 'n stuk of 80 keer so opgeteken). Wat het Hy daarmee bedoel? Die antwoord is in die Ou Testament. In Ps 8:5 en 146:3 onderstreep die uitdrukking menslike nietigheid. In Esegiël word die profeet oor en oor so aangespreek S waarmee God hom aan sy geringheid herinner. En in Dn 7:13 verskyn iemand "soos die Seun van die mens" voor "die Oue van dae" (OAV). Dis 'n Messiaanse profesie wat vooruit kyk na Christus se ontvangs van alle gesag in die hemel en op aarde S maar wat beklemtoon dat dit in Sy hoedanigheid as die mens Christus Jesus is wat dit met Hom gebeur. Met die benaming "die Seun van die mens" wil die Here Jesus dus Sy menslikheid onderstreep.

$ In Rm 8:3 maak Paulus 'n skokkende stelling: Christus het in die gelykheid van die sondige vlees gekom (OAV). Sekerlik kan die apostel dit sagter stel, maar hy wil nie. Hy wil 'n punt tuisbring. Hy het nie met 'n sondige vlees gekom nie, dit het net so gelyk. Die Seun se menswording was dus beperk S maar net op een punt: Hy het geen sonde gehad nie. Maar waarom gebruik Paulus dan hoegenaamd die woorde, "sondige vlees"? Omdat hy wil beklemtoon dat Jesus op 'n manier gekom het wat van Hom 'n volkome mens gemaak het. Sy identifisering en solidariteit met ons is so te sê absoluut. Hy het so na aan die sondige mensheid gekom soos wat moontlik was S sonder om self 'n sondaar te wees. Dis soos die Hebreërskrywer sê: "Want ons het nie =n Hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde" (Hb 4:15).

$ Laat ons vier dinge verstaan:

~ Ten einde ons volkome Plaasvervanger te wees, moes Hy in elke opsig word wat ons is. Was daar elemente van ons mens-wees nie in Hom teenwoordig nie, was dit uitgesluit van Sy verlossingswerk. Maar God wil ons volkome red. Niks, maar niks, van ons ware mens-wees mag agterbly nie.

~ Maar wat dan van ons sonde? Dis so 'n integrale deel van ons! Nee, nee! Sonde is ten diepste níé deel van ons mens-wees nie. Ons was nie oorspronklik so nie. Dit het later bygekom. Dis in werklikheid heeltemal onnatuurlik. En dis my oorspronklike menswees wat Jesus verlos en herstel!

~ Wat dan wel van ons sonde? Dis juis om ons, wat waarlik met Hom verenig is, van hierdie vreemde en onnatuurlike kanker te genees, dat Hy dit alles op Homself geneem het S om dit volkome, finaal en vir ewig te vernietig.

~ Les bes, onthou dat Jesus ten diepste as die eerste mens, Ádam, se Plaasvervanger en Opvolger gekom het. Dis waarom Hy die "laaste Adam" genoem word (1Kor 15:45-47). Hy is die Hoof van 'n nuwe mensheid en skepping. O, wat 'n Verlosser, wat 'n Verlosser! En met Hóm kan ons gemeenskap hê!

‘ Laat ons dus reg dink oor ons Here Jesus. Dis lewensbelangrik! Vir baie naïewe en sentimentele kerkmense is Hy steeds die babatjie in die krip. Wat beteken so 'n Christus vir sondaars soos ek en jy? Vir miljoene godsdienstiges hang Hy steeds aan die kruis. Maar dan bly Hy 'n patetiese en hulpbehoewende Christus. Dan is Hy allermins in staat om jou te help S nóg in hierdie lewe, nóg eendag. Is dit verbasend dat diegene wat Hom steeds aan die kruis voorstel, uiteindelik toe maar op Maria as middelaar begin staat maak het? Nee, tussen ons en God is daar 'n volmaakte Middelaar S die mens Christus Jesus (1Tm 2:5). As ons groot Profeet lei Hy ons steeds as waarlik God en mens in die paaie van waarheid S wat Hy self so puntenerig bewandel het. As ons groot Priester het Hy as waarlik God en mens Homself vir ons geoffer, en tree Hy voortdurend vir ons by die Vader in. As ons groot Koning sal Hy ons verlossing vervolmaak, al Sy vyande onder Sy voete werp, en vir ewig na ons omsien.


=========================================================================================================================


Die doel van Antipas Herout is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder. Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot belydenisskrifte wat ontspring het uit die sestiende-eeuse Reformasie en is gebaseer op die fundamentele geloofsvertrekpunte: die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof alleen, die eer van God alleen.

As u graag die Herout so ongeveer elke 6 weke gratis wil ontvang B per slakkepos of per e-pos B stuur u naam, telefoonnommer en tersaaklike adres aan ons verspreidings- en redaksionele kantoor en meld of u dit per slakkepos of e-pos wil ontvang.

Antipas Herout, Posbus 12371, Queenswood, 0121; T & F : (012) 329 3012 nico.vanderwalt@reformed.org.za

Al ons lektuur, asook ander inligting, is beskikbaar op ons webwerf http://www.reformed.org.za

UITGEWERS Antipas Lektuur Posbus 263435, Drie Riviere, 1935 Tel (016) 428 2429 of (016) 423 3391

Nico van der Walt is 'n gemeentepastor en leraar in Pretoria. Hy onderskryf die histories-gerespekteerde en internasionaal-erkende 1689 Baptiste Belydenis B soos meeste reformatoriese (gereformeerde) Baptiste oor die wêreld, asook die Belydenisskrif en Kernwaardes van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in Suider-Afrika. Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by andere gekry. Hy glo dis 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.

Indien u waardering het vir die Herout, help ons asseblief om sy boodskap wyer uit te dra. Stel dit aan andere bekend, moedig hulle aan om in te teken, of stuur vir ons name en adresse van mense van wie u glo dat hulle die Herout sal waardeer. Ons stuur met graagte 'n eenmalige bekendstelling aan diesulkes, maar plaas hulle name slegs op ons versendinglys indien hulle self daarom vra.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Di Mei 09, 2017 12:06 pm

Hiermee 'n volgende Herout. Ek vertrou dis tot seen.

Hartlike broedergroete,

Nico Van Der Walt
[nico.vanderwalt@reformed.org.za]

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++


ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)
No.35

GOD SE HOOGSTE OPENBARING [3]

'n Bespreking van Johannes 1:14 : Én God én Mens

Nico van der Walt


TYDENS DIE EERSTE TWEE EEUE was die stryd tussen die waarheid en die leuen van 'n algemene aard. Tydens die 3de en 4de eeue het die konflik meer spesifiek geraak: oor die Drie-enigheid van God. Uiteindelik het die Sinodes van Nicea (325) en Konstantinopel (381) klarigheid gebring deur die ortodokse geloof hieroor akkuraat te formuleer. Die volgende aanslag van die bose het oor die Persoon van Jesus Christus gegaan S besonderlik oor Sy twee nature, die Goddelike en die menslike. Hoewel die hoofstroom van die kerk onseker was oor die samehang van die twee nature van Christus, was daar min twyfel oor die feit dat Hy sowel ten volle God as ten volle mens is.

VROEË WORSTELINGE

Die stryd oor die aard van Christus se persoon het in die vierde eeu begin. Daar was veral 3 dwalinge wat die kerk bedreig het:1

Appolinarianisme. 'n Biskop van Laodisea, Appolinarius (310-390), het na vore gekom met 'n teorie oor die samehang van Christus se twee nature. Ten einde Sy goddelikheid behoorlik te beklemtoon, het hierdie biskop Sy menslike natuur onderspeel S tot so 'n mate dat hy Christus voorgestel het as minder as menslik. Hy het aanvaar dat Jesus 'n normale liggaam en siel gehad het, maar dat Sy verstand die van God was. Die sinode van Konstantinopel (381 n.C.) het hierdie beskouing as onbybels verwerp. Die Skrif leer immers duidelik dat die Here se mensheid volkome is. Behalwe my liggaam en siel, word ook my verstand deur Hom as Plaasvervanger eers vernuwe (Rm 12:1-2), en daarna volkome verlos.

Nestorianisme.

Die regsinnige beskouing oor Christus, wat eintlik al grootliks gevestig was, hoewel nog nie amptelik geformuleer nie, moes in die vyfde eeu nog 'n aanslag afweer. Nestorius (hy het iewers tussen 350 en 450 n.C. geleef), patriarg van Konstantinopel, het effektief begin leer dat Christus eintlik twee onderskeie Persone is, die een goddelik, en die ander menslik. Maar die Skrif leer dat Hy één geïntegreerde persoon is, hoewel Sy twee nature onvermeng is. Nêrens suggereer die Bybel enige skisofrenie in Christus nie. Jesus praat konsekwent van "Ek", nie van "Ons" nie, terwyl Hy wel, as Hy oor Homself en die Vader praat, "Ons" gebruik. Na 'n lang stryd, het die Sinode van Efese Nestorius se dwaling uiteindelik in 431 n.C. veroordeel.

Eutigianisme, oftewel, Monofisitisme. Hiervoor was 'n leraar van Konstantinopel, Eutiges (378-454 n.C.) verantwoordelik. Hy was so in reaksie teen die Nestorianisme, dat hy die twee nature van Christus ineen laat vloei het. Hy het geleer het dat Christus nie ware mens is nie, maar dat Hy slegs een natuur het, die goddelike. Die menslike natuur sou hierin opgelos het, wat Christus dan streng gesproke met 'n derde soort natuur sou laat. Dis soos 'n druppel ink wat in 'n glas water val. Maar ook hierdie beskouing sou die Here Jesus diskwalifiseer as ons Plaasvervanger. Die grootste sinode tot op daardie tydstip (520 biskoppe), die van Galsedon (451 n.C.), het Eutigianisme nek ingeslaan en uiteindelik die ortodokse geloof in die bekende Belydenis van Galsedon geformuleer. Hierdie uiteensetting kry ons presies weer terug in die groot belydenisskrifte van die 16de eeuse Reformasie.2

'N KORT BESPREKING VAN DIE REGSINNIGE BESKOUING OOR CHRISTUS SE TWEE NATURE

Van die vroegste tye af was die ware kerk gegrondves in die feit dat Christus sowel God as mens is. Daar is dus enersyds verstaan dat Hy waarlik en ten volle van ewigheid af God was S en dat Hy steeds God is en dit tot in ewigheid sal bly; en andersyds dat Hy waarlik en ten volle mens geword het S en tot in ewigheid volkome mens sal bly. Die probleem was om die verhouding tussen Christus se twee nature, die Goddelike en die menslike, te verstaan en te formuleer.

Teen die tyd is dit sekerlik gevestig in ons gemoedere dat die vleeswording nie die ontstaan van ons Verlosser was nie. As die Woord was Hy van ewig af, en was Sy geboorte dus nie die begin van Sy persoonlike bestaan nie. Nee, Hy wat geen begin gehad het nie, het nie opgehou om te wees wat Hy van ewigheid af was nie. Maar Hy het begin om vir die ewigheid daarna te wees wat Hy nooit vantevore was nie.

Die vleeswording is iets oorweldigends, aangesien dit die samevoeging in één Persoon beteken van alles wat eie is aan die Godheid, én alles wat eie is aan volkome mens-wees. Die Man wat gekruisig is, was die ewige Woord! Die skrynwerker van Nasaret was waarlik God! Die baba in die krip was die Een wat alles geskape het!


Dit sou 'n onbegryplike vernedering vir die Seun gewees het om selfs net 'n volmaakte mens te word, soos die mens voor die sondeval. Maar dit is nie wat gebeur het nie; die werklikheid is veel meer drasties. Die Woord is na 'n wêreld van sonde en ellende en dood gestuur! En daarmee moes Hy Hom volkome kom identifiseer. Hy het presies soos een van die mense in hierdie wêreld geword, onderworpe aan hartseer, pyn, lyding en selfs die dood. Daar is een, en net een uitsondering S Hy het nie sonde gehad nie.

As ons sê dat die Seun vlees geword het, sê ons onder meer dat die Een wat van ewig af bo-tyds was die tyd binnegekom het en Hom onderwerp het aan die beperkinge daarvan. Ons sê dat die Onveranderlike veranderlik geword het, dat die Onsigbare sigbaar geword het, dat alles se Onderhouer afhanklik geword het, dat die Almagtige onderworpe geword het aan swakheid, dat die Onsterflike sterflik geword het.

Die Sinode van Galsedon het tot 'n formulering gekom wat tot vandag toe as die regsinnige beskouing oor die twee nature van Christus aanvaar word. Daarom het ook die belydenisskrifte van die 16de eeuse Reformasie versigtig in hierdie spore bly loop.

As ons oor die verhouding tussen die goddelike en menslike nature van die Here Jesus praat, verwys ons na die hupostatiese eenheid van Christus.3 Kom ons probeer iets meer daarvan verstaan:

$ Die Here Jesus is sowel volkome God as volkome mens. Galsedon formuleer die eenheid van Sy persoon en die individualiteit van Sy twee nature só: die twee nature is onvermeng, onverander, ongedeel en ongeskeie. Die twee nature van Christus mag dus nie verstaan word as 'n samevoeging tot 'n derde soort Godmenslike natuur nie S dis onvermeng en onverander. Maar dis ook nie 'n losse saambestaan van twee nature wat die eenheid van Christus se persoon in die gedrang bring nie S dis ongedeel en ongeskeie.

$ Kom ons by die Reformasie, word dieselfde waarheid net effens anders gestel: twee hele, ware en afsonderlike nature is onafskeidelik in Sy Persoon saamgevoeg, sonder verandering, vermenging of verwarring. Hierdie Persoon is dus ware God en ware mens, en tog is Hy net een Christus (vgl. NGB'19). Die goddelike word dus nie vermenslik nie; en die menslike word nie vergoddelik nie S daar is nie verandering nie. Voorts: die goddelike en die menslike vervloei ook nie so dat 'n derde soort natuur gevorm word nie S daar is nie vermenging nie. Derdens: die goddelike en die menslike nature wissel mekaar nie bloot af nie, sodat die een natuur die een oomblik voorop is, en die ander die volgende oomblik S daar is geen verwarring nie.

Waarlik, die twee nature van die Here Jesus is 'n diep en onpeilbare geheimenis. Verstáán sal ons dit nooit volkome nie; gló moet en wil ons dit egter, omdat God dit so in Sy Woord openbaar. Daar is meer sulke onbegryplike waarhede in die Woord. Neem byvoorbeeld die drie-enigheid van God: een God, drie Persone. Wat is meer ondeurgrondelik as dit? Ook worstel ons om die samehang van God se algehele soewereiniteit en die mens se verantwoordelikheid te verstaan. In die logika is daar 'n woord vir hierdie verskynsel. Ons praat van 'n antinomie. Dis wanneer ons twee (of meer) feite het wat elkeen onbetwyfelbaar vas staan, maar wat tog vir ons begrip mekaar oor en weer uitsluit. As die een waar is, kan die ander logies nie waar wees nie, en as die ander waar is, kan die een logies nie waar wees nie S en tog staan beide vaster as die berge. Die samehang van Christus se twee nature is so 'n onbegryplike antinomie. Tog moet ons, sover dit binne ons vermoë is, suiwer daaroor dink. Want skeeftrekkings lei sonder uitsondering tot God-onterende en pastoraal vernietigende dwalinge S soos die kerkgeskiedenis oor en oor bevestig.

In 'n neutedop: Jesus Christus is waarlik God en waarlik mens S één Persoon, maar twee nature, sonder verandering, vermenging of verwarring.

WAT SÊ DIT VIR ONS?

Die Seun se vleeswording verklaar al die ander wonders in die Nuwe Testament. Derduisende wil baie mededelings in die Nuwe Testament nie glo nie: die wonderwerke, die opstanding van Christus, die hemelvaart, ensomeer. Maar as Jesus van Nasaret inderdaad die tweede Persoon van die goddelike Drie-eenheid is wat mens geword het, verval alle besware teen die bonatuurlike in Sy lewe. Kan daar iets té wonderbaar wees vir die lewende God? Die vleeswording is waarlik 'n ondeurgrondelike geheimenis S maar dit maak sin van alle ander wonders in die Nuwe Testament.

. Jesus Christus se mensheid is 'n voorvereiste vir die volheid en rykdom van ons redding. Hebreërs werk dit uit in die tweede hoofstuk.

$ Hb 2:5-8: Twee dinge is waar: Eerstens, tydens die skepping is die heerskappy oor hierdie aarde aan die mens gegee. Tweedens, ons sien egter niks van hierdie heerskappy nie.

$ Hb 2:9-10: Dit beteken nie dat God se belofte misluk het nie. Nee, die belofte ís vervul! Die mens heers wel oor alles. Hoe dan so? Sekerlik is die mensheid nog nie met eer en heerlikheid gekroon nie. Maar ons het 'n Hoof S volkome mens S wat volmaak aan God se eise voldoen het. Hy het rééds alle gesag in die hemel en op aarde. En Hy verteenwoordig ons. In Hóm sit die waarborg dat ook ons wat met Hom verenig is, uiteindelik volmaakte heerlikheid en heerskappy sal geniet. Ons sonde het ons gediskwalifiseer om met eer en heerlikheid gekroon te word. Voordat dit kon gebeur, sou ons eers weer in heiligheid voor God herstel moes word. Maar hoe? Self sou ons tot in ewigheid nie ons skuld kon betaal nie. Waarlik, ons het 'n Plaasvervanger nodig gehad. Die enigste aanvaarbare plaasvervanger vir die mens, was nóg 'n mens S sondeloos, sodat hy nie nodig gehad het om vir sy eie sonde te sterf nie. Uit Adam se nageslag het niemand, helaas, hiervoor gekwalifiseer nie. Almal was vol sonde. En in elk geval is geen mens in staat om miljoene ander se sondeskuld te betaal nie. Dis waarom God die Seun mens moes word! As mens kon en kan Hy vir ons instaan; as God kon Hy die straf namens miljoene verduur.

$ Hb 2:11-15: Die nuwe mensheid in Christus is een groot familie van broers en susters S met die Seun as oudste broer.

$ Hb 2:16-18: Laat ons goed verstaan: die Seun móés een van ons word om namens ons voor God te kan staan.

Is die voortgaande en ewige mensheid van Christus onuitwisbaar in jou gemoed gegraveer? Verreken jy ten volle die ewige mensheid van die Here Jesus in jou verhouding met Hom? Ons verval maklik in 'n oorreaksie teen die ongeloofsteologie van ons dag S wat Jesus as bloot 'n wonderlike mens beskou S en vergeet dat Hy, benewens waarlik God, inderdaad ook volkome mens is. Baie Christene dink dat Hy destyds Sy mensheid hier op aarde agtergelaat het. Nee, daar is 'n verheerlikte, begripvolle en simpatieke Mens wat liefdevol in die hemelse troonkamers na ons belange omsien! (1Tm 2:5). Ons hemelse Hoëpriester is een van ons!

. Jý is tot in ewigheid volkome mens. As dit dan vir God so onuitspreeklik belangrik is dat die Verlosser ware mens sal wees en bly, is mý mensheid kennelik ook vir Hom van die allergrootste belang. Is dit 'n sentrale aspek van jou salige hoop dat jy S indien jy inderdaad dan deur 'n ware geloof met Christus verenig is S onderweg is om dieselfde verheerlikte staat as Hy te geniet? Kyk na Hom, veral nadat Hy opgestaan het, en sien hoe jy tot in alle ewigheid gaan wees! Besef jy deeglik dat jy steeds en vir ewig volkome mens sal wees soos Hy? Ons sal as mense S weliswaar verheerlik, maar tog waarlik mense S op hierdie aarde saam met Christus vir ewig heers. En die aarde S weliswaar herskep S sal steeds volkome aarde wees, nie soveel anders as wat baie van ons dink nie. 'n Volmaakte woonplek sal dit vir ons wees S selfs heerliker as die blyplek wat God oorspronklik vir die mens geskape het. En bo-oor alles, in glimmende goue letters, sal geskryf staan: "Die Here is daar!" (Eseg 48:35).




Die doel van Antipas Herout is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder. Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot belydenisskrifte wat ontspring het uit die sestiende-eeuse Reformasie en is gebaseer op die fundamentele geloofsvertrekpunte: die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof alleen, die eer van God alleen.

As u graag die Herout so ongeveer elke 6 weke gratis wil ontvang B per slakkepos of per e-pos B stuur u naam, telefoonnommer en tersaaklike adres aan ons verspreidings- en redaksionele kantoor en meld of u dit per slakkepos of e-pos wil ontvang. Antipas Herout, Posbus 12371, Queenswood, 0121; T & F : (012) 329 3012 nico.vanderwalt@reformed.org.za

Al ons lektuur, asook ander inligting, is beskikbaar op ons webwerf
http://www.reformed.org.za UITGEWERS Antipas Lektuur Posbus 263435, Drie Riviere, 1935 Tel (016) 428 2429 of (016) 423 3391

Nico van der Walt is 'n gemeentepastor en leraar in Pretoria. Hy onderskryf die histories-gerespekteerde en internasionaal-erkende 1689 Baptiste Belydenis B soos meeste reformatoriese (gereformeerde) Baptiste oor die wêreld, asook die Belydenisskrif en Kernwaardes van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in Suider-Afrika.

Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by andere gekry. Hy glo dis 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.

Indien u waardering het vir die Herout, help ons asseblief om sy boodskap wyer uit te dra. Stel dit aan andere bekend, moedig hulle aan om in te teken, of stuur vir ons name en adresse van mense van wie u glo dat hulle die Herout sal waardeer. Ons stuur met graagte 'n eenmalige bekendstelling aan diesulkes, maar plaas hulle name slegs op ons versendinglys indien hulle self daarom vra.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Wo Jun 07, 2017 2:31 pm

Jammer, lyk my ek is 'n week laat, maar dis darem seker nie die dood van Katryn nie.
Ek wil julle 'n guns vra. Help my asseblief om die poslys uit te brei. Hoe doen jy dit? Baie eenvoudig. Jy vat hierdie dokument/Herout (en dalk nog een of twee of drie van die voriges) en stuur dit met jou aanbeveling aan mense wat jy glo dit sal waardeer (dis nou as jy sulke mense ken) en moedig hulle aan om in te teken (net as jy dit in eerlikheid kan doen, natuurlik). Let net op, ek dink ek het een of twee van die vorige Heroute met ou e-adresse van my uitgestuur. Wys mense net daarop. Hierdie aangehegte Herout se adres is egter reg. As jy dink dis te veel gevra, ignoreer net hierdie versoek; ek sal dit nie eers weet nie. Net 'n laaste gedagte: Suid-Afrikaners wat oorsee bly, verlang maar baie huis toe, en teken graag op iets in wat uit Suid-Afrika kom (en dan is dit nog in Afrikaans ook).

Baie dankie by voorbaat.

Groetnis,

Nico van der Walt


==============================================================================================================================



GOD SE HOOGSTE OPENBARING [4]
'n Bespreking van Johannes 1:14 : Die Enigste Seun se Heerlikheid
Nico van der Walt


As ons die woord "heerlikheid" hoor, dink ons onmiddellik aan glans en mag, aan luister en majesteit. En dis nie verkeerd nie, aangesien die Bybel dikwels só daaroor praat. Begin mens egter nadink oor wat Johannes presies hiér bedoel, wonder jy of dit is wat hy in gedagte het. Johannes bied immers "heerlikheid" in hierdie vers aan as aan die hart van wie Jesus was, maar in sy evangelie, anders as Matteus, Markus en Lukas, maak hy geen melding nie van die één en sekerlik onvergeetlike geleentheid waar hulle Jesus wel in glans en majesteit gesien het S op die berg van verheerliking. Voorts is dit so dat die Here Jesus se lewe veeleerder gekenmerk is deur eenvoud en nederigheid as deur luister en vertoon. Dís tewens wat die apostels oor en oor beklemtoon. Laat ons daarom deeglik na ons teks kyk.
HY HET ONDER ONS GEWOON
‘ Johannes se werkwoord, "Hy het gewoon", is 'n insiggewende sleutel. Basies beteken dit om tent op te slaan, of in 'n tent te bly. Hy sê dus dat die Woord by ons in 'n tent kom uitkamp het.
‘ Nou dink baie mense dat Johannes met hierdie woordkeuse wil sê dat Jesus net vir 'n kort tydjie by ons gebly het. Natuurlik was Hy net tydelik hier op aarde. Maar Johannes gebruik ook hierdie woord om van permanente bewoning te praat S spesifiek in die hemel. En wat is meer permanent as dit? (vgl. Op 7:15; 12:12; 13:6; 21:3).
GOD SE "SHEKINA"
‘ Johannes se manier van sê sou die tipiese Jood nie laat dink het aan 'n tent nie, maar aan die tent. Voor die tyd van die tempel het die tabernakel 'n sentrale rol gespeel in die godsdiens van Israel. En hierdie tabernakel was basies 'n tent wat op- en afgeslaan kon word. Trouens, daar is dikwels na verwys as die "tent van samekoms" (OAV) of "ontmoeting" (NAV) (Eks 40:3438).
‘ Die heerlikheid van die Here het die tabernakel sigbaar gevul toe dit in gebruik geneem is. Daarna het dit meermale gebeur (Lev 9:23; Num 14:10). In die Joodse gemoed was die tent van ontmoeting S en later die tempel (1Kon 8:10-11) S die plek waar die Here se heerlikheid gewoon het. Tot so 'n mate was die twee idees vir hulle onlosmaaklik verbonde dat daar in die buiteBybelse Joodse wêreld 'n woord ontstaan het wat beide in 'n enkele idee saamvat. Dis die woord "Shekina". Dit is enersyds nóú verwant aan die Hebreeuse woord vir tent, en dui andersyds op die heerlikheid van God soos aan mense gemanifesteer.
‘ Presies hierdie twee begrippe word deur Johannes in v.14 saamgebind: "tent" en "heerlikheid". Daarmee sê hy dit: die heilige heerlikheid van die Here wat meermale in Ou Testamentiese tye in die tabernakel en tempel aan die volk getoon is, het ten volle oopgeblom in die persoon, lewe en werk van Jesus.
DIE HEERLIKHEID VAN NEDERIGHEID
‘ Hoe sien ons God se heerlikheid in Christus? Wat het die dissipels beleef? Dit is wat Johannes in sy evangelie beskryf. En anders as wat mens dalk sou verwag, skets hy nie vir ons 'n magtige en glansryke vors van heerlikheid wat meedoënloos vyand na vyand onderwerp nie. Nee, hy (en ook die ander 3 evangeliste) teken vir ons 'n nederige man wat na jare van handearbeid in die armoedige
platteland van Gallilea, Sy lewe in algehele selflose diensbaarheid neerlê vir Sy medemens.
• Wat sien ons in die evangelie van Johannes? Ons sien hoe Jesus vreugde bring vir 'n klomp eenvoudige en arm arbeiders tydens 'n troue in Kana. Ons sien hoe Hy tyd deurbring om 'n veragtelike en onsedelike Samaritaanse vrou die pad na die ewige lewe te leer. Ons sien hoe Hy 'n sterwende seuntjie gesond maak, hoe Hy 'n blinde man laat sien, hoe Hy die dooie Lasarus weer lewendig maak. Ons sien hoe Hy kos gee vir duisende hongerige armes. En so kan ons aangaan.
• Wanneer mense hulp nodig het, help Hy hulle. As hulle siek is, maak Hy hulle gesond. As hulle onkundig is, leer Hy hulle. As hulle honger is, gee Hy vir hulle kos. Deurgaans soek Hy mense in nood S die wat weet hoe algeheel afhanklik hulle van God se genade is, die wat honger en dors na dit wat reg is. Deurgaans tref ons Hom tussen hulle aan. In paleise kry ons Hom nie. En die drumpels van selfvoldane rykes trap Hy nie deur nie. Nee, soos Lukas dit stel: Hy het "gekom om te soek en te red wat verlore is"

(Lk 19:10. Vgl. ook Mt 18:11).
• En reg aan die einde van Sy lewe gee Hy vir Sy dissipels 'n aanskouingsles wat hulle nooit weer sou vergeet nie. Die aand voor Sy kruisiging was Hy in die bovertrek hulle voete. Hy doen wat die geringste van 'n huishouding se slawe moes doen as daar gaste vir 'n maaltyd gekom het. Hierdie aand is daar nie so 'n slaaf nie, en die Here staan vir hom in. Maar dit gaan nie oor vuil voete nie S Jesus se eie voete is oënskynlik nie gewas nie S dit gaan oor nederigheid en selfaflegging en diensbaarheid. Só stel hy dit vir Sy volgelinge: "Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dít verseker Ek julle: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en ’n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen" (Jh 13:12-17).
D IE HOOGSTE VERHEERLIKING
‘ Dis hoogs betekenisvol dat die Here Jesus ten minste by twee geleenthede in Johannes na Sy komende kruisdood as Sy verheerliking verwys. In Jh 12:23 sê Hy: "Die tyd het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word." En in Sy Hoëpriesterlike gebed bid Hy: "Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik" (Jh 17:1). Hoe moet ons dit verstaan?
‘ Destyds is die kruis met afsku bejeen. Die Romeine het slegs in uitsonderlike gevalle van hoogverraad hulle eie burgers op hierdie heel wreedste manier tereggestel. En wat heidene betref, het hulle dit beperk tot moordenaars, rebelle en gewapende rowers. Die Jode het geen onderskeid gemaak tussen 'n boom en 'n kruis nie. Hulle het dus geglo dat die vloek van Dt 21:23 op elkeen rus wat gekruisig word: "wie opgehang word, is deur God vervloek." Dit verklaar waarom hulle nie kon aanvaar dat die Messias só sou sterf nie. Nou is dit duidelik: nooit het die Here Jesus Sy mense met groter oorgawe en meer diepgaande effekte gedien as toe Hy Homself ter wille van hulle aan hierdie ergste van alle verskrikkinge oorgegee het nie.
‘ Sien u dit? Die heerlikheid wat die apostels in Jesus se lewe gesien het, was die heerlikheid van selflose liefde en diensbaarheid. Die kruis is dus nie 'n vloekhout nie; dis 'n verheerlikingstroon!
WAT SÊ DIT VIR ONS?
‘ Die boodskap is duidelik, die roeping onontkombaar. Ons word gered uit genade alleen, op grond van Christus se verdienste alleen, deur geloof alleen. Maar ware, reddende geloof moet, nee, sal altyd uitmond in goeie werke. En as ons hierdie goeie werke in een woord moet saamvat, dan is dit die woord "liefdesdiens".
• Hierdie waarheid is op die tafels van Johannes se hart gegrafeer. Hy het dit nooit vergeet nie. In sy eerste brief skryf hy: "Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het" (1Jh 2:6). Óf jy leef dit uit in integriteit, óf jy is 'n huigelaar S en jou geloof is tevergeefs. Trouens, ons praat van meer as plig; ons praat hier oor 'n noodwendige merkteken van wedergeboorte: "Ons weet dat ons klaar uit die dood na die
lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood... Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê" (1Jh 3:14-16).
‘ Dis waarom ons as Nuwe Testamentiese gelowiges nie meer die wolk van God se Shekina-heerlikheid sien nie. As Sy gemeente is ons nou die tabernakel in wie Hy in heerlikheid woon. En as Hy inderdaad in ons midde woon, sal ons gemeentewees en ons lewens as lidmate by uitnemendheid gekenmerk word deur nederige diensbaarheid en selfaflegging. Beswaarlik is daar 'n meer betroubare merkteken vir ware kerkwees. Daarenteen, waar selfsug, faksies en allerlei onderstrominge nog heers, het jy nie 'n gemeente nie, maar 'n rowerspelonk. Waarom sien ons Sy heerlikheid in so 'n gemeente? Waarom verheerlik so 'n gemeente Hom? Omdat net Hý die wonder van wonders kan doen: om 'n klomp selfsugtige sondaars só te herskep dat hulle hul lewens in liefde aflê vir mekaar.
‘ Baie dikwels, as mense van "die bediening" praat, dink hulle in terme van status, geleerdheid, titels en ampsdrag. Maar as die Here iemand roep om 'n voorganger in Sy gemeente te word, bedoel Hy dat so 'n persoon sy lewe vrywillig moet slyt in slawerny S 'n begrip wat dikwels in die Nuwe Testament gebruik word vir Christelike diensbaarheid. En laat ons onthou, slawe het nie regte, of byvoordele nie. En allermins het hulle status. En nog minder is hulle heersers.
‘ Laat dit in jou hart gegraveer wees: nooit kan jy tot hoër hoogtes uitstyg, as wanneer jy in die dieptes van nederige dienswerk insak nie. Ware heerlikheid word nie gevind in glans, vertoon en luister nie, maar in nederigheid en dienswerk.
'N JONG OUDERLING SE VOORTVARENDHEID
‘ Die woord wat die Nuwe Afrikaanse Vertaling met “enigste seun” vertaal, het vir baie drama in die geskiedenis gesorg. Vroeg in die 4de eeu was ‘n sekere Alexander biskop van Alexandria, die leidende gemeente in Egipte. Per geleentheid was Alexander besig met ‘n lesing oor die leerstuk van die Drie-eenheid. Skielik is hy in
die rede geval deur een van die jong ouderlinge, Arius. Hy het die ouer man daarvan beskuldig dat hy die onderskeid tussen die drie Persone onderspeel, en het aangevoer dat die Seun deur die Vader geskep is – weliswaar voor die begin van die tyd. Maar ewig is Hy nie. Hy was heeltemal bereid om toe te gee dat die Seun ver verhewe bo die mens is, maar hy het daarop gestaan dat Hy van ‘n mindere orde as die Vader is (min of meer die standpunt van die Jehowa Getuies). Arius het onmiddellik sy standpunte begin versprei, en spoedig het hy ‘n sterk gevolg gehad.
DIE ENIGGEBORENE?
‘ Elke ketter het sy letter. Sentraal in hierdie nuwe beskouing was die begrip waarna ons kyk, die Griekse woord monogenes.1 In baie Bybels, tot vandag toe, word dit vertaal met “Eniggeborene” (OAV), of “only begotten” (KJV; NKJ; NASB; Ampl ens.). Dis ‘n goeie voorbeeld van hoe mens verkeerd kan loop as jy jou primêr deur ‘n woord se etimologie laat lei, en nie deur die gebruik daarvan in die res van die Bybel nie. Mono beteken, heeltemal korrek, “enig”. Maar die probleem het ingesluip by die res van die woord. Dis aangeneem dat dit teruggevoer moet word na gennao (voortbring of verwek) S vandaar "eniggeborene" S terwyl dit in werklikheid ontwikkel het uit genos (tipe of soort). Johannes wil dus sê dat Jesus die enigste van Sy klas of soort is; nie dat Hy deur die Vader verwek is nie.
‘ Gaan kyk mens hoe die begrip elders in die Skrif gebruik word, bevestig dit bg. verstaan daarvan.
• Die woord word 4 keer gebruik vir gewone mense. Dis belangrik, want dit werp besondere lig op die betekenis daarvan S en dus op die Here Jesus se unieke seunskap. Elke keer word dit gebruik om die innige liefdesverhouding tussen ouers en 'n bepaalde kind te beklemtoon S 'n oogappelverhouding. Daar is die weduwee van Nain wat op pad was om haar enigste seun te gaan begrawe toe Jesus hom opwek (Lk 7:12); Jesus wat Jaïrus se enigste dogtertjie lewend maak uit die dood (Lk 8:42); en die man wat by Jesus pleit om sy enigste seun
van demoniese besetting te bevry (Lk 9:38). Les bes word dit gebruik vir Abraham wat sy enigste moes offer (Hb 11:17). Laasgenoemde gebruik van die woord wys dat dit nie noodwendig praat van 'n enigste kind nie, aangesien Abraham nóg 'n seun gehad het S Ismael. Maar Ísak was die appel van sy oog. Dit laat mens dink aan Gn 22:2 waar Abraham beveel word om sy seun, "sy enigste" te gaan offer (vgl. v.12). Die Hebreeuse woord, yachid, dra die idee van innige vertedering en gehegtheid (vgl. Spr 4:3; Jer 6:26; Amos 8:10; Sag 12:10). Dis kennelik die Hebreeuse ekwiwalent van monogenes.
• Nou kan mens terugkeer na die 5 keer wat die woord vir die Here Jesus gebruik word, elke keer deur Johannes (Jh 1:14, 18; 3:16, 18; 1Jh 4:9). Veral in Jh 3:16 en 1Jh 4:9, waar gepraat word oor God se liefde vir sondaars, maak bg. verstaan van die woord 'n wonderlike nuwe perspektief oop: só lief het God sondaars, só belangrik is hulle redding vir Hom, dat Hy bereid was om Sy monogenes S die innig-geliefde appel van Sy oog S vir hulle as losprys op te offer. Wat is meer verstommend as dit?

‘ Hierdie woord beklemtoon dus Christus se unieke seunskap. Baie ander mag ook kinders van God word, maar Jesus se seunskap is wesentlik anders. Die Seun, hoewel waarlik mens, bly ook waarlik God. Hy bly Skepper en die res van God se kinders skepsele. Dis net híér waar Arius die bal misgeslaan het.
GOD SE MAN VIR DIE OOMBLIK
‘ Algaande het die Arianisme soveel onrus in die kerk veroorsaak S en gedreig om dit uitmekaar te ruk S dat Keiser Konstantyn in 325 'n sinode in Nicea (naby Konstantinopel) byeengeroep het om eens en vir altyd klarigheid oor die kwessie te kry.
‘ Alexander het 'n briljante jong diaken, Atanasius, as sekretaris saamgeneem S iemand wat ‘n reus in die kerkgeskiedenis sou word. Hoewel sonder spreekreg op die sinode, was hy eintlik die denker agter Alexander se kragtige vertoë. Uiteindelik is 'n sterk besluit teen Arius-hulle se beskouing geneem. Reeds in hierdie eerste formulering van die bekende belydenis van Nikea is die Godheid van Christus baie sterk
beklemtoon. Later sou die Sinode van Konstantinopel die belydenis in 381 finaliseer.
'N ENKELE LETTERTJIE
‘ 'n Sleutelbeklemtoning in die belydenis is dat die Seun "van dieselfde wese" as die Vader is. Agter dit sit 'n hele stuk intrige. Die stryd met Arius het gegaan oor 2 Griekse woorde wat beroemd geraak het in die dogmageskiedenis: homoousios (van dieselfde natuur) en homoiousios (van 'n soortgelyke natuur). Die verskil sit in die twee voorvoegsels: homo- (dieselfde) en homoi- (soortgelyk). Al verskil tussen die twee woorde is die Griekse letter, iota, oftewel 'n enkele vertikale strepie S die kleinste lettertjie in die Griekse alfabet.2 Arius was heeltemal bereid om te sê dat die Seun homoiousios aan die Vader is (soortgelyk), maar nie dat Hy homoousios is nie (van dieselfde natuur). Maar Nicea het begryp hoe belangrik die verskil is. Want as Christus nie presies van dieselfde natuur as die Vader is nie, is Hy nie waarlik God nie. Die aanslag van Arius is egter afgeweer en homoousios is aanvaar.
'N MEEDOËNLOSE STRYD
‘ Dit was helaas nie die einde van Arianisme nie. Eintlik het die stryd toe eers begin. Drie jaar later, in 328, het Atanasius die nuwe biskop van Alexandrië geword. En so het hy die speerpunt geraak in die felle stryd teen die Arianisme; trouens, dit sou sy lewe grootliks oorheers. Die stryd van die volgende amper 5 dekades lees soos ‘n riller. Verskeie kere het dit gelyk asof Arianisme die oorhand gekry het. En steeds was Atanasius die onvermoeide stryder vir waarheid. Daarvoor het hy ‘n duur prys betaal. Onder meer was hy etlike kere in ballingskap, en een keer moes hy vir 5 jaar in die woestyn voor die keiser se soldate vlug. Maar steeds het hy die ware evangelie tydig en ontydig verkondig.
‘ Uiteindelik, 8 jaar na Atanasius se dood in 373, is Arianisme finaal die nek ingeslaan deur die Sinode van Konstantinopel (381 n.C.). Niemand het ‘n groter rol daarin gespeel as die Biskop van Alexandrië nie. Trouens, dit word algemeen aanvaar dat Arianisme
die botoon sou gevoer het as dit nie vir Atanasius was nie.
LEWENSBELANGRIK
‘ Waarom is hierdie so ‘n belangrike saak? Waarom het Atanasius sy alles gegee om iets te verdedig wat in elk geval vir ons grootliks ‘n geheimenis is? Hy het verstaan wat op die spel was S die suiwerheid van die evangelie; die realiteit van ons redding! Presies wie en wat Christus is, is fundamenteel en lewensbelangrik. Slegs iemand wat waarlik en in die volste sin van die woord én God én mens is, kan ‘n Verlosser van sondaars wees! Arius se Christus is nie waarlik God nie, en kan gevolglik nie ons sondeskuld dra sonder om self onder te gaan nie. ‘n Tweederangse God kan net ‘n tweederangse verlossing bewerkstellig. Dwarsdeur sy lewe het dit vir Atanasius oor een saak gegaan: die eer en die heerlikheid van Christus. En hy het geweet die evangelie staan en val by die goddelikheid van Jesus Christus.
WAT SÊ DIT VIR ONS?
‘ Laat ons nie die dwase napraat wat sê dat ‘n suiwere, puntenerige en eksakte onbelangrik is nie. Te dikwels kry mens die standpunt dat dit moontlik is om ‘n wonderlike en volwasse Christen te wees sonder doktrine. As ‘n organisasie of kerk vir my sê dat hulle hul nie besig hou met doktrine nie, sê hulle vir my hulle het nie die vaagste benul waaroor dit regtig gaan nie. Geloof het inhoud, en ware geloof het waarheid as inhoud. En soms kan 'n klein vertikale strepie die verskil tussen lewe en dood beteken. Dan is dit nie onheilig om hand en tand daarvoor te baklei nie; inteendeel. By Nicea het dit gegaan oor die ware leer van die Drie-eenheid, teenoor 'n G odonterende en sielsvernietigende verwatering. Atanasius het dit verstaan. Daarom het hy sy lewe aan hierdie stryd gewy. Laat ons hom altyd dankbaar bly hiervoor. Dis oor dinge soos hierdie dat die Nuwe Testament so oor en oor teen dwaalleraars waarsku.
‘ As ons teks (Jh 1:14) leer dat Christus God se hoogste openbaring aan ons is, het ons nie ‘n dowwe openbaring in Hom nie. Die Woord wat mens geword het, was in die volste sin die ewige Seun van God, self God. Wat ons in Hom sien, is presies hoe God is. Weliswaar het Hy nie alles aan ons geopenbaar nie,
maar wat Hy geopenbaar het, is absoluut suiwer en betroubaar. Dink vir 'n oomblik na oor die Christus wat die Bybel vir ons teken S besonderlik die evangelies. Wie sien jy? Wat sien jy? Was daar iemand so aangenaam, so bekoorlik, so beminlik? Was daar ooit 'n liefde soos Syne? Presies só is God! Presies só tot in ewigheid!
‘ Hoe duidelik sien ons nie in die Here Jesus se lewe die liefdesverhouding tussen Hom en die Vader nie! Mens kan nie die Evangelies lees nie, veral Johannes, sonder om onder die indruk te kom dat niks in Jesus se lewe 'n groter rol gespeel het as Sy verhouding met Sy Vader nie. Die Vader praat twee keer uit die hemel met Sy Seun. En elke keer is dit 'n liefdesverklaring. As Jesus gedoop word, kom 'n stem uit die hemel: "Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My" (Mk 1:11; Mt 3:17; Lk 3:22). Eweneens op die berg van verheerliking sê 'n stem: "Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom" (Mt 17:5; Mk 9:7; Lk 9:35). Hierdie liefde tussen Vader en Seun is 'n ewige en onbeskryflik intieme liefde. Die slotvers van Johannes se proloog sê dat die Seun "in die boesem van die Vader is" (Jh 1:18). In Spr 8, wat algemeen aanvaar word as 'n poëtiese beskrywing van die Seun in Sy ewige bestaan, word dit aangrypend mooi gestel: "Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag Sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet" (30).
‘ Ten slotte, in die Vader se liefdesverklaring op die berg van verheerliking, sê Hy uitdruklik vir ons wat ons moet doen om Hom te behaag: ons moet na die Séún luister; ons moet die appel van Sy oog gehoorsaam. Dis mos hoe ware liefde is: dit soek altyd maar weer die eer van die een wat jy liefhet. Selfs die Vader beleef Sy liefde so. Daarom, as Sy Seun die middelpunt van ons lewens is, is dit die Vader



• Die doel van Antipas Herout is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde waarhede en beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder. Dit staan enigeen gevolglik vry om die inhoud van hierdie studiestuk met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by ander gekry. Hy glo dis 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd as moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.
• Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die Belydenis van
Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die ewenaar.
• Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie: Postnet Suite No.148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika. E: nico.vanderwalt@reformed.org.za Tel. 082 848 9396. Blogs: www.e-preke.blogspot.com (met skakels na nóg 4 blogs)
• Gereeld word 'n preek/studiestuk soos hierdie wêreldwyd en gratis in Afrikaans en Engels per epos gestuur aan mense wat dit persoonlik aangevra het.
• Geen kopiereg. Dupliseer of preek gerus. Of stuur verder.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : " WAT OP AARDE IS 'N CHRISTEN " (Ds. Nico van der Walt)

Berichtdoor Ton » Wo Jun 21, 2017 11:57 am

GOD SE HOOGSTE OPENBARING [5]


Jammer ek is bietjie laat. Was uitstedig. Maar hier is No.5 van "God se hoogste openbaring". Mag dit tot seen wees.

Seenwense,

Nico van der Walt



===================================================================================================

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)
No.37

GOD SE HOOGSTE OPENBARING [5]

'n Bespreking van Johannes 1:14 : Vol genade en waarheid


Nico van der Walt


GOD HET SY ENIGSTE EN INNIG-GELIEFDE SEUN GESTUUR om Sy hoogste en finale openbaring aan ons te wees. In hierdie openbaring sien ons absoluut betroubaar en akkuraat die essensie van wie en wat God is. Wat sien ons as ons na die Seun kyk? Ons sien dat Hy "vol genade en waarheid" is. En daarom kan ons met absolute sekerheid weet dat ook die Vader vol genade en waarheid is; trouens, dat dit die wesenstrekke is van wie en wat Hy is. Per slot van rekening kies Johannes, van die duisend karaktertrekke van God wat hy sou kon gebruik, híérdie twee.

Hierdie deel van v.14 moet ons nie los van v.16-17 verklaar nie. Beide hierdie twee verse begin in die Grieks met die redegewende voegwoord, "want", wat uiteraard met die voorafgaande koppel. Vers 16 sê dat ons uit Christus se volheid genade op genade ontvang het (kennelik Sy volheid van genade en waarheid volgens v.14). Let ook op die verlede tyd wat gebruik word. Dit het reeds afgehandeld plaasgevind. En v.17 stel hierdie genade en waarheid wat deur Hom gekom het naas die Ou Testamentiese wet van Moses S en dalk selfs daar teenoor.

Dit is betekenisvol dat die woord "genade" (Gr. charis) S ten spyte daarvan dat dit aan die hart van die Nuwe Testamentiese boodskap lê S slegs 4 maal in die hele evangelie voorkom, en wel in die drie genoemde verse. Presies wat Johannes bedoel moet ons dus eerstens hieruit aflei, en tweedens uit die res van die Skrif.

Die woord "waarheid" daarenteen is een van die uitstaande begrippe in hierdie evangelie. Johannes gebruik dit 25 keer, en daarbenewens is dit swaar gelaai met betekenis.

Voorts moet ons hierdie twee begrippe, "genade" en "waarheid", nie los van mekaar probeer verklaar nie. Kennelik loop hulle hand-om-die-lyf, en dra hulle saam-saam één boodskap.

OU TESTAMENTIESE WORTELS

In ons teks gaan dit oor God se selfopenbaring aan ons in die Persoon van die Woord, en oor die vertoning van Sy heerlikheid in wonderlike liefde, nederigheid en diensbaarheid. Dit laat onontkombaar mens se gedagtes loop na een van die mees uitstaande momente in die ganse Ou Testament: Eks 33-34. Dit is ná die tragedie van die goue kalf. Moses begeer dan om God beter te leer ken (33:13). In die besonder wil hy God se heerlikheid sien (33:18). Uiteindelik lei dit dan daartoe dat die Here afkom na Moses toe en oor Homself uitroep: " Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag" (34:6-7).

Hoewel die Here ook oor Sy toorn teen sonde praat, is dit Sy onbeskryflike liefde wat voorop is in hierdie aangrypende stuk selfopenbaring. En uitstaande hierin is dat Hy Homself "vol liefde en trou" noem. Hier is ons by twee begrippe wat óók saam-saam weer en weer in die Ou Testament gebruik word (Hb. chesed en emet). Vergelyk mens nou hierdie twee Hebreeuse begrippe met die twee woorde in ons teks S "genade" en "waarheid" S sien jy dat ons vir alle praktiese doeleindes sinonieme het. Dit word dan ook deur talle Skrifverklaarders aanvaar dat Johannes in 1:14 op Eks 34:6 sinspeel. Wat beteken hierdie twee Ou Testamentiese woorde? Kom ons benader dit só: ons kyk eers redelik uitvoerig na die eerste Hebreeuse begrip (chesed) S asook sy Nuwe Testamentiese ekwiwalent ("genade"). Daarna kyk ons ietwat meer oorsigtelik na die tweede begrip (emet) en sy Griekse ekwiwalent ("waarheid"). En uiteindelik besin ons dan oor 'n paar praktiese implikasies daarvan dat ons in Christus God se genade en waarheid by uitnemendheid sien.

GOD SE VERBONDSLIEFDE EN ONTFERMINGSGENADE

Chesed is een van die skitter-begrippe in die woordeskat van die Ou Testament (240x). Dit word as 'n eienskap van menslike godsvrug genoem, maar veral is dit een van God se uitstaande karaktertrekke. Ps 136, wat as sentrale tema het dat daar aan Jahweh se liefde geen einde is nie, sê in elkeen van sy 26 verse dat die Here se chesed tot in ewigheid is. Die OAV vertaal met "goedertierenheid", en die NAV en NIV gewoon met "liefde". Maar hierdie is 'n baie bepaalde soort liefde.

$ Hierdie is nie maar 'n onpersoonlike soort liefde nie S liefde op 'n afstand nie. Dis verhoudingsliefde. Dit word ten nouste geassosiëer met die idee van verbond. In die geval van God is dit dus Sy verbondsliefde vir Sy geroepe en uitverkore volk S en vir diegene daarin wat erns maak met die verbondsbepalinge.

$ Die begrip impliseer persoonlike betrokkenheid en toewyding wat bo die eise van plig, konvensie of wet uitstyg. Een woordeboek beklemtoon dat dit 'n liefde is wat gepaard gaan met krag en volharding1 S krag om die aandrange van die liefde te gehoorsaam; volharding om ten spyte van watter struikelblokke ook al daarmee vol te hou.

$ Verder toon 'n studie van hierdie Hebreeuse begrip dat dit veral ook die idee van God se genade dra.2 Vandaar, waarskynlik, dat Johannes die Griekse woord vir "genade" in ons teks gebruik.3 En wie kan ontken dat die begrip "genade" aan die hart lê van die res van die Nuwe Testament? Tewens, haal genade uit die evangelie uit, en alles stort in duie.

Chesed dui dus op God se onwankelbare en vasbeslote toewyding aan die mense met wie Hy in 'n verbondsverhouding staan. J.I. Packer stel dit só: "it is essentially a matter of faithfulness to the covenant promise whereby He bound Himself to be Israel's God and to use all the resources of deity to bless them." 4 Waarskynlik is die beste vertaling dus "verbondsliefde" of "ontfermingsgenade".


4. J.I. Packer, God's Words, IVP, 1981, p.97.
GENADE

Soos reeds gesê, is "genade" nie 'n woord wat Johannes dikwels gebruik nie. Dis by uitstek Paulus se woord. Ruimte laat ons nie naastenby toe om op hierdie wonderlike en ryk begrip in te sak nie. Laat ons dus met 'n definisie volstaan: God se genade is Sy vrye en ongedwonge liefdesguns in die gawe van die ewige lewe aan skuldige sondaars S wat nie alleen dit nié verdien nie, maar wat presies die teenoorgestelde daarvan verdien, naamlik die ewige oordeel. God se genade is dus Sy soewereine en spontane goedheid en reddende guns teenoor sondaars, wat daarin tot uitdrukking kom dat Hy (op grond van die versoeningsdood van Christus) hulle red van Sy toorn S en wel só dat Hy afstootlikes liefhet, hulle sondes vergewe, hulle aanneem as Sy kinders, Homself aan hulle openbaar, hulle in Sy volheid inlei, en alle struikelblokke in Sy pad oorkom om dit te bereik.

GENADE OP GENADE

Nou moet ons terugkeer na Jh 1. In v.15 val Johannes homself as 't ware in die rede. Die verbysterende stellings wat hy in v.14 maak, is nie oordrewe nie. Die gerespekteerde Johannes die Doper het soortgelyke dinge oor die mensgeworde Woord gesê, naamlik dat Hy van ewigheid af waarlik God was!

En indien die lesers steeds wonder of hulle nie dalk te doen het met 'n klompie wilde stellings van twee eksentrieke mans nie, herinner Johannes hulle dan in v.16 dat alle ware gelowiges proefondervindelik verstaan waarvan hy praat: want (Gr.) uit hierdie volheid drink hulle gedurig. En hy praat nie van 'n soebatstroompie nie; nee, hulle kry "genade op genade".

$ Hierdie uitdrukking is vol betekenis. Letterlik beteken dit genade in die plek van genade. Die beeld is die van branders wat onophoudelik een na die ander uitrol op 'n strand. Nooit droog die oorvloed van God se genade in Christus op nie. En vir elke situasie is daar meer as genoeg genade S keer op keer.

Voordat Johannes die duiselingwekkende wonder van God se selfopenbaring in Sy Seun in v.18 met 'n opsommende stelling saamvat, maak hy 'n finale stelling oor die genade en waarheid wat deur Christus gekom het: hoewel die heiliges van die Ou Verbond reeds al God se ontfermingsliefde (Sy chesed) en Sy waarheid geken het, was dit soos 'n flou vlammetjie in vergelyking met die oorweldigende helder lig van Sy genade en waarheid wat nou uit Christus skyn.

VIR 'N OOMBLIK TERUG OP ONS SPORE

Ons het gesien dat die Woord, oftewel God die Seun, as God se hoogste en finale selfopenbaring na ons as mense toe gekom het. En wat is die hart van wat Hy aan ons kom wys het? Hy was vol genade en waarheid! Nader aan wie en wat God in Sy wese is, kan ons nie kom nie.

Ons het voorts gesien dat Johannes waarskynlik sinspeel op die Ou Testamentiese woordpaar wat oor en oor gebruikword om God te beskryf, chesed en emet.

En toe het ons in hierdie lig na die eerste van hierdie twee begrippe gekyk en gesien dat die Here se chesed-genade Sy verbondsliefde en ontfermingsguns is. Waarop dui Sy Awaarheid@ (Hb. emet) dan?

GOD IS WAARHEID

In die Griekse denke was waarheid (Gr. aletheia) >n intellektuele kwaliteit wat dui op werklikheid en egtheid teenoor valsheid, onrealiteit of blote skyn. Die Hebreeuse idee van waarheid, soos vervat in die begrip emet, is egter baie ryker.
Sekerlik sluit dit die Griekse idee van die feitelike in. In die regspleging van Israel was dit byvoorbeeld kardinaal belangrik om seker te maak van die waarheid (die emet) voordat >n oordeel gefel is (Dt 13:14; 22:20; ens.).

$ Maar meestal het die woord ook >n morele betekenis gedra C die van betroubaarheid en lojaliteit. So kon dit byvoorbeeld gebruik word vir >n getuie, >n vriend, >n slaaf, >n eggenoot. Iemand wat met emet optree, is iemand wat vertrou kan word C hy is eerlik en lojaal; jy kan op hom staat maak (Gn 24:49; 42:16; Jos 2:14). Op >n emeth-getuie kan jy peil trek (Spr 14:25).

As die Bybel dus oor en oor van God sê dat Hy waarheid is, wil dit tuisbring dat Hy vertrou kan word. Sy optrede is nie onvoorspelbaar nie. Hy handel altyd in ooreenstemming met Sy karakter en beloftes. Mens weet presies waar jy met Hom staan. Sy ondernemings is vaster as die berge! Emet praat van God se verbondsbetroubaarheid, Sy verbondslojaliteit!

Nou kan ons verstaan waarom Johannes die begrip Awaarheid@ so oor en oor gebruik. Sy Hoofkarakter is Jesus Christus C en hoe kan hy oor Hom praat sonder om aanmekaar te wys op die waarheid wat in Hom te vinde is. Nie alleen is Hyself eg en algeheel betroubaar nie; Hy openbaar God wat nie kan lieg nie. Trouens, Hy is bewys van God se betroubaarheid S want Hy was en is die vervulling van God se beloftes deur die eeue.

$ Luister na Johannes: Hy is Adie ware lig@ (1:9) S wat mens in Hom sien, wat Hy openbaar, stem absoluut ooreen met die werklikheid en onderstreep God se onkreukbare betroubaarheid. Hy is Adie ware brood uit die hemel@ (6:32) S wie Hom eet, wie in Hom invlug, kan sonder 'n sweem van twyfel daarop peil trek dat al God se beloftes in Hom ja en amen is. En luister na die Here Jesus self: AEk is die weg en die waarheid en die lewe@ (14:6). AEk is die ware wingerdstok@ (15:1).

WAT SÊ DIE FEIT VAN GOD SE ONTFERMINGSGENADE EN VERBONDSBETROUBAARHEID VIR ONS?

1. Niks is meer eie aan God se karakter as om genade in waarheid te betoon nie. Van alles wat waar is oor God, kies Hy twee karaktertrekke om by uitnemendheid oor Homself aan ons te openbaar: Sy ontfermingsgenade en Sy absolute verbondsbetroubaarheid. Hierin sit die wonderlikste troos en aanmoediging vir ons, Sy kinders Hierin moet ek en jy onsself weer en weer verbly.

God self het vreugde in die bewaring van diegene aan wie Hy liefdesgenade betoon het, asook in die waarmaking van Sy beloftes in hulle lewens. Om die Here aan te roep, sowel in tye van voorspoed as van nood, is nie om lastig en opdringerig te wees nie. Dis om Sy selfopenbaring aan ons ernstig op te neem. Te dikwels is ons bang om die Here te vertrou, omdat ons voel ons verdien nie Sy goedheid nie. Te maklik dink ons ons pla Hom met nietighede. Maar as die Here se verbondstrou van ons verdienste moes afhang, sou nie een van ons ooit iets van Hom ontvang het nie. Nee, goedheid en getrouheid vloei spontaan uit Hom uit. Ons is immers Sy geliefde kinders. En dis nie ons wat onsself aan Hom opgedring het nie; dis Hy wat die inisiatief geneem het. Wat sê Jesus vir Sy dissipels? "Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee" (Lk 12:32).

Ons hele wandel met die Here moet deurweek wees met hierdie waarhede. Laat ons nie tevrede wees met 'n afgewaterde en derderangse Christenskap nie, maar die Here in gebed bly vasgryp sodat Sy verbondsliefde elke dag soos branders oor ons rol. Ons hemelse Vader het vreugde daarin as ons op grond van Sy Seun se verdienste onsself met die grootste vrymoedigheid weer en weer knuppeldik drink uit Sy fonteine van heil. Niks verheerlik Hom meer nie. Niks versier die evangelie meer nie. Niks maak die kerk meer aantreklik nie. Mag die trapmeul van godsdienstige verdienste nooit in ons harte en lewens 'n staanplek kry nie. Nee, laat dit buite staan en roes; laat dit stof vergader, omdat niemand ooit daarop klim nie!

Kan jy dus sien: vrees vir die toekoms, benoudheid oor jou versorging, en angs vir die dood, is mosies van wantroue in die Here. Dis om Sy selfopenbaring in Christus te bevraagteken. Dis ten minste kleingeloof, en baie dikwels rou ongeloof. Waarlik, almal van ons het rede om ons hieroor voor die Here te verootmoedig.

Laat ons nie moeg word om mekaar aan hierdie dinge te herinner nie.

Nou kan ons dalk beter as ooit verstaan waarom die Here kompromieloos daarop aandring dat ons verlossing van A tot Z van Hom moet kom C sonder enige menslike verdienste hoegenaamd.

2. Nooit en nêrens kom God se genade en waarheid tot hoër uitdrukking as in die stuur van Sy Seun na hierdie wêreld toe nie. Elkeen van ons het >n eie aard wat ons eenvoudig móét bevredig en tot uitdrukking bring. Skrywers skryf, vrouens druk babatjies vas, en seuntjies klim boom. So het God ook >n wesensaard wat eie aan Hom is, en wat Hy tot uitdrukking móét bring. In respek gestel: God kan Homself as >t ware nie help nie C Hy móét eenvoudig in genade en waarheid optree. Niks is meer eie aan Sy wese en karakter nie. Niks gee Hom groter vreugde en vervulling nie. Nooit kom hierdie wesensaard van God heerliker tot uitdrukking as in Christus se sending en versoeningswerk nie. En die voortgaande uitwerk van die implikasies daarvan C deur die eeue en tot in ewigheid C is >n voortsetting daarvan. Dit moet ons egter nie verlei om die gestrenge kant van God se verbondstrou te vergeet nie. Die Bybel is vol daarvan dat die Here ook in Sy getrouheid die vloek van die verbond oor Sy volk bring indien hulle volhardend bly sondig. Ook dit is verbondstrou.

3. Laat ons in tye van swaarkry soos drenkelinge aan God se chesed-genade hang. Laat ons in tye van krisis nie paniekerig van God se verbondsgenade en -trou vergeet nie. Onthou die verlede tyd in v.16 S ons het dit reeds afgehandeld ontvang! Hy sal ons deurdra. Male sonder tal het Hy dit trouens reeds gedoen; Hy sal dit weer en weer doen. Selfs as ons hande dan tog gly, sal Hy ons nie in die steek laat nie. Want die Here se wese en die uitlewing daarvan is nie afhanklik van mý getrouheid nie. Dis van niks afhanklik nie! Hy het belowe, en daarby staan Hy. Mý ontrou kan Hom nie van hierdie wesenskaraktertrek beroof nie. Daarom kan Paulus vir Timoteus verseker: "as ons ontrou is S Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie" (2Tm 2:13).

4. Ons moet die Here navolg in die betoning van chesed-genade. Hoewel in die eerste instansie karaktertrekke van God, beteken dit nie dat liefdesontferming en verbondstrou tot Hom beperk is nie. Op ons, oor wie Sy troue guns soos branders spoel, rus daar >n onontkombare verantwoordelikheid om dit deurgaans aan andere te betoon. Hoe lieflik beoefen Dawid dit nie op grond van sy verbond met Jonatan in die lewe van Mefiboset nie!5 En soos die Here ons God, moet ook ons die menslik-onmoontlike beoefen: ook mý trou moenie afhang van andere se prestasie nie. Hoe sal ek dit regkry? Die Here se chesed-genade sal my daarvoor toerus S as ek Hom waarlik daarvoor vertrou.

Mense wat God vrees, is mense van emet (Eks 18:21; Neh 7:2). En talle kere word Israel opgeroep om in waarheid en trou te leef. In Jos 24:14 maak die Here hierdie appél op die volk wat pas in die Beloofde Land gevestig het: ABetoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou (Hb. Emet).@

Laat ons dus standvastige mense wees; mense op wie staat gemaak kan word; mense van onkreukbare integriteit; mense wie se Aja@ inderdaad Aja@ is, wie se Anee@ vir seker Anee@ is.

5. Hoe dieper die feit van God se genade en waarheid in ons harte wortel skiet, hoe meer vrymakend is dit. In Jh 8:31-32 sê die Here Jesus: AAs julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.@ Ken ons dit nie uit ervaring nie, hierdie vrymaking? Maak Godgesentreerdheid, Godsverankerdheid, Godskennis nie gesond nie? Bring dit nie toenemende oorwinning en sekuriteit nie? Dis omdat dit ons oë van onsself wegneem. Dis omdat dit ons vestig in die wese van geloof, naamlik om jou oë op die Here vas te nael. Selfbeheptheid en geloof is wedersyds uitsluitend. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag!


Baie predikers dink hulle moet meer moets en moenies preek as hulle >n gemeente wil laat groei in heiligheid. Nee! Die teendeel is waar! Niks het die opheffende effekte van Godgesentreerde en Christusgefokusde prediking nie. Niks laat gelowiges so groei nie. Niks bring soveel standvastigheid nie.

6. Hoeveel aanmoediging sit daar nie in die karakter van God vir sondaars nie. Laat sondaars weet dat die God van genade 'n vreugde daarin het om mislukkings en rebelle te red. Sy Woord leer uitdruklik dat Hy geen behae in die dood van sondaars het nie. Hy wil hê dat hulle hul moet bekeer en lewe S nie dat hulle hul verhard en gevolglik verlore gaan nie (Eseg 18:23, 30-32, OAV). Daarom kan mens met volle Skrifmandaat elke sondaar oproep om hom of haar op grond van die Here se verbondsbeloftes op Jesus Christus te werp: "Erken dat jy 'n sondaar is wat die ewige verdoemenis verdien. Neem standpunt in teen jou sonde, bely dit teenoor die Here en pleit by Hom om jou op grond van Christus se middelaarswerk te vergewe S en om jou te verlos van die krag en gevolge daarvan!" Niks gee die Here méér vreugde, en niks verheerlik Hom meer, as om die vuilste sondaars te red nie! Laat sondaars dus weer en weer die boodskap hoor: "Kom na Hom toe en weet vir seker: Sy chesedgenade sal jou soos die verlore seun se pa omhels!"

7. Hoe meer mens God se genade en waarheid sien, hoe meer fassineer dit jou. Wat sien mens as jy lank en diep na God in Sy selfopenbaring kyk? Wat sien jy as Jesus Christus voortdurend jou blikveld vul? Wat sien jy as jy weer en weer kyk? Hoe langer jy kyk, en hoe dieper, hoe meer sien jy dit: Ontfermingsgenade! Verbondstrou! En hoe duideliker jy dit sien, hoe meer fassineer dit jou. En hoe meer dit jou aanspreek, hoe meer kry jy Hom lief. Ja, die Bybel praat oor >n geweldige verskeidenheid van sake, maar algaande lees jy alles al hoe meer in die lig van hierdie wesenstrekke van God. Preke waarvan dit nie die hart is nie, bevredig jou net nie behoorlik nie. En as jy self >n prediker is, is dít wat jy wil preek C oor en oor. So het ook die apostels dit beleef. Dis hoekom Paulus kan sê dat hy niks anders as Christus wil preek nie (1Kor 2:2). Moet dit ons verbaas? Hoegenaamd nie! As ons met God se genade en waarheid besig is, is ons besig met die hart van wie en wat Hy is. En het die essensie van ons heiligmaking nie te doen met >n steeds dieper kennis van God nie? Is dit nie ons hoogste roeping nie? En is dit nie die wese van die ewige lewe nie (Jh 17:3)?

TEN SLOTTE

Sagaria 8:3 is >n wonderlike vers. As God na Sion terugkeer om in die midde van Sy mense te woon, sal Jerusalem genoem word: AStad van Trou (Hb. Emet), Berg van die Here die Almagtige, Heilige Berg.@ O Here, maak elke gemeente wat regtig aan U behoort tog meer en meer >n Astad van trou@!




Die doel van Antipas Herout is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder. Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot belydenisskrifte wat ontspring het uit die sestiende-eeuse Reformasie en is gebaseer op die fundamentele geloofsvertrekpunte: die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof alleen, die eer van God alleen.

As u graag die Herout so ongeveer vyf of ses keer per jaar gratis wil ontvang B per slakkepos of per e-pos B stuur u naam, telefoonnommer en tersaaklike adres aan ons verspreidings- en redaksionele kantoor en meld of u dit per slakkepos of e-pos wil ontvang. Antipas Herout, Posbus 12371, Queenswood, 0121; T & F : (012) 329 3012 nico.vanderwalt@reformed.org.za

Al ons lektuur, asook ander inligting, is beskikbaar op ons webwerf http://www.reformed.org.za
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19

Gebruikers-avatar
Ton
BerichtenCOLON 3857
GeregistreerdCOLON Do Jan 07, 2016 11:08 am

Re: Afrikaans : diverse preeken door Ds. Nico van der Walt

Berichtdoor Ton » Do Jul 06, 2017 11:07 am

Dagse^,
'n Volgende Herout. Vertrou dit beteken iets vir jou.
Groetnis,
jbiC,
Nico

============================================

GOD SE ALMAG

Vertroosting sonder weerga



Nico van der Walt


MEESTE VAN ONS is seker al gekonfronteer met die vraag of God 'n klip kan maak wat Hy self nie kan optel nie. As vyftienjarige het hierdie stuk filosofiese uitdaging my kop laat draai. Dit bring ons by die onderwerp van God se almag S iets van die allergrootste teologiese en praktiese belang.
GOD SE NAAM
‘ Die feit van God se almag word alreeds duidelik in sommige van Sy name gesuggereer. Dit herinner ons dat ons ten volle met Sy mag moet rekening hou as ons Hom enigsins wil ken.
• Die mees basiese Godsnaam is El. Dis afgelei van die stam om sterk te wees, en word 217 keer in die Ou Testament gebruik vir die ware, lewende God. Hoewel dit vertaal word met God, beteken dit eintlik dus die Magtige of die Almagtige.
• Hierdie basiese Godsnaam word dikwels geïntensifeer in name soos El Gibor: Magtige God (Jes 9:5) en El Shaddai: God die almagtige (Gn 17:1).
‘ Hierdie Godsname is nie beperk tot die Bybel nie; hulle is algemeen gebruik deur die Semitiese volkere van destyds. Dit onderstreep die feit dat God se almag duidelik waarneembaar is in die algemene openbaring, die skepping. Rm 1:20 stel dit so: "Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is ...".
‘ In Mk 14:62 word gewoon na God verwys met die Griekse woord vir krag (dunamis): "...julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van dunamis (Hy wat magtig is) ...".
'N DEFINISIE
Die almag van God is daardie vermoë en krag wat Hy het om enigiets te bewerkstellig en te bereik wat Hy ook al wil S wat Sy wysheid mag voorskryf, wat Sy liefde mag begeer, en wat Hy in Sy heiligheid mag nodig ag.
‘ God se krag is onbeperk deur enige mag buite Homself. Alles in die heelal is tot Sy beskikking en Hy kan daarmee doen soos Hy wil. As Skepper van alle ander kragte hou Hy elkeen daarvan in Sy hand, is elkeen daarvan algeheel afhanklik van Hom, en kan geeneen daarvan Hom enigsins bedreig of selfs beperk nie.
GOD SE ALMAG IN DIE SKEPPING
‘ In die heel eerste instansie sien ons God se almag in die skepping. Keer op keer verwys die Bybelskrywers hierna as 'n bewys en maatstaf van Sy krag. Neem byvoorbeeld Jes 40:26: "Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie."
‘ Die Bybel begin met die woorde: "In die begin het God die hemel en die aarde geskep." Dis so bekend dat mens geneig is om bo-oor dit te lees en die ontsaglike implikasies daarvan te mis. Maar hierdie paar woorde staan lynreg teenoor al die ongeloof in hierdie wêreld, asook teenoor al die vals godsdienste. Teenoor ongeloof word geproklameer: "God is die oorsprong van alles. Wat ons om ons sien, is nie die gevolg van toeval nie!" En vir die vals godsdienste word gesê: "Die God van die Bybel is die enigste ware God!"
• As ek hierdie paar woorde glo, het dit 'n diepgaande en bepalende impak op hoe ek oor myself en die wêreld om my dink, en hoe ek dus leef. Enersyds het dit 'n verheffende invloed op my: ek is nie bloot die resultaat van toeval nie, maar gewil deur Een wat duiselingwekkend geniaal, wys en magtig is S deel van die kroon van Sy skepping. Andersyds maak dit my nederig: ek is nie een van die fittest wat gesurvive het nie; ek is 'n nietige en afhanklike skepsel S minder as 'n stoffie in God se hand.
• Sonder hierdie Bybelse perspektief, as mens regtig behoorlik nadink oor alles, verloor jy alle sin en koers in die lewe. Dan kan jy, soos Salomo, tot net een slotsom kom: alles, alles is tevergeefs. Dan verdwyn alle morele ankerpenne S ek bedoel díé wat regtig die toets van streng beoordeling kan deurstaan, nie bloot díé wat deur opvoeding in jou in gekondisioneer is nie. En, as ek bogenoemde woorde nie glo nie, dan is ek sonder God en sonder hoop in hierdie wêreld. Dis omdat God almagtig is dat ons is wat ons is S skaars minder as hemelse wesens, gekroon met aansien en eer, heersers oor die skepping. Was Hy nie almagtig nie, maar steeds baie magtig, was ons dalk wurms of virusse. En was Hy swak S soos ek S dan was ons niks nie.
‘ Dikwels is dit al gesê: die diepste en heel eerste filosofiese vraag is, "waarom is daar iets, en nie niks nie?" En die antwoord is: omdat daar 'n lewende God is, en omdat Hy almagtig is. Sonder die bestaan en almag van God kan mens eenvoudig nie die wêreld, die natuur, die kosmos om jou verklaar nie. Want niks kan uit niks ontstaan nie (Latyn: ex nihilo nihil fit). Weier jy om in God die almagtige te glo, moet jy jou wend tot allerlei absurde teorieë oor die ontstaan van alles S maar dis teorieë wat geen denkende en eerlike mens ernstig kan opneem nie. Soos so dikwels al uitgewys is, verg dit baie meer geloof om in ewolusionisme te glo, as in skepping.
DRIE KWALIFIKASIES
‘ Sonder om enigsins afbreuk te doen aan God se almag, moet mens in jou verstaan daarvan rekening hou met bepaalde uitsprake, oftewel onderneminge, wat Hy daaroor in Sy Woord aan ons gee. Hierdie kwalifikasies S wat van Hom self af kom S verseker ons dat Sy almag nie onbeheers, impulsief en arbitrêr uitgeoefen sal word nie. Daar sit dus groot troos en sekuriteit in.
1. God se almag word altyd in volle harmonie met Sy ganse Persoon uitgeoefen S in pas met ál Sy ander attribute. God se optrede en aanwending van Sy almag word nie bepaal deur eksterne omstandighede nie, maar volledig deur Hom self S deur wie en wat Hy in Homself is. Dit beteken dat God se almag nooit strydig met Sy liefde, heiligheid, wysheid, geregtigheid, of enige ander karaktertrek opereer nie.
• Hier lê die antwoord op die vraag oor die klip. Ons kan onomwonde sê, "Nee, God kan nie so 'n klip maak nie!" Waarom nie? Omdat Sy ander attribute, besonderlik Sy wysheid, Hom daarvan sal weerhou om iets so onsinnigs te doen. Hy sal nooit so iets wil doen nie. Dit hoef ons nie te kwel as ons sê dat daar dinge is wat God nie kan doen nie. Die Woord maak self sulke uitsprake. 2Tm 2:13 sê "Hy kan Homself nie verloën nie". En Hb 6:18 sê dat dit onmoontlik is vir God om te lieg (OAV). Hierdie dinge S en 'n duisend ander S sou volkome teen die grein van Sy karakter indruis.
2. God se almag word altyd aangewend in volle harmonie met die verbond tussen Hom en Sy kinders. In die heidennasies se persepsie tree hulle gode onverklaarbaar en onvoorspelbaar op. Hulle leef dus in voortdurende vrees, onseker oor watter irrasionele uitbarstings volgende van hulle iesegrimmige gode te wagte kan wees. Só is Israel se God nie! Sy verhouding met Sy volk is stabiel en vloei in duidelik uitgespelde kanale. Selfs vir die ongelowiges sê Hy vooraf wat hulle van Hom te wagte kan wees. Niemand sal eendag, as God se almag in toorn teen hierdie wêreld losbars, kan kla dat dit onderduims en onregverdig is nie. Selfs van diegene wat nooit 'n Bybel onder oë gehad het nie, sê die apostel dat hulle genoegsame waarskuwing in die algemene openbaring ontvang het (Rm 1:20vv).
• Die effekte van hierdie kwalifikasie is byvoorbeeld glashelder duidelik in die natuur. Na die sondvloed sluit God 'n verbond met die mens S 'n verbond wat in die besonder ook te doen het met ons woonplek, hierdie aarde (Gn 8:21; 9:9-17). Onder meer hou dit in dat God onderneem: "So lank as die aarde bly bestaan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, ook nie koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie" (Gn 8:22). Wie kan twyfel dat God se almag agter die voortgaande funksionering van die natuur sit? En wie kan dit bevraagteken dat die kom en gaan van die seisoene 'n wonderlik voorspelbare, stabiele en vrugbare omgewing vir ons skep?
• Die konsekwente orde waarmee God se almag funksioneer, word ewe duidelik in die genadeverbond waargeneem. Wat die Here vir Sy volk wil wees, en wat Hy van hulle verwag, is in besonderhede op skrif. En elke ingeligte sal weet dat die Here tot vandag toe met puntenerige konsekwentheid daarvolgens handel wanneer Hy Sy mense red en hulle daarna verder vat. Dit bly eenvoudig verstommend hoe ons kan identifiseer met die biografieë van gelowiges wat honderde jare gelede geleef het S ongeag hulle kultuur of omstandighede. Feitlik alles wat hulle ervaar het, herken ons dadelik vanuit eie ondervinding. Dis omdat die Here volgens dieselfde beginsels met ons werk.
3. God se almag hef nie ons verantwoordelikheid op nie. En Hy werk nie los van ons besluite nie. As Skepper is God die oorsprong van alle krag. Daar bestaan dus ook ander kragte S weliswaar deur Hóm voortgebring S wat nie onafhanklik van Hom is nie, maar wel onderskeie van Hom. In verreweg die meeste dinge wat God in hierdie wêreld doen, werk Hy nie direk nie, maar deur hierdie sekondêre kragte. Hy gebruik dus instrumente; Hy werk, sê ons, middellik. As Hy, byvoorbeeld, 'n aardbewing wil laat plaasvind, skud Hy nie direk die aarde nie. Nee, Hy laat by 'n breuk in die aardkors die twee vlakke net effens teen mekaar skuur S met geweldige trillings tot gevolg. Hierdie werkswyse van God het veral op ons as mens betrekking. Hy laat Sy onweerstaanbare en onbeperkte invloed so geld dat óns besluite en optrede Sy wil bewerkstellig. As die Here ons gebruik, doen Hy nie ons natuurlike vryheid en wil geweld aan nie. Nee, Hy hanteer ons steeds as vrye agente. Ons neem vrylik besluite, en ons handel volgens ons wil. Dit beteken egter nie dat God afhanklik van ons is nie. Inteendeel, Hy laat ons só besluit en optree dat dit Sy doel dien.1 'n Miertjie kan vervaard heen en weer hardloop op 'n vel papier wat ek vashou S net soos hy wil. Maar as ek die papier flink en akkuraat genoeg heen en weer sou kon draai, sou ek kon verseker dat die mier in werklikheid met betrekking tot die wêreld om ons deurgaans in 'n pylreguit baan beweeg.2
WAT SÊ DIT ALLES VIR ONS?
1. Die feit van God se almag moet ons nooit tot verkeerde afleidings verlei nie. Ons moet die derde kwalifikasie hierbo stewig vashou. Té maklik en té dikwels is dit in die kerkgeskiedenis verwaarloos.
‘ Al is God onbeskryflik magtig, verdoem Hy nooit mense strydig met hulle keuses en lewenswyse nie. En Hy red nooit iemand teen sy wil nie. Misken dit, en jy beland volledig in 'n onbybelse fatalisme wat die mens se wil en verantwoordelikheid op 'n uiters skadelike wyse verwaarloos.
‘ Voorts raak talle Christene te maklik super-geestelik en behep met wonderwerke en die bonatuurlike. Ons is egter steeds onderworpe aan natuurkragte en -wette. Dit verg nog altyd van ons 'n moeisame reis om vanaf Pretoria in die Kaap te kom. En al ry ons nie meer met 'n ossewa nie, word nie 'n enkele natuurwet opgehef as ons supersonies vlieg nie. Ons loop nie links en regs op water nie. En ons kry steeds griep S en sommige van ons kanker. Sekerlik kan God die natuurwette ophef S en Hy doen dit soms S maar dis die uitsondering.
2. Vir God se kinders sit daar heerlike sekuriteit in Sy almag. Die Bybel wil hê dat ons groot vreugde in God se almag sal hê.
‘ So lank ons God volgens Sy voorskrifte dien, hoef Sy krag nooit vir ons 'n bedreiging te wees nie. Nooit word dit destruktief op Sy geliefdes gerig nie. Nee, ons kan verseker wees dat dit, presies soos Hy belowe het, volgens Sy volmaakte oordeel aangewend sal word in ons belang. Daarom kan niks ons in die absolute sin van die woord bedreig nie. As God vir ons is, wie of wat kan teen ons wees? Maar laat ons nooit ophou om te beklemtoon nie S dit geld vir diegene in Christus, dus vir ware gelowiges. Dis in Hóm dat God se beloftes ja en amen is (2Kor 1:20).
‘ Vir die apostel Paulus was die almag van God een van die wonderlikste dinge S spesifiek omdat die Here oor en oor belowe om dit in belang van ons, Sy kinders, aan te wend. Dikwels het hy seker daaroor gepeins en hom daarin verheug. En altyd het hy daarvolgens gelewe.
• In Ef 1 bid die apostel dat ons sal besef hoe groot God se krag is wat Hy ter wille van Sy kinders aanwend. Dit is dieselfde krag wat Hy reeds in Christus uitgeoefen het toe Hy Hom uit die dood opgewek het (Ef 1:18-21). Só opgewonde is die apostel oor hierdie krag (Gr. dunamis), dat hy nóg drie verskillende woorde, amper sinonieme, gebruik om dit te beklemtoon: "werking" (Gr. energeia) S aktiwiteit, werking; "krag" (Gr. kratos) S uitgeoefende krag; "sterkte" (Gr. ischus) S groot inherente mag (Ef 1:19b, OAV).
• Luister hoe sluit Paulus sy roerende gebed in Ef 3 af: "En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid ..." (20, OAV). Kyk mens goed na hierdie lofuiting, sien jy dat die apostel sy beskrywing van God se almag in 7 lae op mekaar stapel. Dit wat God vir ons wil doen: 1. dit kan Hy (Hy het die mag); 2. daarom kan Hy doen wat ons bid; 3. selfs die dinge wat ons nie moed het om te vra nie, maar net oor dink; 4. Hy kan dit alles doen (Gr. panta); 5. en Hy kan meer as dit doen (Gr. huper); 6. selfs meer oorvloedig (Gr. ekperissos); 7. ver meer oorvloedig (Gr. huperekperissou). 3
• Waarlik, ons almagtige God is 'n hoorder van gebed. Geeneen van my versoeke volgens Sy wil is vir Hom te moeilik om te verhoor nie. Geen nood in my lewe is vir Hom te groot om reg te stel nie. Geeneen van my versoekinge is vir Hom te kragtig om te oorkom nie. Geen ellende waarin ek kan beland is vir Hom te diep om my daaruit te verlos nie. Maar in meer as enigiets anders lê die wonderlikste troos hiérin: die Here my God se almag sal Hom eendag in staat stel om my na Hom toe te neem wanneer die oomblik daarvoor aanbreek. En wanneer dit tyd word vir die opstanding, sal Hy ook my liggaam in heerlikheid opwek, ongeag hoe verniel en vernietig dit tydens en sedert my dood ook al is.






• Die doel van Antipas Herout is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder. Dit staan enigeen gevolglik vry om die inhoud van hierdie studiestuk met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by ander gekry. Hy glo dis 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie. • Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale en reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die Belydenis van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in meer as 'n halfdosyn lande in Afrika suid van die ewenaar. • Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie: Postnet Suite No.148, Privaatsak X1, Northcliff, 2115, Suid-Afrika. E: nico.vanderwalt@reformed.org.za ; Tel. 082 848 9396. • Blogs: www.e-preke.blogspot.com (met skakels na nóg 4 blogs) • Geen kopiereg. Dupliseer of preek gerus. Of stuur verder.
Go ye therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of theFather, and of the Son, and of the Holy Ghost Matthew 28 : 19


Terug naar

Wie is er online?

Gebruikers in dit forum: 1 en 0 gasten